RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: www.rsg.co.za
¿Dónde escuchar?
Podcasts en la app Replaio Radio Muy prontoLos podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts
Episodios
'n Bruid vir die platteland 10.02.2026 1:19
‘n Hooggeplaasde amptenaar in Suid-Korea is uit sy party geskors nadat hy voorgestel om die land bevolkingsgroei-uitdaging op te los deur jong vroue uit Viëtnam en Sri Lanka in te voer, om bruide op die platteland te word.
Albatros-taakmag 09.02.2026 9:55
Dr. Hanneline Smit-Robinson vertel vir Martelize Brink van Suid-Afrika se albatrostaakmag wat al 20 jaar bedrywig is.
Werner Koenze se heimat 09.02.2026 4:54
Werner Koenze vertel vir Haidee Muller-Isaacs van sy liefde vir Amalienstein duskant Zoar in die Karoo. Werner woon al lank in die Kaap, waar hy homself uitleef as passievolle onderwyser by Excelsior Sekondêr in Belhar, maar hy kan net nie daai deel van sy wortels afsweer nie. Dis sy heimat, sê hy...
Jou naam se komvandaan 9 Februarie 2026 09.02.2026 7:01
Dr. Willem Botha praat oor Germaanse name soos Dewald, Leopold, Bernard, Gerhard, Reinhard en Mynhard.
Geldrangskikkings 09.02.2026 1:10
Voor Valentynsdag waarsku Kenia se sentrale bank teen die praktyk van rangskikkings van banknote. Skade aan banknote is strafbaar met drie maande tronkstraf, 2000 Sjieling of beide.
Gholfskeidsregter Inus Marais – Deel 3 06.02.2026 7:53
Inus Marais moet as internasionale gholfskeidsregter met die groot honde saamloop. Dit is maklik om gewone reëls toe te pas op die gholfbaan, maar daar is ook vreemdes. Johan Rademan het Inus gepols oor die vreemdste beslissing wat hy moes besleg.
360 Speseryroete - Deel 116 06.02.2026 9:40
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor marjolein en origanum.
Ongelukkige Feng Shui 06.02.2026 1:18
Feng Shui het gemaak dat ‘n vrou ‘n verkeerspieël in haar straat geskuif het. Die skuiwery het verskeie motorongelukke veroorsaak.
Ouma (86) skryf ‘n hygroman 05.02.2026 6:19
Vroeër jare was Santjie Schutte van Zeerust ‘n skoolhoof en ‘n mens wat gehou het van stories skryf. Toe sluit sy by die Zeerust Skrywersgilde aan, en nou, op 86, het sy haar eerste hygroman gepubliseer. Mariska Spoormaker het by haar gaan kuier.
Jonk 5 Februarie 2026 05.02.2026 6:33
Dr. Zander Oliver praat oor die rol van tandepasta, en wat jy regtig nodig het.
Boelie-gelukbringer 05.02.2026 1:14
Die Harry Potter-karakter, Draco Malfoy, is skielik ‘n gelukbringer in China. Malfoy vertaal in Mandaryn na Ma Er Fu - Perde bring voorspoed. Die komende jaar is die jaar van die perd.
Vier keer met kanker gediagnoseer 04.02.2026 14:06
Janel Osborne vertel dat sy vir ‘n vierde keer met kanker gediagnoseer is. Tydens die vorige behandelings het sy byna al haar sig verloor. Lambert Badenhorst is aan haar sy, en vertel van planne om haar te ondersteun.
Kleimuseum vier 40 jaar met robyne 04.02.2026 6:09
90 SHADES OF RUBY is die tema van die uitstalling in die Durbanville-galery en Kleimuseum by Rust en Vrede. Die Kleimuseum is enig in sy soort in Suid-Afrika, en is 40 jaar gelede ingehuldig deur die legendariese keramiekkunstenaar, Esias Bosch. Die gebou dateer uit 1840, en om 40 jaar met die oog op Valentynsdag te vier met die kleur van robyne is merkwaardig. Johan Rademan het met kurator Donova...
Wat kan ons leer by… 4 Februarie 2026 04.02.2026 8:11
Dr. Mandie Uys vertel vir Martelize Brink van die Babiloniërs se wette, wat steeds in hedendaagse regstelsels se beginsels te vind is.
Engel met 'n eerste minister se gesig 04.02.2026 1:10
Ná die opknapping van ‘n fresko in ‘n kapel, lyk die gesig van ‘n engel nou nes Italië se eerste minister, Giorgia Meloni. Op Instagram sê sy dat sy beslis nie soos ‘n engel is nie.
Êrens oorsee 3 Februarie 2026 03.02.2026 6:50
Liezl Owen vertel vir Martelize Brink van die eilandlewe by Cape Cod, VSA. Vandag is dit -12 grade Celsius daar, maar dit is ‘n gewilde vakansiebestemming in die somer.
Karoo Kaarte vier vyf jaar 03.02.2026 8:14
Haidee Muller-Isaacs vind meer uit van Karoo Kaarte, die KKNK se multidissiplinêre gemeenskapsprogram, wat vanjaar vyf jaar oud word. Dié span het onlangs afgeskop met die beplanning van hulle splinternuwe teaterproduksie, Spoel, wat by die 30ste KKNK debuteer, asook hulle vele ander kreatiewe uitkomste.
Minion-moeilikheid 03.02.2026 1:38
Die Spaanse sierskaatskampioen, Tomas-Llorenc Guarino Sabate, moet sy roetine by die Olimpiese Spele verander. Kopiereg is die rede. Hy gebruik al heel seisoen musiek van die Minions-animasiefilm, maar het nie toestemming om dit by die Winter Olimpiese Spele te gebruik nie.
Veilige hawe vir donkies in die Karoo 02.02.2026 7:46
Bradley Bergh vertel vir Martelize Brink van die Karoo Donkey Sanctuary op De Rust, en die 400 diere wat daar ‘n heenkome vind.
Die Appeltreintjie is stil, maar dié stasie wérk 02.02.2026 7:15
Omdat werkgeleenthede skaars is in die omstreke van die Oos-Kaapse dorpie, Thornhill, het boervrou Joan Puttergill 30 jaar gelede met ‘n volhoubare werkskeppingsprogram in ‘n ou, maar opgeknapte, Appeltreintjie-stasie begin. Mariska Spoormaker het daar gaan inloer.
Jou naam se komvandaan 2 Februarie 2026 02.02.2026 6:02
Dr. Willem Botha vertel onder andere van die name Volker en Merwede. Die Van der Merwes se van kom ook van die Merwederivier in Nederland.
Kiekies by die kerk 02.02.2026 1:41
‘n Prentjiemooi kerk in Italië kry te veel besoekers, veral om selfies daar te neem. ‘n Versperring sal binnekort opgerig word om voertuigtoegang te beperk tot inwoners en toeriste wat in die dorp oornag.
Gholfskeidsregter Inus Marais – Deel 2 30.01.2026 8:49
Die prysgeld vir beroepsgholf is deesdae astronomies. Die PGA-toernooi s’n is al meer as $550 miljoen, met ‘n gemiddelde verdienste van $2,3 miljoen per speler. LIV Gholf stoot 2 tot 25 miljoen dollar per toernooi in, en die DP World Tour betaal $125 miljoen plus bonusse uit aan spelers wat kwalifiseer. Een verkeerde beslissing, soos ‘n strafhou, kan dus duur wees. Inus Marais is 'n internasionale...
360 Speseryroete - Deel 115 30.01.2026 9:44
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor die toenemende gewildheid van waatlemoen as geurmiddel, en hoe dit in verskillende streke se kookkuns gebruik word.
Bloudrake en ander blou seediertjies 30.01.2026 5:36
Maryke Musson vertel van die bloudrake, see-engele, bloublasies en seiljag-jellies wat aan die kus uitgespoel het.
Podcasts similares
Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos