Anton Meijer

Feite Wen

News AF ↓ 80 episodes

'n Nuuskanaal waarop Suid Afrikaanse nuusgebeure in Afrikaans bespreek word. Onafhanklik. Alternatief.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: podcasters.spotify.com

Author

Anton Meijer

Category

News

Podcast website

podcasters.spotify.com

Latest episode

Oct 12, 2023

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Môre Môre - Die Tshwane metro is 'n malhuis! 28.03.2023

Tshwane metro - dis nie meer ’n sirkus nie, dis ’n malhuis! Die ANC oorweeg dit glo om na wit kiesers te vry om beter in die 2024-verkiesing te vaar, maar kenners het uit die staanspoor hul bedenkinge hieroor.

Môre Môre - Rompslomp veroorsaak dat rompslomp in die regering nie opgelos kan word nie 27.03.2023

Die regering sukkel om rompslomp uit die weg te ruim… Weens rompslomp! Nog ’n spesiale raadsvergadering vandag gehou, die keer om die Tshwane metro se Speaker te verwyder

Môre Môre - Suid Afrika is 'bekommerd' oor die lasbrief vir die Russiese president Vladimir Putin 24.03.2023

Die regering is bekommerd oor die dubbele standaarde van die Internasionale Strafhof Kgosientso Ramokgopa sit sy kragtoer voort. Tshwane metro stem nou eers volgende week vir sy eerste burger

Môre Môre - Julius Malema sê hy het die regering aan sy knaters beet 23.03.2023

Julius Malema beweer hy is in beheer van die land Steeds geen burgemeester vir die Tshwane metro nie Die IMF is nie te optimisties oor Suid Afrika se ekonomiese groei nie

Môre Môre - Korrupsie by Eskom? Nee wat, die elektrisiteitsminister sien niks... 22.03.2023

Kgosientso Ramagkopa sien nie korrupsie by Eskom nie, net tegniese uitdagings. Kry die Tshwane metro vandag uiteindelik ’n nuwe burgemeester? Die EFF se National Shutdown was ’n mislukking.

Môre Môre - Die #NationalShutdown is 'n armdruk kompetisie tussen die EFF en die Staat. 20.03.2023

Die EFF en die Staat is vandag in 'n armdruk kompetisie gewikkel, oor wie die monopolie het om geweld af te dwing Gaan Suid Afrika hierdie keer gehoor gee aan die lasbrief van die Internasionale Strafhof, deur Vladimir Putin in hegtenis te neem, sou hy die BRICS beraad bywoon? Die Tshwane metro het steeds nie 'n burgemeester nie

Môre Môre - Kry die Tshwane metro vandag 'n nuwe burgemeester? 17.03.2023

Die Tshwane metro sal vandag 'n spesiale raadsvergadering hou om 'n nuwe burgemeester te verkies. Die ANC sal ook 'n betoging hou na Tshwane Huis. Die polisie maak ook hul stem dik oor die EFF se beplande National Shutdown

Môre Môre - 1 Miljoen Rand vir ‘n ActionSA stem 16.03.2023

ActionSA lê klagte teen raadslede wat sy Tshwane metro raadslede probeer omkoop.

Môre Môre - Hoekom laat ons 'n 10% party toe om die land tot stilstand te dwing? 15.03.2023

Die nasionale eendagstaking van die EFF begin nou al meer momentum kry. Die Universiteit Stellenbosch het studente se taalregte geskend. Gwede Mantashe is bang vir die media.

Môre Môre - Jok Herman Mashaba oor ActionSA se moontlike samewerking met die ANC? 14.03.2023

Die Tshwane metro se nuwe Speaker is ATM se Mncedi Ndzwanana, na die OVK beslis het dat die DA se 69 raadslede se stemme bedorwe is. Jok Herman Mashaba oor ActionSA se moontlike samewerking met die ANC? Moenie dat die EFF jou 'n rat voor die oë draai met hulle nasionale eendagstaking nie.

Môre Môre - ActionSA raak van sy afvallige raadslede in Tshwane ontslae 13.03.2023

Die Tshwane metro wil ’n einde bring aan die sirkus, en gaan hopelik vandag ’n nuwe Speaker verkies. ActionSA het intussen ook een van die "verraaiers" in die metro ontslae geraak. Nehawu gaan sy hospitaalstaking van vandag af verskerp

Môre Môre - Murunwa Makwarela. 'n Burgemeester of 'n vals profeet. 10.03.2023

Daar is net een storie vandag... Het die Tshwane metro burgemeester Murunwa Makwarela sy rehabilitasie sertifikaat vervals? Dit wil so voorkom...

Môre Môre - Nehawu stakers het bloed op hulle hande 09.03.2023

In vandag se nuusoorsig: Stakende werkers verbonde aan die vakbond Nehawu tree soos barbare op en probeer om 'n kind, wat in 'n kritieke toestand is, uit 'n ambulans te ruk... en Die Johannesburgse Padagentskap wil jou vervolg as jy hulle slaggate regmaak. Hulle gat man!

Môre Môre - Episode 17 08.03.2023

Die Tshwane metro sit nou weer sonder 'n burgemeester, na Murunwa Makwarela gister afgedank is. Beurtkrag gaan nie in 18 maande opgelos word nie

Môre Môre - 7 Maart 07.03.2023

President Cyril Ramaphosa het uiteindelik sy kabinetskommeling aangekondig. Hou maar die gebeure in die Tshwane metro dop...

Môre Môre - 6 Maart 06.03.2023

President Cyril Ramaphosa sal vanaand sy nuwe kabinet aankondig. Die Tshwane metro se nuwe burgemeester is bankrot Phala Phala is weer in die nuus…

Môre Môre - 3 Maart 03.03.2023

Zuma wil ’n grondeis indien vir die hele grondgebied van Suid Afrika Die Tshwane burgemeester ontken dat hy ’n blouligbrigade en ekstra lyfwagte versoek Andre de Ruyter het die nasionale polisiekommisaris ingelig oor bewerings van bedrog en korrupsie by Eskom. Skakel na Zuma se grondeis: https://acrobat.adobe.com/link/track?uri=urn:aaid:scds:US:f1cddaf6-3997-4ab1-aa45-0489e949e06e

Môre Môre - 2 Maart 02.03.2023

Blouligbrigades dalk weer terug in die Tshwane metro… Die buiteland neem kennis van ons probleme en ons eie staatsveiligheid minister stem saam. President Cyril Ramaphosa sloer nog met die kabinetskommeling

Môre Môre - 1 Maart 01.03.2023

Die veelpartykoalisie in die Tshwane metro moet nou sy Judas Iskariotte uitsnuffel President Cyril Ramaphosa het weer gewys watter tipe president hy is; een wat met toe oë deur die lewe loop en nie bewus is dat bedrog en korrupsie onder sy eie neus gepleeg word nie. Die Wes-Kaap wys hoe mens werksgeleenthede moet skep

Môre Môre - 28 Feb 28.02.2023

Die ANC sal die 29ste - 31ste Februarie 'n vergadering hou waartydens hy verantwoordelikheid sal aanvaar vir al die probleme wat hy vir Suid Afrika besorg het oor die afgelope 28 jaar. In vandag se episode: Pravin Gordhan weier om enige name te noem oor ANC politici wat betrokke is by beweerde bedrog en korrupsie by Eskom. President Cyril Ramaphosa sê die feit dat ons op die gryslys geplaas is, is...

Môre Môre - 27 Feb 27.02.2023

Ons polisiebeamptes ken nie die verskil tussen sianiedvergiftiging en sinusontsteking nie Die legkaartstukkies oor die Eskom kartelle begin in plek val Skakel na die Daily Maverick artikel: https://www.dailymaverick.co.za/article/2023-02-27-introducing-the-four-crime-cartels-that-have-brought-eskom-and-south-africa-to-their-knees/

Môre Môre - 24 Februarie 2023 24.02.2023

Twee dinge die lewe is seker; belasting, en dat Fikile Mbalula laat sal wees vir 'n perskonferensie. In vandag se episode gesels ek oor Mbalula wat op sy perdjie gespring het oor Andre de Ruyter se uitlatings, en ons kyk na die politieke gebeure in die Tshwane metro. Is Cope nou deel van 'n onheilige koalisie met die ANC en die EFF?

Môre Môre - 23 Februarie 23.02.2023

Andre de Ruyter verlaat Eskom met onmiddelike effek Jy kry geld terug as jy sonpanele installeer

Môre Môre - 22 Februarie 22.02.2023

Cilliers Brink is aangewys as die DA se burgemeesterskandidaat in die Tshwane metro. Die Guptas se uitleweringsaak val dalk plat En die minister van elektrisiteit gaan net tydelik wees…

Môre Môre - 21 Februarie 2023 21.02.2023

Vandag se belangrikste nuus, saamgevat in minder as 10 minute: Hou die plunderaars dop, want Panyaza Lesufi het 1,2 miljard rand bewillig vir Gauteng se kragverskaffingsplanne Eskom berei voor vir fase 9 en hoër beurtkrag Gee geld terug aan diegene wat staatsdienste lewer, en dit uit eie sak befonds!

Listen to the Feite Wen podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.