Solidariteit
Die Solidariteit Wêreld met Dirk Hermann
Kom luister saam wanneer Dirk Hermann met verskeie gaste oor gebeure in die wêreld en by Solidariteit gesels. Hierdie gefokusde gesprekke gee kykers 'n ander perspektief op hoe gebeure op nasionale en internasionale vlak die wêreld van werk beïnvloed.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Ep 65 - Die krag lê in die gemeenskap 09.07.2026 6:13
Die krag van Solidariteit lê in die gemeenskap. In hierdie week se episode van die Solidariteit Wêreld deel Dirk Hermann die gevoel van gemeenskap by Bokkieweek. Hy gesels oor die verskil wat dit maak wanneer almal saam staan en hoe jy nie moet wag vir die verskil nie, maar eerder self die verskil moet wees wees. Kom kyk saam en deel wat gemeenskap al vir jou beteken het.
Ep 64 - Ons wil gehalteonderwys volhoubaar maak 02.07.2026 20:59
Ons wil ons kinders beskerm; daarom moet ons ons skole beskerm. In hierdie week se episode van die Solidariteit Wêreld gesels Dirk Hermann met Werner Human oor die Solidariteit Beweging se aanbod vir volhoubare onderwys. Werner deel ook sy insigte oor die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se jaarlikse Nasionale Kongres, wat verlede week plaasgevind het, en verduidelik hoe oplossings uit...
Ep 63 - Solidariteit: Die krag van gewone mense 25.06.2026 6:29
Waar kom Solidariteit se krag vandaan? In hierdie week se episode van Die Solidariteit Wêreld gesels Dirk Hermann hieroor. Solidariteit se voete staan stewig in die gemeenskap en ons werk vanuit die gemeenskap. Ons doen dit vir elke mens daar buite wat hoop op ʼn beter toekoms, maar nie net agteroorsit en wag vir iets om te gebeur nie. Dit is vir elke mens wat wil opstaan en help bou om saam ʼn nuwe...
Vredesooreenkoms: Het die VSA vir Iran getrump? 18.06.2026 18:05
Van stormagtige waters tot ʼn golf van vrede in die Straat van Hormoes – maar wat beteken dit vir ons? Die afgelope paar maande het die wêreldekonomie aansienlik verswak, met lande wat onder bykomende druk weens die oorlog in Iran gebuk gegaan het. Suid-Afrika was geen uitsondering nie. In hierdie week se episode gesels Dirk en Jaco oor die vredesooreenkoms, die uitwerking daarvan op brandstofpryse...
Ep 61 - WerfNet: Goeie mense, goeie werk. 11.06.2026 15:42
WerfNet is meer as net ʼn werwingsmaatskappy; dit is jou vennoot in die werwingsproses. In hierdie week se episode gesels Dirk Hermann met Dané Visser, direkteur van WerfNet, oor die belangrikheid van aanstellings op meriete. WerfNet het ʼn gaping in die mark gesien en is hier om jou deur die proses te lei. Kyk saam en deel jou mening oor aanstellings sonder meriete.
Ep 60 - Die ANC is lief vir politieke teater 04.06.2026 25:33
Terwyl die ANC politieke teater speel, word regte mense se lewens elke dag geraak. Vir die regering mag dit dalk net speel-speel wees, maar die gevolge is werklik: Duisende mense verloor hul werk en sukkel om vir hul gesinne te sorg as gevolg van die besluite wat geneem word. In hierdie week se episode gesels Dirk Hermann met Connie Mulder oor hoe rassewette teen 2030 beëindig kan word. Die rasbuf...
Ep 59 - Jan se huis en die F-woord in Europa 29.05.2026 29:42
In hierdie week se episode van Die Solidariteit Wêreld gesels Dirk met Jaco Kleynhans oor die F-woord: federalisme. Hulle was onlangs op ʼn toer na Europa, waar hulle meer oor federalisme en die Kanton-konsep geleer het deur verskeie lande te besoek. Alhoewel die gras nie altyd groener in Europa is nie, is dit goed om te sien dat ons stryd steeds die goeie stryd vir vryheid is.
Ep 58 - Wat is die prys vir ons vryheid? 21.05.2026 5:50
Die reg om self te besluit – hoe lyk dit werklik? Solidariteit het wéér ʼn klagte by die IAO teen die regering ingedien, omdat hulle steeds ons keuses in die werkplek wil beheer. Hierdie klagte gaan oor vryheid: ons weier om die prys vir die regering se foute te betaal. In hierdie week se episode gesels Dirk oor Solidariteit se hoogtepunte van die afgelope week in hierdie stryd om vryheid.
