Kosmos 94.1

Nuus

News AF ↓ 634 episoder

Kry die nuus soos dit breek.

Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: www.kosmos.com.na

Forfatter

Kosmos 94.1

Kategori

News

Podcastens hjemmeside

www.kosmos.com.na

Seneste episode

14. okt. 2026

Hvor kan du lytte?

Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snart

Podcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts

Hent den på Google Play Installer gratis Android næsten 10 mio. downloads · 4,8 i bedømmelse iOS snart

Episoder

Meatco: EU se tydelike vleisuitvoere-verbod uit Namibië raak ook Noorweë 06.10.2026

Meatco het bevestig dat die Europese Unie se tydelike verbod op die uitvoer van vleisprodukte uit Namibië ook uitvoere na Noorweë, wat nie 'n EU-lidstaat is nie, raak. Meatco se aanvanklike kwota vir beesvleisuitvoere na Noorweë vir 2026 het ongeveer 265 miljoen Namibiese dollar se inkomste gegenereer, terwyl verwag was dat die finale bedrag vir die jaar 365 miljoen dollar sou beloop. Volgens Meat...

Rubio sê Amerika het steeds vertroue in die veiligheid van al sy militere basisse 06.10.2026

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, sê Amerika het steeds vertroue in die veiligheid van al sy basisse. Dit volg nadat Amerika al sy B-1-bomwerpers van RAF Fairford in Brittanje na basisse in Amerika verskuif het. Die Britse lugmagbasis was verlede maand die teiken van ʼn vermeende terreur-aanval wat gelei het tot die inhegtenisneming van vyf Britse burgers, wat later op bor...

NNN: Moenie BKS-tekorte gebruik om wins te maak nie 06.10.2026

President Netumbo Nandi-Ndaitwah waarsku dat die bek-en-klouseer uitbreking nie gebruik moet word om verbruikers uit te buit nie. Nandi-Ndaitwah het in haar eerste opdatering en toespraak aan die land, sedert die siekte se uitbreking, gesê die BKS-inperkings is ingestel om die landbou-sektor, boere, en Namibiërs te beskerm. Sy sê verskaffers moet nie nou die vleis- en ander skaarstes gebruik om on...

11:00 Nuus 06.10.2026

Kry die nuus soos dit breek.

EFF vra SA regering om brandstofheffing dringend te verlaag 06.10.2026

Die EFF sê die jongste styging in brandstofpryse is rampspoedig vir die werkersklas en arm Suid-Afrikaners. Suid Afrika se petrolpryse styg Woensdag met tussen 3 Namibiese dollar-12-sent en 3 dollar-33-sent per liter. Dieselpryse styg met tussen 2 dollar en 84-sent en 3-dollar en 24-sent per liter, terwyl die prys van paraffien met 4 Namibiese dollar 77-sent per liter styg. Sixolise Gcilishe van d...

NLU prys wéér land se BKS-reaksie 06.10.2026

Die Namibiese Landbou-unie sê hy stem saam met die Europese Unie se lofprysings vir die manier hoe die regering en die Direktoraat Veeartseny-dienste tot dusver die bek-en-klouseer uitbreking hanteer het. Die EU het Maandag die tydelike opskorting van invoere van Namibiese vleis-produkte na die streek aangekondig. Unie-president, Thinus Pretorius, sê President Netumbo Nandi-Ndaitwah se jongste opd...

DA: Skors polisiebeamptes wat van verkragting beskuldig word 06.10.2026

Die DA sê polisiebeamptes wat van verkragting en ander geslagsgeweld beskuldig word, moet onmiddellik geskors word. Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat het in die 2025/2026-boekjaar 116 beweerde verkragtingsake aangeteken waarby beamptes betrokke was in vergelyking 95 sake die vorige jaar. Lisa Schickerling van die party dring aan die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, moe...

LPM se Emvula vra vir beter ondersteuning vir Kuba 06.10.2026

Die adjunk-bedryfsekretaris van die Landless Peoples Movement, Eneas Emvula, het 'n pragmatiese verskuiwing in Namibië se diplomatieke benadering teenoor Kuba versoek. Die eilandnasie staar tans ernstige energie- en gesondheidsorgkrisisse in die gesig. Emvula het Namibiese diplomate aangespoor om verder as roetine-resolusies te beweeg en direkte hulp na te streef. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepra...

09:00 Nuus 06.10.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Vyfde been van Nasionale-tydren kampioenskappe op Gobabis gekanselleer 06.10.2026

Die naweek sou die 5de been van die nasionale tydren kampioenskappe op Gobabis plaasgevind het, maar is weens eksterne faktore soos die bek-en-klouseer-uitbreking gekanselleer. Omdat elke tydren uit ses bene bestaan is die kampioenskappe nou van die kaart af of gaan daar 'n nuwe formule, om die tydren spanne se titels te bereken, gebruik word. Motor Media Namibië het met Derek Jacobs van die Namib...

Morgan Maumela se N$9,5m Ferrari word dalk verkoop 06.10.2026

Die Hooggeregshof in Pretoria het die dringende aansoek van sakeman Morgan Maumela en die Maumela-familie-trust van die hand gewys om die verkoop van 'n Ferrari ter waarde van minstens 9,5-miljoen Namibiese dollar te keer. Die voertuig is as deel van 'n ondersoek deur die Spesiale Ondersoek-eenheid na beweerde korrupsie by die Tembisa-hospitaal in bewaring geplaas. Die woordvoerder van die onderso...

Sankwasa: Windhoek kan nie soos 'n landelike dorpie lyk nie! 06.10.2026

Stedelike ontwikkeling-minister James Sankwasa het ferm standpunt ingeneem teen die toenemende aantal straat-verkopers in Windhoek. Na 'n onlangse besoek aan verskeie handel-s-gebiede, soos Havana Four-way, Stop & Shop en China Town, het Sankwasa Stad Windhoek-amptenare aan-ge-spoor om toe te sien dat daar 'n duidelike afbakening tussen handel-s-gebiede en informele nedersettings is. Hy wil ook hê...

Suid Afrika sien hewige brandstofprysverhogings Woensdag 06.10.2026

Wêreldwye spanning oor olievoorrade sal Woensdag skerp brandstofprysverhogings in Suid-Afrika teweeg bring. Die prys van petrol styg met tussen N$3.12 en N$3.33 per liter; diesel is tussen N$2.84 en N$3.24 per liter duurder terwyl die prys van lampolie met N$4.77 per liter styg. Die Departement van Minerale en Petroleumhulpbronne se woordvoerder, Lerato Ntsoko, sê die verhogings hou verband met ho...

5de been van die nasionale tydren kampioenskappe op Gobabis gekanselleer 06.10.2026

Die naweek sou die 5de been van die nasionale tydren kampioenskappe op Gobabis plaasgevind het, maar is weens eksterne faktore soos die bek-en-klouseer-uitbreking gekanselleer. Omdat elke tydren uit ses bene bestaan is die kampioenskappe nou van die kaart af of gaan daar 'n nuwe formule, om die tydren spanne se titels te bereken, gebruik word. Motor Media Namibië het met Derek Jacobs van die Namib...

NamLamb-span onttrek van 1ste Lamb Champs Invitational-kompetisie 06.10.2026

Die NamLamb-span van 10 lede het onttrek aan die eerste Lamb Champs Invitational-kompetisie op 31 Oktober in Suid-Afrika, na die bek-en-klouseer uitbreking. NamLamb-stigterslid Lenn de Jager is diep teleurgesteld en sê dat biosekuriteitskwessies die besluit afgedwing het, ten spyte van die span se gereedheid om Namibiese veld-geteelde lamsvleis te vertoon. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

Korrupsiesaak teen die Khomotso Phahlane voorlopig teruggetrek 06.10.2026

Die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie het die korrupsiesaak teen die voormalige waarnemende polisiekommissaris Khomotso Phahlane en sy medebeskuldigdes voorlopig teruggetrek. Die saak hou verband met 'n polisie-kontrak in 2016 van meer as 191 miljoen Namibiese dollar vir noodwaarskuwingstoerusting, waar 65 miljoen dollar aan die diensverskaffer betaal is. Die woordvoerder van die ODK, Henry Mamo...

Agribank staan bankvas agter BKS-geaffekteerde boer en gemeenskappe 06.10.2026

Intussen sê Agribank hy staan bankvas agter boere en landbou-ondernemings wat deur die uitbreking van bek-en-klouseer geraak word. Agribank-woordvoerder Hileni Amadhila het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die bank besef watter finansiële impak die siektebeheermaatreëls inhou. Die bank sal ondersteuning aan geaffekteerde kliënte op 'n geval-tot-geval-grondslag oorweeg, na gelang van hul individuele omsta...

NNN: 29 313 diere reeds op 68 plase vir bek-en-klouseer getoets 06.10.2026

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê 29 313 gesplete-hoef diere is reeds op 68 plase vir bek-en-klouseer getoets as deel van pogings om die uitbreking van die vee-siekte in die Karasburg-veeartsenydistrik te bekamp. Teen 5 Oktober is 127 positiewe gevalle op 15 plase aangemeld, met 20 toesigspanne en 10 padblokkades wat in die //Kharas-streek ontplooi is. Nandi-Ndaitwah sê die Kabinet het ook 'n bu...

VSA monitor uitbreking by Russiese laboratorium 06.10.2026

Die Amerikaanse buitelandse sake-minister, Marco Rubio, sê die VSA monitor die geval van 'n Russiese laboratoriumwerker wat verlede week gesterf het ná 'n gerapporteerde ongeluk by 'n pes-navorsingsinstituut in Siberië. Rubio sê hy dink nie daar is rede tot kommer nie, maar wel rede tot fokus en om 'n oog daaroor te hou. Darya Shipilova, 'n 28-jarige werker by die teen-pes instituut in die stad Ir...

AfriForum vra vir ingryping teen geweld onder onwettige mynbougroepe 06.10.2026

AfriForum het die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, gevra om dringend in te gryp met voortslepende geweld tussen vermeende onwettige mynbougroepe in Schoemanskloof, Mpumalanga. Ses vermoedelik onwettige mynwerkers is in Augustus doodgeskiet, met nog skietvoorvalle wat verlede week aangemeld is. Jacques Broodryk van AfriForum vra die polisie om die groter misdaadnetwerke agt...

Die dag wat was, 5 Oktober 2026 05.10.2026

Kry die nuus soos dit breek.

36 000 onderwysers vir meer as 913 000 leerders: Steenkamp 05.10.2026

Onderwysminister Sanet Steenkamp het Namibië se meer as 36 000 onderwysers vandag op Wêreldonderwysersdag vereer en beklemtoon dat die beskerming van die beroep daaglikse ondersteuning en belegging vereis, nie net jaarlikse lof nie. Steenkamp het opgemerk dat die land se opvoeders tans meer as 913 000 leerders in 2 081 skole landwyd begelei.

Ngurare probeer Gibeon help ontwikkel 05.10.2026

Eerste minister Elijah Ngurare tree in gesprek met die gemeenskap van Gibeon en probeer hul steun verkry vir voorgestelde ontwikkelingsprojekte. Ngurare sê die vergaderings bied inwoners die geleentheid om besonderhede te verneem, vrae te stel en insette te lewer terwyl die regering daaraan werk om gemeenskapsteun te verseker.

Nedbank Kapana Cook-Off-wenner stap weg met groot pryse 05.10.2026

Die eindrondte van die 2026 Nedbank Kapana Cook-Off-kompetisie het die afgelope naweek in Windhoek plaasgevind. Nande Chivela van Khomas het as die wenner uit die stryd getree nadat hy teen nege ander finaliste meegeding het. Die tien finaliste het vir die finaal gekwalifiseer na streeksrondtes wat in Oshakati, Swakopmund en die sentrale streek gehou is. Chivela se wenprys sluit in 'n ten volle ui...

Starlink: Land moet self kies tussen dienste, sê ruimtevaarder 05.10.2026

Die Duitse ruimtevaarder dr. Matthias Maurer het sy stem by die debat oor Starlink in Namibië gevoeg en sê dat die land die besluit moet neem wat hy as die beste beskou. Maurer onderneem 'n toer deur die land wat daarop gemik is om die bande tussen Namibië en die Europese wetenskap- en ruimtevaartgemeenskap te versterk. Hy het tydens 'n mediageleentheid by die Duitse Hoër Privaatskool Windhoek, DH...

Lyt til podcasten Nuus i Replaio

Radio og podcasts i én app - gratis og uden tilmelding. Installer i dag, og gå ikke glip af lanceringen

Hent den på Google Play

Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.