Solidariteit
Die Solidariteit Wêreld met Dirk Hermann
Kom luister saam wanneer Dirk Hermann met verskeie gaste oor gebeure in die wêreld en by Solidariteit gesels. Hierdie gefokusde gesprekke gee kykers 'n ander perspektief op hoe gebeure op nasionale en internasionale vlak die wêreld van werk beïnvloed.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Ep 15 - Ramaphosa pak in, Trump pak uit! 16.09.2025 21:52
Ramaphosa pak sy sogenaamde ideale ooreenkoms in sy G7-tassie, maar Trump stuur hom leë hande terug. In dié week se episode bespreek Dirk en Jaco hul kommer oor die regering se ‘wag-en-sien’-benadering – eerder as daadwerklike optrede!
Ep 14 - Dit is hoe SEB jou sak ruk 15.09.2025 19:01
Dit is geen geheim dat daar meer ongelykheid as gelykheid in ons land is nie. Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) het ʼn skokkende verslag vrygestel wat bewys hoe SEB mense in werklikheid ontmagtig. Skakel in by hierdie week se episode saam met Dirk Hermann en Theuns du Buisson, wanneer hulle oor al hierdie ontnugterende bevindings gesels.
Ep 13 - Sektorteikens – só gaan jy vervang word 15.09.2025 19:02
Die somme is gemaak, maar die antwoorde maak nie sin nie. Suid-Afrika se konsep van ras is absurd. Dirk Hermann en Connie Mulder bespreek Solidariteit se verslag oor die regering se rasregulasies. Kyk die week se episode om te hoor hoe jy in jou sektor vervang gaan word.
Ep 12 - Trump het die raspleister afgeruk 15.09.2025 23:16
Beteken hierdie die einde van rassewetgewing in Suid-Afrika? Ons land is meer ongelyk as ooit tevore. Die vraag is nou, moet ons nóg 25 jaar wag vir ekonomiese groei? Hierdie week gesels Dirk met Connie Mulder oor hoekom die ANC nooit genoeg rasregulasies sal hê nie.
Ep 11 - Withuis-gesprek: Pres. Ramaphosa in die “hoof” se kantoor 15.09.2025 24:12
President Ramaphosa het gedink dat sy “sjarme” voldoende sou wees om die gesprek in die rigting van vennootskap, handel en die G20-beraad te stuur. Toe wys pres. Trump weereens dat slegs hy die agenda vir gesprekke in sy kantoor bepaal. Ramaphosa is gedwing om oor onderwerpe te praat wat hy liefs wou vermy, en is veroordeel omdat hy Malema se “Kill the Boer” toelaat. Solidariteit hou van eerlike d...
Ep 10 - Te wit om welkom te wees? 11.09.2025 24:59
Is jy te wit om welkom te wees? In hierdie week se episode gesels Dirk met Willie Spies, direkteur van Hurter Spies, oor die 49 vlugtelinge wat in Amerika aangekom het en of hy saam met hulle gaan vlug. Is ons dalk te vinnig om hulle te oordeel? Verder vra Dirk vir Willie uit oor sy debat met Pieter du Toit en hoe hy werklik daaroor gevoel het. Klik hier om dié week se episode te kyk!
Ep 9 - Rassewette: Beteken afnames in Europese beleggings minder werk in SA? 11.09.2025 16:10
Dirk gesels met Jaco Kleynhans wat tans in Straatsburg by die Europese Parlement is, waar hy namens Solidariteit 'n memorandum oor rassewetgewing in Suid-Afrika ingedien het. Die werklikheid is dat die rassewette Suid-Afrika elke jaar duisende rande aan werksgeleenthede kos. Die werkloosheidsyfer het nie minder geword as gevolg van rassewetgewing nie; dit het baie meer geword. Daarom moet inte...
Ep 8 - So wil die regering vir Trump met ’n slap Afrikaner-riem vang 11.09.2025 19:24
Die hele wêreld skarrel rond oor die VSA, behalwe die Suid-Afrikaanse regering. Volgens die regering het Afrikaners waninligting in die VSA gaan versprei, en nou wil hulle ’n Afrikaner as ambassadeur in die VSA aanwys, maar gaan dit 'n kader-Afrikaner op 'n siek perd wees?
Ep 7 - Die rasbuffel is gekwes, maar wat is die doodskoot? 11.09.2025 20:02
Die regering maak rassisme weer wet! In hierdie week se episode gesels Dirk met Anton van der Bijl oor hoe die regering doelbewus bepalings in hul ooreenkoms verander het en hoe die president hom aan minagting van die hof skuldig maak. Hulle bespreek ook die doel van ʼn Suid-Afrikaanse oplossing vir ʼn Suid-Afrikaanse probleem as die regering nie daarby gaan hou nie. Klik hier om dié week se episode...
Ep 6 - Groot moeilikheid vir SA – Trump-sanksies op pad 10.09.2025 25:41
In hierdie week se episode gesels Dirk met Charl Oberholzer oor die nuwe gesant wat die ANC na Amerika stuur om bande met dié land te herstel. Verder bespreek hulle die effek van moontlike Trump-tariewe asook die toekoms van die verhouding tussen Amerika en Suid-Afrika. Hulle bespreek ook die vraag of ons té gewoond geraak het aan die huidige omstandighede in SA.
Ep 5 - Die hart van sekerheid oor die toekoms lê in goeie opleiding 10.09.2025 18:08
In hierdie week se episode gesels Dirk en Jaco oor al die onsekerhede wat ons tans in die land, maar ook in die wêreld beleef en hoe Solidariteit dit benader om sekerheid in ons gemeenskap te skep. Hulle bespreek die rimpeleffek van die begroting waaroor daar groot onsekerheid heers, waarheen die land se ekonomie op pad is en hoe dit die werk van gewone Suid-Afrikaners gaan affekteer.
Ep 4 – Internasionale verhoudings en hoekom Solidariteit vir sy lede bly opstaan 10.09.2025 19:02
AGOA moet hernu word anders is daar ‘n moontlikheid dat duisende werksgeleenthede verlore sal gaan. In die vierde episode van Die Solidariteit Wêreld met Dirk Hermann-podsending, gesels Dirk en Jaco hieroor en oor Solidariteit se pad vorentoe.
Ep 3 - SA se nuwe VSA-ambassadeur en hoe Solidariteit steeds bou aan ’n voorspoedige toekoms. 04.09.2025 17:33
Dirk en Jaco gesels oor alles wat hierdie week by Solidariteit én in die wêreld gebeur het. Dirk pak die verkiesing van die nuwe VSA-ambassadeur uit en verduidelik hoekom ons dié aanstelling verwelkom.
Ep 2 – Die besoek aan die VSA, volgehoue druk op die regering en die afwesigheid van die ANC 04.09.2025 23:36
Solidariteit, saam met die Solidariteit Beweging en AfriForum, lê ʼn besoek aan die VSA af. Dirk en Jaco gesels oor wat die Amerikaanse regering se gevoel oor Suid-Afrikaners is, en hoekom die Amerikaners so kwaad is vir die ANC. Dit is ons plig om met die buiteland te skakel en om op te tree volgens die vereistes van die Verenigde Nasies. Kyk hierdie podsending uit die VSA om na die res van Dirk e...
Ep 1 - Trump, Solidariteit en die regering 01.09.2025 24:43
Hoekom sê die regering dat die sanksies wat president Trump teen Suid-Afrika ingestel het, is Solidariteit se skuld? Dirk Hermann en Jaco Kleynhans bespreek hierdie en ander kwesies tydens hierdie week se episode.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.