RSG
Rand en sent
Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.
Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.rsg.co.za
Gdzie słuchać?
Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótcePodcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów
Odcinki
Rand en sent 4 Junie 2023 04.06.2023 20:06
Jaco Deacon van FEDSAS praat oor die ekonomiese uitdagings om jou kind op skool te hou. Hy bespreek die koste van skoolfooie, handboeke, skryfbehoeftes en uitstappies.
Rand en sent 28 Mei 2023 28.05.2023 20:51
Manie van Schalkwyk verduidelik die proses wat jy moet volg indien daar 'n rekening by 'n kettingwinkel in jou naam oopgemaak word, Hy praat ook oor die gevare wanneer jy 'n skakel op 'n vreemde SM of e-pos opmaak.
Rand en sent 21 Mei 2023 21.05.2023 20:44
Wat is die verantwoordelikheid van verbruikers en die sakesektor ten opsigte van billike en etiese handel?
Rand en sent 14 Mei 2023 14.05.2023 20:59
Ekonoom Hassan Essop praat oor die implikasies daarvan om R19 vir 'n Amerikaanse dollar te betaal. Tegnologiekenner Pieter Gelkdenhuys gee raad aan sakeondernemings oor hoe om CHATGPT te gebruik om meer doeltreffend te wees.
Rand en sent 7 Mei 2023 07.05.2023 21:21
Ekonoom Hugo Pienaar praat oor die faktore wat tot ‘n styging in die brandstofprys gelei het. Hy en Dawie Roodt antwoord ook ‘n luisteraarsvraag oor die nuwe note en munte wat vandeesweek bekendgestel is.
Rand en sent 30 April 2023 30.04.2023 22:54
Ekonoom prof. Raymond Parsons en Christo van der Rheede, bestuurshoof van Agri SA, praat oor die sakevertroueindeks en hoe dit voedselpryse beïnvloed.
Rand en sent 23 April 2023 23.04.2023 23:48
Jody Hendricks praat met ekonoom Richard Downing oor die sakevertroue-indeks en verbruikersprysinflasie.
Rand en sent 16 April 2023 16.04.2023 23:04
Prof. Jurie van Vuuren praat oor die rol en impak wat klein tot medium sakeondernemings kan speel om ekonomiese groei in die land te bevorder.
Rand en sent 9 April 2023 09.04.2023 22:08
Jody Hendricks en sy gas, Yolande Botha, kyk na verskeie metodes hoe jy rente op jou geld en beleggings kan verdien. Daar word ook gekyk na die gevare van beleggings.
Rand en sent 2 April 2023 02.04.2023 22:06
Jody Hendricks en sy gas, Yolande Botha, kyk na die konsep en definisie van finansiële geletterdheid. Daar word ook gekyk na hoe die nuwe uitleenkoers jou sak sal raak.
Rand en sent 26 Maart 2023 26.03.2023 19:30
Arehan Brand gesels met Jan Vermeulen, die redakteur van MyBroadband, oor internet-konnektiwiteit en die koste van data.
Rand en sent 19 Maart 2023 19.03.2023 20:22
Tracy Peters van die Staatsdienspensioenfonds beantwoord luisteraars se vrae oor die fonds, pensioenvoordele, aftrede en ander verwante sake. Hulle bied ook duidelikhied oor belastingsake, aftrede en bedanking, en onopgeëisde voordele.
Rand en sent 12 Maart 2023 12.03.2023 18:22
Fabian Crouch van die Staatspensioenfonds beantwoord luisteraars se vrae oor die fonds, pensioenvoordele, aftrede en ander verwante sake.
Rand en sent 5 Maart 2023 05.03.2023 18:27
Fabian Crouch van die Staatspensioenfonds beantwoord lede en pensionarisse se vrae oor die fonds, voordele en aftrede.
Rand en sent 26 Februarie 2023 26.02.2023 24:24
Omelia Hartzenberg van die Staatsdienspensioenfonds beantwoord lede en pensionarisse se vrae.
Rand en sent 19 Februarie 2023 19.02.2023 24:21
Omelia Hartzenberg van die Staatsdienspensioenfonds beantwoord lede en pensionarise se vrae.
Rand en sent 12 Februarie 2023 12.02.2023 24:58
Omelia Hartzenberg van die Staatsdienspensioenfonds beantwoord lede en pensionarise se vrae.
Rand en sent 5 Februarie 2023 05.02.2023 21:14
Omelia Hartzenberg van die Staatsdienspensioenfonds praat oor die probleme en uitdagings wat lede het.
Rand en sent 29 Januarie 2023 29.01.2023 23:31
Athina Jansen praat met Neil van der Walt van Debtsafe oor die belangrikheid daarvan om aandag te skenk aan ons finansiële situasie. Sy gesels ook met twee entrepreneurs in die skoonheidsbedryf oor hoe beurtkrag en ander uitdagings hulle werk affekteer.
Rand en sent 22 Januarie 2023 22.01.2023 21:07
Tracy Peters van die Staatsdienspensioenfonds praat oor die opdatering van persoonlike inligting en die nominasievorm.
Rand en sent 15 Januarie 2023 15.01.2023 20:20
Tracy Peters van die Staatsdiens-pensioenfonds verduidelik hoe die fonds sy lede teen bedrog, swendelary en kansvatters beskerm.
Rand en sent 8 Januarie 2023 08.01.2023 22:39
Arehan Brand gesels met Johann Rossouw, ‘n geregistreerde finansiële beplanner, oor hoe om meer geld as dae in Januarie te hê. Hulle bespreek hoe om met begrotings te werk, finansiële doelwitte te stel, en om jou geldsake verantwoordelik te bestuur met die hulp van ‘n finansiële beplanner. ‘n Paar luisteraars deel ook hulle 2023 finansiële doelwitte.
Rand en sent 1 Januarie 2023 01.01.2023 29:45
Dawie Roodt, ekonoom by die Efficient Groep, praat oor die ekonomiese gebeure van 2022 en die vooruitsigte vir 2023. Hy maak sin van die stygende rentekoerse, skerp inflasie, politieke gebeure, asook die voortslepende kragkrisis. Hy deel ook ‘n paar wenke om verbruikers finansieel te help.
Rand en sent 18 Desember 2022 18.12.2022 26:33
Arehan Brand praat met Pierre Cloete, ‘n korttermyn-versekeringspesialis, oor motor-, reis- en huisinhoudverserkering, asook die belangrikheid van hierdie soorte dekking in die feesseisoen.
Rand en sent 11 Desember 2022 11.12.2022 20:19
Arehan Brand praat met Tracy Peters van die Staatsdioens-pensioenfonds oor die ontstaan en doel van die fonds. Hulle bespreek ook verskeie voordele van die fonds, en die bydraes wat werknemers en die werkgewer maak.
Podobne podcasty
Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS