RSG
Groeipyne
Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
19 Mar 19.03.2015 21:06
Groeipyne 19 Maart 2015
12 Mar 12.03.2015 22:58
Groeipyne 12 Maart 2015
5 Mar 05.03.2015 22:06
Groeipyne 5 Maart 2015
26 Feb 26.02.2015 22:18
Johan van Lill gesels met JP Theron, 'n kliniese sielkundige en psigoterapeut, oor selfdood by kinders en tieners. Is daar tekens wat ouers nie moet ignoreer nie? Hoe gemaak as daar 'n poging was? Hoe moet die gesin dit hanteer?
19 Feb 19.02.2015 24:44
Johan van Lill gesels met dr. Melodie de Jager, ontwikkelingspesialis en skrywer, oor die daaglikse behoeftes van babas tydens voeding, doeke omruil, wakkertyd en slaap.
12 Feb 12.02.2015 23:18
Johan van Lill gesels met dr. Melodie de Jager, 'n ontwikkelingspesialis en skrywer, oor die daaglikse behoeftes van babas. Almal wat al 'n nuwe baba in die huis moes tuismaak en inburger, weet hoe 'n proses dit is. Maar wat is 'n baba se daaglikse behoeftes? Is dit net slaap, eet en boude skoonmaak?
5 Feb 05.02.2015 24:09
Hoe kan ek my kind se selfbeheersingsvaardighede ontwikkel? Ons ken almal die situasie waar kinders net nie kan wag vir iets nie – of dit nou in die motor is, in die winkel of by die huis. Moet 'n mens ingee of nie?
29 Jan 29.01.2015 24:38
Marise Oberholser, onderwyskundige en skrywer van Wiskunde-boeke, gesels oor Wiskunde en hoe dit verskil tussen Graad R en Graad 1. Watter rol speel tel en die verskillende soorte tel in 'n kind se wiskundige ontwikkeling, en hoe moet ek Wiskunde-huiswerk saam met my kind aanpak?
22 Jan 22.01.2015 23:52
Johan van Lill praat met Hettie Brittz, skrywer en oueropleidingspesialis, oor hoe gemaak as jou kind die verkeerde maats kies. Sekere temperamente lok sekere maats aan, en dis belangrik dat ouers en kinders met goeie gesprekvoeringsvaardighede sal weet hoe om dit te hanteer.
15 Jan 15.01.2015 23:38
Johan van Lill praat met Elmarie Stofberg, 'n onderwyskundige, oor hoe om die angel uit Graad 4 te haal. Ouers sit baie keer met hulle hande in die hare, omdat hulle kinders in graad 4 sukkel om te leer. Die ouers wil help, maar weet nie hoe nie. Die oorgang van die grondslagfase na die intermediêre fase is vir baie kinders en ouers 'n groot kopseer.
8 Jan 08.01.2015 27:24
Johan van Lill praat met Elmarie Stofberg en Beryl Botman, onderwyskundiges, oor hoe ouers die radio kan gebruik om hulle kinders se luistervaardighede te ontwikkel. Lizelle de Bruin, regisseur van sommige van die kinderprogramme op RSG, en Christelle Webb-Joubert van Poen en Toekie-faam, verduidelik hoe die programme saamgestel word om aan kinders se luisterbehoeftes te voldoen.
1 Jan 31.12.2014 21:58
Johan van Lill praat met dr. Gillian Arendse, Hoof: Sentrum vir Mentor-, Tutor- en Leierskapontwikkeling by die Universiteit Stellenbosch, oor die rol wat kombuiservarings in kinders se wiskundige en wetenskaplike ontwikkeling speel. Drie koskenners, Herman Lensing (kosredakteur by SARIE), Errieda du Toit (RSG se Huiskok) en Marinda Engelbrecht (Van Kokkedoor-faam), gee elkeen 'n resep wat jy met...
11 Dec 11.12.2014 24:02
Johan van Lill praat met Hettie Brittz, bekende skrywer en oueropleidingspesialis, oor wat om te doen as jou kind nog 'n slegte en ongelukkige jaar op skool gehad het. Wanneer haal ek my kind uit, en oorweeg tuisskoolonderrig? Watter uitdagings hou tuisskoolonderrig in vir ouers, kinders en gesinne?
4 Dec 04.12.2014 26:58
Johan van Lill praat met Monique Strydom, bekende motiveringspreker en baie betrokke by nie-regeringsorganisasies wat kinders in nood bystaan, oor wat om te doen as jy vermoed 'n kind in die gemeenskap se veiligheid word bedreig.
