Carin Conradie

Bybelstories in Afrikaans

Kids AF ↓ 323 episodes

Tannie Carin en Tobias, 'n groen "puppet",-seuntjie,  vertel Bybelstories in Afrikaans.  Ons wil al die stories in die Bybel vertel - so Bybelgetrou as wat dit moontlik is op 'n kind se vlak. Geniet die Woord!

Author

Carin Conradie

Category

Kids

Podcast website

www.buzzsprout.com

Latest episode

Jul 9, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Stories uit Kanäan 1: Ragab en die rooi tou 01.06.2023

Ons nuwe reeks is gebeure in die land Kanaän.  Hierdie storie is die heel eerste een uit Josua 1 en 2.  Die verkenners het by Ragab uitgekom.  In die storie word van drie beloftes gepraat. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Wetboeke storie 13: Moses se laaste tydjie op aarde 25.05.2023

Deuteronomium bestaan hoofsaaklik uit 'n lang toespraak van Moses voor sy dood.  Dit is wat ons in hierdie storie wou vasvat. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Wetboeke storie 12: Israel word getel 19.05.2023

In Numeri 26 - 36 word Israel getel kort voor hulle in Kanaän ingaan.  Daar is ook 'n uiteensetting van al die plekke waar die Israeliete kamp opgeslaan het. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Wetboeke storie 11: Moses se laaste oorlog 12.05.2023

In Numeri 25 en 31 lees ons 'n baie hartseer storie van Israel wat deur Bileam se toedoen vir Baal-Peor aanbid het.    Is daar vir ons iets om hieruit te leer? Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Wetboeke storie 10: Bileam en sy donkie 09.05.2023

Numeri vertel ons van Balak, Bileam en die pratende donkie.  Maar Bileam word op baie plekke in die res van die Bybel ook genoem - selfs in Openbaring.  In die ander boeke sien ons selfs meer van Bileam se hart as in Numeri.  Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Wetboeke storie no 9: Koning Sihon en koning Og 20.04.2023

Op 'n hele paar plekke in die Bybel word daar gepraat van koning Sihon en koning Og.  Hierdie storie probeer iets vertel van hulle en hoe God die volk help besluit het waarheen om te trek en teen wie om te veg. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Wetboeke storie 8: Slange en ander moeilikheid 14.04.2023

Numeri 20 en 21 vertel van Aäron se dood,  'n amper geveg met Edom, 'n geveg met Arad en die storie van die giftige slange! Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Wetboeke storie 7: Nog 'n keer water uit 'n rots 30.03.2023

Numeri 20 vertel ons die verhaal van Moses wat by die Meriba waters die rots geslaan het in plaas van daarmee gepraat.  Dit het hom Kanaän gekos! Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Wetboeke storie 6: Tweehonderd en vyftig kom in opstand 24.03.2023

Numeri15 vertel van klossies aan die klere.  Numeri 16 het die aardige storie van Korag, Datan en Abiram se opstand.  Numeri 17 vertel van Aäron se kierie wat bloesels gedra het.   In alles sien ons God se heiligheid, maar ook sy genade wanneer Hy die volk spaar wanneer Moses en Aäron vir hulle intree. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Wetboeke storie 5: Twaalf manne gaan kyk hoe lyk Kanaän 17.03.2023

In Numeri 13 en 14 word beskryf hoe die land Kanaän verken is en hoe die Israeliete in opstand gekom het teen God . Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

4. Wetboeke storie 4: Mirjam word melaats 09.03.2023

In Numeri 12 lees ons van Mirjam wat melaats word en weer genees  is. Epos adres:  cconradie55@gmail.com Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

3. Wetboeke storie 3: 'n Maand van vleis eet 02.03.2023

Numeri 11 vertel van die vuur van Tabera, die sewentig leiers wat vir Moses begin help het en die groot kwartel-etery.    Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

2. Wetboeke storie 2: Kamp-opslaan in die woestyn 24.02.2023

In Numeri 1 tot 10 word vertel hoe die volk  se kampplek georden was en hoe hulle ook moes trek.  Die doel van die twee silwer trompette word ook beskryf. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

1. Wetboeke storie 1: Levitikus 16.02.2023

In die Wetboeke reeks wil ons Levitikus, Numeri en Deuteronomium hanteer.   Hierdie storie is 'n samevatting van dinge uit Levitikus wat nog nie in die Eksodus reeks genoem is nie. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Eks storie 24: Die vakmanne bou die tabernakel 02.02.2023

In Eksodus 33 en 35 tot 40 word meer vertel van die maak en oprigting van die tabernakel.  Die wonder is dat God reeds twee jaar voor die tyd die bou-benodighede in Egipte laat bymekaar maak het.  En Hy het presies geweet wat nodig is.  Hy het toe met sy wolk van sy magtige teenwoordigheid by die tabernakel kom bly - by sy volk! Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Eks storie 23: Die tien gebooie word weer opgeskryf 27.01.2023

In Eksodus 34 word beskryf hoe Moses weer teen die berg op is dat God die tien gebooie weer kon neerskryf. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Eks storie 22: Die Here wil nie saam met die volk trek nie 19.01.2023

In Eksodus 33 hoor ons hoe God vir die Israeliete laat weet dat Hy nie saam met hulle wil trek nie, want hulle is te moedswillig.  Deur Moses se gebed, besluit God om tog saam te gaan .   Na hulle gesprek mag Moses God se rugkant sien, al wou hy eintlik God is sy magtige teenwoordigheid sien. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Eks storie 21: Die goue kalf 12.01.2023

In Eksodus 32 word die hartseer verhaal vertel van die Israeliete wat 'n goue kalf aanbid het. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Eks storie 20: Die verbond by Sinaiberg 15.12.2022

In Eksodus 24 is die verbond wat God met Israel deur Moses by die Sinaiberg gemaak het, beseël. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Eks storie 19: Die tabernakel 10.12.2022

Die opdrag om die tabernakel te bou word gegee in Eksodus 23 tot 31.  Die tabernakel was die vooruitwysing na Jesus Christus! Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Eks storie 18: God verduidelik sy gebooie 02.12.2022

In Eksodus 21 - 23 het God bepalinge gegee wat voorbeeld was van hoe die Tien Gebooie elke dag uitgevoer moes word.  In hierdie storie haal ons slegs 'n paar van die bepalinge aan. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Eks storie 17: God gee sy gebooie 24.11.2022

In Eksodus 20 gee die Here die Tien Gebooie vir die Israeliete in donderweer, blitse en rook.  Die volk moes besef Hy is die Heilige God, wat hulle lief het en wat hulle wil leer hoe om Hom lief te hê. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Eks storie 16: Sinaiberg 17.11.2022

In Eksodus 19 kom die Israeliete by Sinaiberg aan en hulle berei hulleself voor om God se wette te ontvang. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Eks storie 15: Jetro gaan kuier by Moses 11.11.2022

In Eksodus 18 lees ons van Jetro, Moses se skoonpa, wat by hom gaan kuier het en goeie raad gegee het. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Eks storie 14: Oorlog teen die Amalekiete 27.10.2022

In Eksodus 17 lees ons hoe Israel teen die Amalekiete, nageslag van Esau, geveg het by Refidim, en van God se redding daardie dag! Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Listen to the Bybelstories in Afrikaans podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.