RSG
Groeipyne
Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Groeipyne 15 Januarie 2026 15.01.2026 23:13
Vroeë-kinderontwikkelingskenners gee raad vir akademiese jaar wat voorlê.
Groeipyne 8 Januarie 2026 08.01.2026 19:11
Sweminstrukteur Ida van Wyk vertel hoekom dit uiters belangrik is om kinders op ‘n jong ouderdom aan swem en waterveiligheid bloot te stel.
Groeipyne 1 Januarie 2026 01.01.2026 23:08
Is speel net vir kinders? Wat is die voordele verbonde aan ongestruktureerde spel, of te wel vryspel. Spraakterapeut en oudioloog Hanlie Degenaar van die Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie aan die Noordwes-Universiteit het die antwoorde.
Groeipyne 18 Desember 2025 18.12.2025 21:29
Is skermtyd die nuwe kinderoppasser? Watter uitwerking het dit op kinders? Hanlie Degenaar, ‘n spraakterapeut en oudioloog verbonde aan die Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie aan die Noodwes-Universiteit, het navorsing hieroor gedoen.
Groeipyne 11 Desember 2025 11.12.2025 22:16
Die skooljaar is verby, en 'n welkome verposing en 'n tyd van samesyn lê voor. Hoe moet ons hierdie tyd die beste benut? Wilna van Rooyen, ’n vroeë kinderontwikkelingspesialis verbonde aan die Afrikaanse Onderwysnetwerk, gee raad.
Groeipyne 4 Desember 2025 04.12.2025 23:04
Wat het skoolgereedheid met Graad 12-uitslae uit te waai? Ontwikkelingskenner en opvoeder dr. Melodie de Jager verduidelik die verband tussen die twee.
Groeipyne 27 November 2025 27.11.2025 21:20
Die vakansie is op hande, en baie gesinne gaan op reis na ‘n vakansiebestemming. Hoe gemaak as jy ‘n kleuter of ‘n pienkvoet het? Hoe maak jy reisplanne? Hoe beïnvloed die vakansie hulle slaap en roetine? Slaapkonsultant Jolandi Becker gee raad.
Groeipyne 20 November 2025 20.11.2025 21:24
Hoe beïnvloed fisieke aktiwiteit ‘n kind se skoolgereedheid? Kinderkinetikus Karyna le Roux praat oor die belangrike rol wat beweging en fisieke aktiwiteit speel in die holistiese ontwikkeling van kinders.
Groeipyne 13 Oktober 2025 13.11.2025 23:03
Is jou kind emosioneel gereed vir skool? Ons kyk na die emosionele voorbereiding van jou kind vir Graad 1.
Groeipyne 6 November 2025 06.11.2025 21:59
Lizette van Huysteen, ‘n vroeëkinderontwikkelinspesialis, praat verder oor die boublokke om ‘n grondslag vir wiskundeprestasie te lê.
Groeipyne 30 Oktober 2025 30.10.2025 18:45
Lizette van Huysteen, ‘n vroeëkinderontwikkelingspesialis, praat oor die boublokke om ‘n grondslag vir wiskundeprestasie te lê.
Groeipyne 23 Oktober 2025 23.10.2025 22:45
Natascha Olivier, ‘n dieetkundige en borsvoedingskonsultant, praat oor Nasionale Voedingsweek, en gee raad oor gesonde kos en eetgewoontes.
Groeipyne 2 Oktober 2025 02.10.2025 22:31
Ouer-opleidingspesialis Heidi Malan praat verder oor ouer/kind-verhoudings.
Groeipyne 25 September 2025 25.09.2025 22:37
‘n Mens sou dink dat ouerskap natuurlik kom, maar ‘n pienkvoet kom nie met ‘n handleiding nie! Ons fokus op ouer/kind-verhoudings saam met ouer-opleidingspesialis Heidi Malan.
Groeipyne 18 September 2025 18.09.2025 23:59
Die ontdekkingsreis wat ons ouers saam met veral hulle voorskoolse kinders onderneem, is soms deurspek met onsekerhede. Die wêreld lyk soms boos, en rondom ons tuimel dinge ineen. Ons is bekommerd oor wat die toekoms vir kinders inhou. Kliniese sielkundige en spelterapeut dr. Jo-Marie Bothma gee raad.
Groeipyne 11 September 2025 11.09.2025 21:30
Internasional Fetale Alkoholspektrum-afwykingsdag word jaarliks internasionaal op 9 September herdenk. Dis ‘n bewusmaking van die skadelike gevolge van alkoholgebruik tydens swangerskap, en die behoefte aan toepaslike dienste. Dr. Leana Olivier, bestuurshoof van die nie-regeringsorganisasie, Fetal Alcohol Related Research, vertel meer.
Groeipyne 4 September 2025 04.09.2025 22:57
Ons fokus op die gevreesde siektes, infeksies en infestasies wat by kleuterskole kop uitsteek, en waaroor ons nie graag gesels nie. Wat is hand-voet-en-mondsiekte? En wat van kopluise en ringwurms? Kleinkinderonderrigspesialis en kleuterskooljuffrou Yolandi van den Heever gee raad.
Groeipyne 28 Augustus 2025 28.08.2025 22:12
Marita Bezuidenhout, ‘n ma van drie met meer as ‘n dekade se betrokkenheid in die babakos-bedryf, praat oor die oorgang van borsmelk of formulemelk na vaste kos. Waar begin jy, en waaraan stel jy jou baba eerste bekend?
Groeipyne 21 Augustus 2025 21.08.2025 23:22
Ons fokus op verbeelding, en die impak wat verbeeldingspel op voorskoolse kinders se ontwikkeling het. Wilna van Rooyen, ’n vroeë kinderontwikkelingspesialis betrokke by die Afrikaanse Onderwysnetwerk, vertel hoekom dit belangrik is om jou kind se verbeelding vrye teuels te gee.
Groeipyne 14 Augustus 2025 14.08.2025 23:32
Ons kyk na finansiële uitdagings, en die impak wat dit op ons kosmandjies kan hê. Wat koop jy, en wat los jy? Dieetkundige Christa Dunn het die antwoorde.
Groeipyne 7 Augustus 2025 07.08.2025 22:50
Ons kyk na die rol van nuuskierigheid, weetgierigheid en verbeelding in ‘n voorskoolse kind se ontwikkeling. Wilna van Rooyen, ’n vroeëkinderontwikkelingspesialis betrokke by die Afrikaanse Onderwysnetwerk, praat oor daardie verkenningsoomblikke en ons kleintjies wat alles wil weet. Vra maar vir ouers wat 30 000 vrae deur die loop van ‘n oggend moet antwoord!
Groeipyne 31 Julie 2025 31.07.2025 23:58
Amanda Broodryk van die Laeveld deel haar persoonlike reis met haar seuntjie by wie disleksie geïdentifiseer is. Opvoedkundige en disleksiekenner Yolanda Gani deel ook haar insigte.
Groeipyne 24 Julie 2025 24.07.2025 21:01
Anthea Warner praat met die Basiese Onderwysdepartement en Sesame Workshop International South Africa oor die registrasie van vroeë kinderontwikkelingsentra.
Groeipyne 17 Julie 2025 17.07.2025 22:31
Ons fokus op leesagterstand, en wat die regering se planne is om die probleem aan te pak, saam met remedierende terapeut en medeskrywer van die Tippie-reeks, Reinette Lombard.
Groeipyne 10 Julie 2025 10.07.2025 21:32
Ons kyk na jong kinders se akademiese reis, en wanneer dinge nie volgens plan verloop nie. Wat staan ons te doen wanneer daar struikelblokke opduik? Kleinkinder-onderrigspesialis en kleuterskoolonderwyser Yolandi van den Heever gee raad.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.