27 Nov 27.11.2014 24:00
Die meeste ouers kan nie wag dat hulle kinders begin praat nie. Maar dan kom die groot verrassing – net omdat daar nou woorde uit jou kleinding se mond kom, beteken dit nie noodwendig dat jy en jou kleinding mekaar kan of wil verstsaan nie! Johan van Lill praat met Heidi Malan, 'n oueropleidingspesialis, oor hoe om met jou kinders te praat dat hulle na jou sal luister.
20 Nov 20.11.2014 26:02
Dis eksamentyd en almal weet dat 'n gebalanseerde dieet in hierdie stresvolle tye vir jou kind baie belangrik is – maar wat gee ek my kind om te eet tydens eksamentyd? Johan van Lill gesels met dieetkundige Andrea du Plessis oor breinkos en aanvullers tydens die eksamen. Andrea gee ook 'n heerlike smoothie-resep wat ideaal is vir eksamentyd.
6 Nov 06.11.2014 24:42
Johan van Lill gesels met Wilna van Rooyen, hoof van die Leeuwenhof Akademie se preprimêre skool, oor wat belangrik is vir ouers en versorgers om te weet voor jou kind Graad 1 toe gaan. Wat kan 'n mens by die huis doen om die oorgang van informele na formele leer so glad moontlik te laat verloop? Hoe hanteer ek dit as my kind emosioneel nog nie reg is vir Graad 1 nie? Hoe lees ek die verslag wat e...
30 Oct 30.10.2014 25:55
Johan van Lill vertel hoe jy jou kind kan help om te studeer vir die eksamen. Hoe help jy jou kind om feite te onthou, moeilike begrippe baas te raak en om hulle werksgeheue te ontwikkel sodat hulle makliker kan leer? Baie kinders ondervind probleme om meer as drie tot vier goed op 'n slag te onthou, en Johan gee wenke oor hoe ouers hierdie vermoë van kinders kan ontwikkel.
23 Oct 23.10.2014 19:26
Johan van Lill gesels met Annemie Daly, 'n opvoedkundige terapeut, oor alternatiewe terapie of nie-indringende terapie wat gebruik word om kinders te help met van gedragsprobleme tot by die verwerking van trauma. Diereterapie word al hoe gewilder en het opvoedkundige, sielkundige en emosionele voordele vir kinders.
16 Oct 16.10.2014 23:15
Johan van Lill gesels met dr. Melodie de Jager, skrywer en kinderontwikkelingspesialis, oor potjielesse, toiletmaniere en bednatmaak. Potjielesse kan so glad soos seep verloop, of dit kan 'n nagmerrie wees, afhangende van jou kind se persoonlikheid. Sommige kleingoed word so steeks soos donkies as dit kom by toiletmaniere. Ander raak dit so gou baas dat jy kan nie verstaan hoekom mense soveel dram...
9 Oct 09.10.2014 25:44
Johan van Lill gesels met dr. Rina de Klerk, skrywer en motiveringspreker, oor emosionele intelligensie en hoe ouers as rolmodelle kan optree. Kinders gee baie keer uiting aan hulle frustrasies op 'n sosiaal onaanvaarbare wyse omdat hulle nie hulle emosies 'n naam kan gee nie.
2 Oct 02.10.2014 25:36
Johan van Lill en Lizanne du Plessis, 'n skrywer en arbeidsterapeut, beantwoord luisteraarsvrae oor kinders se ontwikkeling. Lizanne gee ook stap-vir-stap voorstelle om algemene ouerskapuitdagings soos woede-uibarstings, vrees, angstigheid en stres te hanteer.
25 Sep 25.09.2014 24:42
Ouerskap in die 21ste eeu is opwindend, maar veeleisend en dit bly 'n uitdaging om gelukkige kinders groot te maak. Johan van Lill gesels hieroor met Lizanne du Plessis, 'n skrywer en arbeidsterapeut met 'n spesiale belangstelling in die behandeling van kinders met sensoriese prosesseringsdisfunksie. Lizanne gee stap-vir-stap voorstelle oor hoe om algemene ouerskapuitdagings te hanteer, soos woede...
18 Sep 18.09.2014 23:32
Johan van Lill gesels verder oor ouerskapsplanne wat help om kinders groot te maak wanneer die verhouding tussen ouers verbrokkel het. Aspekte wat uit luisteraars se navrae gekom het word bespreek: Wat is die regte van 'n ouma wat die kinders grootmaak na 'n egskeiding? Kan ouerskapsplanne afgedwing word en hoe werk bemiddeling tussen ouers?
11 Sep 11.09.2014 25:51
Wanneer die verhouding tussen ouers verbrokkel, raak dit gesinne en families op alle vlakke. Die nuwe kinderwet vereis dat ouers dan 'n ouerskapskontrak in plek moet hê,
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.