RSG

Geestesgesondheid

Health AF ↓ 734 episodes

Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte van geestesgesondheid.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 6, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Geestesgesondheid 23.01.2018

Christelle Webb-Joubert praat met verslawingskonsultant en maatskaplike werker Sorika de Swardt oor gesonde seksualiteit en watter invloed dit op geestesgesondheid het.

Geestesgesondheid 16.01.2018

Hoe gemaak as jou werk jou depressief maak? Nie almal kan van werk verander nie. Christelle Webb-Joubert praat met sielkundige Christo van der Westhuizen hieroor.

Geestesgesondheid 09.01.2018

Christelle Webb-Joubert praat met traumatoloog dr. Tessa van Wijk oor verlies van 'n ledemaat, werk of 'n geliefde.

Geestesgesondheid 02.01.2018

Christelle Webb-Joubert praat met sielkundige en pastorale terapeut Fanie Kriel oor die emosionele uitdagings wat ouerskap bied.

Geestesgesondheid 19.12.2017

Desember is vir baie mense 'n moeilike tyd met eensaamheid en verlange. Opvoedkundige sielkundige Ilse Karsten gee raad oor hoe om hierdie tyd makliker te maak vir jouself.

Geestesgesondheid 12.12.2017

Kerstyd is vir baie mense moeilik. Dis 'n eensame tyd en dikwels verlangtyd. Maatskaplike werker Jeanne van den Bergh gee raad oor hoe om hierdie tyd makliker vir jouself te maak.

Geestesgesondheid 05.12.2017

Christelle Webb-Joubert praat met die kliniese maatskaplike werker Elsa Struwig oor kindermishandeling.

Geestesgesondheid 28.11.2017

Laurie Greyvenstein vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe mediasie gebruik word as 'n alternatiewe manier van geskiloplossing.

Geestesgesondheid 21.11.2017

Christelle Webb-Joubert praat met pastorale terapeut en sielkundige Fanie Kriel oor Oktoberitis. Dit is 'n sindroom of steuring wat veral voorkom by mense in die Suidelike Halfronde in September, Oktober en November. Dit sluit simptome in soos depressie, konflik in die werkplek, uitsigloosheid, selfdood en hopeloosheid.

Geestesgesondheid 14.11.2017

Watter planne moet verslaafdes in plek hê vir die gekuiery oor die feestyd? Jare terug is jy vreemd aangekyk as jy hou van drank. Deesdae is jy vreemd as jy nie drink nie. Christelle Webb-Joubert praat hieroor met verslawingskonsultant en maatskaplike werker Sorika de Swardt.

Geestesgesondheid 07.11.2017

Christelle Webb-Joubert praat met opvoedkundige sielkundige Ilse Karsten oor skuldgevoelens.

Geestesgesondheid 31.10.2017

Christelle Webb-Joubert praat met sielkundige Christo van der Westhuizen oor die laaste fase in 'n persoon se lewe. Dikwels veroorsaak omstandighede 'n toename in angs en depressie.

Geestesgesondheid 24.10.2017

Christelle Webb-Joubert gesels met pastorale familieterapeut dr. Elmo Pienaar en narratieweterapeut dr. Jo Viljoen oor mense wat in 'n verhouding is met iemand met geestesgesondheidsprobleme, en die uitdagings wat hulle in die gesig staar.

Geestesgesondheid 17.10.2017

Christelle Webb-Joubert gesels met kliniese maatskaplikewerker Elsa Struwig oor ADHD.

Geestesgesondheid 10.10.2017

Christelle Webb-Joubert praat met sielkundige dr. Johan Ferreira oor geestesgesondheid in die algemeen.

Geestesgesondheid 03.10.2017

Christelle Webb-Joubert gesels met pastorale terapeut Fanie Kriel oor aftrede en die mishandeling van en eensaamheid onder ouer persone.

Geestesgesondheid 26.09.2017

Christelle Webb-Joubert gesels met sielkundige Christo van der Westhuizen oor boelies. Hoe word die kind wat geboelie word, en die een wat boelie, gehelp?

Geestesgesondheid 19.09.2017

Christelle Webb-Joubert gesels met opvoedkundige sielkundige Ilse Karsten oor wat om te doen as jou werk bydra tot jou geestesgesondheidstoestand.

Geestesgesondheid 12.09.2017

Volgens kliniese maatsklaplikewerker Jeanne van den Bergh is die dood 'n onderwerp wat die meeste mense vermy en ongemaklik maak. Tog is die dood deel van die lewe. Este Gross praat met haar oor verlies, en hoe jy iemand kan bystaan wat onlangs 'n geliefde aan die dood afgestaan het.

Geestesgesondheid 05.09.2017

Christelle Webb-Joubert gesels met maatskaplike werker Sorika de Swardt oor die gevare van alkohol, soos fetale-alkoholsindroom.

Geestesgesondheid 29.08.2017

Christelle Webb-Joubert gesels met dr. Leon Klein oor ondersteuning aan mense met geestesgesondheidsprobleme.

22 Aug 22.08.2017

Christelle Webb-Joubert gesels met sielkundige dr. Johan Ferreira oor die diagnosering en behandeling van mense deur geestesgesondheidspraktisyns.

15 Aug 15.08.2017

Christelle Webb-Joubert gesels met kliniese maatskaplike werker, Elsa Struwig, oor om kinders van kleins af die regte ingesteldheid teenoor vroue te gee.

8 Aug 08.08.2017

Christelle Webb-Joubert gesels met pastorale sielkundige Fanie Kriel oor verandering.

1 Aug 01.08.2017

Christelle Webb-Joubert gesels met verslawingskonsultant en maatskaplike werker, Sorika de Swardt, oor beter slaaphigiëne sonder pille.

Listen to the Geestesgesondheid podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.