Kosmos 94.1
Nuus
Kry die nuus soos dit breek.
Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: www.kosmos.com.na
Forfatter
Kosmos 94.1
Kategori
Podcastens hjemmeside
Seneste episode
27. nov. 2026
Hvor kan du lytte?
Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snartPodcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts
Episoder
SA regering bewillig N$60m vir opleiding van nuutverkose raadslede 27.11.2026 0:17
Die adjunkpresident, Paul Mashatile sê pasverkose munisipale raadslede sal opleiding ontvang om hulle te help om hul pligte uit te voer. Mashatile het in antwoord op mondelinge vrae in die Nasionale Raad van Provinsies gesê 60-miljoen-rand is vir die opleiding toegewys. Die opleiding sal fokus op rolle en verantwoordelikhede, insluitend kwessies wat deur die Ouditeur-generaal uitgewys is. Hy sê ra...
UNAM se sperdatum vir uitstaande klasgelde is 30 Nov 27.11.2026 0:33
Unam herinner studente, ouers en borge om alle uitstaande tweede semester-gelde teen Maandag, 30 November te betaal. Woordvoerder Simon Namesho sê eksamenuitslae sal teruggehou word indien rekeninge nie vereffen is nie. Kontantbetalings word ook nie meer aanvaar nie, en studente kan per kaart, elektroniese fondsoorplasing of aanlyn betaal, met hul studentenommer as verwysing.
Ramaphosa vra dat struikelblokke vir klein ondernemings uit die weg geruim word 27.11.2026 0:20
President Cyril Ramaphosa sê toegang tot befondsing en markte, asook regulatoriese struikelblokke, moet 'n sentrale rol speel in die Nasionale Plan vir Mikro-, Klein en Medium Ondernemings. Ramaphosa het op die Presidensiële Toekennings vir Klein Ondernemings en Koöperasies in Sandton gesê klein sakeondernemings kan 'n groot bydrae tot werkskepping en ekonomiese groei lewer, en die regering werk s...
Kalala-boere versoek om BKS-maatreëls na te kom 27.11.2026 0:35
Boere op Kalala-eiland word versoek om steeds streng by bek-en-klouseerbeheermaatreëls te hou, ondanks twee rondes van inenting waarby meer as 53-duisend beeste reeds ingeënt is. Zambezi-staatsveearts vir medisynebeheer en adviesdienste, Paul Sitwala, het met New Era News gepraat en beklemtoon dat boere alle regulasies van die Direktoraat Veterinêre Dienste moet nakom om verdere verspreiding van d...
COP31 eindig sonder omvattende klimaatooreenkoms 27.11.2026 0:23
Die COP31-klimaatberaad in Antalya, Turkye, het Sondag geëindig sonder 'n omvattende klimaatooreenkoms, nadat lande nie konsensus oor fossielbrandstowwe en klimaatfinansiering vir kwesbare lande kon bereik nie. Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, het die uitkoms as teleurstellend beskryf en gewaarsku dat wêreldwye klimaatsoptrede dringend versnel moet word. Professor Guy...
Kieswetter stel nasionale struktuur voor om georganiseerde misdaad te bekamp 27.11.2026 0:19
Die voormalige kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Edward Kieswetter het Suid-Afrika aangespoor om internasionale strategieë te aanvaar om georganiseerde misdaad te bestry. Kieswetter het in 'n 16-bladsy bloudruk aan die Madlanga-kommissie, ondermeer gevra misdaadnetwerke moet geteiken word, en vir die vestiging van 'n nasionale koördineringsstruktuur. Hy het ook groter samewerking...
Wiese verwag titaniese stryd tussen Springbokke en Frankryk 27.11.2026 0:44
Die spanning bou op voor Sondag se groot kragmeting tussen Suid-Afrika en Frankryk in die eindstryd van die Rugbykampioenskap op Twickenham in Londen. Ondersteuners sien uit na 'n titaniese stryd waarin elke punt gaan tel. Oud-Springbok, entrepreneur en televisiepersoonlikheid Kobus Wiese het sy verwagtinge só aan Kosmos 94.1 Nuus opgesom.
Feestyd bring nie vir almal vreugde nie 27.11.2026 0:40
Hierdie tyd van die jaar bring volgens sielkundiges dikwels gevoelens van swaarmoedigheid en depressie mee. Terwyl baie mense die feestyd vier, worstel ander stilweg met hul emosionele welstand. Kliniese sielkundige, dr. Hilda Lösch, het met Kosmos 94.1 Nuus oor dié verskynsel gesels.
President eis aanspreeklikheid van staatsinstellings 27.11.2026 0:36
President Netumbo Nandi-Ndaitwah waarsku staatsbeheerde ondernemings om nie buite regeringsbeleid op te tree nie. Sy sê dié instellings moet nasionale ontwikkelingsprioriteite uitvoer en nie hul eie agendas volg nie. Tydens die afsluiting van die tweedaagse Namibiese Openbare-Private Sektorforum in Windhoek het sy ministers ook opdrag gegee om swak bestuur en leierskap in hul onderskeie ministerie...
Ses maande om bek-en-klouseer te stuit, twaalf indien dit versprei 27.11.2026 0:42
Die Landbouministerie het twee planne uiteengesit om Namibië se bek-en-klouseervrye status te herstel. Minister Inge Zamwani sê die voorkeurplan behels ses maande van inenting en die uitskot van vatbare diere op besmette plase in die //Kharas-streek. Indien die siekte verder versprei, sal 'n alternatiewe plan van twaalf maande, met voortgesette inenting en toesig, gevolg word. Tot dusver is 18 bes...
SA-sakeomset styg met 3,6% 27.11.2026 0:21
Statistiek Suid-Afrika sê sake-omset het verlede jaar met 3,6-persent tot 16 000 miljard Suid-Afrikaanse rand gestyg, vergeleke met die vorige jaar. Die omset het in agt van die nege sektore gegroei en gemeenskaps-, maatskaplike en persoonlike dienste het die grootste toename aangeteken, gevolg deur elektrisiteit, gas en water. Oria Makobe van Statistiek Suid-Afrika sê besteding aan werknemers het...
Namibië huisves belangrike Afrika-arbeidsberaad 27.11.2026 0:29
Namibië bied van 2 tot 4 Desember die 15de Afrika-streekvergadering van die Internasionale Arbeidsorganisasie in Windhoek aan. Die beraad sal deur regerings-, werkgewer- en werknemersverteenwoordigers van reg oor die vasteland bygewoon word, om ’n gesamentlike pad vorentoe vir die kontinent se arbeidsmarkte en die toekoms van werk te bepaal. Die arbeid-ministerie se waarnemende uitvoerende direkte...
Die dag wat was, 26 November 2026 26.11.2026 6:16
Kry die nuus soos dit breek.
'Spaar Froliana Joseph tronkstraf' vir Phala Phala-diefstal 26.11.2026 0:17
'n Herintegrasie-amptenaar van Korrektiewe Dienste, Rafael Maboya, het 'n vonnis sonder tronkstraf aanbeveel vir Froliana Joseph, wat skuldig bevind is aan die diefstal van tien-miljoen Suid-Afrikaanse rand op president Cyril Ramaphosa se plaas Phala Phala in Limpopo. Hy het in die Streekhof in Modimolle getuig tydens Joseph en Imanuwela David se voorvonnisverrigtinge, waar vonnisoplegging tot Din...
Junior werkers 'benodig vergoeding vir werksbeserings' 26.11.2026 0:39
Die IPC-LP Milunga Lizazi wil ’n mosie in die parlement ter tafel lê om junior werknemers wat aan diens beseer word, gestremd raak of sterf, te beskerm en te vergoed. Hy wys op swak veiligheidsopleiding, ’n tekort aan beskermende toerusting en ongeregistreerde werkers. Lizazi vra ook vir ’n oudit van die Werknemers-vergoedingsfonds en strenger optrede teen nalatige werkgewers.
Mishandelde lewensmaats benodig meer ondersteuning 26.11.2026 0:37
Verhoudings-adviseur Ngamane Karuaihe-Upi sê mishandelde lewensmaats kry nie genoeg ondersteuning om gewelddadige verhoudings veilig te verlaat nie. Hy sê mans se gevoel van geregtigdheid en die beskouing van vroue as eiendom dra by tot noodlottige aanvalle, en voeg by gemeenskappe tree dikwels eers ná tragedies op. Hy het reageer op ’n man wat 30 jaar tronkstraf opgelê is nadat hy sy gewese lewen...
GIPF gesond, het rekord N$210 miljard bates 26.11.2026 0:35
Die Regeringsinstellings-pensioenfonds sê hy is finansieel gesond en ten volle befonds, met bates wat ’n rekordhoogtepunt van meer as 210 miljard Namibiese dollar bereik het. Die fonds het sy finansiële posisie, bestuur en beleggingsprestasie tydens ’n inligtingsessie aan die parlement uiteengesit, midde vrae oor beleggings-bestuur en 'n ondersoek deur Namfisa na moontlike tekortkominge. Volgens d...
Streeks-elektrisiteitsverspreider nodig in Suide, hoor NV 26.11.2026 0:36
Die LPM het sy aandag verskuif na skuld aan NamPower, wat vrae laat ontstaan oor die toekoms van elektrisiteitsverspreiding in die Suide. Volgens ’n parlementêre kennisgewing deur die LPM-parlementslid Eneas Emvula, skuld plaaslike owerhede in die Suide NamPower gesamentlik sowat 693 miljoen Namibiese dollar aan historiese skuld. Hy pleit vir die totstandkoming van ’n streeks-elektrisiteitsverspre...
Groter moontlikheid van Israel-gruweldade teen Palestyne: VN 26.11.2026 0:16
Die Verenigde Nasies se Menseregte-kantoor sê Israel se voortgesette aanvalle, beleide en oortredings teen Palestyne dui op ʼn groter gevaar van gruweldade. Twee-en-veertig-duisend-666 Palestyne is sedert die Hamas-geleide aanvalle teen Israel op 7 Oktober 2023 ontheem deur Israelse magte en setlaars in die Wesoewer, insluitend Oos-Jerusalem. Woordvoerder Ravina Shamdasani sê hulle is baie bekommer...
Besprekings oor bydraende nasionale pensioenfonds gaan voort 26.11.2026 0:32
Gesprekke duur voort oor ’n bydraende nasionale pensioenfonds om werkende Namibiërs sonder werkgewer-pensioenfondse ná aftrede finansieel te ondersteun. Die voorstel behels ’n gesamentlike werkgewer- en werknemerbydrae van sowat 15,9 persent van salaris, met aftrede op 60 jaar. Die bydraekoers en samewerking met bestaande pensioenfondse moet egter nog uitgeklaar word. Hoof van konsultasie in Old M...
SA parlement vra optrede op motorbedryf te beskerm 26.11.2026 0:18
Die Suid-Afrikaanse parlement se gekose komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling en Handel sê die regering moet doeltreffende, vernuwende nywerheidsmaatreëls instel om bestaande werksgeleenthede te beskerm en verdere werkverliese in die motorbedryf te voorkom. Byna 300 poste by Bidvest McCarthy is volgens berigte in gevaar terwyl die voorgestelde sluiting van Continental se motorband-vervaardigingsaanl...
NamPol loods feestyd misdaadvoorkoming-veldtog 26.11.2026 0:26
NamPol het sy misdaadvoorkoming-veldtog vir die feesseisoen in al 14 streke van stapel gestuur. Waarnemende inspekteur-generaal, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, sê 2 176 misdaadsake is tydens die vorige feesseisoen aangemeld, vergeleke met 1 413 die vorige jaar. Sy doen ’n beroep op gemeenskappe om verdagte aktiwiteite aan te meld en hul vee te beskerm. Nainda het meer.
Suid-Afrikaanse rooivleisprodusente onder druk 26.11.2026 0:28
Suid-Afrikaanse rooivleisprodusente ervaar tans druk weens stygende voerkoste, droogte en siekte-uitbrekings. Ondanks wisselende markpryse bly volhoubare boerderypraktyke, biosekuriteit en doeltreffende kuddebestuur noodsaaklik om winsgewendheid te verseker. Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie van Suid-Afrika, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die huidige uitdagin...
Bek-en-klouseer knou Namibië se veebemarking en uitvoere 26.11.2026 0:23
Die veebedryf voel toenemend die impak van die bek-en-klouseer-uitbreking, met die bemarking van beeste, skape en bokke, asook vleisuitvoere, wat in Oktober bykans tot stilstand gekom het. Hoewel die sektor in die eerste tien maande van die jaar steeds beter as in 2025 gevaar het, raak die vooruitsigte al hoe meer onseker. Desmond Cloete, bemarkingsbestuurder van die Lewendehawe- en Lewendehawe-pr...
Brandstofpryse kan in Desember weer styg 26.11.2026 0:23
Motoriste kan in Desember moontlik weer met ’n brandstofprysverhoging te doen kry, met aanduidings wat op ’n styging dui. Die Energiedepartement vergader vandag om die voorgestelde prysaanpassings te bespreek. Die ministerie sal na verwagting môre of Maandag sy besluit bekend maak. Kara van den Heever, ’n beleggingsontleder by Momentum, sê die Namibiese dollar het die afgelope maand merkbaar teeno...
Lignende podcasts
Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.