Solidariteit

Die Solidariteit Wêreld met Dirk Hermann

News AF ↓ 65 episodes

Kom luister saam wanneer Dirk Hermann met verskeie gaste oor gebeure in die wêreld en by Solidariteit gesels. Hierdie gefokusde gesprekke gee kykers 'n ander perspektief op hoe gebeure op nasionale en internasionale vlak die wêreld van werk beïnvloed.

Author

Solidariteit

Category

News

Podcast website

solidariteit.co.za

Latest episode

Jul 9, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Ep 40 - 2025 het sy hoogte- en laagtepunte vir ons gewys 23.01.2026

Dankie, dankie, duisend maal dankie! Van verskeie afsprake oorsee tot ʼn wêreldbekende banier – 2025 het weereens gewys dat verandering die enigste sekerheid is. Ons moes aanpas by die ekonomie, die regering se besluite en steeds stap ons as ʼn gemeenskap sterker uit aan die ander kant! Solidariteit wil dankie sê vir al die lede wat saam met ons gestaan het hierdie jaar. Wat was jou hoogtepunt gewee...

Ep 39 - Max, is hierdie jou Marie Antoinette-oomblik? 04.12.2025

Vroeër die week het Max du Preez ʼn plasing op X gemaak waar hy wou weet of hy deur ʼn woedende swart  mob  aangeval sou word as hy ʼn winkel besoek om ʼn ciabatta te gaan koop. Hierdie plasing word deur Dirk Hermann as uiters onsensitief beskou. Hy rig in hierdie week se episode van die Solidariteit Wêreld ʼn antwoord aan Max. Wat sou jy vir Max gesê het?

Ep 38 - Die grootste Afrikaner-bouprojek met geen hulp van die regering 27.11.2025

In hierdie week se episode van die Solidariteit Wêreld voer Dirk Hermann, ʼn bankgesprek met Francois van Vuuren, Henk Schalekamp en Marthinus Visser oor die grootste Afrikaner-bouprojek in die geskiedenis – buite die staat! Francois vertel meer oor die proses wat agter die skerms afgespeel het om die perfekte grond te kry. Henk gee ʼn blik op die finansies en Marthinus vertel meer oor nuwe kursusse...

Ep 37 - Die ANC plak ʼn G20-pleister oor Suid-Afrika se rassewet-realiteite 20.11.2025

Tydens vanjaar se G20-beraad is daar ʼn merkbare afwesigheidvan verskeie wêreldleiers – die grootste sedert die beraad in 2008. Waarom wilhierdie leiers nie met Suid-Afrika geassosieer word nie? Dit is geensins redetot vreugde nie, maar wel ʼn duidelike teken van ʼn verlore diplomatiekegeleentheid vir ons land. In hierdie week se episode gesels Dirk en Jaco Kleynhans oordie G20-ontwikkelings, en ook...

Ep 36 - Ons skole word aangeval! 14.11.2025

Ons moet beskerm, onregte beveg en alternatiewe bou! Dit is die boodskap wat Dirk Hermann wil deurgee. In vandeesweek se episode gesels Johan Botha, hoof van die Solidariteit Onderwysernetwerk, oor die befondsing van skole en die groot druk waaronder onderwysers tans verkeer. Dit is nie net ʼn aanval op onderwysers nie, maar ʼn aanval op die toekoms van ons kinders. Wat dink jy is die oplossing? Ges...

Hoekom verdedig julle die ANC?! 13.11.2025

Die opspraakwekkende “Nie in ons naam nie”-brief het geweldige negatiewe reaksie van mense ontlok, terwyl die ANC dit met ope arms verwelkom het. Mense is baie kwaad daaroor en het soms lelik daarop gereageer. Die vraag is egter: Waar kom hierdie hewige reaksie vandaan? Dirk en Connie delf dieper in hierdie reaksie en ontleed waarom mense so kwaad is.

Ep 34 - Ons lede se stem is sterker as dié van 40 30.10.2025

“Individue kom en gaan, maar instellings bly staan.” Dit is die woorde van dr. Dirk Hermann in hierdie week se episode van die Solidariteit Wêreld. Dirk gesels met Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, oor die verskillende instellings wat hard saam met Solidariteit werk om ʼn beter en sterker toekoms te bou waar ons kinders vry, veilig en voorspoedig kan lewe.

Ep 33 - Rassewette maak mense siek ... letterlik! 23.10.2025

Die uitwerking van rassewette op mense is só ekstreem dat dit hulle van hulle waardigheid ontneem. Dis hoekom Solidariteit só hard daarteen baklei. In hierdie week se episode praat dr. Dirk Hermann oor die fisiese effek watrassewette op mense het.

Ep 32 - Topvyf-gebeure – Wat sê dr. Dirk Hermann? 16.10.2025

In dié week se episode van die Solidariteit Wêreld gesels Dirk Hermann oor die topvyf-gebeure wat tans van belang is. Hy spreek sy opinie uit oor die hoofstroommedia asook die krisis rondom werk. Wat is jou gevoel oor Solidariteit se stem in die media? Luister saam en laat weet ons in die kommentaar.

Ep 31 - Ons gaan Withuis toe omdat die ANC sloer! 09.10.2025

Dirk en Jaco gee vir ons ʼn blik agter die skerms oor wat op die onlangse toer na Amerika gebeur het. Dit het 24 dae, 7 state en 2 besoeke aan die Withuis behels. Jaco gesels oor die vensterperiode wat tans oop is, wat ongelooflike geleenthede vir Suid-Afrika se verhouding met Amerika inhou mits dit reg bestuur word. Die regering doen alles in hul vermoë om ons in ʼn slegte lig te plaas, maar kry di...

Ep 30 - Charlie Kirk – net ʼn oomblik in tyd of ʼn ewigheid? 02.10.2025

Regoor die wêreld het mense oor die dood van Charlie Kirk gerou. Waarom het, veral jong mense, by Kirk aanklank gevind en oor sy dood getreur? Hierdie week gesels Dirk met Myrtle Endley oor rentmeesterskap, en oor hoe Kirk met opregte passie en eenvoudige waarhede jong mense gehelp het om die lig in ʼn deurmekaar wêreld te vind.

Ep 29 - Wat het in die Withuis gebeur? 01.10.2025

Die gesprekke in die Withuis wat oor Suid-Afrika handel, is nog lank nie verby nie. Dit is krities dat hierdie gesprekke voortgesit word om ʼn oplossing te vind vir die huidige tariefoorlog wat tussen Amerika en Suid-Afrika woed. Dit is egter nog meer belangrik dat gewone Suid-Afrikaners nie die prys vir die Suid-Afrikaanse regering se ideologie betaal nie. Dirk en Jaco Kleynhans gesels hierdie wee...

Ep 28 - VSA-tariewe: Wag daar ʼn protes op ons? 01.10.2025

Die golf van afleggings in Suid-Afrika duur voort. Dirk gesels hierdie week met Gideon du Plessis oor die toename van 100 000 afleggings binne ʼn enkele week, en dit is nog net die eerste vlaag. Wat wag op ons en wat is die oplossing? Kyk en gesels saam.

Ep 27 - Kwart miljoen werke kwyt; dis net die begin 01.10.2025

Kwart miljoen werke kwyt en dit is net die begin. Die regering swyg steeds. Hulle soek ‘n ekonomiese oplossing vir ‘n politieke probleem. Wat is die rol van Solidariteit en ander vakbonde vorentoe? Dirk gesels hierdie week met Gideon du Plessis oor ons ope brief aan president Cyril Ramaphosa oor die huidige krisis in die werksmag. Luister saam op al ons platforms.

Ep 26 - Die ANC sit soos ʼn stout kind in die hoek 30.09.2025

Die ANC sit soos stout kinders in die hoek en sê almal is lelik met hulle. In hierdie week se episode gesels Dirk met Jaco Kleynhans oor die komende besoek aan Amerika en die werklike impak van die tariewe op Suid-Afrika. Ons gaan vir ons land en ons mense opstaan!

Ep 25 - Cyril het ʼn graad, maar geen ruggraat nie. 30.09.2025

Die ANC bereik ʼn historiese laagtepunt! President Cyril Ramaphosa het vele grade, maar geen ruggraat. In vandeesweek se episode gesels Dirk met Connie Mulder en hulle ontleed die huidige politieke klimaat. Dit is reg om te vrees, maar daar is soveel meer om oor opgewonde te wees! Luister graag en besluit self hoe ʼn post-ANC Suid-Afrika vir jou sal lyk.

