Kosmos 94.1
Nuus
Kry die nuus soos dit breek.
Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: www.kosmos.com.na
Forfatter
Kosmos 94.1
Kategori
Podcastens hjemmeside
Seneste episode
18. okt. 2026
Hvor kan du lytte?
Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snartPodcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts
Episoder
GOOD kritiseer Stad Kaapstad wat die voer van voëls wil beheer 10.07.2026 0:19
In Suid-Afrika het die GOOD-party die Stad Kaapstad se voorgestelde toepassing van verordeninge oor die voer van voëls in agterplase as oormatige staatsinmenging veroordeel. Sekretaris-generaal Brett Herron sê dit gaan oor 'n stad wat voortdurend persoonlike aangeleenthede wil beheer en telkens nuwe regverdiging daarvoor vind. Hy voeg by Kapenaars is vroeër meegedeel hulle mag nie 'n Palestynse vl...
Betoging teen Kavango Link-pyplyn 10.07.2026 0:35
Die Kavango People's Forum gaan op 17 Julie teen die voorgestelde 7 miljard Namibiese dollar Kavango Link-waterpyplyn betoog. Die projek sal behels dat water uit die Okavangorivier onttrek word en per pyplyn na Grootfontein herlei word, en van daar na die sentrale gebiede. Die forum se voorsitter, Patrick Kashera, het Donderdag in Rundu gesê burgers het die grondwetlike reg om vreedsaam hul mening...
Die dag wat was, 9 Julie 2026 09.07.2026 6:06
Kry die nuus soos dit breek.
Kamer van Mynbou loods Namibië Mynbou-ekspo en -konferensie 09.07.2026 0:40
Die Kamer van Mynbou het die 13de Namibië Mynbou-ekspo en -konferensie van stapel gestuur, wat van 4 tot 6 Augustus by die Windhoek-skougronde sal plaasvind. Uitvoerende hoof Fabian Shaanika het aangekondig dat vanjaar se tema is “Van dialoog tot lewering: Evaluering van vordering in die skep van mynbou-geleide ekonomiese groei en werkverskaffing”.
Dink langtermyn vir finansiële stabiliteit 09.07.2026 0:20
Terwyl ekonomiese onsekerheid huishoudings en besighede bly toets, doen welvaartkenners ’n beroep op Namibiërs om verder as korttermynwinste te kyk. Veruscka Gertze, welvaartbestuurder by Old Mutual, sê langtermyn finansiële denke, gebou op dissipline, konsekwentheid en noukeurige risikobestuur, bly een van die sterkste grondslae vir blywende finansiële stabiliteit.
NV is nie Swapo-rubberstempel, sê opposisiepartye 09.07.2026 0:38
Opposisiepartye veg teen wat hulle beskryf as pogings om die parlement se werk te bespoedig. Tydens 'n gesamentlike perskonferensie vanoggend het opposisie-LP's gesê dat hulle nie wetgewing óf presidensiële genomineerdes sal goedkeur sonder behoorlike ondersoeke nie. Hulle voer aan dat die parlement voldoende tyd en volledige dokumentasie gegun moet word om sy toesighoudende rol uit te voer. LPM-h...
Hou dadelik op om druipende leerlinge oor te plaas: Onderwysersunie 09.07.2026 0:40
Die Onderwysersunie van Namibië het die regering versoek om die praktyk om leerders na die volgende graad oor te plaas sonder dat hulle aan die vereistes voldoen, onmiddellik te staak. Die unie se visepresident, Tjandero Tjituka, sê dit is een van die grootste bydraers tot die land se hoë druipsyfer. Hy het gepraat tydens 'n sitting met die Nasionale Raad se Staande Komitee oor Onderwys, Wetenskap...
Staande komitee neem klein-, groothandelsektore onder die loep 09.07.2026 0:32
Die Parlementêre Staande Komitee oor Armoedebestryding, Arbeid en Nywerheidsverhoudinge hou vandag 'n konsultatiewe vergadering met belanghebbendes oor die toesigbesoek rakende diensvoorwaardes in die land se klein- en groothandelsektore. Die komitee se voorsitter, Justina Jonas, het meer.
Moodie sê Bokke verwag verbete stryd teen Skotland 09.07.2026 0:12
Rugby: Die Springbok-vleuel Canan Moodie sê hulle verwag Saterdag op Loftus Versfeld in Pretoria ʼn taai stryd teen ʼn gevaarlike Skotse span in die tweede ronde van die Nasieskampioenskap. Suid-Afrika het Engeland verlede naweek in die eerste ronde 45-21 afgeransel, terwyl Skotland Argentinië 47-38 verslaan het. Moodie, wat die 25ste keer vir die Bokke sal uitdraf, sê hulle is gereed vir ʼn verbete...
Publiek kan insette lewer oor CFAO Healthcare-Nampharm samesmelting 09.07.2026 0:36
Meer inligting is bekend oor die Namibiese Mededingingskommissie se uitnodiging aan die publiek wat uitgereik is vir môre. Die kommissie sal 'n belanghebbendes-konferensie rakende die voorgestelde samesmelting tussen CFAO Healthcare en Nampharm hou. Die Franse maatskappy is 'n toonaangewende pan-Afrikaanse farmaseutiese verspreider en logistieke verskaffer. Dina //Gowases, die kommissie se woordvo...
Geskorste Ekurhuleni regsdienste-hoof gearresteer 09.07.2026 0:10
Die geskorste hoof van Ekurhuleni se regsdienste, Kemi Behari, en nog drie mense is in hegtenis geneem deur die Madlanga-kommissie se aanbevelings-taakspan. Behari is voor die kommissie betrek dat hy na bewering die hoof van Ekurhuleni se Metropolisie, Julius Mkhwanazi, teen tugoptrede beskerm het. Nasionale polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die verdagtes is gisteraand aangetree tydens optrede...
Bonnie Tyler sterf op 75 09.07.2026 0:25
Die legendariese Walliese rocksangeres Bonnie Tyler is in Portugal op 75-jarige ouderdom oorlede. In 'n verklaring op haar Facebook-blad sê haar familie dat sy onverwags Woensdagaand in die hospitaal oorlede is. Sy is in intensiewe sorg behandel nadat sy in Mei in 'n geïnduseerde koma geplaas is na 'n nood-dermoperasie tydens haar Jubileumtoer om haar loopbaan te vier. Tyler is bekend vir haar 80'...
Administrateur van studente-hulpskema mors blykbaar geld 09.07.2026 0:21
Die vakbond Nehawu sê hy is bekommerd oor bewerings dat die administrateur van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente geld mors. Volgens berigte het professor Hlengani Mathebula vier tegniese raadgewers teen 10 miljoen Suid-Afrikaanse rand per jaar gehuur en 200 000 rand aan huisvesting en reiskoste bestee. Die woordvoerder van Nehawu, Lwazi Nkolonzi, sê dis glo gedoen sonder die toestemm...
Kavango, Zambezi neem voortou in ietermagô-smokkel 09.07.2026 0:39
Die stropery van ietermagô’s duur onverpoosd voort met onlangse berigte van individue wat in hegtenis geneem is vir die onwettige besit van ietermagôvelle. Kosmos 94.1 Nuus het met Kelsey Prediger, die stigter van die Pangolin Conservation and Research Foundation, gepraat, wat sê dit is kommerwekkend dat die saak nie meer ondersteuning op 'n nasionale vlak kry nie. Sy sê die voorvalle is meer alge...
Kenner sê oor hoë werkloosheid onder landbou-graduandi 09.07.2026 0:38
Reaksie word ontvang oor landbougegradueerdes wat die meeste werkloosheid ervaar, volgens 'n ondersoek deur die Nasionale Raad se Staande Komitee oor Onderwys. Werkloosheid onder landbou-graduandi het ingekom op 47 persent. Kosmos 94.1 Nuus het met landboukenner Wallie Roux gepraat.
NNN sê sakelui moet Chinese vennote soek 09.07.2026 0:39
President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê Namibiese sakeleiers moet die geleentheid in China gebruik om bankbare projekte te soek wat nywerhede, werkgeleenthede en waardetoevoeging van produkte in Namibië skep. Nandi-Ndaitwah het meer as 200 verteenwoordigers van die Namibiese privaatsektor en staatsbeheerde ondernemings by die Namibië-China Sakeforum in Beijing toegespreek.
Cosatu het kommer oor weerhouing van fondse aan plaaslike owerhede 09.07.2026 0:20
Die vakverbond Cosatu vra dringende ingryping om die krisis aan te spreek by die land se munisipaliteite met finansiële probleme. Dit volg nadat die Nasionale Tesourie tydelik 13,5 miljard Suid-Afrikaanse rand se befondsing aan 69 munisipaliteite weerhou het weens nienakoming. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê hulle erken die noodsaaklikheid om finansiële dissipline by hierdie munisipaliteite i...
Trump sê Iran wil praat 09.07.2026 0:38
President Donald Trump het op Air Force One met joernaliste gepraat na Woensdagaand se aanvalle wat sy weermag op Iran uitgevoer het. Hy sê Iran het kontak met die VSA gemaak wil blykbaar 'n ooreenkoms bereik.
Trump is sat vir Iran 09.07.2026 0:19
President Donald Trump van Amerika dreig met nog aanvalle op Iran en waarsku dat noodsaaklike burgerlike infrastruktuur geteiken kan word. Amerika se Sentrale Bevel het bevestig dat die weermag Dinsdagnag meer as 80 teikens getref het. Dit sluit meer as 60 klein bote van die Islamitiese Rewolusionêre Wagkorps in die Straat van Hormuz in. In reaksie het Iran Amerikaanse militêre terreine in Bahrein...
Parlement se werkstempo is maar traag 09.07.2026 0:37
Volgens die Nasionale Vergadering se jongste ordelys is ses wetsontwerpe tans in die tweede leesfase en word gedebatteer. Dit sluit in die grond-wetsontwerp en die petroleum-wysigingswetsontwerp. Na die tweede leesfases gefinaliseer is, sal die wetsontwerpe na die komitee-fase gaan en dan na die derde leesfase, voordat dit na die Nasionale Raad gaan. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige Speaker...
Kommer oor herroepte gewigsverlies medisyne 09.07.2026 0:13
Suid-Afrika se gesondheidsreguleerders waarsku die publiek en gesondheidsorgpersoneel om nie herroepte iDEXIS Semaglutide- en Tirzepatide-medisyne te gebruik, voor te skryf of uit te reik nie. Die reguleerders het gewaarsku aptekers en mediese praktisyns wat voortgaan om die herroepte medisyne in voorraad hou, voor te skryf of uit te reik, kan gedissiplineer word. Rodgers Baloyi van die Suid-Afrik...
Kom maak pot met 'n doel! 09.07.2026 0:40
Die jaarlikse liefdadigheidsgeleentheid en kookkompetisie, “Potjies with Purpose”, is terug en hierdie keer word fondse ingesamel vir die Namibiese o.18-meisiehokkiespan. Die geleentheid, wat in samewerking met die Namibiese Hokkie-unie gehou word, samel fondse in vir hul toer na Zimbabwe in Augustus. By die geleentheid op 25 Julie ding die spanne mee in korporatiewe en sosiale kategorieë by Affie...
Ten spyte van uitdagings is Lüderitz bedrywig 09.07.2026 0:40
Lüderitz ervaar 'n toename in aktiwiteit namate werk vorder aan verskeie groot ontwikkelings, insluitend die land se vlagskip groenwaterstofprojek, Hyphen Hydrogen Energy, die uitbreiding van die Lüderitz-hawe, en Fase 3 van die Lüderitz Waterfront Development Company-projek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met voormalige burgemeester van Lüderitz en nou landsleier vir die globale logistieke maatskap...
SA se plaaslike regering beleef 'n krisis 09.07.2026 0:15
United Africans Transformation sê die Nasionale Tesourie se besluit om befondsing vir 69 munisipaliteite te bevries, ontbloot 'n toenemende plaaslike regeringskrisis wat veroorsaak word deur finansiële wanbestuur, korrupsie en swak regering. Die party voer aan gemeenskappe dra die las van mislukte basiese dienste en groeiende munisipale skuld. Mighty Mabule van die organisasie vra herstelplanne, l...
Bibi sê Turkse regering is radikaal 09.07.2026 0:19
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê hy het president Donald Trump van Amerika gewaarsku om nie F-35 Stealth-vegvliegtuie aan Turkye te verkoop nie. Hy sê dit sal die magsbalans in die Midde-Ooste “vernietig”. Trump het vroeër die week aangedui hy is bereid om ʼn verbod op die vliegtuie se verkope aan Ankara wat hy in sy eerste termyn ingestel het, om te keer. Netanyahu het aan CNN ges...
Lignende podcasts
Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.