uk

RSG

Geestesgesondheid

Health AF ↓ Епізодів: 734

Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte van geestesgesondheid.

Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za

Автор

RSG

Категорія

Health

Сайт подкасту

www.rsg.co.za

Останній епізод

6 жов 2026

Де слухати?

Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаром

Подкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти

Завантажити з Google Play Встановіть безкоштовно Android майже 10 млн завантажень · рейтинг 4,8 iOS незабаром

Епізоди

Geestesgesondheid: Die tentakels van trauma 06.10.2026

6 Oktober 2026: Dr. Deon Bruwer, wat vanuit sy ervaring in pastorale terapie baie met mense se emosionele en geestelike uitdagings werk, praat oor trauma – hoe dit ons kan beïnvloed, waarom mense dit op verskillende maniere hanteer, en hoe ’n mens kan begin om daarvan te herstel.

Geestesgesondheid: Wanneer jy nie alles alleen kan dra nie 29.09.2026

27 September 2026: Vyf maande gelede is Lizette Volkwyn met Myasthenia Gravis gediagnoseer. Sedertdien moes sy leer saamleef met ’n liggaam wat nie altyd doen wat sy verwag nie, en ook leer om ander mense se hulp te ontvang. Johan van Lill gesels met haar oor ondersteuning, onafhanklikheid, goedbedoelde raad en die mense wat help om ’n mens se pad weer gelyk te maak.

Geestesgesondheid: Wie sorg vir die mense wat vir ons sorg? 22.09.2026

22 September 2026: Dokters en ander mediese beroepslui werk elke dag naby aan siekte, pyn, trauma, verlies en soms die dood. Johan van Lill praat met Elzette Fritz oor wat hierdie voortdurende blootstelling aan ’n mens kan doen, waarom emosionele afstand soms nodig is, en hoe mense in die mediese professie hulle empatie en menslikheid kan behou sonder om self onder die gewig van die werk te knak.

Geestesgesondheid: Wanneer verantwoordelik wees oorverantwoordelikheid word 15.09.2026

15 September 2026: Wanneer verander verantwoordelik wees in oorverantwoordelikheid? Johan van Lill praat met lewensafrigter Jan Niemand oor oorfunksionering: daardie patroon waar jy so gewoond raak daaraan om probleme op te los, ander mense te ondersteun en alles aan die gang te hou, dat jy later skaars agterkom hoeveel jy self dra.

Geestesgesondheid: Tien gesprekke wat jou anders laat dink 08.09.2026

8 September 2026: Johan van Lill deel tien kort uittreksels uit potgooie, TED-praatjies en onderhoude wat hom laat stilstaan en dink het. Van ’n toevallige gesprek met ’n vreemdeling op ’n trein en die behoefte om raakgesien te word, tot musiek en herinneringe, slaap, angs, vriendskap, selfdeernis en rou. Die program eindig in die koue Atlantiese Oseaan waar die filmmaker, Craig Foster, ’n onverwa...

Geestesgesondheid: Hoe fiksie iets waar oor die mens kan vertel 01.09.2026

1 September 2026: Johan van Lillpraat met die skrywer, Frederick Botha, oor sy debuutkortverhaalbundel. Die bundel word as outofiksie beskryf, maar Frederick beklemtoon dat die verhale fiksie is en nie outobiografiese vertellings nie. Johan en Frederick gebruik die verhale as vertrekpunt vir ’n gesprek oor manlikheid, buitestanderskap, familie, geloof, woede, identiteit, selfaanvaarding en die beh...

Geestesgesondheid: Die waarde van doelbewuste wegbreke 25.08.2026

25 Augustus 2026: Johan van Lill praat met dr, Elzette Fritz oor die waarde van doelbewuste wegbreke vir ons geestesgesondheid. Elzette woon tans ’n kunswegbreek by Pedroskloof in Namakwaland by. Hulle gesels oor waarom afstand, stilte, natuur en kreatiwiteit waardevol kan wees, en hoe ’n mens iets van só ’n ervaring na jou gewone lewe kan terugneem.

Geestesgesondheid: Watter rol speel die kerk in geestesgesondheid? 18.08.2026

18 Augustus 2026: Johan van Lill praat met dr. Wicus van der Merwe, die hoof van kerklike opleiding aan die Fakulteit Teologie en Religie by die Universiteit van Pretoria, oor geestesgesondheid en die kerk. Hulle bespreek waarom geestesgesondheid ook ’n saak vir die kerk behoort te wees, hoe geloof en professionele hulp mekaar kan aanvul, en waar die grens tussen pastorale ondersteuning en profess...

Geestesgesondheid: Wanneer angs jou lewe en werk begin beïnvloed 11.08.2026

11 Augustus 2026: Johan van Lill praat met die lewensafrigters Jan Niemand en Hazel Hattingh oor wanneer angs ’n mens se lewe en werk begin beïnvloed. Hulle bespreek wanneer professionele hulp nodig is, hoe angs behandel en prakties hanteer kan word, en hoe ’n mens met ’n werkgewer oor moontlike ondersteuning kan praat.

Geestesgesondheid: Selfdood, tieners en die brûe wat gesinne kan bou (Deel 2) 04.08.2026

4 Augustus 2026: Johan van Lill praat verder met Christelle van Zyl oor selfdood, tieners en die verhoudings wat gesinne kan help om moeilike tye saam te hanteer. Hulle praat oor sosiale media, aanlynafknouery en die vyf kernbehoeftes van kinders: aandag, liefde, aanvaarding, waardering en ruimte om hulleself te wees. Christelle verduidelik hoe narratiewe terapie gesinne kan help om ’n kind van sy...

Geestesgesondheid: Selfdood, tieners en die brûe wat gesinne kan bou (Deel 1) 28.07.2026

28 Julie 2026: Johan van Lill praat met Christelle van Zyl oor selfdood, tieners en die belangrikheid van veilige verhoudings binne gesinne. Hulle praat oor sosiale media, afknouery, emosionele verbinding en waarom ouers reeds voor die tienerjare moeilike gesprekke moet begin.

Geestesgesondheid: Die stories wat ons oor onsself vertel 21.07.2026

21 Julie 2026: Johan van Lill praat met Kobus Burger, RSG se programbestuurder, oor narratiewe terapie, 'n benadering wat mense help om anders na hulle lewensverhale en hulleself te kyk. Kobus, wat hom tans in hierdie rigting bekwaam, verduidelik hoe die stories wat ons oor onsself glo, ons identiteit, verhoudings en welstand kan beïnvloed. Die gesprek fokus op identiteit, betekenis, hoop en die m...

Geestesgesondheid: Wanneer jou liggaam jou dwing om anders te leef 14.07.2026

14 Julie 2026: Johan van Lill praat met Lizette Volkwyn, ‘n lewensafrigter en die menslike leuenverklikker, oor haar lewe met myasthenia gravis, 'n seldsame outo-immuunsiekte wat spiere verswak en die eenvoudigste daaglikse take uitdagend kan maak. Lizette deel haar persoonlike ervaring van diagnose, behandeling en herstel, en hoe sy geleer het om haar lewe teen 'n nuwe pas te leef. Die gesprek fo...

Geestesgesondheid: Wat is die impak van leuns op geestesgesondheid? 07.07.2026

7 Julie 2026: Johan van Lill praat met Elzette Fritz, ‘n opvoedkundige sielkundige, oor leuens en die impak daarvan op ons geestesgesondheid. Hulle praat oor kinders wat jok, volwassenes wat die waarheid verdraai, en die emosionele uitputting wat ontstaan wanneer ’n mens saamleef met iemand wat konstant oor alles lieg. Die gesprek fokus op vrees, skaamte, vertroue, selfbeskerming en die moeilike v...

Geestesgesondheid: Hoe kry ons weer sin, energie en rigting? 30.06.2026

30 Junie 2026: Johan van Lill praat met professor Jannie le Roux oor wat gebeur wanneer mense ophou floreer. Hulle praat oor daardie stille innerlike moegheid wat dikwels insluip terwyl ’n mens steeds werk, funksioneer en aangaan met die lewe. Die gesprek fokus op hoe ons weer sin, energie en rigting kan vind deur eerlik te kyk na genot, tevredenheid, betekenis, aandag en verbinding.

Geestesgesondheid: Hoe lewensverandering jou geestesgesondheid raak 23.06.2026

Johan van Lill praat met Elzette Fritz, ‘n opvoedkundige sielkundige, oor verandering, die verskillende seisoene in ons lewe en die impak daarvan op ons geestesgesondheid. Sy het onlangs ná baie jare in Johannesburg opgepak en Vermont toe getrek. Hierdie groot skuif vorm die vertrekpunt vir ’n eerlike gesprek oor verlies, aanpassing, weerstand, hoop en die emosionele moed wat verandering van ons v...

Geestesgesondheid: Waarom werkgewers anders oor produktiwiteit moet dink 16.06.2026

16 Junie 2026: Johan van Lill praat met Jan Niemand, ‘n lewensafrigter, oor die rol wat werkgewers speel in mense se geestesgesondheid, produktiwiteit en vermoë om te herstel. In baie Suid-Afrikaanse werksomgewings word lang ure, voortdurende beskikbaarheid en sigbare besigwees steeds maklik met toewyding en harde werk verwar. Tog kan hierdie kultuur mense stadig uitput en uiteindelik ook prestasi...

Geestesgesondheid: Rus is nie luiheid nie 09.06.2026

9 Junie 2026: Johan van Lill praat met Jan Niemand, ‘n lewensafrigter, oor die dieper betekenis van rus. In ’n kultuur waar besig wees dikwels soos sukses lyk, voel rus vir baie mense amper verkeerd. Tog is ons nie ontwerp om heeltyd beskikbaar, produktief en op volle spoed te wees nie. Ons praat oor gesonde ritmes, grense, skuldgevoelens oor rus en klein praktiese maniere om weer ruimte vir herst...

Geestesgesondheid: Die lewe ná ‘n egskeiding 02.06.2026

2 Junie 2026: Johan van Lill praat met Albie Jordaan oor die pad vorentoe ná ‘n egskeiding. Die gesprek fokus nie op die regskant, skuld, bakleiery of wie verkeerd is nie, maar op wat met ’n mens gebeur wanneer die drama verby is en ’n nuwe soort herstel begin. Baie mense dink hulle sal onmiddellik beter voel sodra die egskeiding afgehandel is. Tog kom daar dikwels daarna ’n leë stilte - die huis...

Geestesgesondheid: Uitbranding is soveel meer as gewone moegheid 26.05.2026

26 Mei 2026: Johan van Lill praat met Lynette Beer oor uitbranding, en waarom dit soveel meer as gewone moegheid is. Die gesprek fokus op die tekens van uitbranding, die verskil tussen stres en uitbranding, veerkragtigheid, grense, herstel, en hoe mense weer hoop, energie en betekenis kan vind.

Geestesgesondheid: Die pad na ’n betekenisvolle lewe 19.05.2026

19 Mei 2026: Johan van Lill praat met Antoinette Pienaar oor die pad na ’n betekenisvolle lewe. Die gesprek fokus op geestesgesondheid, verlies, verandering, lewenskeuses en die dinge wat ons in ’n gejaagde moderne lewe maklik vergeet. Antoinette is bekend as aktrise, sangeres, skrywer en kruiekenner, maar ook as iemand wie se lewenspad haar na die Karoo, stilte, stories, herstel en die wysheid va...

Geestesgesondheid 12 Mei 2026 12.05.2026

Johan van Lill praat met Jan Niemand, ‘n lewensafrigter, oor hoe gewone mense onsekerheid, vrees en nuuskierigheid oor kunsmatige intelligensie kan bestuur. Ons hoor al hoe meer mense sê: “KI kom vir jou werk!” Die gesprek fokus op wat hierdie verandering prakties en emosioneel beteken, hoe ons KI verantwoordelik kan begin gebruik, en hoe ons menslik kan bly dink in ’n tyd van groot tegnologiese v...

Geestesgesondheid 5 Mei 2026 05.05.2026

Johan van Lill praat met Madre Fraenkel, ‘n arbeidsterapeut en kenner van demensie, oor die brose kant van ouer word. Die gesprek fokus op die emosionele, praktiese en sosiale uitdagings wat dikwels saam met ouer word kom, veral wanneer mense begin wonder oor hulle gesondheid, versorging, veiligheid, geldsake en ondersteuningsnetwerk.

Geestesgesondheid 28 April 2026 28.04.2026

Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz, ‘n opvoedkundige sielkundige, oor hoe volwassenes se goeie bedoelings nie altyd aan kinders se ontwikkelingsbehoeftes voldoen nie. Die gesprek fokus op hoe volwassenes kinders dikwels met liefde en goeie bedoelings probeer help, maar tog soms optree op maniere wat nie by ’n kind se werklike ontwikkelingsfase en emosionele behoeftes pas nie.

Geestesgesondheid 21 April 2026 21.04.2026

Johan van Lill praat met Hazel Hatting oor ’n werklikheid waarmee baie mense elke dag saamleef: Wat gebeur as jy weet jy is in die verkeerde beroep, maar jy het eenvoudig nie die vryheid om iets anders te kies nie? Die gesprek fokus op die emosionele en sielkundige impak daarvan om vasgevang te voel in werk wat jou nie pas nie, terwyl finansiële druk, beperkte geleenthede en verantwoordelikhede jo...

Слухайте подкаст Geestesgesondheid у Replaio

Радіо та подкасти в одному застосунку - безкоштовно й без реєстрації. Встановіть уже сьогодні та не пропустіть запуск

Завантажити з Google Play

Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали