RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoría

Society

Web del podcast

www.rsg.co.za

Último episodio

30 de oct. de 2026

¿Dónde escuchar?

Podcasts en la app Replaio Radio Muy pronto

Los podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts

Descárgala en Google Play Instálala gratis Android casi 10 M de descargas · valoración de 4,8 iOS muy pronto

Episodios

Ierse pubs die wêreld vol 17.03.2025

‘n Ier poog om elke Ierse pub in die wêreld te besoek. Hy was al by 97 in 47 lande.

DJ Hannelie 14.03.2025

Met twee kinders in die hoërskool, en in haar 50ste lewensjaar, het Hannelie van Eeden ‘n DJ-kursus aangepak.

360 Speseryroete - Deel 75 14.03.2025

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor die Slow Food Ark of Taste.

Gom in die oë 14.03.2025

In Colorado in die VSA is voorvalle algemeen waar mense gom in hulle oë gooi. Die gom vir naels en wimpers se verpakking lyk baie soos dié van oogdruppels.

Peter West (69) pak 13e marathon met handfiets 13.03.2025

Peter West gesels oor sy 13 de Outeniqa Chair Challenge, waar hy die 42,2 km met sy handfiets aanpak.

Suster Annie, (nuwe) engel van Missionvale 13.03.2025

Die verhaal van Sister Ethel wat in 1987 uit Ierland na die Baai gekom en die Missionvale Sorgsentrum begin het, is een van volhoubare bystand aan mense in nood. Selfs vier jaar na haar afsterwe gaan die sorgsentrum van krag tot krag, en deesdae praat die mense van Missionvale se opvolg-engel, suster Annie van der Merwe. Mariska Spoormaker het haar by die sentrum gaan opsoek.

Jonk 13 Maart 2025 13.03.2025

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor antioksidante.

Doktersvoorskrif vir 'n museumbesoek 13.03.2025

In Switserland is daar deesdae doktersvoorskrifte om ‘n museum, kunsgalery of ‘n tuin te besoek.

Leatitia se inspirasiestories 12.03.2025

Sy doen haar ding ewe goed op die verhoog, voor en agter die TV-kameras, en agter 'n taxi se stuurwiel! En sy is mede-eienaar van haar familie se taxibesigheid. Leatitia Solomons het 'n nuwe TV-program vervaardig, wat sy ook gaan aanbied, waar sy die inspirasiestories van ander vertel. Haidee Muller-Isaacs het haar op Somerset-Wes raakgeloop.

Êrens oorsee 11 Maart 2025 11.03.2025

Dr. Francois Lategan vertel van die lewe in Brno, en die geskiedenis van die Tsjeggiese Republiek.

Tinarie van Wyk-Loots in drie produksies by KKNK 11.03.2025

Tinarie van Wyk-Loots vertel vir Martelize Brink van haar deelname aan vanjaar se KKNK. Sy is regisseur vir die debuut van Ingrid Winterbach se MOEDSWIL EN MUITERY, asook ’N BEGIN met die akteurspaar Cintaine Schutte en Carel Nel. Sy is ook op die verhoog te sien in Marianne Thamm se SONDE MET DIE SPOKE.

Museumliefde 11.03.2025

Shirley en Nicodemus Olivier gesels oor Nicodemus se ``ligte" obsessie met museums, en hoe hy uiteindelik vir haar ook aangesteek het. Shirley en hulle seun, Nicodemus jnr, is pas deur Nicodemus snr bederf met 'n museumtrippie na Pretoria. Daar het Shirley vir die heel eerste keer die Voortrekkermonument gesien, en 'n draai gegooi by Paul Kruger se huis. Sy was erg emosioneel, en absoluut gefassin...

Botox-verbod by komedieklub 11.03.2025

London se Top Secret komedieklub het ‘n verbod op botox geplaas. Komediante sukkel om die gehoor te lees as die gesigte nie emosie kan wys nie. Nou moet jy bewys jou gesig kan beweeg voordat jy toegang tot die vertonings kry.

Diefstal dryf Hannes na kaasmaak 10.03.2025

Was dit nie dat diefstal tydens die grendelperiode gemaak het dat hy sy onderneming gesluit het nie, sou Hannes Geyer seker nooit by kaasmaak uitgekom het nie. En deesdae praat die mense sommer van Hannes Haloumi, omdat sy haloumi verby lekker is, soos Mariska Spoormaker agtergekom het toe sy gaan proe het.

Elke sent tel - Deel 7 10.03.2025

Elke Brink van PSG Wealth R21 op Stellenbosch praat oor risikodekking. Hoe beskerm jy jouself en jou naastes?

'n Bier vir elke dag wat Trump president is 10.03.2025

‘n Kanadese brouery het ‘n presidensiële pak bier bekendgestel met 1,461 blikkies bier in. Dit is een blikkie per dag vir die res van president Donald Trump se termyn.

WOORDEDIEF help leerders met leesvaardighede 07.03.2025

Margit Meyer-Rödenbeck en Kerscha Titus gesels oor kinderteater, Woordedief, en die rol van kinderteater in opvoeding.

360 Speseryroete - Deel 74 07.03.2025

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor salie.

Gerda se blokraaie en KI 07.03.2025

Gerda Engelbrecht is alombekend vir die blokraaie wat sy opstel vir 'n paar bekende tydskrifte en koerante. Haidee Muller-Isaacs het met haar gepraat oor kunsmatige intelligensie, en of daardeur bedreig voel. Gerda vertel van die dinge waarmee sy haarself besig hou, soos 'n nuwe podsending, selfs al is daar maar bitter min tyd in haar dag.

Bankfout van $81-triljoen 07.03.2025

Citibank het per ongeluk $81-triljoen in ‘n rekening gedeponeer. Die fout is darem opgetel, en soos die bank dit stel: daar was geen impak op die bank of die kliënt nie.

Eksotiese sampioene by skool gekweek 06.03.2025

Stefan Burger vertel hoe hulle oestersampioene kweek by die Jimmie Roos Skool op Dewetsdorp, en die lewenslesse wat die kinders daardeur leer.

Afrikaans 100 amptelik bekendgestel 06.03.2025

Afrikaans 100 se eeufeesbekendstelling het onlangs in die Iziko Museum in die hartjie van Kaapstad plaasgevind. Haidee Muller-Isaacs het gaan hoor wat alles beplan word.

Jonk 6 Maart 2025 06.03.2025

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor detoks, en of jou liggaam regtig hulp nodig het.

Speel met jou groente 06.03.2025

Een van Wene se bekendste orkeste se instrumente is groente! ‘n Wortel word ‘n blokfluit, en ‘n prei ‘n mandolien. Ná 27 jaar en 344 vertonings het hulle amptelik die Guiness Wêreldrekord vir die groente-orkes met die meeste vertonings.

Juffrou aan kinders: “Leer uit my lewe” 05.03.2025

As kind het Agusty Geel 95% brandwonde opgedoen, dit oorleef , gehoor sy sal nooit ‘n man kry nie, en dat sy te dom is om ná matriek verder te studeer. Tog het sy haarself as onderwyseres bekwaam, en 43 jaar lank onderwys gegee. Vir die leerlinge wat wou moed verloor, het sy gedeeltes van haar lewe gedeel om te wys ’n mens kan dinge oorkom. Mariska Spoormaker het met haar gesels.

Escucha el podcast Driesestig en Replaio

Radio y podcasts en una sola app - gratis y sin registro. Instálala hoy y no te pierdas el estreno

Descárgala en Google Play

Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos