RSG

Groeipyne

Kids AF ↓ 634 episodes

Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Kids

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 15, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Groeipyne 03.01.2019

Johan van Lill praat met dr. Jannie le Roux oor die dinge waarop jy hierdie jaar met jou ouerskap kan fokus, en hoe om meer tyd met jou familie deur te bring as jy lang ure werk.

Groeipyne 27.12.2018

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige Katherine van Heerden oor hoe families konflik kan hanteer. Is dit gepas dat kinders my en my lewensmaat sien baklei? Hoe verskil mense se hantering van konflik? Watter impak het dit op my kinders se selfbeeldontwikkeling?

Groeipyne 20.12.2018

Johan van Lill praat met prof. Gert van der Westhuizen, Marlene le Roux en Fatima Allie oor kulturele geletterdheid, en hoe om dit by jou kinders te ontwikkel.

Groeipyne 13.12.2018

Johan van Lill praat met Lizelle de Bruin oor dinge wat ouers en versorgers tydens die vakansie kan doen om verveling by kinders te oorleef. Daar is soveel praktiese dinge wat ouers in die kombuis, tuin en in en om die huis kan doen, wat kinders sal geniet terwyl hulle terselfdertyd ook ontwikkel.

Groeipyne 06.12.2018

Johan van Lill praat met arbeidsterapeut Lizanne du Plessis oor hoe om tydens die vakansie nie net die tyd te gebruik om te rus nie, maar ook nader aan jou kind te beweeg.

Groeipyne 29.11.2018

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige Katherine van Heerden oor hoe om met jou kind oor liefde te praat. Daar is verskillende soorte liefde, en gepaste optrede gaan gepaard hiermee. Elke mens praat 'n ander liefdestaal - hoe is dit van toepassing op verhoudings met kinders?

Groeipyne 22.11.2018

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige dr. Santa Josling oor hoe om 'n hoërskool vir jou kind te kies. Wanneer opsies vir hoërskole oorweeg word, is daar dikwels konflik te sprake. Daar kan konflik in die huis wees waar die ouer en kind verskil oor die keuse van 'n skool, maar dikwels is daar ook konflik oor wat 'n persoon dink die regte besluit sal wees, en hoe 'n persoon se hart voel...

Groeipyne 15.11.2018

Johan van Lill praat met voorligtingsielkundige Xandria Louw oor die vrees wat by baie ouers bestaan of hulle kinders dit in die regte wêreld sal maak. Hoe help ek my kind se oorgang van kind tot volwassene? Dit is nou daardie tyd van die jaar waar soveel gesinne gereed maak vir boetie of sussie wat verder moet gaan studeer of nou afstudeer, en die nessie raak al hoe leër.

Groeipyne 08.11.2018

Johan van Lill praat met dr. Pieter van Jaarsveld oor hoe om gelukkige kinders groot te maak.

Groeipyne 01.11.2018

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige Katherine van Heerden oor hoe om aggresiewe kinders te hanteer, en om bekommerd te wees as jou kind aggresiewe gedrag toon.

Groeipyne 25.10.2018

Johan van Lill praat met Belinda de Villiers, 'n opvoedkundige sielkundige, oor hoe om te weet wanneer jy te veel vir jou kind doen. Wat is die verskil tussen oorbetrokke en oorbeskermde ouers, en watter negatiewe impak het hierdie ouerskapstyle op kinders se ontwikkeling.

Groeipyne 18.10.2018

Johan van Lill praat met Leanda du Preez, 'n opvoedkundige sielkundige, oor hoe om uitdagende tieners wat die grense voortdurend toets, te hanteer.

Groeipyne 11.10.2018

Johan van Lill praat met kliniese sielkundige Mark de la Rey oor hoe om met jou kinders oor dagga te praat. Hoekom gebruik en eksperimenteer tieners daarmee?

Groeipyne 04.10.2018

Johan van Lill praat met Hanri de la Harpe oor hoe om die vermoë by kinders te ontwikkel om besluite te neem, nie omdat die reëls dit van hulle verwag nie, maar omdat hulle 'n innerlike behoefte het om die regte ding te doen.

Groeipyne 27.09.2018

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige Belinda de Villiers oor woedeuitbarstings en agressie by kinders. Wat is die emosies wat daaragter skuil, en hoe kan versorgers dit hanteer?

Groeipyne 20.09.2018

Johan van Lill praat met dr. Talita Veldsman, 'n opvoedkundige sielkundige, oor hoe om kindervrese te hanteer.

Groeipyne 13.09.2018

Johan van Lill praat met twee onderwyskundiges oor huiswerk. Hoeveel huiswerk moet of mag kinders kry? Hoe kan ek my kinders by die huis ondersteun daarmee.

Groeipyne 06.09.2018

Johan van Lill praat met voorligting- en pastorale sielkundige Carien du Toit oor hoe werkende ouers steeds 'n suksesvolle verhouding met hulle kinders kan opbou ten spyte van beperkte kontaktyd.

Groeipyne 30.08.2018

Johan van Lill praat met prof. Daniël Louw, professor in Pastorale Sorg en Praktiese Teologie, oor die rol van pa's en die impak wat dit het as daar nie 'n pa in die huis is nie. Wat beteken 'n vaderfiguur in die moderne wêreld?

Groeipyne 23.08.2018

Johan van Lill praat met Wilna van Rooyen, 'n onderwyskundige en kleuterskoolkenner, oor die dinge wat nie by 'n kleuterskool moet gebeur nie, wat betref die ontwikkeling van kinders.

Groeipyne 16.08.2018

'n Besprekingsprogram vir die Moslemgemeenskap.

Groeipyne 08.08.2018

Johan van Lill praat met Cynthia Linde oor vrouwees en ma-wees, en die druk wat daar op vroue is om in spesifieke boksies te pas weens die verwagtinge van die samelewing oor die rol wat hulle moet vervul.

Groeipyne 02.08.2018

John Miles word vanjaar 80, maar steur hom nie aan die ouderdom nie. Hy woon en werk in die Noord-Kaap waar hy hom ná sy aftrede as akademikus gaan vestig het. Hy is 'n ywerige leser en skryf omdat hy gedwing word. Ina Strydom kyk na die bekroonde skrywer se lewe en werk.

Groeipyne 26.07.2018

Johan van Lill praat met Marese Oberholzer, 'n onderwyskundige, oor alles wat grondslagfase onderwysers vir ouers en versorgers oor wiskundehuiswerk wil sê.

Groeipyne 19.07.2018

Wat beteken goeie maniere vir moderne kinders en gesinne, en hoe verskil dit van kultuur tot kultuur?

Listen to the Groeipyne podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.