RSG
Groeipyne
Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Groeipyne 27.06.2019 23:25
Wanneer is watter tipe terapeut vir kinders nodig? Waarop fokus elke tipe terapeut? Johan van Lill praat met 'n opvoedkundige sielkundige, Elzettte Fritz, oor die verskillende tipes terapeute wat mens kan gebruik om kinders te help ontwikkel en wat elke soort terapie behels.
Groeipyne 20.06.2019 21:45
Dis vakansietyd en kinders kla dikwels dat hulle dan verveeld is. Baie ouers en versorgers is geïrriteerd met hierdie stand van sake. Maar is verveeldheid 'n negatiewe ding by kinders? Lizanne du Plessis, arbeidsterapeut, praat met Johan van Lill oor die positiewe aspekte van verveeldheid en hoe dit kan bydra tot breinontwikkeling.
Groeipyne 13.06.2019 24:14
Hoe gemaak as jou kind se onderwyser hom of haar afknou of selfs boelie? Hoe moet jy as ouer of versorger die situasie hanteer. Johan van Lill praat met Marinda Cruywagen, opvoedkundige sielkundige, oor wat die regte prosedure is om te volg tot voordeel van almal betrokke.
Groeipyne 06.06.2019 22:36
Wanneer ouers nie kan ooreenkom oor hoe hulle kinders grootgemaak moet word nie, dan is bemiddeling die eerste opsie om 'n ooreenkoms te bereik – of die ouers nou getroud was of nie, mediators kan help om dinge vlotter te laat verloop. Johan van Lill gesels oor die mediasieproses met Carl Vlok, geakkrediteerde bemiddelaar.
Groeipyne 30.05.2019 23:29
Dis kinderbeskermingsweek en in Groeipyne gesels Johan van Lill met dr. Melodie de Jager, ontwikkelingskenner, oor kinders se emosionele veiligheid en die rol wat sintuie daarin speel
Groeipyne 23.05.2019 22:34
Hoe kry jy 'n balans met higiëne by jou kinders? Aan die een kant kan 'n mens obsessief higiëne najaag, maar dan het dit weer aan die ander kant 'n negatiewe impak op kinders se ontwikkeling. Johan van Lill gesels met Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor hoe skoonmaak, netheid en higiëne in gesinne benader kan word.
Groeipyne 16.05.2019 22:12
Terapie waar perde gebruik word, neem al hoe meer toe en kinders vind ongelooflik baat by hierdie terapie. Johan van Lill gesels met Katherine van Heerden, opvoedkundige sielkundige, wat in hierdie tipe terapie spesialiseer, en verduidelik hoe dit selfs kinders wat op die outistiese spektrum is, help.
Groeipyne 09.05.2019 21:55
Tienerswangerskappe is een van die realiteite waarmee baie gesinne onverwags te doen kry. Johan van Lill praat met Erna Rheeder van SAVFamnet oor hoe gesinne dit kan hanteer, en watter rol die tienerpa speel.
Groeipyne 02.05.2019 21:56
Het jy en jou gesin al oorweeg om platiekvry te leef? Johan van Lill praat met Johannes de Villiers, 'n joernalis, oor hoe jy en jou kinders minder plastiek kan gebruik tot voordeel van die omgewing.
Groeipyne 25.04.2019 23:20
Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige Fred Schouwink oor kinderangs, en hoe ouers en versorger nie te beskermend of te gou moet intree wanneer 'n kind angs ervaar nie, want dit kan selfs tot verdere angs lei. Hulle praat ook oor wanneer om hulp te kry vir angs by kinders, en hoe so 'n proses werk.
Groeipyne 18.04.2019 21:29
Johan van Lill praat met onderwyskundige Marise Oberholzer oor die gaping tussen Graad 6 en Graad 7 wiskunde. Baie kinders ervaar 'n insinking in hulle wiskunde-prestasie in hierdie fase van hulle skoolloopbaan.
Groeipyne 11.04.2019 22:04
Johan van Lill praat met dr. Marlena Kruger oor digitale geletterdheid, en hoe om die sinvolle en gebalanseerde gebruik van tegnologie met jou kinders toe te pas. Hoe kry ek 'n gesonde balans tussen menswees en tegnologie in ons huishouding?
Groeipyne 04.04.2019 22:08
Johan van Lill praat met onderwyskundige Petrus Jacobs oor hoe gesprekke met jou kinders kan verloop, wat redenasievermoë stimuleer. Kinders wil baie keer met jou oor sekere reëls of geleenthede onderhandel, en die manier waarop mens dit doen kan kritiese denke en die vermoë ontwikkel om argumente te formuleer, gestaaf met bewyse of navorsing.
Groeipyne 28.03.2019 22:48
Johan van Lill gesels met twee kenners oor toegang tot kinders. Hoe gemaak as een van die ouers die kinders vervreem en my toegang tot my kinders verhoed? Onlangs is daar in die media berig oor ouers wat in hegtenis geneem is omdat hulle hul toegang tot hul kinders uitgevoer het en die ander ouer die polisie se hulp ingeroep het om die kinders op te spoor. Wat is my as ouer se regte?
Groeipyne 20.03.2019 23:24
Hierdie week in Groeipyne gesels Johan van Lill met Annalies van Rijswijk van die SNAP School in Durbanville oor outisme en ander leeruitdagings en wat die regte dinge is wat ouers van jongs af kan doen met sulke kinders om hulle optimaal te help ontwikkel.
Groeipyne 14.03.2019 23:13
Johan van Lill praat met onderwyskundige Wilna van Rooyen oor die eerste terugvoer van die skool af, en hoe ouers en versorgers dit kan hanteer. Ouers en versorgers besoek gewoonlik in hierdie week die skool vir 'n ouervergadering met die onderwyser om te hoor hoe hulle kinders gevorder het. Hoe verseker ek dat dit 'n positiewe ervaring is vir almal betrokke?
Groeipyne 07.03.2019 21:15
Johan van Lill praat met kenners oor vrae wat ons van luisteraars gekry het. Watter voordele hou karate vir my kind in, en hoe gemaak as my kind dit net vir 'n rukkie wil neem en dan ophou? Moet ek vir my voorskoolse kind ekstra wiskunde en leesklasse laat loop? Watter impak het elektroniese toerusting op my kind se breinontwikkeling?
Groeipyne 28.02.2019 20:44
Johan van Lill kyk na die belangrikheid van terugvoer aan jou kinders oor hulle prestasies, en hoe om die balans te kry tussen om vir ander van jou kinders se prestasies te vertel en om oordadig te spog. Sy gaste is Arinda Janse van Rensburg, 'n onderwyskundige, en Lizanne du Plessis, 'n arbeidsterapeut.
Groeipyne 21.02.2019 23:30
Johan van Lill praat met Lizanne du Plessis, 'n arbeidsterapeut, oor hoe gemaak met jou uiters sensitiewe kind. Hierdie kinders ervaar inligting vanuit hulle omgewing baie meer intens as ander kinders, en dit het 'n invloed op hulle gedrag en hoe hulle op sekere situasies reageer.
Groeipyne 14.02.2019 21:54
Johan van Lill praat met pastorale berader Fanie Kriel oor hoe om Valentynsdag met jou kinders te hanteer. Hoe gemaak met eerste liefde, gesprekke oor seksualiteit en as my kind dalk nie 'n Valentynsdagkaartjie of -presentjie gekry het nie.
Groeipyne 07.02.2019 20:07
Johan van Lill praat met voorligtingsielkundige Elizabeth Nel oor hoe jy met kinders praat as 'n maatjie, boetie of sussie sterf, of as kinders intense trauma beleef het, veral in daardie eerste paar oomblikke na 'n gebeurtenis.
Groeipyne 31.01.2019 22:12
Johan van Lill praat met ontwikkelingskenner dr. Melodie de Jager oor die reuksintuig en hoe dit kinders se ontwikkeling beïnvloed. Is daar 'n verband tussen kinders se gedrag en reuke? Hoe gemaak met ouers wat deesdae hulle kinders se verstopte neuse “stofsuig” om hulle beter te laat slaap?
Groeipyne 24.01.2019 23:06
Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor hoe kinders leer en studeer. Leer kinders op verskillende maniere, en hoekom word leerstyle as mites beskou? Baie kinders leer deur herhaling. Hulle bespreek hoe om dit minder vervelig te maak.
Groeipyne 17.01.2019 21:39
Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige Fred Schouwink oor wat om te doen as jou kind nie die eksamen deurgekom het nie. Watter ondersteuning kan jy gee, en watter opsies is daar wanneer dit gebeur?
Groeipyne 10.01.2019 23:41
Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige Elzette Fritz oor terug-skool-toe. Hoe kan ouers en kinders die jaar reg aanpak, en hoe moet die verkillende oorgange tussen skoolfases hanteer word?
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.