RSG

Groeipyne

Kids AF ↓ 634 episodes

Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Kids

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 15, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

16 Feb 16.02.2017

Johan van Lill gesels met sielkundige ST Potgieter oor hoe om liefdesteleurstellings met jou kinders te hanteer.

9 Feb 09.02.2017

Johan van Lill praat met dr. Mariette van der Merwe en dr. Carlien van Wyk van die Noordwes-Universiteit se Sentrum vir Kinder-, Jeug- en familiestudies oor hoe gesinne oorleef in informele nedersettings. 'n Ma wat in 'n informele nedersetting bly, vertel ook haar storie.

2 Feb 02.02.2017

Johan van Lill gesels met arbeidsterapeut en skrywer, Lizanne du Plessis, oor hoe om 'n uiters sensitiewe en teruggetrokke kind te hanteer.

26 Jan 26.01.2017

Johan van Lill gesels met pastorale sielkundige Fanie Kriel oor die impak wat 'n eerste baba op 'n huwelik of verhouding het.

19 Jan 19.01.2017

Johan van Lill gesels met pastorale berader dr. Deon Bruwer oor die impak wat psigiatriese probleme by een of albei ouers kan hê op die kinders en die gesin, en hoe om dit te hanteer.

12 Jan 12.01.2017

Johan van Lill gesels met pastorale sielkundige Fanie Kriel oor hoe om teleurstellings met jou kinders te hanteer. Baie matrieks het nie geslaag in die eindeksamen nie of die punte wat hulle behaal het, het nie aan hulle verwagtinge voldoen nie. Hoe help ek my kind hierdeur?

5 Jan 05.01.2017

Johan van Lill gesels met koskenner Martjie Malan oor hoe 'n mens kinders in die kombuis kan besig hou en ontwikkel. Martjie gee ook ouderdomsgeskikte resepte wat versorgers met kinders in die kombuis kan aanpak.

29 Dec 29.12.2016

Johan van Lill gesels met dr. Lindy Bosman, 'n kliniese sielkundige van Badisa in die Wes-Kaap, oor fetale alkoholsindroom.

22 Dec 22.12.2016

Johan van Lill gesels met Pieter Cronje, 'n sosiale media-kenner, oor hoe ouers en versorgers sosiale media met hulle kinders kan hanteer.

15 Dec 15.12.2016

Johan van Lill gesles met ontwikkelingskenner dr. Melodie de Jager oor hoe om die beste te maak van vakansies met jou kinders.

8 Dec 08.12.2016

Johan van Lill praat met Lizelle de Bruin oor kinderveiligheid by die huis. Daar is baie kinders wat alleen tydens die vakansie by die huis bly, en ons gee wenke vir hulle veiligheid.

1 Dec 01.12.2016

Johan van Lill gesels met Lizanne du Plessis, 'n arbeidsterapeut en skrywer, oor hoe om jou kind se veerkragtigheid te ontwikkel.

24 Nov 24.11.2016

Johan van Lill gesels met Helena Bester, een van Suid-Afrika se voorste kenners van ADHD, oor die rol wat neuroterapie kan speel om kinders met ADHD te help.

17 Nov 17.11.2016

Johan van Lill gesels met Hester Bosman-Sadie oor die proses van aanneming.

10 Nov 10.11.2016

Johan van Lill praat met dr. Amanda Marais, 'n tandarts van Somerset-Wes, oor wat ouers en versorgers moet weet van tandesorg.

3 Nov 03.11.2016

Johan van Lill praat met dr. Melodie de Jager, 'n ontwikkelingskenner, oor leergereedheid vir Graad 1.

27 Oct 27.10.2016

Johan van Lill praat met Wilna van Rooyen, hoof van die Leeuwenhof Akademie se pre-primêre afdeling, oor hoe ouers daaroor moet dink as hulle kind Graad R moet herhaal.

20 Oct 20.10.2016

Johan van Lill gesels met Maria Schmidt, 'n onderwyseres by Curro Durbanville, oor hoe om hoërskoolleerders te motiveer om nie tou op te gooi met wiskunde nie.

13 Oct 13.10.2016

Johan van Lill gesels met Lizanne du Plessis, 'n arbeidsterapeut en skrywer, oor hoe blootstelling aan te veel tegnologie en tyd voor rekenaarskerms en tablette, kinders se breinontwikkeling beïnvloed.

6 Oct 06.10.2016

Johan van Lill gesels met Marise Oberholzer oor hoe 'n mens speletjies kan gebruik om kinders se wiskundige vaardighede te ontwikkel.

29 Sep 29.09.2016

Johan van Lill praat met twee kenners oor hoe mens kinders kan help met deursettingsvermoë. Hoe motiveer jy jou kinders om klaar te maak met iets waarmee hulle begin het? En wanneer is dit toelaatbaar vir hulle om tou op te gooi?

22 Sep 22.09.2016

Johan van Lill praat met Fanie Kriel, 'n pastorale sielkundige, oor die impak wat aandagafleibaarheid op die kind en die gesin het.

15 Sep 15.09.2016

Johan van Lill gesels met Fanie Kriel, 'n pastorale sielkundige, oor hoe kinders trauma beleef en hoe ouers trauma met kinders kan hanteer.

1 Sep 01.09.2016

Johan van Lill gesels met dr. Fanie Kriel, 'n pastorale sielkundige, oor hoe 'n mens met jou tiener gesprekke voer.

25 Aug 25.08.2016

Johan van Lill praat met Rudi Swanepoel, 'n predikant en ouer van tieners, oor hoe om moeilike tieners te hanteer.

Listen to the Groeipyne podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.