Ep 24 - SA se toekoms lyk beter as dié van Europa 23.09.2025

Ons hoor dikwels die vraag: gaan jy bly of gaan jy gly? Ja, die ANC maak dit ongemaklik in ons land, maar hoe lyk die toekoms regtig in Westerse lande? Hierdie week gesels Dirk Hermann en Jaco Kleynhans oor die moontlikhede as jy sou oorweeg om te emigreer, en hoekom Suid-Afrika se toekoms in baie opsigte beter lyk as dié van ander Westerse lande.

Ep 23 - Die ANC is reg en jy is verkeerd 23.09.2025

Die Nasionale Dialoog is ’n herlewingspoging van die ANC! In hierdie week se episode gesels Dirk met Werner Human oor waarom ons nie aan dié dialoog gaan deelneem nie, asook wat die alternatief is.

Ep 22 - Trump straf SA, danksy ANC 23.09.2025

Die 30%-tariefverhoging is hier – wat kan jy verwag? Pres. Trump is besig met ʼn totale herrangskikking van globale handel en SA trek aan die kortste ent. Is dit waarvoor Amerika vra onredelik of is die ANC net magsbehep? Vind uit in hierdie week se episode van die Solidariteit Wêreld.

Ep 21 - Is die menslikheid in onderhandelinge weg? 22.09.2025

Hoe lyk onderhandelinge agter geslote deure? Dirk gesels met Gideon du Plessis oor kollektiewe bedinging en of menslikheid nog 'n faktor is tydens onderhandelinge.

Ep 20 - Lesufi kan praat, maar ons gaan bou! 22.09.2025

ʼn R3,2 miljard-kampus wat die gemeenskap sal versterk, is op pad. Kanton werk aan ʼn vennootskap met die gemeenskap en in hierdie week se episode gesels Dirk met Henk Schalekamp oor hoe ons aanhou bou terwyl ander moedeloos raak.

Ep 19 - Blackvest: Geen klas vir wit kinders, slegs ras 22.09.2025

In vandag se episode gesels Dirk met Connie Mulder oor Bidvest se rassisme, wat as regstelling vermom word. Die beursprogram se bestaan kom nou eers aan die lig, maar is in werklikheid al vir 22 jaar in werking – en Bidvest is trots daarop. Kyk hier om uit te vind hoe president Cyril die begin en einde van die rasmalheid is.

Ep 18 - Trump se byt toe erger as sy “bluff” 17.09.2025

Die 30%-tariewe wat die VSA op Suid-Afrikaanse uitvoerprodukte wil hef, kan ʼn verwoestende uitwerking op ons land hê. Die ironie is dat die kwessie met ʼn politieke skikking opgelos kan word – wat die VSA graag wíl toestaan. Die bal is nou in president Ramaphosa se hande; wat gaan hy daarmee doen? Hierdie is nie ʼn onoplosbare probleem nie, maar die regering het ons gefaal. Kyk hierdie week se episo...

Ep 17 - Werksoekportaal waar “BEE” nie tel nie! 17.09.2025

Die digitale platform wat Solidariteit in 2023 geskep het werk só goed dat selfs regeringsdepartemente daarvan gebruikmaak! In hierdie week se episode gesels Dirk met Hennie Bierman oor die opwindende nuwe funksionaliteit wat binne die volgende paar maande op Solidariteit beskikbaar gaan wees.

Ep 16 - Dirk en Kallie se gesprek met die president. 17.09.2025

“Bela is ʼn aanval op ons siel!” – Dit was die eerste woorde aan president Ramaphosa tydens onderhandelinge oor die Bela-wet. Dié week se episode bied ʼn kykie agter die skerms van Dirk en Kallie se gesprek met die president, asook hoe die boek Sielstryd tot lewe gekom het. Volg die skakel om ʼn e-weergawe van die boek af te laai: https://soli.online/5nu

Listen to the Die Solidariteit Wêreld met Dirk Hermann podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.