Anton Meijer

Feite Wen

News AF ↓ Odcinki: 80

'n Nuuskanaal waarop Suid Afrikaanse nuusgebeure in Afrikaans bespreek word. Onafhanklik. Alternatief.

Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: podcasters.spotify.com

Autor

Anton Meijer

Kategoria

News

Strona podcastu

podcasters.spotify.com

Ostatni odcinek

12 paź 2023

Gdzie słuchać?

Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótce

Podcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów

Pobierz z Google Play Zainstaluj za darmo Android prawie 10 mln pobrań · ocena 4,8 iOS niedługo

Odcinki

Môre Môre - Tel ons regering reg? 12.10.2023

Suid Afrika verloor miljarde rande aan potensieele uitvoere, en die regering besef dit. Sensus 2022. Baie vrae oor die volkstelling. Staar ons ’n brandstofkrisis in die gesig?

Môre Môre - Oor Hamas se aanval op Israel... Die ANC het net een setting 09.10.2023

- Die ANC kan net op een manier reageer, selfs al word burgerlikes in Israel doodgeskiet deur Hamas - Die Suid Afrikaanse regering weet nie hoe ’n oplossing lyk nie, selfs al word dit op ’n skinkbord aangebied.

Môre Môre - Die ANC los steeds probleme op met naamsveranderinge 27.09.2023

Die ANC stoomroller voort met die BELA-wetgewing William Nicol is nou Winnie Mandela rylaan ActionSA in Tshwane vergader met SAMWU oor die voortslepende staking

Môre Môre - Busisiwe Mkhwebane uiteindelik uitgeskop. 13.09.2023

SASSA kry nog 'n afhanklike by. President Cyril Ramaphosa is 5 jaar later steeds besig om planne te maak oor ’n kleiner kabinet. Die polisie is lui.

Môre Môre - Nog 'n BTW verhoging ons voorland? Die regering se geld is op... 11.09.2023

Die regering se geld is op, en hy soek ekstra geld om steeds sy R350 toelaag te betaal wat sedert Covid-19 aan werkloses betaal word. 'n Verhoging in BTW is glo een van die maniere om die ekstra geld te verhaal... Paul Mashatile belowe weer dat beurtkrag teen volgende jaar iets van die verlede sal wees. Die ANC wil nie meer saam met die EFF werk in die Johannesburg metro nie, en sal dalk die D...

Môre Môre - In hoe groot finansieële moeilikheid is die SAUK? 05.09.2023

Die departement van Openbare Werke spring ewe skielik oor na aksie, om 1,200 gekaapte geboue terug te kry. Die SAUK kan nie met 37 miljoen rand vorendag kom om die uitsaairegte te kry by Multichoice vir die Rugby Wêreldbeker nie. Wat gaan aan in die Tshwane metro?

Môre Môre - Moet die doodstraf terug gebring word? 31.08.2023

64 Mense dood in brand in Johannesburgse middestad ActionSA sê nee vir sy leier Herman Mashaba se voorstel dat die doodstraf terug gebring moet word Ace Magashule stig sy eie party.

Môre Môre - Het die ANC by ZANU-PF gaan afskryf, oor hoe om 'n verkiesing te steel? 29.08.2023

Die Suid Afrikaanse regering loof die Zimbabwiese regering vir 'n goed georganiseerde verkiesing. Hy sê egter niks oor die waarnemers wat gesê het die verkiesing was nie vry en regverdig nie. Die Gauteng departement van gesonheid hou vandag 'n chirurgiese marathon dag, om die agterstand met operasies in die provinsie op te los. Is dit slim?

Môre Môre - China se geskenke, Gwede se Damaskus oomblik, en Pretoria se asblikke 23.08.2023

Suid Afrika kry geskenke van China, om ons kragkrisis op te los. Maar niks in die lewe is verniet nie… Gwede Mantashe beleef ’n Damaskus oomblik, en sê die Suid Afrikaanse samelewing moet minder afhanklik raak van die regering… Afriforum wil inwoners van Pretoria minder afhanklik maak van die regering.

Môre Môre - Nee Cyril, minderhede het die politiek agtergelaat. 21.08.2023

Pres. Cyril Ramaphosa sê wit, bruin en Indiër Suid Afrikaners voel agtergelaat en nie deel van die politieke besluitneming in die land nie. Het die politiek die minderheidsgroepe agtergelaat, of het die minderheidsgroepe die politiek agtergelaat? Die Nasionale Vervolings Gesag wil nie vir Jaco Swart laat uitlewer nie, want "dis baie papierwerk"

Môre Môre - SAMWU staak nie, SAMWU saboteur. En al die bewyse is daar. 18.08.2023

Daar is nou klinklare bewyse dat SAMWU lede hulle skuldig maak aan sameswering om te saboteur, sameswering om mense te ontvoer (die burgemeester se vrou!) en sameswering om mense leed aan te doen wat wil werk. Veelparty Handves vir Suid Afrika bereik 'n ooreenkoms.

Môre Môre - Veelparty Handves vir Suid Afrika... Oninspirerend, of 'n werkbare alternatief? 17.08.2023

Die Moonshot pakt sal voortaan bekend staan as die Veelparty Handves vir Suid Afrika. 'n Naam wat nie juis veel opgewondenheid wek nie. Hul prioriteite lyk ook nie juis anders as dit wat reeds aan kiesers belowe word nie. SAMWU sê daar is geld om Tshwane metro werkers se salarisse te betaal. Die stad het glo R1,9 miljard ontvang van die Nasionale Tessourie, maar kan daardie geld sommer net vir...

Môre Môre - Is 'n ANC-DA koalisie dalk 'n nodige euwel in 2024? 15.08.2023

ActionSA en die Patriotic Alliance het die DA gevra om 'n formele onderneming te onderteken dat hy nie saam met die ANC sal werk na afloop van volgende jaar se verkiesing nie. Hoekom is dit so moeilik vir die DA om daardie deur toe te maak? Magsmisbruik is dalk eersdaags 'n strafregtelike misdaad. So sê president Cyril Ramaphosa, wat homself ook maar gereeld skuldig maak aan magsmisbruik.

Môre Môre - Die "goeie" ANC sal altyd die "slegte" ANC bo reg en geregtigheid plaas. 14.08.2023

Oudpresident Jacob Zuma se vrylating is net weereens 'n bewys dat selfs die "goeie" ANC enige iets sal doen vir die "slegte" ANC, en dat reg en geregtigheid in die proses in die hek sal duik. Die laags betaalde Tshwane metro werker verdien eintlik baie meer as die gemiddelde werker in Gauteng.

Môre Môre - 'n Wettelose regering kweek 'n wettelose samelewing. 08.08.2023

Die Wes-Kaapse regering en die Tshwane-metro moet geloof word vir hulle pogings om wet en orde te herstel en te handhaaf, te midde van onwettige stakings deur die taxivereniging SANTACO, en die vakbond SAMWU. Tersiêre verval is hier. UNISA moontlik onder administrasie geplaas. Die EFF wil nie die die onderneming gee dat hy nie wit mense sal doodmaak nie.

Môre Môre - Die ruggraatlose president swyg oor "Kill the Boer" 04.08.2023

President Cyril Ramaphosa wil hom nie uitlaat oor die sing van die opruiende, haatlike "Kill the Boer" lied nie, glo omdat daar nog 'n hofsaak hangende is oor die sing van die lied. Dis 'n lafaardige cop-out van die president! Wetteloosheid en wanorde in Suid Afrika vier hoogty. Wanneer daar opgetree word teen die wetteloses, soos die geval in Kaapstad met die tax-staking, word d...

Môre Môre - Hoofregter Raymond Zondo is reg oor staatskaping, en daarvoor word hy nou oor die kole gehaal 23.06.2023

- Hoofregter Raymond Zondo sê indien iemand weer die staat wil kaap, sal hulle slaag, want die parlement sal nie daartoe in staat wees om hulle te stop nie omdat “niks nog verander het, sedert hy sy aanbevelings gemaak het oor staatskaping nie”. - Eskom hoë Karen Pillay geskors

Môre Môre - 'n 7% Verhoging vir Eskom werkers. Verdien hulle dit? 22.06.2023

Die ANC wil nie sy kaderontplooiingsdokumente oorhandig nie. Eskom werkers kry ’n 7% salarisverhoging vir die volgende 3 jaar.

Môre Môre - Ramaphosa en kie ly aan 'n grootheidswaan. 19.06.2023

Suid Afrika se monumentale boggerop in Oekraine en Rusland… Vir Ramaphosa is daar niks wat nie ’n taakspan waardig is nie.

Môre Môre - Jou gesondheid nou 'n ANC geleentheid 14.06.2023

Die Nasionale Gesondheids Versekering kom vir jou. Die wetgewing is gister in die parlement goedgekeur. Is dit tyd vir ’n paralelle staat?

Môre Môre - AGOA, AGOA, GONE! 13.06.2023

Amerikaanse kongreslede vra dat Suid Afrika gestraf word oor ons verhouding met Rusland Die kragminister verander weer sy deuntjie oor die einde van beurtkrag

Môre Môre - Welkom in die Republiek van Wag en Sien 12.06.2023

Die polisie sê ons moet maar "wag en sien" oor wie vasgetrek gaan word vir hul betrokkkenheid by bedrog en korrupsie by Eskom. China is glo gevra om BRICS aan te bied, maar die regering ontken dit nog

Môre Môre - SA gooi glo briek oor BRICS 08.06.2023

Die geluide dat die BRICS beraad geskuif gaan word na China, word nou al harder. Sakelui wil hande vat met die regering om die energiekrisis, logistieke probleme, en misdaad en korrupsie op te los.

Môre Môre - Suid Afrika is in 'n Formule Een resies na die bodem gewikkel 07.06.2023

Die land se knus verhouding met Rusland hou direkte gevolge in, en is nie net ’n filosofiese gesprek oor wêreldmagte en geopolitiese bande nie. Ons is nou 'n moontlike Formule Een resies kwyt, weens die regering se houding jeens Rusland. Die Poskantoor is dood, lank lewe die Poskantoor!

Môre Môre - Is sanksies ons voorland? 30.05.2023

Die Reserwebank waarsku oor die gevolge van moontlike sanksies teen Suid Afrika. Suid Afrika gee diplomatieke immuniteit aan alle bywoners van die Brics beraad

Słuchaj podcastu Feite Wen w Replaio

Radio i podcasty w jednej aplikacji - za darmo, bez zakładania konta. Zainstaluj już dziś i nie przegap premiery

Pobierz z Google Play

Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS