Kosmos 94.1

Nuus

News AF ↓ 727 episoder

Kry die nuus soos dit breek.

Husk å besøke podkastens nettsted og støtte skaperen: www.kosmos.com.na

Forfatter

Kosmos 94.1

Kategori

News

Podkastens nettsted

www.kosmos.com.na

Siste episode

17. okt 2026

Hvor kan du lytte?

Podkaster i appen Replaio Radio Kommer snart

Podkaster kommer snart til appen. Installer nå, og bli den første som ser en helt ny tilnærming til podkaster

Last ned på Google Play Installer gratis Android nesten 10 mill. nedlastinger · 4,8 i vurdering iOS snart

Episoder

DA vra debat oor GBV-polisieringsmislukkings 28.09.2026

Die DA het 'n debat in die Parlement vir Dinsdag verkry oor die vootslepende geweldsmisdaadkrisis in Ekurhuleni. Dit volg op die ontdekking van 'n vrou se liggaam Saterdag in Tembisa-Suid, wat die totaal van vroue wat die afgelope twee maande in die gebied vermoor is, op tien te staan bring. Khathuthselo Rasilingwane van die DA sê die party sal ook daarop aandring dat senior polisieleiers en die E...

CoW: Kry swaarvoertuig-toegangspermitte voor 1 Oktober sperdatum 28.09.2026

Die Stad Windhoek doen 'n beroep op swaarvoertuigoperateurs om hul toegangspermitte te bekom voordat streng kameramonitering en -afdwinging op Donderdag 1 Oktober begin. Stadswoordvoerder Lydia Amutenya het beklemtoon dat aansoekvorms en kaarte van beperkte gebiede op die munisipale webwerf beskikbaar is, en waarsku bestuurders dat die tyd min raak om te voldoen voordat boetes uitgereik word aan o...

27 dood in twee skietvoorvalle by sjebiens in SA 27.09.2026

Die polisie in Gauteng is op soek na agt onbekende gewapende mans ná 'n dodelike skietvoorval Saterdagaand by 'n sjebien in Wedela-Uitbreiding 3, in die Wes-Rand-distriksmunisipaliteit. Altesaam 17 mense is doodgeskiet en 15 gewond. Kliënte het binne en buite die sjebien gekuier toe die verdagtes opgedaag en op die mense buite losgebrand het. Hulle het daarna die sjebien binnegegaan en voortgegaan...

Ietermagô-ghoeroe wen internasionale toekenning 27.09.2026

Die stigter van die Pangolin Conservation and Research Foundation, Kelsey Prediger, het die Rising Conservation Leader-toekenning by Brookfield Zoo Chicago se 23ste jaarlikse leierskapstoekennings gewen. Die toekenning vereer haar werk om Namibiese ietermagôs saam met plaaslike gemeenskappe en internasionale vennote te beskerm. Prediger is aan die woord:

Misa maan teen lukrake plasings oor vermiste persone 27.09.2026

Die organisasie, Missing in Southern Africa, waarsku teen die toenemende plasing van ongetoetste inligting oor vermiste persone op sosiale media en boodskap-platforms. Die organisasie sê wanneer inligting geplaas word sonder om dit met familie en die polisie te koördineer, kan dit verwarring veroorsaak, ondersoeke vertraag en druk op families en die polisiebeamptes plaas. Misa-woordvoerder, Priya...

Sokker: Banyana het Olimpiese Spele in visier 27.09.2026

Die afrigter van Banyana Banyana, Desiree Ellis, sê kwalifisering vir die Olimpiese Spele van 2028 in Los Angeles is 'n prioriteit nadat Suid-Afrika die 2027-Fifa-Wêreldbeker vir vroue en die 2026-Afrikabeker vir vroue misgeloop het. Ellis het haar span aangekondig vir die wedstryde teen Madagaskar wat op 9 en 13 Oktober in Bloemfontein plaasvind. Sy sê Banyana sal na die derde ronde deurdring as...

Groot verkeersknope by Komatipoort 27.09.2026

Die Grensbestuursowerheid en Suid-Afrikaanse Inkomstediens sê meer as 1 800 vragmotors is in ʼn enkele dag by die Lebombo-grenspos in Komatipoort, Mpumalanga, verwerk. Dit word toegeskryf aan ʼn voortslepende opeenhoping. Die owerheid se woordvoerder, Mmemme Mogotsi, sê hulle werk saam met Mosambiekse owerhede en ander rolspelers om die deurgang van verkeer te verbeter terwyl grens- en doeanebeheer...

NLU verlig oor beperkte voorkoms van BKS 27.09.2026

Die Namibië Landbou-unie sê hulle is bly dat 'n rits roetine-ondersoeke na bek-en-klouseer landwyd van Dinsdag tot Vrydag bevestig het dat die uitbreking tot 'n besmette area in die //Kharas-streek beperk is. Altesaam 199 beeste is getoets, waarvan net 17 positief was. NLU-president Thinus Pretorius het meer:

Karasburg bly spilpunt van bek-en-klouseer 27.09.2026

Die uitbreking is steeds tot die //Kharas-streek beperk en streng moniteringsmaatreëls bly van krag, het Mubita verseker:

Karasburg bly spilpunt van bek-en-klouseer 27.09.2026

Vier beeste op die plaas in die Karasburg-distrik waar daar Woensdag 'n bek-en-klou-uitbreking bevestig is, is na Otjozondjupa vervoer, het die minister in die presidensie en die adjunk landbouminister, Charles Mubita, Saterdag tydens 'n mediakonferensie by Staatshuis gesê. Naspeurbaarheid het onmiddellik begin, het hy gesê:

Die nuus om 13:00 26.09.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Beperkte polisiehulpbronne kan stropers laat kanse vat 26.09.2026

Rickus Spangenberg, stigter van die K9-eenheid teen stropery, sê nasionale padblokkades vir bek-en-klouseer sal help om vleissmokkelary te bekamp, maar waarsku dat beperkte polisiehulpbronne grondpaaie kwesbaar laat vir stropery. Spangenberg doen 'n beroep op wetstoepassers om saam te werk met private teenstropery-eenhede en plaaslike plaasveiligheidsnetwerke om sekondêre roetes doeltreffend af te...

Waarnemende polisieminister besoek Ekurhuleni, spilpunt van moorde 26.09.2026

Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, het ʼn oorsigbesoek aan Ekurhuleni gebring om die polisie se gereedheid en vermoë op stasievlak te bepaal. Hy het die polisiekantore in Kemptonpark en Tembisa besoek en gefokus op geslagsgeweld, vrouemoord en ondersteuning aan slagoffers. Die ministerie se woordvoerder, Kamogelo Mogotsi, sê Cachalia het ná die onlangse ontdekking van tien liggam...

BoN hou dinkskrum oor petroleumproduksie 26.09.2026

Die Bank van Namibië het sy 2026 Jaarlikse Simposium aangebied wat gefokus was op die voorbereiding van die nasionale ekonomie vir die komende petroleumproduksiefase. Met die fokus op plaaslike vaardigheidsbou, regulatoriese raamwerke en plaaslike deelname, het leiers beklemtoon dat voorbereidings voor olie-ontdekkings van kritieke belang is om te verseker dat petroleumontdekkings tasbare ekonomie...

Als in orde Krugerwildtuin ná brand 26.09.2026

SANParke sê geriewe by die Krugerwildtuin in Limpopo is steeds werking ná 'n brand by die Letaba-ruskamp. Die brand het Vrydag twee toeriste-eenhede geraak, maar personeel en veldwagters het daarin geslaag om dit te beheer voordat dit kon versprei. JP Louw van SANParke sê die wildtuinwinkel, vulstasie, olifantmuseum en kampontvangs bly soos gewoonlik oop:

Saftu vra Ramaphosa om Masemola-skorsing op te hef 26.09.2026

Die vakverbond Saftu vra president Cyril Ramaphosa om die voorkomende skorsing van die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, op te hef. Die aanklagte teen Masemola oor die SAPD-tender aan Medicare24 is Dinsdag in die Pretoriase landdroshof teruggetrek nadat die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging bevind het daar is geen redelike vooruitsig vir ʼn suksesvolle vervolging nie. Saftu-w...

Nóg duurder brandstof in die pyplyn 26.09.2026

Die land staar stygings in brandstofpryse in die gesig namate 'n swakker plaaslike geldeenheid gekombineer word met verhoogde internasionale oliekoste, sê onafhanklike ekonoom Klaus Schade. Die Brent ru-olieprys het Vrydagaand rondom 104 Amerikaanse dollar per vat verhandel. Die styging was weens onderbrekings in die voorsiening in die Straat van Hormuz en aanvalle op die Rooi See-pyplyne. Schade...

BKS: 'Bly paraat, bly gefokus,' vra NLU 26.09.2026

Die president van die Namibië Landbou-unie, Thinus Pretorius, sê die status quo rakende die bek-en-klouseeruitbreking in die land word steeds gehandhaaf. Pretorius het 'n beroep op mense gedoen om nie hul ore vir ongeverifieerde stories uit te leen nie, maar paraat en gefokus te bly.

Die dag wat was, 25 September 2026 25.09.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Hoër rentekoers slegte nuus vir SA boere 25.09.2026

Standard Bank sê die Reserwebank se besluit om die rentekoers met 25 basispunte te verhoog, kom op ʼn moeilike tyd vir boere wat reeds deurloop onder hoë brandstof-, kunsmis- en ander insetkoste. Die styging is daarop gemik om inflasie onder beheer te hou. Brendan Jacobs van Standard Bank sê voortslepende onsekerheid in die wêreld se oliemarkte en die konflik in die Midde-Ooste dra ook by tot styge...

Stad Windhoek 'skuif straatverkopers weg van besigheid' 25.09.2026

Maatskaplike aktivis Shaun Gariseb beskuldig die Stad Windhoek daarvan dat hulle koloniale era-verordeninge gebruik om straatverkopers te teiken, ten spyte van hul strategiese plan wat ondersteuning vir informele handelaars belowe. Gariseb sê amptenare hou aan om verkopers na plekke weg van voetverkeer te skuif, en bied tydelike in plaas van praktiese oplossings. Hy het 'n beroep op geaffekteerde...

Unam Cares-projek deur VN erken 25.09.2026

Unam se korporatiewe sosiale verantwoordelikheidsvleuel, Unam Cares, het wêreldwye erkenning van die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie ontvang vir sy innoverende "Een Gesondheid"-landbouvoedselprojek. Die internasionale toekenning vereer Unam se inisiatief om organiese afval in voedselproduksiesentrums te omskep, wat menslike, dierlike, plant- en omgewingsgesondheid in landelike gemeenskappe s...

Formaliseer informele nedersettings dringend: Swapo-LP 25.09.2026

Swapo-parlementslid Hilma Iita het 'n mosie in die Nasionale Vergadering ingedien wat die dringende formalisering van informele nedersettings en die uitwissing van onveilige plakkershutte versoek. Iita het die parlement gevra om die apartheid-era Plakkersproklamasie AG 21 van 1985 te herroep en die Wet op Plaaslike Owerhede te wysig. Dit baan die weg vir 'n nasionale program om basiese dienste uit...

Swapo-LP's beskuldig van doelbewuste tydmors in parlement 25.09.2026

Die Grondlose Volksbeweging beskuldig die regerende Swapo en die speaker daarvan dat hulle parlementêre vertragingstaktieke gebruik om opposisie-toesig te blokkeer en kritieke wetgewing soos die Huurbeheer- en Grondwetsontwerpe te vertraag. LPM-woordvoerder Lifalaza Simataa beweer dat Swapo-agterbankers geoefende, triviale vrae aan ministers stel om tyd te vermors en die uitvoerende gesag van aans...

Formule 1: Norris is hartseer McLaren is so ver agter 25.09.2026

Motorsport: Lando Norris van McLaren verwag nie om vandag die voorste wegspringplek in te palm in die Azerbeidjanse Grand Prix nie. Hy en sy spanmaat, Oscar Piastri, het in Donderdag se oefenrondes sowat 1,5-sekondes ná die pasaangeër, George Russell van Mercedes, geëindig. Norris, wat 106 punte agter die voorloper in die Formule Een-bestuurderskampioenskap, Kimi Antonelli van Mercedes is met nege...

Hør på podkasten Nuus i Replaio

Radio og podkaster i én app - gratis og uten registrering. Installer i dag, og ikke gå glipp av lanseringen

Last ned på Google Play

Replaio er ikke podkastutgiver; programnavn, omslag og lyd tilhører opphavspersonene og distribueres via offentlige RSS-feeder.