Podmedia
Podlitiek
Podlitiek is 'n weeklikse podsending wat nuusgebeure en aktuele kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek in Afrikaans. Podlitiek is beskikbaar op alle goeie potgooi toeps asook Spreaker & YouTube. Met trots aan u gebring deur Podmedia.
Husk å besøke podkastens nettsted og støtte skaperen: www.spreaker.com
Hvor kan du lytte?
Podkaster i appen Replaio Radio Kommer snartPodkaster kommer snart til appen. Installer nå, og bli den første som ser en helt ny tilnærming til podkaster
Episoder
Ep. 295 - Rassediskriminatore gesanksioneer 16.09.2026 36:22
Louis en Arno gesels oor die onlangse aankondig van die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, se bevel dat Suid-Afrikaners wat rassediskriminasie bevorder se Amerikaanse visums geweier gaan word.
Ep. 294 - Rekord brandstofpryse en News24 se belaglike eise 10.09.2026 31:53
Ernst en Louis gesels oor die hemelhoë brandstofpryse (soos almal maar doen) en oor News24 (wat niemand eintlik doen nie, want wie gee nou eintlik om oor News24?). https://www.artikels.afriforum.co.za/brandstofheffingverligting-nou/
Berugte en Beroemde Afrikaleiers: Robert Mugabe van Zimbabwe 04.09.2026 28:54
Podlitiek bespreek die lewe van Robert Mugabe. Die vernietiger van Rhodesië/Zimbabwe, maar die ANC se rolmodel. Watter lesse kan Afrikaners vandag leer uit sy lewe en bewind? [ Berugte en Beroemde Afrikaleiers Reeks: Episode 2 ] Inleiding Agtergrond/grootwordjare van Mugabe Inhegtenisname en retoriek Lancaster ooreenkoms en veranderinge in retoriek Presidensiële termyn Verwydering as president Be...
Berugte Afrikaleiers – Episode 1 – Idi Amin 21.08.2026 34:37
Podlitiek bespreek die lewe en heerskappy van Idi Amin Dada Oumee, 'n Ugandese militêre offisier en diktator wat as die derde president van Uganda gedien het van 1971 tot 1979. 00:00–02:55 Inleiding tot die reeks 02:56–16:18 Oorsig van Idi Amin se lewe 16:19–17:05 Uganda na Idi Amin 17:06–18:30 Ernst se algemene opmerkings: vaderloosheid en die Mamdani-konneksie 18:31–19:59 Die Netanyahu-konneksie...
Ep. 293 - Witmense besit nie al die grond en ons nommerplate is nie gesond 08.07.2026 27:40
Ernst en Louis ontnonsens die 72%-leuen. Waar kom die papegaaifrase dat witmense 72% van al die grond in Suid-Afrika besit, vandaan? En waarom is dit in elk geval ‘n dom idee om grondbesit so simplisties voor te stel? Intussen is dit met nommerplate in Suid-Afrika – soos met verskeie ander dinge – makliker om die onwettige weergawe as die wettige weergawe in die hande te kry. Louis en Ernst gesels...
Ep. 291 - Britse dokkie oor SA en Artikel 235 pla die MK. 29.04.2026 22:13
Callum, die kalm Britse reisiger, het Suid-Afrika besoek en 'n dokumentêr gemaak oor die ont-ontwikkelende land (of is dit dan net 'n wikkelende land?). Een van Podlitiek se aanbieders maak sy verskyning daarin. Intussen is die MK-party gepla deur die moontlikheid van selfbeskikking wat in die Suid-Afrikaanse grondwet vervat is.
Ep. 290 - Nuutste plaasmoordstatistiek en die MRK word gebriek 24.04.2026 25:47
AfriForum se 2025 plaasmoordstatistiek en die MRK verloor 'n GROOT hofsaak. Aanbieders: Ernst van Zyl en Louis Boshoff
Ep. 289 - Malema kry tronsktraf en DA kry nuwe bestuurstaf (oudio) 16.04.2026 28:12
Podlitiek se gedagtes oor Malema se vonnisverrigtinge en die nuwe DA leierskap.
Ep. 288 - Fikile vervolg, heffing halveer en 'n nommerplaat-sindikaat? 01.04.2026 23:24
Ons begin die episode deur vir kameraad Mbalula geluk te wens met sy verjaarsdag. Hulle sê 'n mens moet elke verjaarsdag wat jy vry is, geniet. Dan kom die brandstofheffing aan die beurt. Dis tydelik verminder, maar miskien is die vermindering "tydelik" soos die "tydelike" Covid-toelaag. Laastens gesels ons oor die Mededingingskommissie se bevinding dat die vervaardigers van blanko-nommerplate 'n...
Ep. 287 - Hoe lyk n toekoms onder NGV - AfriForum gee vir jou n idee 18.02.2026 28:14
Louis, Ernst en Wian gesels oor AfriForum se nuwe hofsaak teen die Nasionale Gesondheidsversekeringswet. Hoekom dit nou belangrik is en wat ons kan verwag.
Ep. 286 - Bek-en-klou laat vir Steenhuisen vou 05.02.2026 35:08
Podlitiek het 'n spesiale gas in die ateljee: Wian Spies. Die manne gesels oor die groot nuus van die week (en eintlik al langer as dit). Wian is beter ingegrawe op die wetlike aspekte van BKS inenting en deel sy insigte daaroor.
Ep. 285 - Solly wil potgooie reguleer en verskonings aan AfriForum word al meer. 22.01.2026 27:25
Die (DA) Minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, wil potgooie laat registreer en reguleer (maar Podlitiek sal ons nie laat keer). Intussen het News24 en The Citizen nwe apologieë geplaas vir foutiewe beriggewing oor AfriForum. Ernst en Louis vra of dit alles net per ongeluk is? Die Podlitiek-span bestaan uit: Louis Boshoff Ernst van Zyl Arno Roodt
Ep. 284 - Chinese, Irannese en Russe in die water en Amerika raak al kwater 14.01.2026 27:01
Tannie Angie se vloot oefen saam met die anti-Westerse magte (of voorsien ten minste die water vir hulle om in te oefen). Gerugte dat die Irannese skepe op die laaste nippertjie moes onttrek, blyk toe vals te wees. Intussen besluit die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers om AGOA te verleng, maar dis nog 'n oop vraag of Suid-Afrika steeds ingesluit sal wees. Die Podlitiek-span bestaan uit: Ernst...
Ep. 283 - 2026 se verwagte nonsens om te ontnonsens 08.01.2026 31:24
Podlitiek se manne het die vakansie gaan lees, peins, filosofeer en die wêreld rustig bekyk. Nou gesels hulle oor die temas, narratiewe en gebeure wat moontlik 2026 gaan oorheers. Die Podlitek-span bestaan uit: Louis Boshoff Ernst van Zyl Arno Roodt
Ep. 282 - Die regering G20, maar vat alles 06.11.2025 27:50
In hierdie episode gesels Louis en Ernst oor Trump se opmerkings rakende Suid-Afrika se G20-lidmaatskap en die Departement van Gesondheid se planne om NGV te finansier. Die Podlitiek-span bestaan uit: Louis Boshoff Ernst van Zyl Arno Roodt
Ep. 281 - Cyril wat sy nefie n drukkie gee en Tshwane metro wil vullis-uitspraak appelleer 15.10.2025 26:54
In hierdie episode gesels Arno en Louis oor die president se berugte ontmoeting voor 'n korrupsiepaleis in Sandton en die Tshwane Metro se besluit om die "City cleansing levy"-uitspraak te appelleer. 'n Paar korter nuusbrokkies kom aan die beurt. Die Podlitiek-span bestaan uit: Louis Boshoff Arno Roodt Ernst van Zyl
Ep. 280 - Malema se sanksies, singery en skietery. 08.10.2025 24:23
In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor drie kwessies wat met die EFF se CIC (Convicted in court) Julius Malema te doen het: 1. Die sing van Kill the Boer op die Puk-kampus. Podlitiek verduidelik waarom dit 'n groter probleem is as Kill the Boer gesing word in die leerruimte van Afrikaanse studente as net in 'n stadion by 'n EFF saamtrek. 2. Malema wat skuldig bevind is aan verskeie aanklagte...
Ep. 279 - Stellenbos(s)e munisipaliteit soek nie wittes hier en Malema se volledige dossier 04.09.2025 22:54
Podlitiek se aanbieders vind uit dat hulle "deel van die probleem" is en liefs nie moet aansoek doen vir 'n pos by die Stellenbo(s)se dorpsraad nie. Louis en Ernst bespreek wat 'n mens moet doen as jy leef in 'n wêreld waar sulke praktyke aan die orde van die dag is. Intussen het AfriForum se Privaat Vervolgingseenheid die monumentale taak aangepak om al Malema se sondes te boekstaaf en vir die wê...
Ep. 278 - Malema skuldig aan haatspraak en die nuutste oor die Panyaza-plaat 28.08.2025 33:38
In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor Malema se skuldigbevinding aan haatspraak by Brackenfell (plus ietsie oor die omstredenheid rakende wie betrokke was en wie nie). Louis delf ook 'n bietjie rond in die donker wêreld van nommerplaatverskaffing en veral Lesufi se planne vir nuwe Gautengse nommerplate. Podlitiek word aangebied deur: Louis Boshoff Ernst van Zyl Arno Roodt
Ep. 277 - DIRCO sê plaasmoorde is nie uniek nie en Mashatile sê raswette diskrimineer nie 20.08.2025 22:25
In hierdie episode gesels Louis en Ernst oor die Departement van Internasionale Betrekkinge (DIRCO) se jongste verklaring oor plaasmoordstatistiek en Mashatile se mees onlangse poging om rassediskriminasie af te maak. Podlitiek antwoord nugter, maar vra ook: "Wie glo teen die tyd nog enigsins die ANC se stories?" Die Podlitiek-span bestaan uit: Ernst van Zyl Louis Boshoff Arno Roodt
Ep. 276 - Mbalula se karwagte en Kunene se kakkerlakke 07.08.2025 28:58
In vandag se episode gesels Ernst en Louis oor Fikile Mbalula se rassistiese uitlatings tydens die perskonferensie na afloop van die ANC se NUK-vergadering. Hy het onder meer die eerste Afrikanervlugtelinge na die VSA "karwagte" genoem – wat dit ookal veronderstel is om te beteken. Daarna kom die jongste haatspraak-uitspraak ter sprake. Kenny Kunene is deur die hof verbied om Malema voortaan wee...
Ep. 275 - Pretoria het een heffing minder, maar Suid-Afrika 30% meer 01.08.2025 29:34
In hierdie episode gesels Arno en Louis oor die "city cleansing levy", oftewel stadsreinigingsheffing, van die Tshwane Metro wat onwettig bevind is. (Podlitiek se manne het self 'n aandeel hierin gehad.) Dan bespreek ons ook die 30% invoertarief wat die VSA van 7 Augustus af op Suid-Afrikaanse produkte gaan hef. Die Podlitiek-span bestaan uit: Louis Boshoff Arno Roodt Ernst van Zyl
Ep. 274 - Is mediese fondse rassisties en dalk sien ons gou geteikende sanksies? 24.07.2025 29:38
In hierdie episode gesels Louis en Ernst oor die ondersoekpaneel na rassisme by mediese fondse wie se verslag onlangs bekendgestel is, sowel as die Amerikaanse wetsontwerp oor die hersiening van diplomatieke verhoudinge met Suid-Afrika. Die Podlitiek-span bestaan uit: Ernst van Zyl Louis Boshoff Arno Roodt
Afrikaanse Geneeskunde met Prof Oppel Greeff 08.07.2025 42:38
In die tweede onderhoud van ons 2025 onderhoudreeks gesels Louismet Prof Oppel Greeff. 'n Man met 'n indrukwekkende CV en 'n passie vir medisyneontwikkeling en vir Afrikaans. Hoe is die Afrikaanse geneeskundige vaktaal ontwikkel? Wat is die moontlikheid dat ons weer dokters in Afrikaans sal oplei? Hoekom is dit die moeite werd om in Afrikaans te studeer al is dit soms meer moeite? Podlitiek word...
Ep. 273 - Musk se nuwe party en Ramaphosa wil meer as 90 dae kry 02.07.2025 33:24
In hierdie episode gesels die Podlitiek span oor Trump wat geskerts (of is dit gedreig?) het dat Elon Musk na Suid-Afrika gedeporteer moet word. Musk is op sy beurt vasbeslote om 'n nuwe politieke party in die VSA te stig wat strenger fiskale beheer sal voorstaan. Intussen het die Suid-Afrikaanse regering ekstra tyd versoek om 'n handelsooreenkoms met die VSA te beding voordat heffings inskop. Pod...
Lignende podkaster
Replaio er ikke podkastutgiver; programnavn, omslag og lyd tilhører opphavspersonene og distribueres via offentlige RSS-feeder.