RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: www.rsg.co.za
Hvor kan du lytte?
Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snartPodcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts
Episoder
Spektrum: Koalisiegesprekke duur voort in Gauteng 26.11.2026 46:33
26 November 2026: Koalisiegesprekke duur voort in Gauteng se metro's. Dit neem tans tot 20 dae vir skepe om hulle vrag in die Durban-hawe af te laai - ons praat oor die risiko vir die land se ekonomie. Kommer dat duisende werksgeleenthede in die slag sal bly indien die suikerreus, Tongaat Hulett, vou.
Spektrum: Kommer oor aflegging van onderwysers 25.11.2026 48:29
25 November 2026: Ons praat met 'n regskenner oor die tersydestelling van die Phala Phala-paneelverslag. Kommer oor afleggings van onderwysers in verskeie provinsies. Ons bespreek die jongste koalisie-onderhandelings met twee ontleders.
Spektrum: ANC gee koalisie-besluitneming terug aan plaaslike leiers 24.11.2026 51:38
24 November 2026: Die ANC gee sy besluitneming oor koalisies terug aan plaaslike leiers in rade. Productivity SA maak sy jongste produktiwiteitsyfers bekend. Die Regsentrum vir Biodiversiteit soek meer duidelikheid van die regering oor kwotas vir sardynvangste.
Spektrum: Verkiesing van Johannesburg-burgemeester dalk vertraag 23.11.2026 48:49
23 November 2026: Die verkiesing van 'n nuwe burgemeester vir die Johannesburg Metro kan dalk vertraag word. Opeenhopings by Durban se hawe vertraag kleinhandelaars se voorraad vir die feesseisoen. Geen ooreenkoms is by die COP 31-klimaatsberaad bereik nie.
Spektrum: ANC praat met SAKP oor koalisies 20.11.2026 51:14
20 November 2026: Moord neem af in die tweede kwartaal van die 2026/27-boekjaar. Die ANC betrek die SAKP by gesprekke om koalisies in onbesliste munisipale rade te vorm. 'n Vermiste Suid-Afrikaanse valskermsoldaat se oorskot is moontlik ná 48 jaar gevind.
Spektrum: EFF hoop op koalisieooreenkoms met ANC, ActionSA en MK 19.11.2026 51:01
19 November 2026: Die EFF hoop om teen môre 'n koalisieooreenkoms met die ANC, ActionSA en die MK-Party te beklink. 87% van onderwysers en ander personeel se agtergrond is nog nie nagegaan nie. Dokters waarsku dat mense moet ophou rook om hulle risiko vir pankreaskanker te verminder.
Spektrum: Inflasie styg tot bó 5% 18.11.2026 53:41
18 November 2026: Inflasie styg tot bó vyf persent. Die Nasionale Raad vir Geslagsgeweld en Vrouemoord sukkel om sy mandaat uit te voer. Reaksie op Wêreldrugby se besluit om die Bokbreier vir ses wedstryde te skors.
Spektrum: ActionSA/ANC-koalisies in Gauteng? 17.11.2026 52:19
17 November 2026: Koalisieonderhandelings is steeds aan die gang, maar bewerings doen die rondte dat ActionSA saam met die ANC en kleiner partye koalisies in Gauteng se metro’s gaan vorm. Kiesers in Douglas in die Noord-Kaap kry 'n tweede kans by die stembus. Duisende voormalige munisipale raadslede kry tot drie maande se salaris as uitbetaling ná die plaaslike regeringsverkiesing.
Spektrum: Klimaatsverandering, El Niño en die intensiteit van storms 16.11.2026 49:47
16 November 2026: Ons praat met die redakteur van Parys se koerant oor die stormskade op dié dorp. 'n Klimatoloog verduidelik hoe klimaatsverandering en El Niño die intensiteit van storms beïnvloed.
Spektrum: SAOG waarsku oor hernude stryd teen MIV, TB en malaria 13.11.2026 48:50
13 November 2026: Die Onafhanklike Verkiesingskommissie publiseer vandag die name van raadslede wat as verkies verklaar is. Sowat 150 000 aansoeke vir polisierekruut-poste is sedert Oktober deur die polisie se werwingseenheid ontvang. Waak teen politici se mooi praatjies oor kernkrag, waarsku 'n kenner.
Spektrum: Riglyne om bestendige koalisieregerings te bevorder 12.11.2026 46:39
12 November 2026: Die regering reik riglyne uit om meer bestendige koalisieregerings in munisipaliteite te bevorder. Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee vergader om die uitslae van die pas afgelope verkiesing te bespreek. Groot dele van Johannesburg is steeds sonder krag ná twee ontploffings by die Mayfair-substasie.
Spektrum: Minister van Elektrisiteit ondersoek moontlikheid van laer kragpryse 11.11.2026 48:23
11 November 2026: Politieke partye stel hulle voorwaardes namate onderhandelinge oor die vorming van nuwe plaaslike regerings begin. Spanning tussen die taxi-organisasies, CATA en Codeta, in die Wes-Kaap loop steeds hoog ondanks mediasiegesprekke. Die minister van elektrisiteit en energie, dr. Kgosientsho Ramokgopa, sê hy ondersoek die moontlikheid om kragpryse goedkoper te maak.
Spektrum: Matriekeksamen-knoeiery in Wes-Kaap 10.11.2026 51:21
10 November 2026: Matriekeksamen-knoeiery steek kop uit in die Wes-Kaap. Vusimuzi Cat Matlala sit sy getuienis by die Madlanga-kommissie voort. Skietvoorvalle en -sterftes duur voort in Westbury aan Gauteng se Wes-Rand, ondanks polisie-ingryping en die ontplooiing van die Weermag.
Spektrum: ANC in Oos-Kaap sê hulle moet selfondersoek doen 09.11.2026 50:14
9 November 2026: Die ANC in die Oos-Kaap sê dit is tyd dat dié party selfondersoek doen nadat hy sy meerderheidstem in nege munisipaliteite verloor. Intussen is koalisegesprekke regoor die land in volle swang. Munisipale bestuurders het nou 14 dae om nuwe raadsaanstellings te doen. Die Madlangakommissie van Ondersoek se openbare sittings word vandag hervat.
Spektrum: Koalisiepolitiek kry nuwe momentum 06.11.2026 51:12
6 November 2026: Koalisiepolitiek kry nuwe momentum namate die ANC steun verloor. Suid-Afrika se verkiesingsuitslae is onder die vergrootglas van internasionale kredietgraderingsagentskappe. Graan SA se dringende interdikaansoek teen die JSE word vandag aangehoor.
Spektrum: Die rand versterk, en die olieprys daal 05.11.2026 50:01
5 November 2026: Uitslae van die plaaslike regeringsverkiesings stroom van oral in. Ons praat met verslaggewers, die Verkiesingskommissie en politici. Die rand styg, en die olieprys daal.
Spektrum: Kan ons 'n hoër kieseropkoms by die stembus verwag? 04.11.2026 50:36
4 November 2026: Kiesers trek hulle kruisies in die plaaslike regeringsverkiesing. Kan ons 'n hoër kieseropkoms by die stembus verwag? Vroeë aanduidings is dat die Demokrate 'n meerderheid in die Amerikaanse Kongres sal hê.
Spektrum: AGOA - ‘Honderde duisende werksgeleenthede kan verlore gaan’ 03.11.2026 52:53
3 Oktober 2026: Kritici van die regering sê honderde duisende werksgeleenthede kan in die slag bly weens Suid-Afrika se weglating uit AGOA. Ons hoor by die OVK hoe die spesiale stemproses verloop. Sal die SAKP daarin slaag om kiesersteun van die ANC af te rokkel?
Spektrum: Dag 1 van spesiale stemme 02.11.2026 53:34
2 November 2026: Die polisie word geloof vir die vastrek van verdagtes betrokke by die aanval op die boer, Donovan Marx. Spesiale stemme word landwyd uitgebring. Die polisie sê geweld sal nie tydens die verkiesing geduld word nie.
Spektrum: Die OVK se gereedheid vir die plaaslike regeringsverkiesing 30.10.2026 48:56
30 Oktober 2026: Ons praat met die OVK oor hulle gereedheid vir volgende week se plaaslike regeringsverkiesing. March and March, die MK Party en die ATM skop vas teen 'n permanente interdik teen protesoptrede. Parlementslede kritiseer die regering oor die laat kennisgewing van die ontplooiing van meer as 500 soldate na KwaZulu-Natal.
Spektrum: Reaksie op wrede plaasaanval in Noordwes 29.10.2026 42:50
29 Oktober 2026: Reaksie op 'n wrede plaasaanval in Noordwes. Drie Wes-Kaapse onderwysers getug oor hulle gedrag op sosiale media. Benjamin Netanyahu loop effens voor in Israel se verkiesing.
Spektrum: Johannesburg se watervoorsiening deur staking geraak 28.10.2026 48:21
28 Oktober 2026: Watervoorsiening in Johannesburg geraak deur munisipale werkers se staking. Die polisie ontvang meer as 172 000 voltooide aansoeke vir 5 500 rekruutposte. 'n Gemeenskapsparty, Langeberg First, wil aanspreeklikheid in plaaslike regering bevorder.
Spektrum: Benjamin Netanyahu veg om politieke oorlewing 27.10.2026 50:15
27 Oktober 2026: Die aantal mense wat siek geword het weens die besoedelde water in Bronkhorstspruit styg tot 833, waaronder 328 kinders. Nog 15 maatskappye word van die regering se lys van goedgekeurde kontrakteurs verwyder. AgriSA verwelkom die regering se tydelike brandstofverligting van R10 miljard.
Spektrum: Eugene de Kock getuig voor die WVK-ondersoekkommissie 26.10.2026 51:23
26 Oktober 2026: Eugene de Kock, een van baie min mense wat ooit aan apartheidsmisdade skuldig bevind is, getuig voor die WVK-ondersoek. Bronkhorstspruit se water word 'n politieke voetbal in Tshwane op die vooraand van die munisipale verkiesing. Waterprobleme eis sy tol van die ekonomie.
Spektrum: MK-party skop sekretaris-generaal uit 23.10.2026 51:13
23 Oktober 2026: Die MK-party skop sy sekretaris-generaal uit. Die Openbare Beskermer las 'n ondersoek na die Bronkhorstspruit-waterkrisis. Die polisie in Durban verskerp sy sigbaarheid nadat 'n groep mense 'n buitelandse burger doodslaan.
Lignende podcasts
Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.