RSG

Groeipyne

Kids AF ↓ 634 episodes

Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Kids

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 15, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

4 Sep 04.09.2014

Johan van Lill gesels oor vaderskapsverlof met Hendri Terblanche, 'n finansiële bestuurder wat 'n veldtog begin het nadat sy tweeling drie maande vroeg gebore is, om vaderskapsverlof in die Wet op Basiese Diensvoorwaardes opgeneem te kry. Tans mag vaders net drie dae gesinsverantwoordelikheidsverlof neem en word daar nie in die wet voorsiening gemaak vir vaderskapsverlof nie. Johan praat oor hiero...

28 Aug 28.08.2014

Hoe gemaak as jou laerskoolkind baie erg met Wiskunde sukkel? Johan van Lill en Marise Oberholzer gee praktiese wenke oor hoe om Wiskunde-hoofpyne te hanteer.

21 Aug 21.08.2014

Wie se verantwoordelikheid is kinderveiligheid? Johan van Lill gesels met Hester Bosman-Sadie, skrywer en maatskaplike werker, oor Ubuntu en kinders grootmaak. Hoe gemaak as my kind ook jou kind is? Hoe maak ek kinders veilig en binne hulle regte groot?

14 Aug 14.08.2014

Johan van Lill gesels met twee sielkundiges oor ouers wat hulle kinders oppiep en die gevolge daarvan. Ouers en versorgers sal alles doen om hulle kinders te beskerm. Wanneer is dit te veel dat dit hulle toekoms sal benadeel? Sommige ouers hardloop nader as hulle kinders struikel, of maak 'n afspraak by die dokter as daar net die geringste teken van 'n loopneus is. Party ouers bel selfs die kleute...

7 Aug 07.08.2014

Johan van Lill gesels met 'n spelterapeut oor hoe gemaak as jou kinders gedurig baklei. Natuurlik droom ons almal dat ons kinders goed oor die weg sal kom, maar hoe gemaak as my kroos gedurig baklei? Wanneer ruk dit handuit en wanneer moet jy inmeng?

31 Jul 31.07.2014

Johan van Lill gesels Aleit Swanepoel oor hoe om 'n kinderpartytjie aan te pak, presente vir kinders en aktiwiteite wat nie jou beursie sal leegmaak nie. Hulle praat ook oor die etiket rondom kinderpartytjies.

24 Jul 24.07.2014

Johan van Lill gesels met dr. Melody de Jager oor binnesintuie. Mense dink gewoonlik aan aanraking, reuke, smake, gehoor en sig as die enigste sintuie, maar dit is almal buitesintuie. Die binnesintuie is die onsigbare sintuie en is noodsaaklik vir kinders se ontwikkeling.

17 Jul 17.07.2014

Johan van Lill gesels met Hettie Brittz oor hoe besige ouers al die dinge wat hulle moet doen om kinders so goed as moontlik groot te maak, ingepas te kry.

10 Jul 10.07.2014

Johan van Lill gesels met twee tuisbly pa's om te hoor hoe hulle dit ervaar om kinders groot te maak.

Listen to the Groeipyne podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.