RSG
Groeipyne
Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Groeipyne 25.01.2018 22:55
Johan van Lill praat met dr. Kobus Neethling oor die rol wat risiko's en waagmoed speel in jou kind se kreatiwiteitsontwikkeling.
Groeipyne 18.01.2018 21:56
Johan van Lill praat met prof. Michael le Cordeur oor wat ouers en versorgers van die skoolkurrikulum moet weet en kennis neem. Wat is die ouer se rol in hulle kinders se akademiese ontwikkeling?
Groeipyne 11.01.2018 20:48
Johan van Lill praat met Nika Oberholster, 'n arbeidsterapeut en 'n gestremheidspesialis, oor hoe om jou kind te motiveer wat vanjaar 'n graad moet herhaal, en watter opsies daar is vir kinders wat voor matriek die skool verlaat.
Groeipyne 04.01.2018 22:02
Johan van Lill praat met dr. Jannie le Roux, 'n skrywer en motiveringspreker, oor hoe gesinne meer tyd met mekaar kan deurbring te midde van besige skedules.
Groeipyne 28.12.2017 21:47
Johan van Lill praat met Karin Steyn, 'n voorligtingsielkundige, oor die belangrikheid van eie-tyd (me time) vir kinders, en verduidelik wat die verskil is tussen “me time” en “time out”.
Groeipyne 21.12.2017 21:42
Johan van Lill praat met Mardele Schoeman, 'n genetiese berader, oor Turnersindroom.
Groeipyne 14.12.2017 23:23
Johan van Lill praat met Quinton Adams, 'n opvoedkundige sielkundige, oor hoe ouers dit kan hanteer wanneer hulle kinders vloek en verbale geweld pleeg.
Groeipyne 07.12.2017 21:10
Johan van Lill praat met Lourens van Niekerk, die terapeutiese bestuurder van Childline in Noordwes, oor hoe geslagsrolle in gesinne 'n rol kan speel by geweld teen vroue en kinders. Watter rol speel 'n oordrewe fokus in die gesin en samelewing op sogenaamde manlikheid? En wat is die negatiewe impak van verbale geweld op gesinne?
Groeipyne 30.11.2017 22:31
Johan van Lill praat met sielkundige en seksoloog dr Marelize Swart oor hoe om met kinders oor seksualiteit te gesels. Watter inligting is ouderdomsgepas?
Groeipyne 23.11.2017 22:47
Johan van Lill kyk na obesiteit by kinders. Hoe kan ouers dit voorkom en hanteer? Watter rol speel 'n passiewe leefstyl as 'n bydraende faktor tot die probleem?
Groeipyne 16.11.2017 20:39
Johan van Lill gesels oor kinders se algemene kennis, en hoe om kinders nuuskierig te maak. Adinda vermaak, die samesteller van die boek, VRAE EN FEITE VIR NUUSKIERIGE AGIES, verduidelik hoe ouers en versorgers die boek kan gebruik om kinders aan die lees te kry.
Groeipyne 09.11.2017 22:23
Johan van Lill kyk na die oorgang van laerskool tot hoërskool, en hoe ouers en versorgers dit kan hanteer.
Groeipyne 02.11.2017 20:58
Johan van Lill praat met maatskaplike werker, Katinka Pieters, van die organisasie ABBA Adoptions, oor hoe al die kompleksiteite met ouer kinders wat aangeneem is, en hoe gemaak as jou aanneemkind vra om sy of haar biologiese ouers te ontmoet.
Groeipyne 26.10.2017 18:34
Johan van Lill praat met kliniese sielkundige Willem de Jager oor Oppositional Defiance Disorder (ODD), wat as 'n teenkantingsindroom by kinders voorkom. Dis kinders wat oor die algemeen moeilik is en altyd gesag uitdaag.
Groeipyne 19.10.2017 21:50
Johan van Lill praat met Ine de Vries, 'n voorligtingsielkundige, oor hoeveel skermtyd toelaatbaar is vir kinders.
Groeipyne 12.10.2017 19:00
Johan van Lill praat met dr. Susanne Jacobs oor hoe om skeidingsangs by kinders te hanteer.
Groeipyne 05.10.2017 20:36
Johan van Lill praat met kenners oor tienerswangerskappe. Twee maatskaplike werkers vertel hoe ouers en versorgers die situasie moet hanteer, wat die regte van albei ouers is, en die moets en moenies van hoe die situasie in die skool hanteer kan word.
Groeipyne 28.09.2017 21:47
Johan van Lill praat met kenners oor Fetale Alkoholsindroom (FAS), spesifiek oor die potensiaal van ouer kinders en tieners wat hieraan ly.
Groeipyne 21.09.2017 20:38
Hoe kan terapeute jou kind help wanneer dinge nie goed gaan by die skool nie? Ons kenner is spelterapeut Wietske Boon.
Groeipyne 14.09.2017 21:42
Hoe gemaak as my kind wil tou opgooi met 'n buitemuurse aktiwiteit of stokperdjie. Francois du Plessis, 'n karate-instrukteur, gee raad oor hoe om kinders te motiveer om deur te druk wanneer die buitemuurse aktiwiteit uitdagings aan die kind begin stel.
Groeipyne 07.09.2017 21:06
Die winkelrakke is vol opvoedkundige apparaat. Johan van Lill vind uit watter apparaat 'n mens voor moet uitkyk, en hoe dit gebruik kan word om byvoorbeeld Wiskundigevaardighede te ontwikkel. Die kenner is onderwyskundige Marise Oberholzer.
Groeipyne 31.08.2017 21:39
Johan van Lill kyk na trauma en hoe gesinne dit moet hanteer. Kapings, molestering, sterftes en kinders wat wegloop, is deel van gesinne en families se alledaagse lewe. Hoe kan 'n gesin gehelp word met trauma? Die kenner is pastorale terapeut dr. Deon Bruwer.
24 Aug 24.08.2017 22:28
Johan van Lill kyk na die rol van reëls in die huis. Daar is nie baie mense wat nie van reëls hou nie, maar dit bly 'n lewensfeit dat gesinne nie daarsonder kan funksioneer nie.
17 Aug 17.08.2017 20:15
Johan van Lill praat met dr. Etienne van der Walt, 'n neuroloog, oor die impak wat tegnologie op kinders se breinontwikkeling het. Mag 'n kind byvoorbeeld langs 'n selfoon wat laai, slaap. En het opvoedkundige sagteware regtig die kognitiewe impak wat dikwels daarmee beloof word?
10 Aug 10.08.2017 21:48
Johan van Lill gesels met onderwyskenner Frieda Wilkens oor hoe om jou kinders lief te maak vir boeke en lees. Watter rol speel boeke in 'n wêreld waar kinders heeldag met tegnologie omgaan?
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.