Newskoop

Agriskoops (Afrikaans)

News AF ↓ 150 episodes

Agriskoops, aangebied deur Eddie Goldberg, fokus daagliks op die nuutste ontwikkelinge in die landbousektor – van plaas tot mark. Ons bring jou landbounuus en insiggewende onderhoude met produsente, boere, georganiseerde landbou en ander belangrike rolspelers in die landbousektor. Ons fokus op die uitdagings en geleenthede in die sektor met praktiese inligting, tendense en tegnologie wat die toekoms van boerdery vorm, maar gesels ook op grondvlak met die mense wat die hart van boerdery uitmaak. Luister gerus na Agriskoops – vir jou daaglikse oes van landboukennis.

Author

Newskoop

Category

News

Podcast website

rss.iono.fm

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Agriskoops - 20 Maart 2026 20.03.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman. Sy is die verkoopsbestuurder van Baytrac. Sy vertel meer oor Baytrack se persoonlike opsporingstelsels. Sy deel ook wat Baytrac van ander opsporingsmaatskappye onderskei.

Agriskoops - 19 Maart 2026 19.03.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Tharien Hendrikse. Sy is die Bemarking en Kommunikasie spesialis by Pioneer Suid-Afrika. Sy gesels oor die Verhouding tussen boere en Pioneer Suid-Afrika se verkoopspan en die maatskappy se besondere "Long Look Business Philosophy".

Agriskoops - 18 Maart 2026 18.03.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Karla Hüsselmann. Sy is deel van die tegniese- en bemarkingspan by Rovensa Next Sub-Sahara Afrika. Sy vertel ons meer oor die verbrakking van grond. Watter faktore lei tot grondverbrakking en watter produk het Rovensa Next beskikbaar om hiermee te help.

Agriskoops - 17 Maart 2026 17.03.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Tiaan Barkhuizen. Hy is die 2025 TLU Jongboer van die Jaar. Hy het by die onlangse TLU SA Jongboerkonferensie ʼn boodskap vir alle jong boere in die land gedeel. Hy deel hoekom ʼn kompetisie soos hierdie van groot waarde vir jong boere is en wat hulle in die proses alles kan leer. Inskrywings is oop vir TLU SA se 2026 Jongboer van die Jaar-kompetisie en sluit o...

Agriskoops - 16 Maart 2026 16.03.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Lee Bester van die maatskappy DigitFMS. Hy vertel meer oor die belangrikheid van grensbeheer op jou plaas om aanvalle te keer. DigitFMS bied ’n spesifieke intelligente CCTV-oplossing om ongenooide gaste op jou plaas te keer nog voor hulle die grens oorsteek na jou eiendom toe.

Agriskoops - 13 Maart 2026 13.03.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman. Sy is die verkoopsbestuurder van Baytrac. Sy vertel meer oor die maatskappy, hoe hulle opsporingstelsels werk en wie almal daarby kan baat.

Agriskoops - 12 Maart 2026 12.03.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Tharien Hendrikse. Sy is die Bemarking en Kommunikasie spesialis by Pioneer Suid-Afrika. Sy gesels oor Pioneer se nalatenskap en visie vir die toekoms en wat dit vir landbou beteken. Sy vertel hoe hulle as maatskappy ʼn ryke tradisie van 100-jarige waardes relevant vir moderne boere hou.

Agriskoops - 11 Maart 2026 11.03.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Karla Hüsselmann. Sy is deel van die tegniese- en bemarkingspan by Rovensa Next Sub-Sahara Afrika. Sy vertel ons meer oor die verbrakking van grond.

Agriskoops - 10 Maart 2026 10.03.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die takbestuurder by die George-tak van die maatskappy Herholdt's, Willie Kruger. Hy verduidelik hoe ʼn behoorlike sonkragstelsel nie net help met ʼn volhoubare boerdery nie, maar ook ʼn plaas se waarde kan verhoog.

Agriskoops - 9 Maart 2026 09.03.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Charl van der Merwe. Hy is ʼn ʼn landboukundige van die Vrystaatstreek by Pannar Seed. Hy vertel ons meer van hulle produkte en geleenthede waar boere eerstehands kan beleef hoe hierdie produkte werk.

Agriskoops - 6 Maart 2026 06.03.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Flip de Bruyn van die maatskappy Infoled. Flip is ʼn senior verkoopskonsultant by die maatskappy wat veral fokus op landbou en kommersiële gebruik van sonkrag. Hy vertel meer oor die proses om ʼn sonkragstelsels op jou plaas te installeer, waarvoor jy alles moet oplet en hoe Infoled jou deur die proses kan help.

Agriskoops - 5 Maart 2026 05.03.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Juandre Erasmus. Hy is die besigheids-ontwikkelingsbestuuder by die maatskappy Candi Solar. He gesels met ons oor verskillende sonkrag finansierings opsies vir boere. Hoe hulle boere help in terme van seisoenale kontant vloei en hul bestaande stelsels.

Ecoskoops - 5 Maart 2026 05.03.2026

In hierdie episode van Ecoskoops gesels ons verder oor water. Ons gaan voort met ons gesprek met Gerhard Cronje, uitvoerende hoof van Maskam Water, oor hoe hul baanbrekende afvalwaterbehandelingstelsels besoedeling skerp kan verminder en volhoubare alternatiewe wateropsies vir huishoudings, plase en hele gemeenskappe kan bied. Van gedesentraliseerde behandeling tot die weer gebruik van water op di...

Agriskoops - 4 Maart 2026 04.03.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met At van Schalkwyk. Hy is die bemarkingsdirekteur by die maatskappy World Focus Agri. Hy vertel ons meer oor die maatskappy en waarop hulle fokus. Ons vind ook meer uit oor plant energie bestuur.

Agriskoops - 3 Maart 2026 03.03.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Albertus Burger. Hy is betrokke die Suid-Afrikaanse Besproeiingsinstituut (SABI). Hy deel met ons belangrike statistieke en feite oor water en hoekom dit belangrik is dat ons dit bewaar.

Agriskoops - 2 Maart 2026 02.03.2026

Op vandag se Agriskoops hoor ons van Nantes Kelder. Hy is die projek-koördineerder interkulturele samewerking en verhoudings by AfriForum. Die opkomende boerdery van die Bahurutshe Ba Ga Moiloa-stigting in die Mafikeng-distrik het onlangs hul tweede oes van verskeie soorte groente gehad. AfriForum het verlede jaar die stigting bygestaan met belangrike toerusting om die boerdery se produktiwiteit,...

Agriskoops - 27 Februarie 2026 27.02.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Michael Meyer. Hy is die bemarkingsbestuurder by KM Hydraulic Solutions. Hy verduidelik hoe boere begin oorskakel na ʼn hidroulies aangedrewe pomp in die plek van tradisionele toerusting in terme van plaasveiligheid en brandbestryding.

Agriskoops - 26 Februarie 2026 26.02.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Emile van den Berg. Hy is die Nasionale Agronomiebestuurder van Pioneer Seeds in Suid-Afrika. Hy gesels oor innovasie by die maatskappy en hoe dit ʼn toekoms kan verseker vir toekomstige geslagte, in terme van boerdery en voedselsekerheid.

Agriskoops - 25 Februarie 2026 25.02.2026

Op vandag se Agriskoops luister ons na die uitvoerende hoof van TLU SA, Bennie van Zyl. Hy gesels oor die komplekse verhouding tussen die boer en die natuur, en deel hoekom hy soveel respek vir ons land se boere het.

Agriskoops - 24 Februarie 2026 24.02.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Elsje Schreuder. Sy is deel van die tegniese- en bemarkingspan by Rovensa Next Sub-Sahara Afrika. Rovensa Next is ‘n multi-nasionale maatskappy wat  biologiese oplossings bied vir boere wat meer volhoubaar wil boer. Elsje deel belangrike inligting oor een van hulle produkte wat as ʼn belangrike byvoegmiddel vir landbouchemie in die landboubespuitingsproses geb...

Agriskoops - 23 Februarie 2026 23.02.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Karla Zietsman. Sy is die Algemene Bestuurder by die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie, SAPPO. Sy vertel meer oor hoe varkvleis veilig gehou word, van die plaas tot op jou bord.

Agriskoops - 20 Februarie 2026 20.02.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die wetenskapleier by CreditNature, Simon Morgan. Hy is ʼn paneellid by volgende week se Green Economy-beraad en gesels oor die belangrikheid en die proses om sekere gebiede weer vry te stel aan wild om sodoende die wêreld se biosekuriteit te bevorder. Hy gee ook ʼn oorsig van wat by volgende week se beraad verwag kan word.

Agriskoops - 19 Februarie 2026 19.02.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Emile van den Berg. Hy is die Nasionale Agronomiebestuurder van Pioneer Suid-Afrika en gesels oor die Pioneer belofte. Wat is dit en wat beteken dit spesifiek vir boere?

Agriskoops - 18 Februarie 2026 18.02.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met professor Waldo Kruggell, ʼn ekonoom verbonde aan die Noordwes Universiteit. Hy gesels oor lesse wat Suid-Afrika kan leer uit Peru se uitvoere van bloubessies. Wat boere gedoen het aan hulle kant en wat die regering gedoen het in terme van beleid.

Agriskoops - 17 Februarie 2026 17.02.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Elsje Schreuder. Sy is deel van die tegniese- en bemarkingspan by Rovensa Next Sub-Sahara Afrika. Rovensa Next is ‘n multi-nasionale maatskappy wat biologiese oplossings bied vir boere wat meer volhoubaar wil boer. Elsje deel belangrike inligting oor byvoegmiddels vir landbouchemie in die landboubespuitingsproses.

Listen to the Agriskoops (Afrikaans) podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.