Waldo Krugell

Die ekonomie minuut

Soos om 'n stemnota van die ekonomie te kry. Aanwysers, ontleding en kommentaar oor alles wat in die Suid-Afrikaanse ekonomie aangaan.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.ekonomieblog.me

Author

Waldo Krugell

Category

Business

Podcast website

www.ekonomieblog.me

Latest episode

Oct 9, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

People are to the mall again 05.05.2021

During the lockdown, it was the smaller shopping malls that performed better and the bigger ones struggled as customers stayed at home and shopped online. The smaller malls, especially those in rural areas, had the grocery and other stores where people have spent their Covid grants. Now, an important sign of the recovery of the economy is that business at the big “malls” is increasing again.

Hierdie maand se ekonomiese aanwysers gaan ongewoon wees 04.05.2021

Ekonome weet dat Mei-maand se ekonomiese aanwysers gaan ongewoon wees. Verlede Mei was ons midde in die vlak-5 inperking en mense het maratons in die erf gehardloop. Enige aanwyser gaan met baie verbeter as dit van ʼn nulbasis af kom. Dit is dus veel beter om met die afgelope maand te vergelyk. Een so syfer wat gister bekend gemaak is, die ABSA se aankopebestuurdersindeks vir die vervaardigingsekto...

This month's economic indicators are going to be unusual 04.05.2021

Economists know that May's economic indicators are going to be unusual. Last May we were in the middle of the level 5 lockdown and people were running backyard marathons. Anything is a huge improvement if you compare it to nothing. It is therefore much better to compare with just the past month. One such figure released today is the ABSA's Purchasing Managers' Index for the manufacturing sector.

Die truck-o-meter van ekonomiese aktiwiteit 03.05.2021

Ekonome wil graag weet hoe dit met die ekonomie gaan, maar een van die groot uitdagings is die sloerings waarmee amptelike data beskikbaar is – byvoorbeeld, die Bruto Binnelandse Produk word kwartaalliks gepublisser en met ‘n een kwartaal sloering. Sogenaamde “now casting” modelle gebruik hoë frekwensie data om hierdie kwartaal se vlak van ekonomiese aktiwiteit te voorspel. Die Reserwebank gebruik...

The truck-o-meter of economic activity 03.05.2021

Economists would like to know how the economy is doing, but one of the big challenges is the delays with which official data is available - for example, the Gross Domestic Product is published quarterly and with a one-quarter lag. So-called "now casting" models use high-frequency data to predict the current quarter's level of economic activity. The Reserve Bank uses an index called the Truck-o-met...

PPI, die huismark en aandele 30.04.2021

Hierdie week was daar nie baie nuwe ekonomiese data nie, maar daar was darem ʼn paar leidrade van hoe dit met die ekonomie gaan.

PPI, the housing market and the JSE 30.04.2021

This week there was not much new economic data, but there were at least some clues as to how the economy is doing.

Kosprysinflasie by die plaashek 29.04.2021

Ek het onlangs gesels oor voedselprysinflasie en het gedink dit sal interessant wees om aan die mikro kant uit te vind wat met die pryse van graan en lewende hawe aangaan. Gelukkig gee Dr Johnny van der Merwe se AMT video’s elke week ʼn opsomming.

Food price inflation at the farm gate 29.04.2021

I recently talked about food price inflation and thought it would be interesting to have a look at the micro side and see what is going on with the prices of grain and livestock. Fortunately, Dr Johnny van der Merwe's AMT videos give a summary every week.

Beter besluite by werksonderhoude? Ekonomie kan help. 28.04.2021

ʼn Nisveld binne Ekonomie is die sogenaamde gedragsekonomie, of Behavioural Economics, waar ekonomie en sielkunde ontmoet.

Better decisions at job interviews? Economics can help. 28.04.2021

A specialised field within Economics is the so-called Behavioral Economics, where economics and psychology meet.

