RSG

Groeipyne

Kids AF ↓ 634 episodes

Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Kids

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 15, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Groeipyne 19 Desember 2020 19.12.2019

Johan van Lill praat met Cynthia Linde oor wat om te doen wanneer die kinders in die vakansietyd baklei. Sy gee wenke oor hoe om die feestyd aangenaam te maak vir almal wat wil rus en kuier.

Groeipyne 12.12.2019

Johan van Lill praat met Francois du Plessis, 'n karate-instrukteur, oor hoe om 'n veiligheidsbewustheid by kinders te ontwikkel. Onderwyskundige Stoffel Goosen vertel van die opsies wat leerders in Graad 9 het om of 'n akademiese of loopbaangerigte matriek te kies, en hoe dit vaardigheidstekorte in Suid-Afrika kan verminder.

Groeipyne 05.12.2019

Johan van Lill praat met Fanie Kriel, 'n pastorale berader, oor die rol wat respek speel om geweld teen vroue en kinders teen te werk. Watter rol speel die gedrag wat jy vir jou kinders modeleer, en jou elke dag se optrede om die waarde van respek te vestig.

Groeipyne 28.11.2019

Johan van Lill praat met Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor die waarde van geskenke, en hoe gesinne hierdie feestyd geskenke kan gee wat nie 'n platsak beursie tot gevolg het nie.

Groeipyne 21.11.2019

Johan van Lill praat met Cynthia Linde van die Soetlief-lewensvaardhede program oor hoe 'n mens vir kinders sosiale en emosionele vaardighede kan aanleer, en die rol wat tegnologie daarin kan speel.

Groeipyne 14.11.2019

Johan van Lill praat met Lizelle de Bruin oor kreatiewe aktiwiteite wat jy met jou kinders kan doen, wat nie net hulle op 'n natuurlike wyse ontwikkel en stimuleer nie, maar ook geleenthede skep vir kwaliteitinteraksie en gesprekke.

Groeipyne 07.11.2019

Johan van Lill praat met prof. Renate Schoeman oor hoe mens 'n boekie kan gebruik om met jou kind oor ADHD te gesels. Sy is deel van die Goldilocks and the Bear Foundation, wat hierdie oulike hulpmiddel vir ouers en versorgers geskep het om kinders te help om beter te verstaan wat in hulle brein gebeur. Johan hoor ook by dr. Roxanne Bailey of jy kinders met hulle take en projekte moet help of nie.

Groeipyne 31.10.2019

Dis eksamentyd, en ouers en versorgers wonder dikwels hoe hulle in hierdie tyd dit vir kinders makliker kan maak om te leer. Johan van Lill praat met dr. Andre Vermeulen oor kognitiewe buigsaamheid en breinfiksheid, en die rol wat dit in kinders se studiemetodes speel.

Groeipyne 24.10.2019

Daar word baie in die media berig oor hoe onseker die toekoms is. Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous van Unisa oor hoe ouers en versorgers kinders kan voorberei om verandering en onsekerheid te hanteer.

Groeipyne 17.10.2019

Die waarde van stories is onskatbaar vir kinders se ontwikkeling. Nie net stories wat jy lees uit boeke nie, maar ook stories wat 'n mens vertel of waarna jy kyk. Johan van Lill praat met die skrywer en uitgewer, Anna Emm, oorom jou kind aan stories bekend te stel, en watter elemente van stories belangrik is wanneer jy stories vir kinders kies.

Groeipyne 10.10.2019

Groei, leer en ontwikkeling by kinders is soveel meer omvattend as net genoeg kos, oefening en slaap. Johan van Lill praat met Lizanne du Plessis, 'n arbeidsterapeut, oor hoe kinders ontwikkel. Hulle fokus veral op faktore in groei en leer, wat selfregulering beïnvloed.

Groeipyne 03.10.2019

Dis nou amptelik 'n wet dat ouers nie meer lyfstraf mag toepas nie. Johan van Lill praat met kenners oor hoe om dissipline toe te pas, en wat die alternatiewe vorme is om jou kinders te straf vir gedrag wat ontoepaslik is of wanneer hulle reëls oortree.

Groeipyne 26.09.2019

Die jaar is vinnig besig om einde se kant toe te staan, en vir die Graad 7's is dit tyd om te begin dink aan hoërskool toe gaan. Johan van Lill praat met Wilna van Heerden, skoolhoof van Hoërskool Bloemhof, oor wat kan ouers en versorgers kan doen om kinders hiervoor voor te berei, en wat om te doen as die kind volgende jaar dalk moet koshuis toe gaan.

Groeipyne 19.09.2019

Ouditiewe prosessering is die natuurlike proses waar ons die klank wat ons deur ons ore hoor, na die brein stuur om te verwerk. Johan van Lill praat met Martelle Bornman, 'n oudioloog, oor hoe kinders wat hiermee uitvalle het, getoets word, en watter hulp beskikbaar is.

Groeipyne 12.09.2019

Hoe moet jy met kinders gesels oor al die veldtogte wat op die oomblik aan die gang is oor geweld teenoor vroue en kinders. Johan van Lill praat hieroor met Marga Botha, 'n onderwyskundige en kenner oor seksualiteitsopvoeding.

Groeipyne 05.09.2019

Dis Nasionale Boekeweek, en Johan van Lill gesels met twee leeskenners oor hoe om kinders lief te maak vir lees. Hoekom is slaaptydstories so belangrik? Hoe kan 'n besoek aan die biblioteek 'n genotvolle ervaring vir ouer en kind wees?

Groeipyne 29.08.2019

Johan van Lill praat met ST Potgieter, 'n sielkundige, oor hoe om dit te hanteer as jou kind begin om maatjies se goed te vat, of wanneer kinders steel. Hoe gesels ek met my kind daaroor, en hoekom doen soveel kinders dit al het hulle alles wat hulle nodig het?

Groeipyne 22.08.2019

Johan van Lill praat met dr. Tania Beeton, 'n oudioloog, oor hoe gehoortoetse by kinders werk.

Groeipyne 15.08.2019

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige Elzette Fritz oor hoe om die versorging van troeteldiere met kinders te hanteer, en watter positiewe impak dit op die gesin kan hê. Dr. Pierre Snyman, 'n veearts, gee ook wenke oor hoe om jou troeteldier aan 'n nuwe baba gewoond te maak.

Groeipyne 08.08.2019

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige Katherine van Heerden oor die rol van ma's wat saam met die wêreld van werk verander het, en hoe ma's die uitdagings kan hanteer. 'n Klompie ma's vertel ook hoe hulle oor hulle rol as 'n ma voel.

Groeipyne 01.08.2019

Johan van Lill praat met dr. Deon Bruwer, 'n pastorale berader, oor hoe ouers die verbrokkeling van die huweliksverhouding met hulle kinders kan hanteer.

Groeipyne 25.07.2019

Johan van Lill praat met dr. Deon Bruwer, 'n pastorale berader, oor die effek wat volwasse verhoudings in die huis op kinders se ontwikkeling het.

Groeipyne 18.07.2019

Johan van Lill met praat Fanie Kriel, 'n pastorale berader, oor gesins- of huisvergaderings. Wat is 'n huisvergadering en wat is dit nie? Hoe kan gesinne dit aanpak en baatvind daarby? Watter aspekte is belangrik om dit 'n positiewe ervaring te maak vir almal betrokke?

Groeipyne 11.07.2019

Johan van Lill praat met dr. Melodie de Jager oor hoe ouers en versorgers moet dink oor herhaling. In die ou dae het ons gepraat van kinders wat druip of dop. Hulle kyk ook na die rol wat lees speel in kinders se vordering, en die belangrikheid daarvan dat kinders in hulle moedertaal moet leer lees.

Groeipyne 04.07.2019

Ons praat oor rangorde binne gesinne en spesifiek oor die middelkinders. Is daar iets soos middelkindsindroom en hoe kan ouers dit hanteer? Die gas is die sielkundige, ST Potgieter. Ons gesels ook oor die uitdagings waarmee die oudste en jongste kinders baie keer te doen kry.

Listen to the Groeipyne podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.