RSG

Groeipyne

Kids AF ↓ 633 episodes

Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Kids

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 8, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Groeipyne 2 Oktober 2025 02.10.2025

Ouer-opleidingspesialis Heidi Malan praat verder oor ouer/kind-verhoudings.

Groeipyne 25 September 2025 25.09.2025

‘n Mens sou dink dat ouerskap natuurlik kom, maar ‘n pienkvoet kom nie met ‘n handleiding nie! Ons fokus op ouer/kind-verhoudings saam met ouer-opleidingspesialis Heidi Malan.

Groeipyne 18 September 2025 18.09.2025

Die ontdekkingsreis wat ons ouers saam met veral hulle voorskoolse kinders onderneem, is soms deurspek met onsekerhede. Die wêreld lyk soms boos, en rondom ons tuimel dinge ineen. Ons is bekommerd oor wat die toekoms vir kinders inhou. Kliniese sielkundige en spelterapeut dr. Jo-Marie Bothma gee raad.

Groeipyne 11 September 2025 11.09.2025

Internasional Fetale Alkoholspektrum-afwykingsdag word jaarliks internasionaal op 9 September herdenk. Dis ‘n bewusmaking van die skadelike gevolge van alkoholgebruik tydens swangerskap, en die behoefte aan toepaslike dienste. Dr. Leana Olivier, bestuurshoof van die nie-regeringsorganisasie, Fetal Alcohol Related Research, vertel meer.

Groeipyne 4 September 2025 04.09.2025

Ons fokus op die gevreesde siektes, infeksies en infestasies wat by kleuterskole kop uitsteek, en waaroor ons nie graag gesels nie. Wat is hand-voet-en-mondsiekte? En wat van kopluise en ringwurms? Kleinkinderonderrigspesialis en kleuterskooljuffrou Yolandi van den Heever gee raad.

Groeipyne 28 Augustus 2025 28.08.2025

Marita Bezuidenhout, ‘n ma van drie met meer as ‘n dekade se betrokkenheid in die babakos-bedryf, praat oor die oorgang van borsmelk of formulemelk na vaste kos. Waar begin jy, en waaraan stel jy jou baba eerste bekend?

Groeipyne 21 Augustus 2025 21.08.2025

Ons fokus op verbeelding, en die impak wat verbeeldingspel op voorskoolse kinders se ontwikkeling het. Wilna van Rooyen, ’n vroeë kinderontwikkelingspesialis betrokke by die Afrikaanse Onderwysnetwerk, vertel hoekom dit belangrik is om jou kind se verbeelding vrye teuels te gee.

Groeipyne 14 Augustus 2025 14.08.2025

Ons kyk na finansiële uitdagings, en die impak wat dit op ons kosmandjies kan hê. Wat koop jy, en wat los jy? Dieetkundige Christa Dunn het die antwoorde.

Groeipyne 7 Augustus 2025 07.08.2025

Ons kyk na die rol van nuuskierigheid, weetgierigheid en verbeelding in ‘n voorskoolse kind se ontwikkeling. Wilna van Rooyen, ’n vroeëkinderontwikkelingspesialis betrokke by die Afrikaanse Onderwysnetwerk, praat oor daardie verkenningsoomblikke en ons kleintjies wat alles wil weet. Vra maar vir ouers wat 30 000 vrae deur die loop van ‘n oggend moet antwoord!

Groeipyne 31 Julie 2025 31.07.2025

Amanda Broodryk van die Laeveld deel haar persoonlike reis met haar seuntjie by wie disleksie geïdentifiseer is. Opvoedkundige en disleksiekenner Yolanda Gani deel ook haar insigte.

Groeipyne 24 Julie 2025 24.07.2025

Anthea Warner praat met die Basiese Onderwysdepartement en Sesame Workshop International South Africa oor die registrasie van vroeë kinderontwikkelingsentra.

Groeipyne 17 Julie 2025 17.07.2025

Ons fokus op leesagterstand, en wat die regering se planne is om die probleem aan te pak, saam met remedierende terapeut en medeskrywer van die Tippie-reeks, Reinette Lombard.

Groeipyne 10 Julie 2025 10.07.2025

Ons kyk na jong kinders se akademiese reis, en wanneer dinge nie volgens plan verloop nie. Wat staan ons te doen wanneer daar struikelblokke opduik? Kleinkinder-onderrigspesialis en kleuterskoolonderwyser Yolandi van den Heever gee raad.

Groeipyne 3 Julie 2025 03.07.2025

Volgens navorsing en beskikbare syfers is tot tien persent van die wêreld se bevolking linkshandig, en onder hulle is bekendes soos Albert Einstein, Napoleon Boneparte en Oprah Winfrey. Ons fokus op linkshandigheid saam met arbeidsterapeut Charlene Cruickshank.

Groeipyne 26 Junie 2025 26.06.2025

Dieetkundige en borsvoedingskonsultant, Natascha Olivier, praat oor die struikelblokke wat mammas kan laat dink dat hulle nie genoeg borsmelk produseer nie.

Groeipyne 19 Junie 2025 19.06.2025

Dieetkundige en borsvoedingskonsultant, Natascha Olivier, neem ons deur die proses om suksesvolle borsvoeding te inisieer.

Groeipyne 12 Junie 2025 12.06.2025

Die sprong na Graad 1 is groot, en vir hierdie oorgang om suksesvol te wees, is dit nodig dat die voorskoolse kind oor die nodige vaardighede beskik. Afrikaans.com, in samewerking met Oasis Club Learning, het ’n skoolgereedheidsprogram ontwikkel wat ouers help om probleemareas te identifiseer, en indien nodig die nodige stappe te doen as ouers vermoed hulle kind is nie skoolgereed nie. Yolandi van...

Groeipyne 5 Junie 2025 05.06.2025

Slaapkonsultant Jolandi Becker deel haar kennis oor goeie slaapgewoontes, en hoe om met pasgebore babas goeie beginsels te implimenteer.

Groeipyne 29 Mei 2025 29.05.2025

Voorligtingsielkundige Fiona Doman-Olivier praat verder oor die rol en impak van 'n ma en pa op verskeie gebiede van ontwikkeling en welstand in 'n kind se lewe.

Groeipyne 22 Mei 2025 22.05.2025

Voorligtingsielkundige Fiona Doman-Olivier praat oor die rol en impak van 'n ma en pa op verskeie gebiede van ontwikkeling en welstand in 'n kind se lewe.

Groeipyne 15 Mei 2025 15.05.2025

Wie onthou nog DF Malherbe se gedig oor slaap? Die wondersoete ding! Maar dis natuurlik nie altyd die geval vir baie nuwe ouers nie. Soms sukkel ‘n kleinding om te slaap, en ouers is radeloos, want as baba of kleuter nie slaap nie, dan slaap hulle nie. Slaapkonsultant Jolandi Becker het raad.

Groeipyne 8 Mei 2025 08.05.2025

Ons sit die gesprek voort met spraakterapeut en skrywer Christien Neser, oor hoekom dit so belangrik is om vir jou kind voor te lees.

Groeipyne 1 Mei 2025 01.05.2025

Spraakterapeut en skrywer, Christien Neser, vertel hoekom dit so belangrik is om vir jou kind voor te lees.

Groeipyne 24 April 2025 24.04.2025

Ons het die afgelope paar weke gefokus op neurodiversiteit en outisme teen die agtergrond van Outisme Bewusmakingsmaand. Ons sluit die reeks gesprekke af met vroeë kinderontwikkelingspesialis en opvoeder, Sophie Breytenbach, ouma van twee kleinkinders met outisme.

Groeipyne 17 April 2025 17.04.2025

Die fokus is op neurodiversiteit in die klaskamer teen die agtergrond van Outisme Bewusmakingsmaand. Kleinkinderonderrigspesialis en kleuterskooljuffrou, Yolandi van den Heever, deel haar insigte en gee raad.

Listen to the Groeipyne podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.