RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: www.rsg.co.za
¿Dónde escuchar?
Podcasts en la app Replaio Radio Muy prontoLos podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts
Episodios
Êrens oorsee 25 Maart 2025 25.03.2025 9:02
Bernelle Verster vertel van die eilandlewe op Portugal se Azores-eilande. Sy bly in Santo António de Nordestinho in die landelike Noordooste op die grootste eiland, São Miguel. Sy vertel onder andere van Portugese woorde wat hulle weg in Afrikaans gevind het.
Voël, die duiweboer van die Karoo 25.03.2025 7:18
In die omgewing van Colesberg hoor ‘n mens die storie van Voël Plaatjies, ‘n skaapwerker op die plaas Esperenza, wat ook ’n passievolle duiweboer is. Mariska Spoormaker het hom gaan opsoek.
Nuwe iris-spesie ontdek 25.03.2025 11:10
Dr. Brian du Preez vertel van ‘n nuwe iris-spesie wat hy op Stellenbosch ontdek het. Hy het dit Moraea anastasia genoem.
Vlieënier se paspoortprobleme 25.03.2025 1:08
‘n Internasionale vlug van die VSA na China moes ná twee ure in die lug omdraai omdat die vlieënier se paspoort nie saam op die vlug was nie!
'n Vis wat klim? 24.03.2025 10:42
Maryke Musson praat oor klimvisse wat in modder leef, en gereeld naby riviermondings voorkom.
Twee vriende en 'n redding in 1984 24.03.2025 6:45
Dr. Herman Burger en sakeman Leendert Hols is al twee dekades lank huisvriende. Hulle het onlangs eers agtergekom dat hulle saam ‘n vlugingenieur gered het tydens ‘n verdedigingsoefening in 1984 op die SAS Tafelberg.
Elke sent tel - Deel 9 24.03.2025 3:48
Elke Brink van PSG Wealth R21 op Stellenbosch praat oor wat moet jy in plek moet kry wanneer jy jou werkgewer verlaat.
Geen paspoort vir Pudsey Bear 24.03.2025 1:12
Eileen De Bont het vir fondsinsameling haar naam amptelik verander na Pudsey Bear. Dis die naam van die gelukbringer van die liefdadigheidsorganisasie vir wie die geld gegaan het. Eers kon sy nie ‘n paspoort kry nie, want haar naam is as ligsinnig beskou. Sestien jaar later is dit voorlopig nee, siende dat die naam kopieregwette mag oortree.
Reagan se musiek 21.03.2025 6:42
Reagan Diedericks se ma het namens hom musiek gekies. Vandag is hy innig daarbaar daarvoor, hoewel hy aanvanklik nie te gretig was om musieklesse te neem nie. Hy leer nou die jeug om musiekinstrumente te bespeel - van blaasinstrumente en klavier tot die marimba.
360 Speseryroete - Deel 76 21.03.2025 6:31
Kos-en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor Marmite.
Eugene se eerbewys aan gevalle soldate 21.03.2025 12:20
Eugene Liebenberg vertel vir Martelize Brink van die eerbewys wat hy aan gevalle soldate bring. Hy soek grafte op, maak dit skoon, plaas blomme daarop en doen ‘n gebed vir die gestorwenes en hulle familie wat agtergebly het.
Dinamiet op die dorpsmark 21.03.2025 1:17
In Potosi in Bolivië kan jy wettig dinamiet op die dorp se mark koop!
Plan(t) teen misdaad 20.03.2025 6:44
Toe Mariska Spoormaker onlangs in Johannesburg was, het sy gehoor van ‘n man wat ‘n groot stuk munisipale grond naby sy huis in Claremont begin skoonmaak het om misdadige elemente uit te hou. Naderhand het dit groentetuine geword, en nou is daar selfs planne vir n natuurreservaatjie. Mariska het soontoe gegaan.
Jonk 20 Maart 2025 20.03.2025 8:33
Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor menopouse, en aanvullings wat daarmee kan help.
Sukkelende swemmers toe al die tyd ganse! 20.03.2025 0:51
In Nieu-Seeland is ganse verwar met swemmers in nood. Ná 45 minute se soek het die polisie, kuswag en ‘n reddingshelikopter halt geroep.
Boomplaas en rugby in die are op De Aar 19.03.2025 11:23
De Waal Venter vertel vir Martelize Brink van Boomplaas by De Aar, en die familie se rugbyverbintenis.
Die berg wat in die see staan 19.03.2025 7:12
Die eerste mense het dit "berg wat in die see staan" genoem. Dié natuurwonder is al besing en berym én gestap. Johan Rademan het met Erns Grundlingh, gesoute voetslaner, oor Tafelberg gepraat.
SA karatekampioen op die spektrum 19.03.2025 12:00
Cecile Strydom vertel vir Martelize Brink van haar 13-jarige seun, Luke, wat op die outismespektrum is. Hy is 'n karatekampioen wat op pad na Japan is om Suid-Afrika te verteenwoordig.
Toe sê die TV hy is dood! 19.03.2025 1:20
‘n 78-jarige oudsokkerspeler het by sy vrou gehoor hy is glo dood. Ter nagedagtenis is daar ‘n minuut stilte gehandhaaf voor sy klub se eerste ligawedstryd wat op TV uitgesaai is.
Êrens oorsee 18 Maart 2025 18.03.2025 10:05
David Swanepoel gesels oor sy ervaring van Ballyconnell in County Cavan in Ierland.
Ontmoet Edward, trollietrekker van Johannesburg 18.03.2025 7:42
Sommige mense bedank en prys hulle, ander mense kla hulle blokkeer die verkeer met hulle reuse herwinningsakke op 'n wielietjiesonderstel. Maar wie is hierdie herwinnaars van Johannesburg wat hulleself trollietrekkers noem? Mariska Spoormaker het in die voorstad, Greenside, een voorgekeer.
Gewapen met 'n slang 18.03.2025 1:12
In Tennessee in die VSA het vier mense twee koningluislange, ook bekend as bolluislange, gebruik om ‘n winkelassitent by ‘n vulstasiewinkel se aandag af te trek om CBD-olie te steel.
Uilredding op Velddrif 17.03.2025 12:38
Jacques Nel vertel vir Martelize Brink van uilredding en -rehabilitasie by die Owl Orphange op Velddrif.
Betsie se kore 17.03.2025 8:58
Musiekonderwyser en koorbegeleier Betsie Ryke het ’n vertoning op Elgin gehad met ’n paar jeugkore uit die streek. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoekom dit vir haar so belangrik is om die gemeenskap daar te dien.
Elke sent tel - Deel 8 17.03.2025 3:19
Elke Brink van PSG Wealth R21 op Stellenbosch praat oor boedelbeplanning en hoekom dit nodig is.
Podcasts similares
Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos