Carin Conradie
Bybelstories in Afrikaans
Tannie Carin en Tobias, 'n groen "puppet",-seuntjie, vertel Bybelstories in Afrikaans. Ons wil al die stories in die Bybel vertel - so Bybelgetrou as wat dit moontlik is op 'n kind se vlak. Geniet die Woord!
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Stories uit Kanaän 26: Rut ontmoet vir Boas 14.12.2023 9:11
In Rut 2 word vertel hoe Rut gaan koring optel het op Boas se land - die persoon wat juis haar losser kon word. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 25: Naomi en Elimelek gaan na Moab 16.11.2023 9:36
Ons begin nou met die boek Rut. In die eerste storie word vertel hoe Rut deel geword het van 'n Israelitiese gesin. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 24: Vrouens vir die Benjaminiete 09.11.2023 10:15
Nadat die Benjaminiete feitlik almal uitgeroei is, en net 600 oor was, het die res van Israel besef dat die stam gaan uitsterf as die mans nie vrouens kry om mee te trou nie. Hierdie storie uit Rigters 21 handel oor die soektog na 600 vrouens. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 23: 'n Leviet en sy byvrou 03.11.2023 11:00
'n Leviet gaan soek sy byvrou wat weggeloop het terug. Boewe vermoor haar en dit veroorsaak 'n hewige oorlog in Israel. In Rigters 19 en 20 lees ons hierdie afgryslike verhaal en besef maar net weer dat die mens Jesus Christus se redding en verlossing nodig het. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 22: Miga en sy afgode 26.10.2023 10:26
In die storie lees ons van Miga wat sy eie godsdiens gemaak het, en van Dan wat self grond gevat het. Beide het gebeur in 'n tyd, wat "elkeen gedoen het wat reg is in sy eie oë". Die storie word beskryf in Rigters 17 en 18. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 21: Simson en die Filistyne se tempel 19.10.2023 10:03
Simson is as gevangene na die tempel van Dagon geneem, sodat hy die mense kon vermaak. Daardie dag slaan hy egter sy grootste slag teen die Filistyne toe hy die tempel op homself en hulle almal omtrek. Dit lees ons in Rigters 16> Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 20: Simson en Delila 12.10.2023 11:19
Rigters 16 vertel vir ons die bekende hartseer verhaal van Simson en Delila. Dit bly ondenkbaar hoekom die rigter hom so kon laat verlei. Tog laat die storie ons diep dink. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 19: Simson vang jakkalse 05.10.2023 10:06
In Rigters 15 lees ons hoe Simson ernstig begin veg het, man alleen, teen die Filistyne. Eienaardige stories en ook wonderwerke! Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 18: Simson se troue 28.09.2023 10:31
Simson het 'n Filistynse meisie gekies met wie hy wou trou. Hoewel sy ouers dit nie goedgekeur het nie, was dit 'n plan van die Here af. Ons lees die storie in Rigters 14. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 17: Simson word gebore 21.09.2023 9:53
Ons begin die stories van die rigter Simson. In hierdie storie uit Rigters 13, word vertel van die Engel van die Here wat aan Manoag se vrou verskyn het. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 16: Ses rigters op 'n ry 14.09.2023 10:49
Rigters 10 tot 12 vertel ons van 6 rigters wat in Israel regeer het. Van vyf weet ons nie veel nie, maar die storie van Jefta is tog opgeteken. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 15: Abimelek, die nie-rigter 07.09.2023 10:43
Abimelek was een van Gideon se baie seuns. Hy wou die leier van Israel wees en het dit op 'n baie slinkse manier reggekry. Tog het God die laaste sê gehad. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 14: Gideon en die Midianiete 01.09.2023 10:49
In Rigters 7 en 8 lees ons die ongelooflike verhaal hoe God 300 manne gebruik het om 'n leër van ongeveer 135000 Midianiete op loop te laat sit. God het selfs 'n droom vir een Midianiet gestuur daaroor. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 13: God kies self Gideon se soldate 24.08.2023 9:26
In Rigters 6 en 7 lees ons hoe Gideon seker wou maak God wil hom gebruik. God was geduldig en het die tekens vir hom gegee wat Hy gevra het. God het ook self die soldate uitgekies wat aanvanklik sou gaan saam veg teen die Midianiete en ander volke uit die ooste. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 12: God roep vir Gideon as die vyfde rigter 18.08.2023 9:50
In Rigters 6 begin lees ons die storie van Gideon. Hierdie is maar die eerste van die storie toe die Engel van die Here vir Gideon by sy wegkruip-parskuip gaan kuier het. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän: Debora, die vierde rigter 11.08.2023 10:53
Debora, 'n regter en profetes, was die vierde rigter van Israel. Barak was die krygsman, maar hierdie keer het die Here die vyand in 'n vrou se hand oorgegee. Ons lees hiervan in Rigters 4 en 5. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 10: Die tweede en derde rigters, Ehud en Samgar 04.08.2023 9:57
In Rigters 3 lees ons van die werk wat God deur die rigters Ehud en Samgar gedoen het om Israel van die onderdrukkers te bevry. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 9: God stuur die rigter, Otniël 28.07.2023 10:18
Die boek Rigters bevat die stories van die tien rigters wat God gestuur het om die Israeliete te red. Hierdie storie gaan oor die aanloop daarvan, en die eerste rigter, Otniël. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 8: Josua neem afskeid 21.07.2023 9:15
In Josua 22 - 24 lees ons van die laaste dinge wat Josua gedoen het voor hy op die ouderdom van 110 jaar gesterf het. In hierdie gedeelte kom ook die baie bekende frase voor: Ek en my huis, ons sal die Here dien. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän: Die land Kanaän word verdeel 14.07.2023 9:53
In Josua 11 - 21 lees ons van nog oorloë en hoe God die land verdeel het. Die land was nog nie heel verower nie, maar die verdeling is wel voor die Here in Silo deur loting gedoen. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 6: Die dag wat die son stil gaan staan het 07.07.2023 10:33
In Josua 10 word vertel van die ongelooflike lang geveg in die ongelooflike lang dag! God het die geveg vir die Israeliete gevoer met selfs die natuurelemente! Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 5: Die Gibeoniete 29.06.2023 9:16
Hierdie stukkie geskiedenis uit Josua 9 leer ons hoe die slim Gibeoniete die Israeliete 'n streep getrek het. Die probleem was dat die volk nie die Here se raad gevra het nie, maar gekyk het na padkos en ou klere... Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 4: Israel en die stad Ai 22.06.2023 11:00
Akan het vir homself aandenkings uit Jerigo gevat en daarmee die dood oor ses en dertig mense en sy hele gesin gebring. God eis gehoorsaamheid van sy kinders, soos ons lees in Josua 7 en 8. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 3: Jerigo se mure val plat 16.06.2023 10:27
In Josua 6 lees ons die merkwaardige verhaal van hoe God Jerigo se dik, sterk, klipmure laat inmekaar tuimel het. Hy red net 'n prostituut en haar familie uit die stad; omdat sy 'n goeie daad aan twee Israeliete bewys het. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 2: Die Jordaan se water gaan staan 09.06.2023 8:47
Josua 3 vertel hoe die Israeliete deur die Jordaanrivier getrek het op droë grond! Net soos by die Rietsee 40 jaar vantevore! Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.