RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoría

Society

Web del podcast

www.rsg.co.za

Último episodio

30 de oct. de 2026

¿Dónde escuchar?

Podcasts en la app Replaio Radio Muy pronto

Los podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts

Descárgala en Google Play Instálala gratis Android casi 10 M de descargas · valoración de 4,8 iOS muy pronto

Episodios

Rylan se talent 09.04.2025

Die dertienjarige Rylan Lemmetuis het al verskeie sangkompetisies gewen - plaaslik en internasionaal. In Julie 2024 het hy die top vyf by die Wêreldkampioenskap vir Uitvoerende Kuns in Los Angeles, Amerika, gehaal.

Nordiese stap 09.04.2025

Lohra de Waal vertel vir Martelize Brink van Nordiese stap. en die rol daarvan in rehabilitasie.

TikTok-lughaweuitdaging 09.04.2025

Die TikTok-lughaweuitdaging behels dat jy slegs 15 tot 20 minute voor jou vlug by die lughawe aankom, in plaas van die voorgeskrewe twee of drie ure.

Êrens oorsee 8 April 2025 08.04.2025

Janke Kleynhans vertel van van die lewe in Leuven in België.

Van koeie melk tot boere-orkes 08.04.2025

Melkboer Johan Gerber vertel vir Haidee Muller-Isaacs van sy grootwordplek, Hoekwil net noord van Wildernis. Hy maak tussen die boerdery deur tyd om in 'n boere-orkes te speel.

Vaardigheidsontwikkeling vir gevangenes 08.04.2025

Phindile Zweni vertel vir Martelize Brink van SASAPO se vaardigheidsontwikkelingsprogramme vir gevangenes en oud-oortreders.

Miljoene se loterykaartjie in die slag met liefdadigheid 08.04.2025

‘n Vrou in Amerika het ‘n ou baadjie vir liefdadigheid geskenk. Later het sy besef dat haar loterywenkaartjie vir $2,5-miljoen in daardie baadjie se sak is...

Wat!? ’n Vierhoringskaap? 07.04.2025

Gedink ’n skaap is net n skaap soos ’n dorper, merino of dormer? O nee, daar is ook die vierhoringskaap. ’n Skaap met vier horings, hier, in Suid-Afrika. Mariska Spoormaker het by John Melville, president van die Bloemskou, gepraat waar dié unieke Swanepoelskaap teen einde April te sien sal wees.

Opwip-vervolgverhaal vir Afrikaans 100 07.04.2025

Johan Rademan vertel van SENDING VAN VER, RSG se nuwe Afrikaans 100 spesiale opwipmiddagvervolgverhaal van 23 episodes, waarvan hy die regie behartig het.

Elke sent tel - Deel 11 07.04.2025

Elke Brink van PSG Wealth R21 op Stellenbosch praat oor jou beleggingstrategie in onstuimige markte.

Ouers op 100! 07.04.2025

Twee Galapagos-skilpaaie by die Philadelphia-dieretuin wat elk sowat 100 jaar oud is, het onlangs die eerste keer ouers geword.

Jellievisse in Tafelbaai 31.03.2025

Krish Lewis vertel van die pienk kwal-jellievisse wat tans so volop in Tafelbaai is.

Die waarde van leesterapie 31.03.2025

Haidee Muller-Isaacs gesels met Suzanne Van Zyl oor die waarde van leesterapie vir oud en jonk.

Elke sent tel - Deel 10 31.03.2025

Elke Brink van PSG Wealth R21 op Stellenbosch praat oor wat gebeur wanneer jy die beste dae op die mark misloop. As jy net die tien beste dae in die mark misloop oor ongeveer 25 jaar, is jou portefeulje omtrent 50% van wat dit kon wees!

Borsmelk (geur) roomys? 31.03.2025

‘n Amerikaanse maatskapppy wat babaprodukte vervaardig gaan oor nege maande borsmelkgeur roomys op die rak hê.

360 Speseryroete - Deel 77 28.03.2025

Kos-en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor sjokolade as 'n geurmiddel.

Nuutskepper van die Pienk Karoo 28.03.2025

Mariska Spoormaker het kennis gemaak met ‘n pienk Karoo, toe sy gaan fietsry het op die plaas Nagtegaalsfontein buite Colesberg. In hierdie omgewing is die sonsondergange nie net rooskleurig nie, daar was ook die slag van Pink Hill tydens die Anglo-Boereoorlog. Daar is selfs ook die Pink Hill Karoo kliphuis. Cornel Strydom van Nagtegaalsfontein, skepper van die besonderse kliphuis, vertel.

Paddington se probleme 28.03.2025

‘n Standbeeld van Paddington Bear is gevandaliseer in die tuisdorp van die skepper van die karakter.

Abundant Village bemagtig gemeenskappe 27.03.2025

Haidee Muller-Isaacs gesels met Anelia Louw oor die werk wat Abundant Village doen om gemeenskappe te bemagtig.

Jonk 27 Maart 2025 27.03.2025

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor die rol van elektroliete in die liggaam.

Afrikaanse woorde in Engelse woordeboek 27.03.2025

Die Oxford English Dictionary het ‘n paar Suid-Afrikaanse woorde wat nie ‘n Engelse ekwivalent het nie, opgeneem. Van die woorde is gatvol, zol en tjoekie.

Dolfie se storie van hoop 26.03.2025

Dolfie de Bruin was ’n straatkind, wie se ma hom verkoop het. Hy het in 'n grot geslaap op Mosselbaai, sy grootworddorp, toe wildvreemdes hulle oor hom ontferm het. Vandag is Dolfie die bestuurder by die Hoedjiesbaai Hotel op Saldanabaai, maar hy koester selfs nog groter drome. Hy vertel vir Haidee sy storie van hoop.

Salome se lapprodukte 26.03.2025

Salome Scheepers van Bushveld Crafts ontwerp en maak al haar lapprodukte met die hand. Sy voer dit onder andere na België uit.

Konflik in familieondernemings 26.03.2025

André Diederichs van die Family Business Association of South Africa (FABASA) praat oor die belangrike rol van familieondernemings in die ekonomie, en hoe om konflik binne die ondernemings te beperk.

Koop 'n woonstel, en ry 'n Porsche 26.03.2025

Eienaars van eiendom in ’n luukse woonstelblok in Australië het nie ‘n eie voertuig nodig nie. Hulle kan ‘n voertuig uit ‘n vloot Porsches bespreek.

Escucha el podcast Driesestig en Replaio

Radio y podcasts en una sola app - gratis y sin registro. Instálala hoy y no te pierdas el estreno

Descárgala en Google Play

Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos