RSG

Monitor

News AF ↓ Odcinki: 4411

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategoria

News

Strona podcastu

www.rsg.co.za

Ostatni odcinek

30 paź 2026

Gdzie słuchać?

Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótce

Podcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów

Pobierz z Google Play Zainstaluj za darmo Android prawie 10 mln pobrań · ocena 4,8 iOS niedługo

Odcinki

Monitor 19 Januarie 2022 - Deel 1 19.01.2022

Nooddienste in Noordwes is op 'n hoë gereedsheidsgrondslag, nadat nóg water uit die oorvol Vaaldam gelaat is. Privaatskole behaal 'n slaagsyfer van meer as 98%. Ons praat met 'n paar slimkoppe.

Monitor 18 Januarie 2022 - Deel 2 18.01.2022

Die energiereguleerder, Nersa, begin met provinsiale verhore om te bepaal hoeveel meer jy vir elektrisiteit sal moet betaal. Die polisiebegroting gaan volgens berigte oor die volgende drie jaar met R26-miljard gesny word. Ons praat oor klassieke motors met prof. Jannie Rossouw.

Monitor 18 Januarie 2022 - Deel 1 18.01.2022

Inwoners van Bloemhof en Christiana in die Noordwes word gevra om hulle huise te ontruim weens die Vaarlrivier se stygende watervlak. Herstelwerk aan spoorinfrastruktuur in die Wes-Kaap vorder stadig weens begrotingsbeperkings. Noordwes se onderwysdepartement identifiseer minstens 50 onwettige skole in die Rustenburg-gebied. Die Hooggeregshof in Pretoria hoor vandag AfriForum se aansoek aan oor di...

Monitor 17 Januarie 2022 - Deel 2 17.01.2022

Die stof wil nie gaan lê oor die uitlatings van Lindiwe Sisulu nie. Ons praat met 'n politieke ontleder. Pieter van den Berg bespreek die naweek se sport.

Kan 'n mens met koolstof boer? Dié boer sê "ja" 17.01.2022

Die Wêreld Ekonomiese Forum se risiko-verslag, wat op die 11e Januarie vanjaar vrygestel is, toon dat klimaatsverandering en die gevolglike ekologiese agteruitgang van natuurlike habitatte, 'n reusebedreiging vir die Afrika-ekonomie inhou . 'n Beroep is gedoen om die mensgemaakte skade wat aangerig is weens droogte, oorstromings, erosie en die oorbewyding van grond, teen te werk. 'n Grondeie...

Monitor 17 Januarie 2022 - Deel 1 17.01.2022

Fluitjieblasers vra dat die Zondo-kommissie se aanbevelings oor getuiebeskerming geïmplementeer word. Begunstiges van die Vrede-suiwelplaasprojek ontvang uiteindelik hullr deel van die projek.

Monitor 14 Januarie 2022 - Deel 2 14.01.2022

Ons praat met 'n kenner oor die skerp toename in ontvoerings in die land. Famililede van die slagoffers van 'n gru-ongeluk in Limpopo moet DNS-monsters verskaf om hulle geliefdes uit te ken. 'n Omgewingsbewaarder waarsku teen sogenaamde uilvriendelike rottegif. Burgerregte organisasies reageer op die Minister van Toerisme, Lindiwe Sisulu, se opiniestuk waarin sy die regbank en die grondwet aanval.

Monitor 14 Januarie 2022 - Deel 1 14.01.2022

Die Wes-Kaapse Premier, Alan Winde, sê die nasionale ramptoestand het 'n negatiewe impak op leerders. Drie Suid-Afrikaans-vervaardigde satelliete sorg vir 'n geskiedkundige oomblik toe dit gister in die VSA gelanseer is. Raad aan angstige matrieks wat wag vir hulle 2021 eindeksamenuitslae.

Monitor 13 Januarie 2022 - Deel 2 13.01.2022

Opwinding én haakplekke op die eerste dag van die nuwe skooljaar vir binnelandse leerlinge. Indië dreig om beheer van die kriekettoets op Nuweland te neem.

Monitor 13 Januarie 2022 - Deel 1 13.01.2022

Hewige kritiek teen minister Lindiwe Sisulu, ná haar aanval op die regbank. Die DA sê die ANC se kader-ontplooiing lei tot staatskaping.

Monitor 12 Januarie 2022 - Deel 2 12.01.2022

Daar is reeds sowat 30,000 name op die nasionale register van seksoortreders. Rwandese soldate sal in Mosambiek aanbly waar die stryd teen ekstremiste voortduur.

Monitor 12 Januarie 2022 - Deel 1 12.01.2022

Skole in die binneland bgein vandag, met die voortsetting van baie van verlede jaar se Covid-19-maatreëls. Wetenskaplikes meen die oorplanting van 'n geneties gemodifiseerde varkhart in 'n mens, bring hoop vir mense met hartkwale. Die afgelope sewe jaar was die warmste in die geskiedenis van die planeet. Eskom en die energiereguleerder, NERSA, twis oor ‘n verhoging in elektrisiteitstariewe - sal d...

Monitor 11 Januarie 2022 - Deel 2 11.01.2022

Die ANC sê 'n gebrek aan befondsing van die privaatsektor is die rede vir sy huidige geldelike verknorsing. Ons praat met 'n kenner oor gesonde spaargewoontes. Sommige kenners sê Suid-Afrika moet sy verbintenis tot die militêre stryd in die noorde van Mosambiek heroorweeg.

Monitor 11 Januarie 2022 - Deel 1 11.01.2022

Die onderwysvakbond, NAPTOSA, wil hê skole moet terugkeer na voltydse onderrig. Ons hoor by 'n onderwyskenner of skole gereed is hiervoor. Ons kry die jongste inligting oor die brande in Kleinmond in die Wes-Kaap. Die IVP in KwaZulu-Natal wil verskeie amptenare van die Mtubatuba-munisipaliteit deur 'n mosie van wantroue verwyder. Die Padverkeer-oortredingsagentskap sê hy is op dreef om die nasiona...

Monitor 10 Januarie 2022 - Deel 2 10.01.2022

Die ANC gaan 'n vernuwingskommissie stig om die party te laat herleef. Dit is een van die dinge wat ANC-president Cyril Ramaphosa Saterdag tydens sy Januarie 8-toespraak gesê het. Ons fliekresensent Leon van Nierop bring hulde aan die bekroonde akteur Sidney Poitier. Ons kyk na Suid-Afrika se militêre rol in Mosambiek. Sommige ontleders sê die land moet meer soldate en toerusting stuur.

Monitor 10 Januarie 2022 - Deel 1 10.01.2022

Politieke partye looi die regering oor die brand in die parlement. Talle inwoners van Wepener in die Suid-Vrystaat het steeds nie water nie. Hoewel pogings gesneuwel het om die grondwet te verander om onteiening sonder vergoeding toe te laat, sal wetgewing met 'n soortgelyke strekking vanjaar oorweeg word.

Monitor 7 Januarie 2022 07.01.2022

Die Good-party in Kaapstad beskryf die metro se hervestigde spesiale misdaadondersoekeenheid as 'n koverte spioenasie-eenheid. Daar word verwag dat president Cyril Ramaphosa harde woorde oor staatskaping in die ANC se Januarie 8-verklaring sal hê. Die waghondorganisasie, OUTA, sê die vyfjaarlikse hernuwing van rybewyse moet geskrap word.

Monitor 6 Januarie 2022 06.01.2022

Die DA beskuldig die ANC van inmenging by die aanstelling van regters. Stygende insetkoste, die massa-invoer van melk en die onlangse sluiting van Clover se Lichtenburg-tak het meegebring dat baie melkboere in Noordwes hulle besighede moes sluit. Die Suid-Afrikaanse Bloedoortappingsdiens het minder as drie dae se bloedvoorraad vir pasiënte in nood. ‘n Rekenaargogga, soortgelyk aan Y2K wat die wêre...

Monitor 5 Januarie 2022 05.01.2022

Dit kan tot soveel as 'n mijard rand kos om die parlementsgebou te herstel - ons praat met ‘n argitek van die gebou. Die eerste deel van die Zondo-verslag oor staatskaping word aan president Cyril Ramaphosa oorhandig. Die verslag sê Transnet se borgskap van die destydse TNA-sakeontbytprogramme was onregmatig en 'n geldelike verkwisting. Die Y2K-rekenaargogga wat die wêreld 22 jaar gelede op hol ge...

Monitor 4 Januarie 2022 04.01.2022

'n 49-jarige verdagte verskyn vandag in die hof in verband met die brand by die parlement in Kaapstad. Oorvol damme in die Vaalrivier bied geleenthede vir toerisme en ontspanning. Ons praat oor die Augrabies-waterval in die Noord-Kaap wat skouspelagtig vertoon weens die baie water wat in die Oranjerivier afkom. Verkeer op die land se paaie neem toe soos mense van die kus af terugkeer huistoe. Bran...

Monitor 3 Januarie 2022 03.01.2022

'n 49-jarige man verskyn môre in die hof in verband met die brand by die Parlementsgebou. Die Elsiesrivier-gemeenskapspolisiëringsforum begin 'n veldtog om paaie in dié woonbuurt veiliger te maak. Tweede Nuwejaar word op 'n spesiale manier gevier.

Monitor 31 Desember 2021 31.12.2021

Vriende bring hulde aan emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu. Die eerste FM radio-uitsendings hjet vandag 60 jaar gelede plaasgevind. Die kabinet kondig aan dat die aandklokreël opgehef word. In sy weeklikse fliekrubriek praat Leon van Nierop oor vanjaar se 20 beste rolprente. Dr. Willem Botha praat oor Oujaarsdag.

Monitor 30 Desember 2021 30.12.2021

Die plaaslike regeringsvereniging, Salga, wil hê alle verbruikers moet hulle krag slegs van munisipaliteite koop. Ons gee 'n oorsig oor die 2021-skooljaar. Die polisiehond Snoekie laat dwelmhandelaars aan die pen ry. 'n Moontlike brandstofprysverlaging in die vooruitsig. Klimaatsaktiviste is bekommerd oor 'n afname van sowat 60% in seeskulpe, wat in Mauritius aangeteken is.

Monitor 29 Desember 2021 29.12.2021

Shell moet sy seismiese opname aan die Wildekus staak. Wydverspreide reën en donderstorms word vir die res van die week voorspel. Ons kyk na die hoogte- en laagtepunte van die afgelope ekonomiese jaar. Suid-Afrikaners wat 'n tweede dosis van die Pfizer-entstof teen Covid-19 ses maande gelede of langer terug ontvang het, kan nou 'n versterkingsdosis kry. Die Kaapstad Metro sê talle strate om die st...

Monitor 28 Desember 2021 28.12.2021

President Cyril Ramaphosa sê die huldeblyke wat vanoor die wêreld heen instroom vir emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu is 'n bewys van die enorme aansien wat hy geniet het. Ons fokus op sy werk teen TB en MIV/Vigs. Die James Webb-teleskoop bereik die eerste mylpaal in sy lang reis na ‘n donker, koue bestemming. Die DA vra president Cyril Ramaphosa om die aandklokreël vóór Oujaarsaand te beëindig.

Słuchaj podcastu Monitor w Replaio

Radio i podcasty w jednej aplikacji - za darmo, bez zakładania konta. Zainstaluj już dziś i nie przegap premiery

Pobierz z Google Play

Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS