RSG

Groeipyne

Kids AF ↓ 634 episodes

Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Kids

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 15, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Groeipyne 12.07.2018

Johan van Lill praat met dr. Danie Brink, 'n onderwyskundige, oor hoe om by kinders 'n gewoonte van “eerste keer gehoorsaamheid” te ontwikkel sodat hulle die eerste keer as jy praat, sal luister en reageer.

Groeipyne 05.07.2018

Johan van Lill vind uit of sekere kossoorte kinders hiperaktief kan maak en hulle gedrag kan beinvloed. Is daar 'n korrelasie tussen bloedsuiker en gedrag? Twee dieetkundiges verduidelik ook wat gesonde eetgewoontes vir kinders beteken.

Groeipyne 28.06.2018

Hoe gemaak as oumas en oupas nie saamstem met hoe hulle kinders die kleinkinders grootmaak nie?

Groeipyne 21.06.2018

Hoe gemaak as my kind 'n jaar op skool moet herhaal?

Groeipyne 14.06.2018

Hierdie week in Groeipyne gesels Johan van Lill met Anienie Veldsman, onderwyskundige, oor die rol van speel in kinders se ontwikkeling en hoekom kinders sekere goed nie kan doen nie as hulle nie genoeg gespeel het nie.

Groeipyne 07.06.2018

Johan van Lill kyk na die rol wat ouers speel in kinders se keuses ten opsigte van vakke en loopbane. Hoe kan ek seker maak my kind kies vakke wat vir hom die meeste geleenthede in die lewe sal oopmaak?

Groeipyne 30.05.2018

Johan van Lill praat met Gertie Smit, 'n onderwyskundige, oor watter liedjies 'n mens vir kinders kan aanleer, hoe jy dit aanleer en hoe kies jy die regte liedjies wat kinders se ontwikkeling kan stimuleer.

Groeipyne 24.05.2018

Johan van Lill praat met dr. Johan Anker, 'n geletterdheidskenner, oor hoe jy boeke kan gebruik om kinders se nuuskierigheid te prikkel. Daar is ook wenke oor hoe om voorlees te gebruik vir taalontwikkeling.

Groeipyne 17.05.2018

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige dr. Marinda Bannister oor hoe om jou kinders trots Suid-Afrikaans groot te maak. Hoe maak ek my kinders bewus van ons pragtige land met 'n ryke verskeidenheid kulture en klanke dat hulle die waardes van ons Grondwet sal uitleef.

Groeipyne 10.05.2018

Johan van Lill praat met pastorale sielkundige Fanie Kriel oor hoe ouerskapstyle kinders se selfbeeld of eiewaarde kan ontwikkel of benadeel.

Groeipyne 03.05.2018

Johan van Lill praat met Wilna van Rooyen, hoof van 'n pre-primêre skool, oor vryspel. Wanneer ouers 'n kleuterskool besoek, is een van die dinge waarna hulle moet oplet, watter keuses van apparaat daar vir die kinders is wanneer hulle speel – ons gee wenke waarna mens moet kyk.

Groeipyne 26.04.2018

Hoe kan ouers weet wanneer inligting wat op die internet verskyn, wel betroubare inligting is? Hoe lyk 'n gesonde kosblik?

Groeipyne 19.04.2018

Johan van Lill praat met Marise Oberholzer, 'n skrywer en wiskundekenner, oor hoe ouers en versorgers die begrip van meting by hulle kinders kan ontwikkel.

Groeipyne 12.04.2018

Johan van Lill praat met Nedine Blom wat pas haar meestersgraad behaal het oor die problematiek van mensehandel, en wat ouers en versorgers kan doen om hulle kinders hierteen te beskerm. Hulle bespreek ook die rol wat sosiale media speel om kinders weerloos te maak teen mensehandel.

Groeipyne 05.04.2018

Johan van Lill gesels met dr Renate Schoeman, psigiater, oor die impak wat tegnologie op kinders se slaapgewoontes het.

Groeipyne 29.03.2018

Hierdie week in Groeipyne gesels Johan van Lill Lizanne du Plessis, bekende skrywer en arbeidsterapeut, oor die belangrikheid van “rof speel” en “fisieke speel” in kinders se ontwikkeling.

Groeipyne 22.03.2018

Ons weet almal dat beweging belangrik is vir kinders se ontwikkeling en algemene gesondheid. Maar hoe gemaak met jou lui kind wat glad nie hou van beweging nie? Johan van Lill gesels met twee kinderkinetici oor hoe om kinders aan te beweeg te kry.

Groeipyne 15.03.2018

Johan van Lill praat met Christien Neser, 'n skrywer en spraakterapeut, oor hoe om stories vir kinders voor te lees of te vertel, om hulle geletterdheid te ontwikkel.

Groeipyne 08.03.2018

Johan van Lill praat met Lizanne du Plessis, 'n skrywer en arbeidsterapeut, oor hoe om die regte ingesteldheid te hê wanneer jou kinders met uitdagings gekonfronteer word.

Groeipyne 01.03.2018

Johan van Lill praat met onderwyskundiges Martiza Olivier en Ina-Marie Harcourt oor selfsugtige gedrag by kinders, en hoe om dit te hanteer. Hoe leer ek my kind om met ander te deel?

Groeipyne 22.02.2018

Hierdie week in Groeipyne gesels Johan van Lill met opvoedkundige sielkundige, Rina Brink, oor hoe ouers kinders kan help met hulle belangstellings, aanlegte en besluite oor loopbane en vakkeuses.

Groeipyne 15.02.2018

Johan van Lill praat met Debbie Cilliers van CPUT waar onderwysers opgelei word, oor hoe om suksesvol, en tot jou kind se voordeel, met die skool te kommunikeer.

Groeipyne 08.02.2018

Johan van Lill praat met dr. Annelie van Breda, 'n sielkundige, oor gesonde eetgewoontes by tieners, “binge eating” en hoe om jou tieners te leer van “mindful eating”.

Groeipyne 01.02.2018

Johan van Lill praat met ontwikkelingskenner dr. Melodie de Jager oor babas, en wat die belangrike dinge is waaraan 'n mens moet aandag gee wat probleme kan voorkom, sodat hulle ontwikkeling volgens die korrekte mylpale kan plaasvind.

Groeipyne 01.02.2018

Johan van Lill praat met ontwikkelingskenner dr. Melodie de Jager oor babas, en wat die belangrike dinge is waaraan 'n mens moet aandag gee wat probleme kan voorkom, sodat hulle ontwikkeling volgens die korrekte mylpale kan plaasvind.

Listen to the Groeipyne podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.