Kosmos 94.1
Nuus
Kry die nuus soos dit breek.
Husk å besøke podkastens nettsted og støtte skaperen: www.kosmos.com.na
Forfatter
Kosmos 94.1
Kategori
Podkastens nettsted
Siste episode
17. okt 2026
Hvor kan du lytte?
Podkaster i appen Replaio Radio Kommer snartPodkaster kommer snart til appen. Installer nå, og bli den første som ser en helt ny tilnærming til podkaster
Episoder
Energieministerie tob nog oor brandstofpryse 28.09.2026 0:35
Die energieministerie sal na verwagting later vandeesweek die amptelike aanpassings van brandstofpryse vir Oktober bekendmaak. Kosmos 94.1 Nuus het met Abednego Ekandjo, 'n petroleumekonoom by die ministerie gepraat wat sê die komende aanpassings sal wêreldwye en plaaslike ontwikkelings in die energie- en ekonomiese omgewing weerspieël.
GOOD vra oplossings vir geweld ná 16 mense oor naweek sterf 28.09.2026 0:23
Die GOOD-party in Kaapstad vra ware en blywende oplossings vir geweld en sê elke gemeenskap het die reg op ʼn veilige en vreedsame woonbuurt. Sestien mense is die naweek in die stad doodgeskiet - tien in 'n vermaaklikheidsplek in Lwandle. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die huidige benadering om geweld te bekamp werk nie. Hy sê die Wes-Kaap se eie Veiligheidsplan erken dat geweld voor...
SUN steun planne vir Namcol as oop universiteit 28.09.2026 0:38
Die Studentevereniging van Namibië verwelkom planne om Namcol in 'n oop universiteit te omskep ten einde toegang tot tersiêre onderwys uit te brei, maar doen 'n beroep op die owerhede om sy dienste vir die verbetering van skoolpunte te behou. Die voorsitter van die SUN-raad, Bernard Kavau, sê dat Namcol die koste vir die herhaling van vakke bekostigbaar moet hou om leerders wat sukkel teen duur pr...
SA Internasionale Betrekkinge spandeer R830m op ambassades 28.09.2026 0:19
Die DA sê die Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het bekendgemaak dat die geraamde koste vir die opknapping van Suid-Afrika se ambassade-geboue en ander buitelandse bates op 830 miljoen Suid Afrikaanse rand te staan kom. Die party se Ryan Smith sê verslae oor die toestand daarvan, wat oor 'n tydperk van drie jaar saamgestel is, raam die herstel-koste vir Suid-Af...
Landboukundige Wallie Roux reageer op BKS-inperkings 28.09.2026 0:40
Die regering se besluit om beperkings gedeeltelik op te hef ná die uitbreking van bek-en-klouseer word steeds regoor verskeie sektore verwelkom. Die landbouministerie sê die uitbreking bly gelokaliseerd, en vee wat na Otjozondjupa nagespoor is, het negatief getoets. Beperkings op die beweging van diere noord van die veeartsenykordon is nou opgehef, terwyl beheermaatreëls vir die beweging van vee u...
"Lex Libertas Witkruisprojek 'n sukses" 28.09.2026 0:38
Die Lex Libertas Witkruisprojek het sy geleentheid die afgelope naweek by die National Mall in Washington, D.C. afgesluit, waar ongeveer 3 000 wit kruise vertoon is. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Ernst Roets, die uitvoerende direkteur van Lex Libertas gepraat. Hy sê die geleentheid was 'n sukses en lig in oor wat volgende op die program is.
Vrae rondom ooreenkoms tussen verkrygingsraad en medediningskommissie 28.09.2026 0:49
Kry die nuus soos dit breek.
Vrae rondom ooreenkoms tussen verkrygingsraad en medediningskommissie 28.09.2026 0:27
Vrae word gevra oor die werklike impak van 'n nuwe gesamentlike ooreenkoms wat tussen Namibië se verkrygingsraad en die medediningskommissie onderteken is. Die Tender Bulletin berig die inisiatief is daarop gemik om mededingingsbeperkende praktyke in openbare tenders op te spoor en te voorkom, met spesifieke fokus op samespanning, die manipulasie van tenderprosesse en prysvasstelling binne staatsv...
