RSG
Ons en die Onderwys
Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.
Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za
Де слухати?
Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаромПодкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти
Епізоди
Ons en die onderwys 12 Desember 2021 12.12.2021 24:29
Johan van Lill praat met Maryna Besseling, betrokke by die SAOU se professionele dienste, en dr. Melody de Jager, ‘n ontwikkelingskenner, oor hoe om leerders se kreatiwiteit te stimuleer en te ontwikkel.
Ons en die onderwys 5 Desember 2021 05.12.2021 21:41
Johan van Lill praat met dr. Chris Klopper, uitvoerende hoof van die SAOU, oor die beplande nuwe geskiedeniskurrikulum wat die Departement van Basiese Onderwys in skole ‘n verpligte vak wil maak. Waar trek die proses, en wat is die implikasies vir skole en onderwys?
Ons en die onderwys 28 November 2021 28.11.2021 25:44
Johan van Lill praat met dr. Louis Swanepoel van die SAOU en dr. Jaco Deacon van Fedsas oor hoe om geld te spaar by jou skool en ekstra fondse te genereer.
Ons en die onderwys 21 November 2021 21.11.2021 24:18
Johan van Lill praat met prof. Josef de Beer en Neal Petersen van die Noordwes-Universiteit oor virtuele uitstappies, en hoe skole dit suksesvol kan aanpak.
Ons en die onderwys 14 November 2021 14.11.2021 21:55
Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor die rol wat uitvoerende funksies in leer en ontwikkeling van leerders speel. Hoe kan selfinsig, fokus en prioritisering by kinders ontwikkel word om hulle te help om beter te leer?
Ons en die onderwys 7 November 2021 07.11.2021 24:29
Johan van Lill het by die vierde Internasionele Kongres oor Selfgerigte Leer met van die aanbieders gepraat oor hulle navorsing wat op onderwysers en onderwysleiers van toepassing is.
Ons en die onderwys 31 Oktober 2021 31.10.2021 22:15
Johan van Lill praat met Alice Holland en Maadje Krige van die De La Bat Skool op Worcester oor hoe 'n dowe kind se klas en lesse verskil van 'n siende kind s’n.
Ons en die onderwys 24 Oktober 2021 24.10.2021 23:01
Johan van Lill praat met prof. Elsa Mentz en dr. Dorothy Laubscher oor die vierde Internasionale Selfgerigte Leer-konferensie, wat deur die Navorsingseenheid Selfgerigte Leer in die Fakulteit Opvoedkunde aan die Noordwes-Universiteit aangebied word.
Ons en die onderwys 17 Oktober 2021 17.10.2021 21:56
Johan van Lill praat met Illöise de Goede en Chantelle Bruten van die Pionierskool op Worcester oor hoe klaskamers vir siggestremdes lyk, en watter aanpassings gemaak word om leerders te onderrig.
Ons en die Onderwys 10 Oktober 2021 10.10.2021 21:20
Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor onderwys wat lewens verander. Wat is die struikelblokke wat leerders verhinder om hulle potensiaal te bereik?
Ons en die onderwys 3 Oktober 2021 03.10.2021 25:41
Johan van Lill praat met twee arbeidsterapeute, Elize Janse van Rensburg en Chané Potgieter, oor hoe om kinders met ADHD in die klaskamer te ondersteun.
Ons en die onderwys 26 September 2021 26.09.2021 36:04
Johan van Lill praat met Riaan van den Berg, bestuurder van Fedsas se Sentrum van Tegnologie, oor die gebruik van tegnologie in die onderwys. Hoe hou ek my skool toekomsgereed wat betref die gebruik van tegnologie?
Ons en die onderwys 19 September 2021 19.09.2021 21:26
Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, 'n onderwyskundige en pedagoog, oor leerverlies en wat onderwysers kan doen om leeragterstande wat as gevolg van leerverlies ontstaan, te kan voorkom.
Ons en die onderwys 12 September 2021 12.09.2021 21:49
Johan van Lill hoor by prof. Ignatius Gous of dit nog belangrik is vir leerders om te memoriseer, en watter rol memorisering in die leerproses speel.
Ons en die onderwys 5 September 2021 05.09.2021 24:03
Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor die pandemie en gepaardgaande grendeltye wat baie onderrigtyd verlore laat gaan het. Is dit moontlik om al die leerinhoud te dek in die verkorte leertye? Watter strategieë kan onderwysers in die klas aanwend om leerders te ondersteun?
Ons en die onderwys 29 Augustus 2021 29.08.2021 23:14
Johan van Lill praat met Daan Potgieter en Wilna van Rooyen van die AON oor die impak van Covid-19 op die onderwyslandskap die afgelope 18 maande. Hulle gee ook terugvoer van besoeke wat hulle aan skole gedoen het.
Ons en die onderwys 22 Augustus 2021 22.08.2021 21:24
Johan van Lill praat met Reinette Lombard en Jose Palmer oor die belangrikheid van lees, leesvaardighede en lees met begrip. Watter rol speel voorlees, saamlees en sensoriese ervarings in leerders se geletterdheidsontwikkeling?
Ons en die onderwys 15 Augustus 2021 15.08.2021 20:01
Johan van Lill praat met Hugo Vermeulen, hoof van opleiding by die Skole Ondersteuningsentrum, en Celeste Labuschagne, ‘n Wolkskooldosent en wetenskapvakspesialis, oor hoe eksamens en spesifiek gestandaardiseerde eksamens gebruik kan word deur skole om hulle eie standaarde te bepaal, om seker te maak leerders bereik hulle volle akademiese potensiaal.
Ons en die onderwys 8 Augustus 2021 08.08.2021 19:27
Johan van Lill kyk na die take wat onderwysers (veral laerskoolonderwysers) opgelê word wat nie op hulle pligstaat is nie, maar wat so deel is van hulle lang werksdae. Twee bedryfsielkundiges, Zahn van Niekerk en Susan Goosen, vertel van die navorsing wat hieroor gedoen is.
Ons en die onderwys 1 Augustus 2021 01.08.2021 23:11
Johan van Lill kyk na die uitdagings vir skole en waarop skole nou moet fokus noudat die leerders weer terugkeer skool toe. Jaco Deacon, waarnemende uitvoerende hoof van Fedsas, en Chris Klopper, uitvoerende hoof van die SAOU, gee wenke en inligting.
Ons en die onderwys 25 Julie 2021 25.07.2021 22:06
Johan van Lill kyk na iets wat toenemend ‘n probleem word - die groot aantal grondslagfase-leerders wat sukkel met lees, veral die Graad 2’s wat tydens die grendeltyd soveel kosbare onderrigtyd verloor het. Die gaste is Mariette van Zyl en Monica Opperman, en hulle gee raad oor hoe gemaak as my Graad 2 kind nie kan lees nie?
Ons en die onderwys 18 Julie 2021 18.07.2021 24:23
Johan van Lill kyk na die rol en verantwoordelikhede van skole wanneer daar voorvalle van substansafhanklikheid voorkom. As jy dit vermoed, mag jy ‘n dwelmurine toets laat doen sonder die ouers se toestemming? Watter prosedures moet jy volg? Die kenners wat saam praat is Tia Gruenenfelder en Francette Bedford.
Ons en die onderwys 11 Julie 2021 11.07.2021 24:47
Johan van Lill praat met Paul Colditz wat later vanjaar die tuig neerlê as die uitvoerende hoof van Fedsas. Hy het diep spore in die onderwys getrap, en was betrokke by vele veranderinge in dié veld. Sy bydrae tot onderwyswetgewing en die rol en funksies van beheerliggame in openbare skole sal nog vir jare hom tot eer strek.
Ons en die onderwys 4 Julie 2021 04.07.2021 23:56
Johan van Lill praat met Mariesa Candiotes, 'n onderwyskundige by die Skole Ondersteuningsentrum, en Hildegard Brummer, 'n dosent by die Wolkskool, oor hoe onderwysers dissipline in aanlynsituasies moet handhaaf. Hoe maak ek met leerders wat nie gepaste gedrag handhaaf wanneer ek aanlyn skoolgee nie?
Ons en die onderwys 27 Junie 2021 27.06.2021 21:58
Johan van Lill praat met Mariesa Candiotes, 'n onderwyskundige by die Skole Ondersteuningsentrum, en Hildegard Brummer, 'n dosent by die Wolkskool, oor hoe onderwysers dissipline in aanlynsituasies moet handhaaf. Hoe maak ek met leerders wat nie gepaste gedrag handhaaf wanneer ek aanlyn skoolgee nie?
Схожі подкасти
Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали