Anina.vk
Die Wêreld aan jou Voete
'n Splinternuwe podcast vir Suid-Afrikaners deur Suid-Afrikaners — sodat enigeen kan saam reis van die huis. Uit die hartjie van Amsterdam, bring Anina Visser-Klerck elke week vir julle 'n vars uitkyk op 'n bestemming wat onlangs deur 'n Suid-Afrikaner verken is.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Roadtrip deur die VSA | Oregon, Portland & Crater Lake 23.01.2026 33:02
Welkom by episode twee van ons vierdelige reeks langs Amerika se Weskus – van Seattle tot Los Angeles. Oor net twee weke reis ons deur drie deelstate, vier stede en vyf nasionale parke, en in hierdie episode rol ons verder suid in Oregon: The Beaver State . Oregon is anders. Dit is kreatief, eienaardig en trots daarop om nie in ’n boksie te pas nie. Ons begin in Portland, ’n stad met die leuse ‘K...
Roadtrip deur die VSA | Washington, Seattle & Mount Rainier 09.01.2026 30:51
Ons skop 2026 af met ‘n vierdelige reeks langs Amerika se legendariese Weskus, van Seattle tot Los Angeles. Oor net twee weke pak ons drie state, vier stede en vyf nasionale parke aan, en neem jou saam op ’n reis vol asemrowende landskappe, ikoniese stopplekke en eerlike reiswenke. Vir die eerste episode trek ons weg in Washington, ook bekend as The Evergreen State . Ons stap deur die strate van S...
Londen | Engeland 12.09.2025 55:07
Vandag is 'n groot episode vir 'n groot stad want ons verken Londen saam met Carla Douglas. Carla is 'n arbeidterapeut en bly en werk al vir die afgelope paar jaar in die Britse hoofstad. Sy maak ons touwys met alles van pub kultuur tot Pimm's, West End tot Wimbledon, die Koninglikes tot die Cockneys. Maak 'n koppie van jou beste Early Grey, sit terug en geniet nog 'n epi...
Reisstories uit Indië — Deel 2 29.08.2025 43:32
Welkom by deel twee van ons tweedelige reeks oor die wonders van Indië! Vandag gesels ons met Lize-Mari Jacobs, wat agt maande lank in Gurugram gewerk het en daarna vir ‘n maand deur die land gereis het. Sy neem ons op 'n onvergeetlike reis deur kleurvolle feeste soos Holi en Diwali, verken ikoniese historiese plekke soos die Taj Mahal en die Golden Tempel, en onthul 'n versteekte juweel i...
Reisstories uit Indië — Deel 1 18.07.2025 1:00:47
In hierdie twee-deel episode gesels ons met Lize-Mari Jacobs oor haar agt maande lange avontuur in Gurugram, Indië. Voor ons in die reisbesonderhede duik, neem Lize-Mari ons op haar persoonlike reis om die ritme van hierdie kleurvolle land vas te vang. Sy deel haar ervaring met yoga filosofie in die land waar dit gebore is, en hoe hierdie antieke wysheid haar lewe verander het. Ons bespreek ook d...
Tbilisi | Georgia 04.07.2025 58:39
No, you're not imagining things – we're switching to English today as we expand our horizons just like the travelers we love to feature. Buckle up for Tbilisi, Georgia – the fascinating country nestled between Europe and Asia, not the American state. Today we're discovering a city where centuries-old wine traditions flow as freely as the Mtkvari River. Joining us is digital nomad and w...
Turkye | Die Turquoise kus, Cappadocia en Ephesus 20.06.2025 34:38
Vandag verken ons die verborgde juwele van Turkye – ver weg van die gewoel van Istanbul. Kim Van Schalkwyk neem ons op 'n onvergeetlike reis langs die skitterende Turquoise Kus; die droom landskap van Cappadocia met honderde lugballonne op die horison; tot by die majestueuse ruïnes van Ephesus waar geskiedenis op elke hoek wag. Hierdie is die Turkye wat jou hart steel – 'n land waar natuur...
Shanghai | China 06.06.2025 1:04:39
Sê vir eers cheers vir Europese bestemmings en breek saam met ons weg na ‘n land ver in die Ooste: China. Vandag se episode is lank maar ‘loaded’ soos wat ons deur die strate van Shanghai toer. Ons toergids, Noel Basson, vertel ons van al sy hoogtepunte tydens sy tyd in die pêrel van die Ooste. Van ‘n nors Chinese buurman tot sy eerste marathon tot vreemde tye in Covid, neem Noel ons op ‘n kleurvo...
Florence | Italië 23.05.2025 39:05
Na ‘n klein ‘hiatus’ is ons terug met jou weeklikse Afrikaanse reis podcast. Ons wittebrood met Italië is nog nie verby nie en die week verken ons die geboorteplek van die renaissance — Florence. Dit is die stad wat eens Galileo en Michelangelo se speelgrond was en vandag nog kuns, geskiedenis, wetenskap en kos moeiteloos laat saam smelt. Ons toergids, Emma Templeman, gaan ons met ‘n negroni in di...
Venesië | Italië 07.03.2025 38:16
In vandag se episode duik ons in die betowerende wêreld van Venesië — die stad van water. Ons gesels met JC Landman, wie verlede jaar na die Venesië Biennale toe was vir werk en geïnspireerd teruggekom het. Hy neem ons deur die labirintiese stegies en kanale van hierdie kleurvolle stad en los ons self verlief op die Italiaanse pêrel. Of jy nou die geskiedenis van die stad wil ervaar, die kuns van...
Die Maledive | 'n Ongekarteerde weergawe 10.02.2025 35:48
Hierdie week neem ons jou op ‘n ongelooflike reis na die paradys van die Indiese Oseaan—die Maledive! Maar moenie dink ons gaan ‘n luukse oord en wit sandstrande verken nie. Ons gids, Gerius Moelich, het ‘n meer avontuurlustige en ongekarteerde roete vir ons gekies. Hy fokus nie op die land nie, maar op die eindelose blou van die see en die wonderlike lewe wat daarin skuil. Van kleurvolle koraalri...
‘n Winter wegbreek | Bulgarye 31.01.2025 41:47
Na ‘n stadige Januarie is ons terug met ‘n terugflits na ‘n winter wegbreek in Bulgarye. Sanmarie Mouton neem ons van die stede Sophia en Plovdiv na Trigrad en Bansko in die platteland. Wie sou kon raai hierdie beskeie land spog met alles van Romeinse teaters tot ski-oorde tot wynlande — en natuurlik die smaaklikste kos. Lekker luister! Wandelwenke Sophia | Die hoofstad waarheen jy wil vlieg. Di...
Bordeaux: Die stad | Frankryk 10.01.2025 26:00
Ons tel op waar ons laas week geeindig het in Bordeaux. Die keer fokus ons op die stad wat bekend is vir chocolatines, canelé en die grootste sandduin in Europa — wie sou kon raai? Ons toergids Léze Herholdt is terug vir rondte twee van die Franse streek. Sy het in Bordeaux gebly as ‘n meestersstudent en die stad leer ken op ‘n dieper vlak wat sy graag met ons deel. As jy lekker saam luister,...
Bordeaux: Die wynstreek | Frankryk 03.01.2025 25:02
Ons eerste bestemming vir die jaar is ook ons eerste bestemming in Frankryk: Bordeaux! Hierdie episode is in twee gedeel so vandag fokus ons op die wynstreek en volgende week op die stad self. Ons toergids vir beide episodes is heel gepas ‘n wynmaker wat tans in Suid Afrika floreer maar in Bordeaux haar liefde vir alles Frans aangeleer het. Léze Herholdt het vir die eerste keer in Bordeaux gebly a...
Wene | Oostenryk 13.12.2024 37:21
Vandag verken ons die stad van Strauss en strudel — Wene. Die transliterasie van Vienna na Wene is nie so grasieus nie, maar elke ander element van hierdie stad is. Van die paleise tot die musiek, word mens bekoor om elke hoek. Ons toergidse vir hierdie episode is Wiesie en Mardu Swanepoel wat onlangs Wene hulle huis weg van die huis gemaak het. Hulle neem ons na kersmarkies, simfonie konserte en...
Die beste van Nieu-Seeland 06.12.2024 38:37
Ons probeer vandag iets nuut deur te gesels oor ‘n hele land as ‘n bestemming — en waar beter om te begin as op die verste punt van die aardbol in Nieu-Seeland! Nicholas De Villiers hardloop saam met ons van die noorde tot die suide van Nieu-Seeland en vertel vir ons wat sy hoogtepunte was nadat hy ‘n jaar daar gewoon het. Van aktiewe vulkane tot wêreldberoemde wandelroetes, flat whites tot Marlbo...
Da Nang | Viëtnam 29.11.2024 37:48
Vandag sprei ons ons vlerke na Suidoos-Asië en meer spesifiek Viëtnam. Ons eerste bestemming in die mooie land is Da Nang — ‘n kusdorpie wat bekend is vir sy lang strande en algemene ontspanne atmosfeer. Ons toergids vir hierdie rowwe diamant is Melissa Viljoen-Smal. Melissa het as ‘n Engelse onderwyseres in Da Nang gewoon en is bekoor deur die stad wat soms in die skadu is van Hanoi en Ho Chi Min...
Málaga | Spanje 15.11.2024 27:32
Vandag ontsnap ons na die suide van Spanje vir ‘n naweek in die alewige somer bestemming Málaga. Behalwe dat dit die tuisdorp van Picasso was, is Málaga nog redelik onder die radar en daarom ‘n vars verandering van enige ander wemelende stad. Almeri Solomon, my mede-aanbieder vandag, maak haar terugkeer na die podcast met handige wenke vir alles van geskiedkundige besienswaardighede tot tips vir t...
Barcelona | Spanje 09.11.2024 39:10
Skink solank jou Tinto de Verano want vandag stop ons in Barcelona om te gesels met ‘n Suid Afrikaner wat gemaklik klets in beide Afrikaans en Katalaans. Gerhard Kirsten is deur liefde gelei van Bologne na Barcelona en neem ons vandag deur sy nuwe tuiste. Van Gaudí se argitektuur tot die Katalaanse kultuur, kyk ons met blink nuwe oë na die beeldskone Barcelona en alles wat dit bied. As jy lekker s...
Sardinië | Italië 01.11.2024 27:52
Ons kan net nie genoeg kry van Italië die maand nie en daarom is ons heel eerste eiland bestemming Sardinië! Die juweel sit in die middel van die middellandse see en spog met van die mooiste strande en die helderste water. Ons toergids vir vandag se episode is Kim van Schalkwyk, beter bekend as die meester van ‘n 36-uur naweek trip. Kim het al wat ‘n Europese stad is al platgedraf maar vandag neem...
Rome | Italië 25.10.2024 29:33
Pizza, pasta, mandolin — vandag ontsnap ons na Rome en verloor onsself in die ewige stad saam met Almeri Solomon. Almeri se ervaring by Yuppiechef en Asics maak haar die perfekte toergids om die beste Parmigiana di melanzane te vind en die meeste treë in te kry in die romantiese Italiaanse hoofstad. As jy lekker saam luister en toer, volg ons op Spotify en Apple Podcast vir jou weeklikse dosis van...
Ski 101 in Saalbach-Hinterglemm | Oostenryk 18.10.2024 30:47
Strek die bene en skink ‘n schnap want in vandag se episode gesels ons bietjie oor wat om te verwag van ‘n ski vakansie. Om die ys te breek, vertel Nina Ellis vir ons hoe sy gegaan het van ‘n amateur beginner tot ‘n blitsvinnige skier in ‘n week. Saam met ‘n paar handige wenke oor die glans en gly van ski, neem ons julle na een van die mooiste plekke om sneeu te vind in Oostenryk — Saalbach-Hinter...
Edinburg | Skotland 11.10.2024 33:51
Cue die doedelsakke want die week gesels ons oor Edinburg saam met JP Solomon — ‘n trotse Paarliet wat al van kleins af gefassineerd is met Skotland. Ons word weggevoer na Edinburg waar ons dieper delf in die kultuur en milieu van hierdie middeleeuse juweel. Met soveel fasette, kan ons met oortuiging vir die trotse Skotte hulle oomblik van glorie gee vir hierdie magiese (en onheilspellende) stad. ...
Lissabon | Portugal 04.10.2024 34:58
‘n Hele maand van Die Wêreld aan jou Voete ! Vandag gesels ek met Margot Kuhn oor haar geliefde Lissabon — of Lisbon (for the love of transliteration). Margot neem ons na al haar gunstelinge plekke van toe sy in die Portugeese hoofstad gewoon het. Ons dek alles van waar om tram 28 te vang tot waar om die beste pastel de nata te kry in hierdie episode — so sit terug, ontspan en laat Lissabon jou w...
Budapest | Hongarye 27.09.2024 24:31
Dis Vrydag — wat beteken nog 'n episode van Die Wêreld aan jou Voete het pas geland! Die week vertel Dene van Wyk vir ons hoe om 'n onvergeetlike ervaring in Budapest te kry. Van kuier in die Buda kasteel tot palinka's geniet in Pest, is daar net sóveel wat hierdie stad 'n ideale bestemming maak. Vind hieronder Dene se tips wat jou honger sal maak vir meer van Hongarye. Wandel Wenk...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.