Ep 57 - ʼn Aankondiging wat die onderwyswêreld gaan verander 14.05.2026 14:28
Die onderwyswêreld staan op die drempel van onsekerheid. Daarom wil Solidariteit ʼn oplossing bied. In hierdie week se episode maak ons ʼn aankondiging wat die onderwyswêreld gaan verander. Johan Botha gesels met Dirk Hermann oor die stand van onderwys in Suid-Afrika en hoe Solidariteit onderwysers bystaan.
Ep 56 - Is daar ʼn toekoms vir onderwys? 07.05.2026 5:42
Die siel van ons gemeenskap is moedertaalonderrig, en die hart daarvan is onderwys. In hierdie week se episode van Die Solidariteit Wêreld gesels Dirk Hermann oor die toekoms van onderwys en of dit in gedrang is. Solidariteit staan bankvas agter onderwysers in hierdie tyd van onsekerheid en wil ʼn boodskap van hoop aan elkeen bring.
Ep 55 - BKO: Só verander jong mense die samelewing 07.05.2026 15:11
Jong mense wat hul studentelewe geniet is iets om te ervaar en by Bo-Karoo Opleiding is dit presies wat jy gaan teëkom. Dié studente kan asemhaal en ʼn ander tipe vryheid ervaar. In die week se episode van Die Solidariteit Wêreld gesels Dirk Hermann met Paul Vogel, uitvoerende hoof van Bo-Karoo Opleiding, oor die studentelewe in Orania, hoe BKO in die laaste jaar gegroei het en wat alles nog voorlê...
Ep 54 - Waarom bid ons as dit vreemd is? 23.04.2026 13:51
Ons is eerder vreemd en bid, as “normaal” sonder gebed. In hierdie week se episode van Die Solidariteit Wêreld gesels Dirk Hermann oor geloof, geborgenheid en jou verantwoordelikheid in dié verband. Ons waardes maak ons wie ons is, maar sonder die geloof om dit te staaf, beteken dit niks. Luister na hierdie week se episode en gesels saam!
Ep 53 - Almal praat oor die Afrikaner, maar wie is hulle werklik? 16.04.2026 22:35
Die feit bly staan, Afrikaners is ʼn diverse groep mense. Wie is hulle werklik en wat dryf hulle elke dag? Daarom die vraag: Hoe dink Afrikaners oor dit wat in die wêreld aangaan? En wat lei hulle daartoe om oor sekere onderwerpe saam te stem of te verskil? In hierdie week se episode gesels Dirk met dr. Danie Langner, uitvoerende hoof van die Voortrekkermonument, oor navorsing wat oor Afrikaners ge...
Ep 52 - Werk is meer as net swart en wit 09.04.2026 13:20
Gaan dit oor hoe jy lyk of wat jy weet? Volgens die regering is dit net jou ras wat saak maak! In hierdie week se episode gesels Dirk Hermann oor rasvereistes wat in posadvertensies gelys word. Die argument is verby, almal besef daar is nie meer plek vir rassewette in Suid-Afrika nie – tog word rasvereistes steeds aan werk opgelê. Iewers moet dit stop! Kyk die week se episode van die Solidariteit...
Ep 51 - Van brandstofpryse tot die oorlog in Iran: Wat is die lang- en korttermynpyn? 02.04.2026 18:44
Is dit ’n wyse besluit om korttermynoplossings vir ’n moontlike langtermynpyn te bied? In hierdie week se episode gesels Dirk Hermann, met Connie Mulder, oor wat om te doen in hierdie onsekere tye. Almal moet weet daar is pyn wat voorlê, maar daar is ook hoop wat aan die ander kant wag. Ons moet mekaar ondersteun, en die tyd daarvoor is nou. Luister saam en deel in ons drie stappe om hierdie moeil...
Ep 50 - Cyril, ons sal nie geboelie word nie! 27.03.2026 9:39
Ons moet die rasbuffel stop – die tyd is nou! In hierdie week se 50ste episode van Die Solidariteit Wêreld gesels Dirk Hermann oor hoe die rasbuffel Suid-Afrikaners al bykans 30 jaar lank kniehalter. Terwyl die regering wegkyk, betaal gewone mense die prys. Maar dit moet stop. Ons gaan nie terugstaan nie. Ons gaan voortgaan met ons hofsake. Ons is nie meer ʼn enkele stem nie, maar ʼn koor. Luister n...
Ep 49 - Alles oor die oorlog en hoe dit jou raak! 19.03.2026 22:48
Lê daar ʼn Derde Wêreldoorlog voor? In hierdie week se episode gesels Dirk Hermann met Jaco Kleynhans oor die stand van sake in Iran en Amerika. Hulle delf dieper in hoe dit Suid-Afrika sowel as Solidariteit-lede regstreeks beïnvloed. Is daar ʼn moontlike ontknoping waarmee almal tevrede sal wees of is dít ʼn onwaarskynlike vooruitsig? Dit alles en meer in hierdie week se episode van die Solidariteit...
Ep 48 - Jy is ʼn held! 12.03.2026 9:49
Solidariteit-lede is meer as net lede – julle is ʼn gemeenskap. Ons staan saam wanneer dit goed én sleg gaan en maak mekaar sterk in tye van nood. Julle is die wat die ekstra myl stap en almal se oorwinnings vier asof dit jul eie is. In hierdie week se episode van Die Solidariteit Wêreld gesels Dirk Hermann met jóú: jy wat elke maand ʼn bydrae maak; jy wat jou gemeenskap ondersteun; en jy wat ander...
Ep 47 - Akademia bou fondamente van hoop 12.03.2026 18:37
In onsekere tye het ons fondamente van hoop nodig. In hierdie week se episode van Die Solidariteit Wêreld gesels Dirk Hermann met Henk Schalekamp, besturende direkteur van Kanton, oor hoe Akademia letterlik fondamente van hoop vir toekomstige generasies lê. Dit is ʼn reusagtige projek wat deur Kanton vir die gemeenskap moontlik gemaak word. Ons moet aanhou bou aan die toekoms, aanhou hoop skep en e...
Ep 46 - NGV – op ys? 26.02.2026 17:55
Jou gesondheid is goud werd, en die gevolge kan ernstig wees wanneer dit verswak. Die staat probeer reeds jare lank om jou gesondheidsorg te sentraliseer deur die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) in werkingte stel. Die werklikheid is egter dat jy waarskynlik meer vir die NGV sal betaal as wat jy tans vir ʼn privaat mediese fonds betaal. Dirk gesels in hierdie week se episode van Die So...
Ep 45 - Die Derde Wêreldoorlog of nie? 20.02.2026 23:16
Mense vra: “Gaan daar ʼn Derde Wêreldoorlog wees?” In hierdie week se episode gesels Dirk met Jaco Kleynhans oor die moontlikheid van ʼn oorlog wat kan uitbreek. Is lande besig om voorbereiding te tref en is Suid-Afrika gereed daarvoor? Suid-Afrika gaan waarskynlik nie die G20 bywoon nie, wat ʼn groot gaping vir onderhandeling laat. Kom luister na dié week se insiggewende gesprek op Die Solidariteit...
Ep 44 - Alternatiewe media – Solidariteit se storie, soos dit werklik is 12.02.2026 18:17
Skoenmaker (of is dit eerder hoofstroommedia), hou jou by jou lees! Oor die jare heen het Solidariteit allerlei nuus oor ons doen en late, en dit wat in ons gemeenskap gebeur op verskillende maniere verpak. Maar soos wat ons gemeenskap se behoefte om nuus in te neem verander, moet ons manier van nuus deel ook verander. Dirk gesels in hierdie episode met Pieter Jordaan oor hoe ons ons eie nuus- en...
Ep 43 - Is mediahuise nog betroubaar? 05.02.2026 20:26
Die afgelope tyd moes 13 mediahuise verskoning vra vir waninligting wat oor Solidariteit en AfriForum gepubliseer is. In hierdie week se episode gesels Dirk Hermann met Susan Lombaard, uitvoerende hoof van Maroela Media, oor die stand van media in Suid-Afrika. Wie kan jy vertrou as waninligting versprei word? Niemand wil hê dat ʼn mediahuis namens hulle moet dink nie, maar mense soek steeds ʼn bron...
Ep 42 - Net 'n jaar van Trump en kyk wat het gebeur 29.01.2026 21:15
Wat ʼn jaar! Soos wat ons aan die begin van 2026 staan, kyk ons eers bietjie terug na die jaar wat was – met Donald Trump as president. Wat is sy groot plan? In hierdie week se episode gesels Dirk Hermann met Jaco Kleynhans oor hoe Suid-Afrika in die groter Trump-prentjie inpas, en watter foute moontlik gemaak is. Het president Trump die rekkie té vêr getrek? Kom gesels saam in hierdie week se epis...
Ep 41 - 2026: Die krag van eendrag 23.01.2026 4:55
Elkeen wat wíl werk, moet kán werk! In hierdie week se episode van Solidariteit Wêreld gesels Dirk oor die krag van eendrag. Solidariteit-lede help ons jaarliks om groot projekte te bou, en 2026 is geen uitsondering nie. Julle veg, bou en beskerm sáám met ons. Kyk hierdie week se episode op enige van Solidariteit se sosialemediaplatforms.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.