Vryheidsdag en die ekonomie 27.04.2021

Op 27 April vier ons Vrydheidsdag en die geboorte van demokrasie in 1994. Vandag is dit net mooi 27 jaar later. Dit is ʼn lang tyd. Nelson Mandela was 27 jaar lank in die tronk, maar vir die ekonomie is die sogenaamde long walk to freedom nog ver van klaar. (Kry die boek hier: http://ourlongwalk.org/)

Freedom day and the economy 27.04.2021

On April 27, we celebrate Freedom Day and the birth of democracy in 1994. Today it is 27 years later. That is a long time. Nelson Mandela was in prison for 27 years, but for the economy, the so-called long walk to freedom is still far from over. (Get the book here: https://www.johanfourie.com/ourlongwalk/)

Rentekoersvooruitsigte 26.04.2021

Nadat Maartmaand se inflasiesyfer toegeneem het na 3,2%, het die Goewerneur van die Reserwebank Lesetja Kganyago gesê dat hy voorsien nie dat dit nodig gaan wees om binnekort die repo-koers te verhoog nie.

Interest rates 26.04.2021

After the inflation rate increased to 3.2% in March, Reserve Bank Governor Lesetja Kganyago said he did not foresee an increase in the repo rate any time soon. Inflation is under control and the economy needs the support of low interest rates.

Inflasiesyfers 23.04.2021

Ons sluit die week af met die inflasiesyfers waarvan ek Maandag gepraat het. Die Verbruikersprysindeks en die inflasiekoers vir Maartmaand is Woensdag aangekondig en inflasie het gestyg van 2,9% tot 3,2%.

Kantoorwerk na die pandemie 22.04.2021

Ek het verlede week vertel dat die Covid-19 pandemie en inperking baie werk van die kantoor na die huis geskuif het. Dit lyk of die toekoms ʼn kombinasie gaan wees van die twee werkplekke, maar wat kan die gevolge daarvan wees?

Tegnologie en die landbousektor 21.04.2021

Ek het in gister se Minuut vertel dat dit nie lyk of robotte binnekort al ons werke gaan vat nie, maar dat daar verskille is tussen sektore. Een sektor wat tans op die voorpunt van innovasie is, is die landbou en Johan Fourie het onlangs ʼn goeie artikel daaroor geskryf (lees dit gerus hier: https://www.johanfourie.com/2021/04/06/the-future-of-the-farm/).

Mense, robotte, en die toekoms van werk 20.04.2021

Die Covid-19 pandemie het die wêreld van werk ingrypend verander, maar beteken dit dat robotte en kunsmatige intelligensie besig is om oor te neem? Het die pandemie en inperking dit versnel?

Inflasievooruitsigte 19.04.2021

Ons weet dat daar intenasionaal kommer is oor die moontlikheid van stygende inflasie, maar hoe lyk die vooruitsigte in Suid-Afrika?

K-vorm herstel? 16.04.2021

Ekonome word nooit moeg om te skryf en te praat oor hoe dit met die ekonomie gaan nie. Hier is nog ʼn deel van die storie.

Kantoorwerk van die toekoms 15.04.2021

Vir die afgelope jaar werk ʼn klomp mense van die huis af en die siening dat jy meer produktief by die kantoor werk, is op sy kop gedraai. Maar hoe gaan dinge in die toekoms lyk? Dit is belangrik vir die werkers, die werkgewers en baie stede se ekonomiee en eiendomsmarkte.

Hoe gaan dit met die ekonomie? 14.04.2021

Michael Avery van Business day het hierdie week met hoof-ekonome van Stanlib, FNB en Investec gesels oor hoe hulle die stand van die Suid-Afrikaanse ekonomie sien. Dit was ʼn interessante bespreking waarin ʼn aantal belangrike punte gemaak is. Wat dryf groei, en wat is die struikelblokke?

Mynbouproduksie neem toe! 14.04.2021

Na die goeie nuus oor motorverkope was daar vandag ook goeie nuus oor mynbou-produskie. Die uitset van die Suid-Afrikaanse mynwese het in Februariemaand vir die eerste keer in ʼn jaar toegneem. Dit is wel net ʼn 0,8% toename, maar dit is baie beter as Januariemaand se 8,4% afname. Dit was die produksie van ystererts, mangaan en nie-metaal minerale wat skerp toegeneem het. Goud en steenkoolproduksie...

Motorverkope verras 14.04.2021

Hierdie episode van die Minuut is opgeneem aan die einde van ʼn kort vakansie in die Kruger wildtuin. Ons het die week meer rooibokke as nuwe voertuie gesien, maar dit is nuwe motorverkope wat die nuus haal.

Listen to the Die ekonomie minuut podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.