Desert Jewels kwalifiseer vir 2027 Netbalwêreldbeker in Sydney 28.09.2026 0:40
Namibië se nasionale netbalspan, die Desert Jewels, het suksesvol vir die 2027-netbalwêreldbeker in Sydney, Australië, gekwalifiseer. Namibië het tweede in Groep A geëindig ná oorweldigende oorwinnings in die groepfase oor Botswana, Zimbabwe en Tanzanië tydens die 2026-Afrikanetbalbeker. Kosmos 94.1 Nuus het met hoofafrigter Julene Meyer gepraat, wat sê dat hierdie historiese mylpaal die span se t...
Gariseb ontevrede met wyse waarop CoW hul protesaksie hanteer het 28.09.2026 0:38
Gemeenskapsaktiviste in Windhoek is ontevrede met die wyse waarop die stad hul protesaksie vir beter dienste hanteer het. Die aktivis Shaun Gariseb het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat Stad Windhoek se inisiatief vir gratis busvervoer oor die naweek nie daarin geslaag het om die gemeenskappe te bereik wat die meeste deur vervoeruitdagings geraak word nie. Hy sê betogers is nie toegelaat om die busdie...
11:00 Nuus 28.09.2026 3:22
Kry die nuus soos dit breek.
SA polisie ondersoek ontdekking van elfde lyk in Ekurhuleni 28.09.2026 0:20
Die polisie stel ondersoek in nadat die liggaam van 'n elfde vrou gister langs 'n spoorlyn in Struisbult, Springs, in Ekurhuleni gevind is. Die jongste vonds volg te midde van 'n voortgesette ondersoek na 'n reeks liggame wat die afgelope maande regoor Ekurhuleni gevind is. Die Gautengse polisie-kommissaris, Tommy Mthombeni, sê ondersoekers sal die ooreenkomste tussen die moorde ondersoek:
Hulpbron-ontginning in Erongo-streek moet inwoners baat 28.09.2026 0:25
Die Erongo-streeks goewerneur, Natalia |Goagoses, sê minerale-, olie- en gas-, en mariene-hulpbronne beteken nie veel vir ‘n land as sy inwoners nie daarvan baat nie. Sy het tydens ‘n sessie by die Internasionale Forum oor Afrika-Karibiese Leierskap in New York gepraat en gesê die ontgin en uitvoer van die hulpbronne moet direk bydra tot ‘n land se werkskepping, infrastruktuur ontwikkeling, en wat...
Teen-terrorisme-polisie lei ondersoek na voorval naby Fairford Lugmagbasis 28.09.2026 0:12
Die Britse minister van Verdediging, Wes Streeting, sê teen-terrorisme-polisie lei die ondersoek na ʼn ernstige voorval naby die Fairford Lugmagbasis in Gloucestershire. Vyf mans oor die naweek vasgetrek vir beweerde voorbereiding om terreur te pleeg. Die Amerikaanse weermag het dit onlangs gebruik as basis vir verdedigings-aanvalle teen Iran.
Wedela-taverne dodetal styg na 18 28.09.2026 0:17
Die dodetal na die massaskietery by die Wedela-taverne aan die Gautengse Wes-Rand het tot 18 gestyg nadat ʼn slagoffer in die hospitaal dood is. Agt mans met AK-47-gewere en pistole het Saterdagaand toegeslaan en 13 mans en vier vroue is op die toneel dood. Sommige mense is blykbaar deursoek en hul selfone gesteel voor die aanvallers weggejaag het. Polisiewoordvoerder Brenda Muridili sê die motief...
DA vra beter samewerking teen massaskietvoorvalle 28.09.2026 0:18
In die buurland vra die DA onmiddellike samewerking tussen Misdaadintelligensie, gespesialiseerde speurders, die Valke, en forensiese kenners om die netwerke te identifiseer en te ontmantel wat verantwoordelik is vir die land se massaskietvoorvalle, bende-aktiwiteite en afpersing. Dit volg na massaskietvoorvalle die afgelope naweek in Gauteng en die Wes-Kaap waarin 27 mense dood is. Lisa Schickerl...
Noorde-boere verheug oor BKS-inperkings-verslappings 28.09.2026 0:27
Boere in die Noorde van die land sê hulle is verheug met die verslapping van bek-en-klouseer-inperkings wat nou in werking is. Boere noord van die rooilyn kan nou weer hul diere tussen plase in die omgewing beweeg met vleis-verkope wat ook weer toegelaat word. Die vervoer van gesplete-hoef diere en hul vleis van gebiede suid van die rooilyn na gebiede in die noordelike kommunale gebied bly egter s...
Amerika se ambassadeur by die VN sê Iran onderhandel nie “te goeder trou” nie 28.09.2026 0:21
In nuus van oorsee: Amerika se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Mike Waltz, beskuldig Iran dat hy te kwader trou onderhandel. President Donald Trump verwerp Teheran se jongste voorstel om die Straat van Hormoes binne ʼn week te heropen en kern-onderhandelings te hervat in ruil daarvoor dat Amerika sy vloot se versperring van Iranse hawens ophef. Die sewe maande oue konflik het die vervoer van o...
Ramaphosa veroordeel naweek se massaskietvoorvalle 28.09.2026 0:16
Die Suid Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het die naweek se massa-skietvoorvalle in die land veroordeel. Sewentien mense is by 'n taverne in Wedela aan die Wes-Rand doodgeskiet, terwyl tien mense oor die naweek in Lwandle, Kaapstad, doodgeskiet is. Intussen is elf mense verlede week in 'n massa-skietvoorval by 'n huis in die KwaMakhutha-woonbuurt in Durban dood. Tydens 'n toespraak gister in G...
Rugby: Erasmus maak geen verskonings vir die nederlaag teen die Wallabies nie 28.09.2026 0:15
Springbok-afrigter Rassie Erasmus het geweier om verskonings te maak vir hul nederlaag van 42-38 teen die Wallabies gister in Perth. Die Bokke was teen rustyd met 24-17 agter en ná 63 minute met 42-17 agter, voordat 'n laat herlewing hulle binne vier punte van hul teenstanders gebring het. Dit was egter nie genoeg nie, ten spyte daarvan dat Australië in die laaste elf minute vier spelers weens gee...
SA Departement van Landbou waarsku teen hondsdolheid-sterftes 28.09.2026 0:23
Die Suid Afrikaanse departement van landbou vra inwoners om te help met die stryd teen hondsdolheid deur verantwoordelike troeteldier-besit, in-ent-ing en vinnige optrede ná moontlike besmetting. Die land gedenk Wêreldhondsdolheidsdag onder die tema "Sterker Saam". Die woordvoerder Prince Mtsweni sê 15 mense is sedert Januarie aan hondsdolheid dood. Hy sê 115 laboratorium-bevestigde gevalle by die...
Motocross: 6de been van MX-kampionskappe in Swakop 'n sukses 28.09.2026 1:11
Motocross: Swakopmund was die afgelope naweek die gasheer vir die sesde been van die MX-kampionskappe. Nagoeg 50 ryers het in klasse, wat wissel van 50cc to veterane en King of the Dirt, deelgeneem. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was daar en doen verslag:
NamPol vra publiek om dadelik vermiste persone aan te meld 28.09.2026 0:31
Die Namibiese Polisie doen 'n beroep op die publiek om vermiste persone onmiddellik aan te meld en sê daar is geen verpligte wagtydperk om 'n verslag amptelik in te dien nie. Hoofinspekteur Elifas Kuwinga sê dat vinnige aanmelding noodsaaklik is, veral wanneer minderjariges of onbekende persone betrokke is. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
Minister Theofelus vra vir geduld met BKS-inperkings-verslappings 28.09.2026 0:29
Intussen waarsku die minister van inligting- en kommunikasietegnologie, Emma Theofelus, dat hoewel daar geen verdere BKS-infeksies aangemeld is nie, boere en die res van die land nie nou te gerus moet wees nie. Sy het met die nasionale uitsaaier gepraat en sê die siekte kan ook deur die beweging van mense – op hul skoene, klere, en motors – en vee-voer versprei. Theofelus vra klein-skaalse boere,...
NLU verwelkom BKS-inperkings-verslappings 28.09.2026 0:37
Die Namibiese Landbou Unie sê hy verwelkom die gedeeltelike verslapping van die bek-en-klouseer handel- en vervoer inperkings wat verlede week landwyd ingestel is. Die ministerie van landbou sê voorlopige opsporing en inspeksies dui daarop dat die uitbraak steeds tot die //Kharas-streek beperk is, sonder enige bewyse van verspreiding noord van die veeartsenykundige kordonheining. Beeste wat van di...
Lignende podkaster
Replaio er ikke podkastutgiver; programnavn, omslag og lyd tilhører opphavspersonene og distribueres via offentlige RSS-feeder.