RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: www.rsg.co.za
¿Dónde escuchar?
Podcasts en la app Replaio Radio Muy prontoLos podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts
Episodios
Gholfskeidsregter Inus Marais – Deel 2 30.01.2026 8:49
Die prysgeld vir beroepsgholf is deesdae astronomies. Die PGA-toernooi s’n is al meer as $550 miljoen, met ‘n gemiddelde verdienste van $2,3 miljoen per speler. LIV Gholf stoot 2 tot 25 miljoen dollar per toernooi in, en die DP World Tour betaal $125 miljoen plus bonusse uit aan spelers wat kwalifiseer. Een verkeerde beslissing, soos ‘n strafhou, kan dus duur wees. Inus Marais is 'n internasionale...
360 Speseryroete - Deel 115 30.01.2026 9:44
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor die toenemende gewildheid van waatlemoen as geurmiddel, en hoe dit in verskillende streke se kookkuns gebruik word.
Bloudrake en ander blou seediertjies 30.01.2026 5:36
Maryke Musson vertel van die bloudrake, see-engele, bloublasies en seiljag-jellies wat aan die kus uitgespoel het.
KI-wensdenkery 30.01.2026 1:29
‘n Toerismewebblad is in die warmwater. Dit het ‘n blog wat deur kunsmatige intelligensie geskryf word. Dit stel dit voor dat mense ‘n warmwaterbron by ‘n afgeleë dorp besoek, wat glo ‘n gunsteling onder stappers is. Daardie warmwaterbron bestaan egter nie.
Nadia se koesterplekkie vir enkelouers 29.01.2026 8:55
Nadat sy desjare geskei is, het Nadia Boezak stoksielalleen en verlore gevoel as ‘n enkelma van twee jong kinders. Daar moes tog ook ander wees wat soos sy voel, en dis presies hoekom sy haar organisasie, Undercover Heroes, begin het. Dis 'n koesterplekkie vir enkelma's en -pa's. Haidee Muller-Isaacs het met Nadia gesels.
Jonk 29 Januarie 2026 29.01.2026 7:52
Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor preserveermiddels, en die verband met verhoogde siekterisiko.
Somber speelgoedperd word gewild 29.01.2026 1:15
In China word dit die jaar van die perd. ‘n Fout met die vervaardiging van ‘n speelgoedperd het tot ‘n topverkoper gelei. ‘n Perd se glimlag is verkeerd aangewerk, en die somber perdjie resoneer met jong werkers wat soos korporatiewe slawe voel.
Deon Lotz in in RSG se middagvervogverhaal 28.01.2026 7:53
Deon Lotz vertel vir Martelize Brink van sy rol in RSG se middagvervogverhaal, Faksie. Hy praat ook oor die filmbedryf se optog na die parlement.
Theresa se mediawêreld 28.01.2026 9:25
Haidee Muller-Isaacs gesels met Netwerk24 se adjunkredakteur, Theresa Olivier, oor haar lewensverhaal. Sy vertel hoe sy in die mediawêreld beland het, watter stories vir haar belangrik is om te vertel, en die lewenslesse wat haar loopbaan in die joernalistiek haar geleer het. Sy sonder ook 'n paar stories uit wat haar altyd sal bybly.
Wat kan ons leer by… 28 Januarie 2026 28.01.2026 7:09
Dr. Mandie Uys vertel vir Martelize Brink van die sterrekykers van Babilon en China van 5 VC, ‘n NASA-sterrekundige van 2025 NC, en die Betlehlemster.
Lego Crocs 28.01.2026 0:57
Crocs het ’n Lego-weergawe bekendgestel. Dit is ’n Lego-blok(kie) waarop jy met gemak kan trap.
Êrens oorsee 27 Januarie 2026 27.01.2026 11:59
Matty Strydom gesels met Martelize Brink oor haar viermaande lange reis deur Indië.
Die sielkunde van Jan Tuisbly se karretjie 27.01.2026 7:10
Noudat Desember se feestyd met vriende- en familiesamesyn iets van die verlede is, is dit dalk tyd om te kyk na die mense wat nie in die geroesemoes van mense wil beland nie, en verkies om by die huis te bly, al is dit op hulle eie. Mariska Spoormaker het hieroor gepraat met Hanna Kotze, ‘n kliniese maatskaplike werker en traumaberader van die Baai.
TV-span van Japan in Wupperthal 27.01.2026 9:22
Gavin Terblanche, David Bush en Takanori Hoshi vertel van die NHK TV-span van Japan se besoek aan Wupperthal.
Museum van persoonlike mislukkings 27.01.2026 1:28
In Vancouver is daar ‘n museum van persoonlike mislukkings. Goed waar dinge fout gegaan het, is daar te sien, met die storie waar die item inpas.
Panthera Africa grootkat-toevlugsoord 26.01.2026 9:20
Lizaene Cornwall vertel vir Martelize Brink van die Panthera Africa grootkat-toevlugsoord by Stanford, wat onlangs skade gelei het met die brande in die omgewing.
Kariega se legendariese Wongs 26.01.2026 7:28
Al 49 jaar lank weet almal van Kariega wie Winston en Marlene Wong is, want dit is hoe lank die egpaar se Dragon Inn die inwoners met smullekker Chinese wegneemetes bederf. Noudat die Wongs nader aan tagtig as sewentig is, het Marlene al soort van legendariese status bereik. Mariska Spoormaker het gaan inloer.
Jou naam se komvandaan 26 Januarie 2026 26.01.2026 7:54
Dr. Willem Botha praat oor Germaanse naamgewing, en die ideale en beginsels wat ouers in hulle kinders wou vaslê.
'n Dak oor 'n rot se kop 26.01.2026 1:39
In Amerika soek ’n dierereddingsorganisasie blyplek vir 480 rotte. Die troeteldiergetalle het handuitgeruk, en ‘n huis oorgeneem.
Gholfskeidsregter Inus Marais – Deel 1 23.01.2026 8:02
Na raming speel meer as 'n 100 miljoen mense wêreldwyd gholf, of is ten minste daarby betrokke. Op RSG word gholf ook deur ons luisteraars as ‘n voorkeursportsoort aangedui. Inus Marais is ‘n amateurgholfspeler wat homself, deur sy vrou Helene se inspirasie, as internasionale gholfskeidsregter bekwaam het. Johan Rademan het met hom gesels.
360 Speseryroete - Deel 114 23.01.2026 10:36
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor 2026 se geure van die jaar.
Sokkies van Japan 23.01.2026 1:58
Sokkies gekoop by geriefswinkels, eerder as klerewinkels, is deesdae ‘n gesogte aandenking vir toeriste in Japan.
Despatch se stoei-familie 22.01.2026 7:46
Op Despatch, die Oos-Kaapse dorpie buite Gqeberha, het die van Els al sinoniem met stoei geword. Mariska Spoormaker het na die Despatch-stoeiklub gegaan, en drie generasies van die stoeier-Else by ‘n oefensessie ontmoet.
Jonk 22 Januarie 2026 22.01.2026 8:38
Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor preserveermiddels, en hoe dit werk.
Opblaasmatras-seeredding 22.01.2026 0:54
‘n Man is aan die kus by Edinburgh uit die see gered, waar hy aan ‘n opblaasmatras geklou het.
Podcasts similares
Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos