uk

RSG

Taaldinge

Education AF ↓ Епізодів: 762

Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.

Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za

Автор

RSG

Категорія

Education

Сайт подкасту

www.rsg.co.za

Останній епізод

18 жов 2026

Де слухати?

Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаром

Подкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти

Завантажити з Google Play Встановіть безкоштовно Android майже 10 млн завантажень · рейтинг 4,8 iOS незабаром

Епізоди

2 Jul 01.07.2017

Die Vereniging van Regslui vir Afrikaans het vroeër vanjaar die landroshofreëls in Afrikaans vertaal. Ina Strydom gesels met hulle woordvoerder, prof. Koos Malan, daaroor.

25 Jun 24.06.2017

Magdaleen Krüger kyk na die herkoms van jou onderrok hang uit, die woord tatoeëer en die gebruik van seppoekoe en hara-kiri.

18 Jun 17.06.2017

Is dit te alle tye ten alle tye - of ten alle tye te alle tye? Kom luister wat vertel prof. Gerhard van Huyssteen van die Noordwes Universiteit hieroor!

11 Jun 10.06.2017

Magdaleen Krüger kyk na die verskil tussen skryf vir akademiese genres en skryf vir die wyer publiek, en die omskakeling van teks na klank in Suid-Afrikaanse tale.

4 Jun 03.06.2017

'n Potpouri oor meertaligheid, met die fokus op die ATKV en Universiteit van Johannesburg se meertaligheidsweek en die Afrikaans-in-Soweto projek. 'n Student, Alpheus Ngwenya, vertel oor sy pad met Afrikaans.

28 May 27.05.2017

Taalnavrae word beantwoord. Daar word gepraat oor spek-en-bone, in die plat sit, en obool.

21 May 20.05.2017

Ina Strydom sit haar gesprek met prof. Ben-Erik van Wyk van die Universiteit van Johannesburg voort oor sy projek oor plantname en -gebruike, en die uitdrukkings wat hy teëgekom het.

14 May 13.05.2017

Wat is polisemie, en watter rol speel dit in ons woordeskat en taalkunde. En Gaireyah Fredericks vertel van 'n paar tipiese Afrikaanse woorde en uitdrukkings in die Kaapse gemeenskap.

7 May 06.05.2017

Prof. Ben-Erik van Wyk van die Universiteit van Johannesburg vertel van 'n projek om inheemse plantname en -gebruike op te teken.

30 Apr 29.04.2017

Taalnavrae word hanteer, soos wat is goeie Afrikaans vir 'by word of mouth.'

23 Apr 22.04.2017

Die Khoisan-navorser, dr. Willa Boezak, vertel meer oor die invloed van Khoisan-tale op Afrikaans; en die gebruik van afgelas word 'n bietjie duideliker gemaak!

16 Apr 15.04.2017

Kom vind meer uit oor die gebruik van die konstruksies pa-hulle en pagoed in Afrikaans, en die taalpraktisyn Tom Mclachlan verduidelik die gebruik van omskep teenoor omgeskep, en soortgelyke woorde.

9 Apr 08.04.2017

Die taalkundige, prof. Ernst Kotze, vertel verder oor die uitdagings verbonde aan die vertaling van die Bybel. En Mary-Ann Alho, wat haarself as 'n evangelis vir Afrikaans bestempel, vertel hoe sy te werk gaan om Afrikaans aan kinders van buitelandse diplomate te leer.

2 Apr 01.04.2017

Die oorsprong van om hare op jou tande te hê en so waar as vet word bespreek in taalnavrae

26 Mar 25.03.2017

Ina Strydom praat met 'n lid van die eindredaksiekomitee van Die Bybel – 'n Direkte vertaling, prof. Ernst Kotze, oor taalkundige en vertaalkundige aspekte van die Bybelvertaling.

19 Mar 19.03.2017

Daar is so baie instansies en belangegroepe wat Afrikaans wil bevorder en beskerm, maar intussen gaan die taalkennis en taalgebruik van Afrikaanssprekers al hoe meer agteruit.

12 Mar 11.03.2017

Die redakteurs van Kontemporêre Afrikaanse Taalkunde, prof. Wannie Carstens en dr. Nerina Bosman, vertel meer oor die ontstaan en doel van die boek, en belig enkele van die hoofstukke.

5 Mar 05.03.2017

Regstreekse uitsending vanaf die Woordfees op Stellenbosch - Wat maak ons met Afrikaans oor die radio en in koerante?

26 Feb 25.02.2017

Prof. Ilse Feinauer van die Universiteit Stellenbosch fokus op die lasste twee boeke in die kort reeks oor die werk van wyle dr. Anton Prinsloo. Die boeke wat aan die bod kom is Die aap in jou koffie en Die dief aan die kers.

19 Feb 18.02.2017

Word 'n woord OP Afrikaans of IN Afrikaans vertaal? Praat ons van rolstoel of rystoel?

12 Feb 11.02.2017

Voorbeelde van kontreitaal kom onder die loep, en daar is meer inligting oor die aanlyn WAT.

5 Feb 04.02.2017

Daar is taalnavrae oor skoonfamilie, social engineering en 'sy oog hang van trots.'

29 Jan 28.01.2017

Waar kom die uitdrukking “alle grappies op 'n stokkie” vandaan? Of “die knoop deurhaak”? En wat beteken dit? Prof. Ilse Feinauer van die Universiteit van Stellenbosch vertel vir Ina Strydom meer van die en ander spreekwoorde en uitdrukkings.

22 Jan 22.01.2017

Twee Sondae gelede het ons die eerste deel uitgesaai van Magdaleen Krüger se besoek aan die Taalmuseum in die Paarl. Toe het sy en die kurator deur die vertrekke op die grondvloer van die huis gestap en gesels oor als wat te sien is. Vandag beweeg hulle na die boonste verdieping.

15 Jan 14.01.2017

Een van 'n taal se grootste skatte is sy uitdrukkings en gesegdes. Ina Strydom praat met prof. Ilse Feinauer van die Universiteit van Stellenbosch oor wyle dr. Anton Prinsloo se bydrae om die taalskat op te teken, en voorbeelde uit een van sy boeke, Feite, flaters en fiksie, word bespreek.

Слухайте подкаст Taaldinge у Replaio

Радіо та подкасти в одному застосунку - безкоштовно й без реєстрації. Встановіть уже сьогодні та не пропустіть запуск

Завантажити з Google Play

Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали