Anton Meijer
Feite Wen
'n Nuuskanaal waarop Suid Afrikaanse nuusgebeure in Afrikaans bespreek word. Onafhanklik. Alternatief.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: podcasters.spotify.com
Author
Anton Meijer
Category
Podcast website
Latest episode
Oct 12, 2023
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Môre Môre - Is Suid Afrika 'n mislukte staat? 24.05.2023 9:46
Fikile Mbalula sê dis ’n oordrywing om te sê Suid Afrika is ’n mislukte staat… Die Valke hou jou dop, en die polisie luister jou telefoongesprekke af… ’n Xbox om kinders te leer van die vierde industrieële revolusie? Ekurhuleni metro dink dit is ’n blink idee!
Môre Môre - Wat presies beteken fase 8 beurtkrag? 19.05.2023 9:39
Fase 8 beurtkrag wink! Nog ’n stappie nader aan Turkse kragskepe Eskom is baie vies vir Andre de Ruyter, en tree teen die spoed van lig op omdat hy moontlik kontrakbreuk gepleeg het.
Môre Môre - Die regering se dwase, onderdeurdagte raskwotas gaan die ekonomie vernietig! 16.05.2023 9:23
Die privaatsektor moet hom skaar vir splinternuwe raskwotas Die Suid Afrikaanse weermag kuier in Rusland Dis toe nie “to Russia, with love” nie, maar eerder “from Russia, with love”
Môre Môre - Cyril Ramaphosa wil nie in 'n hoek gedruk word oor Rusland Oekraïne oorlog nie. 15.05.2023 9:26
President Cyril Ramaphosa probeer vure doodslaan oor die bewerings dat ons wapens aan Rusland verskaf het… Kry ons binnekort dalk kragskepe? Die spesiale direktief wat uitgereik is vir Karpowerships is ’n aanduiding dat die skepe dalk oppad is. Andre de Ruyter skryf ’n boek
Môre Môre - To Russia, with love! (Suid Afrikaanse wapens) 12.05.2023 6:56
Suid Afrika het glo wapens verskaf aan Rusland, ten spyte van ons standpunt dat ons neutraal staan in die oorlog tussen Oekraïne en Rusland. President Cyril Ramaphosa bou weer lugkastele oor kragverskaffing.
Môre Môre - 'n Groot geskarrel om Andre de Ruyter te beswadder 10.05.2023 9:39
’n Moontlike verligting in die dieselprys, as jy diesel koop vir jou kragopwekker Die polisie systap vrae oor wat hulle gedoen het met die inligting wat Andre de Ruyter aan hulle verskaf het oor bedrog en korrupsie by Eskom. Die EFF en die ANC is bedmaats, maar tog van bed en kas geskei.
Môre Môre - Die hof droom groot drome oor beurtkrag... 08.05.2023 8:14
Die hoogeregshof in Pretoria het die departement van openbare ondernemings 60 dae gegee om sekeree instellings van beurtkrag vry te stel. Graskop se polisie is ’n spul banggatte. Soldate gaan nou langer by Eskom se kragstasies kamp.
Môre Môre - Kenny Kunene vir JHB burgemeester? Die PA rook California Rolls! 05.05.2023 7:50
Die ANC het uiteindelik begin met sy regstappe teen Andre de Ruyter Die PA stel voor dat Kenny Kunene as burgemeester van Johannesburg moet dien.
Môre Môre - Gwede Mantashe gee die privaatsektor die skuld vir beurtkrag 03.05.2023 9:37
Gwede Mantashe sê beurtkrag is die privaatsektor se skuld Gupta minister oor die vingers getik Raadslede van Johannesburg is onseker oor wie hulle wil hê as burgemeester.
Môre Môre - Johannesburg stem weer vir 'n burgemeester 02.05.2023 7:34
Die Johannesburg metro moet vandag vir 'n nuwe burgemeester stem, na Thapelo Amad verlede week bedank het. Het Panyaza Lesufi 'n misdaadbekampingseenheid bekend gestel, net om BMW's aan te koop?
Môre Môre - Dink jy Vladimir Putin steur hom aan Alan Winde se dreigement van inhegtenisneming? 28.04.2023 8:17
Daar hang vrae oor die intelligensie verslag waarop Andre de Ruyter staatgemaak het, toe hy die bewerings gemaak het dat senior politici betrokke is by Eksom bedrog en korrupsie. Wie gaan die nuwe burgemeester van Johannesburg word? Koalisievennote van die DA is ongelukkig met die party se optrede… Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde sê hy sal die Russiese president Vladimir Putin in hegtenis...
Môre Môre - Gaan Andre de Ruyter vandag sing soos 'n kanarie? 26.04.2023 7:18
Andre de Ruyter verskyn voor Skoor vandag, om te gesels oor die bewerings van bedrog, korrupsie en wanadministrasie by Eskom. Gwede Mantashe hou vol dat beurtkrag voor die einde van die jaar beeindig kan word, as daar gekyk word na noodkragopwekkingsvermoee soos Karpowership Suid Afrika gaan van die Internasionale Strafhof onttrek. Ons gaan nie. Ons gaan weer. Ons gaan nie meer nie.
Môre Môre - Johannesburg sit weer sonder 'n burgemeester 25.04.2023 9:50
Thapelo Amad bedank as burgemeester van Johannesburg. Die ANC steun glo Kgosientso Ramokghopa se plan om die kragkrisis die hoof te bied. ’n Miljard rand sodat die koning van die Verenigde Arabiese Emirate vakansie kan hou in Suid Afrika.
Môre Môre - Gaan Andre de Ruyter volgende week met die sak patats na vore kom? 19.04.2023 7:22
Andre de Ruyter stem in om voor die parlement te verskyn, oor die bewerings van korrupsie, bedrog, diefstal, wanadministrasie, sabotasie, gebrek aan gevolgebestuur, kartelle en ander finansiële ongerymdhede by Eskom. Inflasie bly hardnekkig hoog. Markus Jooste mis sy eerste hofverskyning in Duitsland.
Môre Môre - Hoekom betaal die Tshwane metro nog geld vir 'n onwettige slimmeter kontrak? 18.04.2023 8:00
Die onwettige PEU slimmeter kontrak spook steeds by die Tshwane metro Die nuwe Kieswet is deur president Cyril Ramaphosa onderteken.
Môre Môre - Dis D-Dag vir die Tshwane metro 14.04.2023 8:32
Die Tshwane metro moet vandag sy aansuiweringsbegroting goedkeur, of hy staar die risiko in die gesig om onder administrasie geplaas te word Bheki Cele uitgetrap oor die polisie niks doen sedert Thabo Bester ontsnap nie Die regering het ons om die bos gelei oor die Guptas se uitlewering
Môre Môre - Billike Indiensname wet is... Onbillik! 13.04.2023 8:58
President Cyril Ramaphosa het die wysigingswet op billike indiensneming onderteken, wat die minister van arbeid nou die mag gee om raskwotas in te stel by privaat maatskappye met 50 of meer werknemers. Thabo Bester en sy vriendin terug na Suid Afrika gebring, na hulle na Tanzanië vlug. Fase 6 beurtkrag is terug Tshwane Speaker wil nie hê daar moet 'n mosie van wantroue in hom aangehoor word ni...
Môre Môre - Die PA besef hy is net die ANC en die EFF se "weekend special" 11.04.2023 9:19
Die PA is kwaad vir die ANC en die EFF omdat hy nie burgemeesterskomiteeposte in Ekurhuleni gekry het nie Die kans dat die Guptas in Suid Afrika vervolg sal word is nul Vandale veroorsaak kragonderbrekings in Pretoria
Môre Môre - Kragminister moet nou sy aanstelling verdedig 06.04.2023 6:53
Die minister van elektrisiteit Kgosientso Ramokgopa keer vir sy wickets, na die ramptoestand opgehef is. Dis nog nie eers ’n week na die aankondiging nie, en die DA kry reeds die wind van voor vir sy voorgestelde Moonshot pakt.
Môre Môre - Die vergete ramptoestand word opgehef 05.04.2023 7:52
- Die ramptoestand oor die kragkrisis word opgehef. - Die nasionale tessourie onttrek die vrywaring wat hy aan Eskom gegee het, vir nou…
Môre Môre - Suid Afrika hou Eskom en die tessourie met valkoë dop! 04.04.2023 8:03
Eskom en die nasionale tessourie probeer vure doodslaan oor die vrystelling wat Eskom gekry het om nie verslag te doen oor onreelmatige uitgawes nie… Suid Afrika verbaas weer deur Iranse oorlogskepe toe te laat in die Kaapstad hawe Die SAID gee ’n aanduiding van hoeveel geld besighede verloor het weens beurtkrag
Môre Môre - Die DA mik vir die maan. Gaan hy op 'n tuinhekkie val? 03.04.2023 7:29
Eskom kry kwytskelding van die tessourie om verslag te doen oor onreelmatige en verkwiste uitgawes. Eskom wil 'n dorp in die Vrystaat keer om beurtkrag te verminder. Die DA het die EFF as politieke vyand nommer een verklaar, en wil ’n pakt aangaan met eendersdenkende partye om die ANC en die EFF uit die regering te hou.
Môre Môre - Wat het geword van die dreigement om Andre de Ruyter van naamskending aan te kla? 31.03.2023 8:14
Andre de Ruyter is bereid om voor die parlement te getuig. Ramaphosa hou voet by stuk dat die regering binnekort beurtkrag gaan beeindig Oscar Pistorius se paroolaansoek word vandag aangehoor Die DA kies sy leiers die naweek
Môre Môre - Die ANC is tweegesig jakkalse! 30.03.2023 7:34
Die ANC in die Mangaung-metro wil sy raadslede onderwerp aan leuenverklikkertoetse, na hulle saam met die na hulle saam met die opposisie gestem het om Maryke Davies van die DA te verkies as Speaker. 'n Paar weke gelede het hulle te velde getrek teen "ondemokratiese" leuenverklikkertoetse in die Tshwane-metro. Dis net 'n kwessie van tyd voor daar 'n dokumentêr gemaak gaan wor...
Môre Môre - Habemus Maiorem! Cilliers Brink uiteindelik verkies as burgemeester van die Tshwane metro 29.03.2023 7:45
Die Tshwane metro het uiteindelik ’n burgemeester Is Fase 1-3 beurtkrag te goed om waar te wees?
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.