RSG
Geestesgesondheid
Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte van geestesgesondheid.
Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za
Де слухати?
Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаромПодкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти
Епізоди
Geestesgesondheid 14 April 2026 14.04.2026 42:41
Johan van Lill praat met professor Jannie le Roux oor die verskil tussen florerende en verwoestende huwelike. Die gesprek fokus op die patrone wat oor tyd in verhoudings ontwikkel – die klein oomblikke wat bou of breek, die manier waarop paartjies met konflik werk, en hoe emosionele veiligheid en konneksie ’n verhouding dra, of stadig laat verbrokkel.
Geestesgesondheid 7 April 2026 07.04.2026 43:22
Johan van Lill praat met Rouxlene Badenhorst, ‘n integratiewe gesondheidspraktisyn en psigoterapeut, oor ’n onderwerp waaroor daar selde openlik gepraat word – Wat gebeur ná ’n selfdoodpoging waar die persoon oorleef het? Dit is die stil deel van die storie: jy leef nog, maar alles het verander. Die vrae, die skaamte, die verwarring en die realiteit om weer mense in die oë te kyk, word deel van el...
Geestesgesondheid 31 Maart 2026 31.03.2026 44:01
Johan van Lill praat met Lizette Volkwyn, ‘n meester-lewensafrigter, internasionale spreker en spesialis in menslike gedrag en emosionele intelligensie, oor verwerping. Dis ’n ervaring wat byna elke mens raak, maar wat dikwels onderskat word in terme van die impak wat dit op ons emosionele welstand het. Of dit nou in verhoudings, die werkplek, vriendskappe of binne families gebeur, verwerping kan...
Geestesgesondheid 24 Maart 2026 24.03.2026 43:20
Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz, ‘n opvoedkundige sielkundige, oor tienerselfdood en die komplekse emosionele wêreld waarin baie jongmense hulleself bevind. Die gesprek word gevoer teen die agtergrond van onlangse gebeure in die nuus en die groeiende besef dat ons nie genoeg oor hierdie onderwerp kan praat nie.
Geestesgesondheid 17 Maart 2026 17.03.2026 42:14
Johan van Lill praat met prestasie-afrigter en konsultant, Gielie Hoffmann, oor die noue verband tussen geestesgesondheid, prestasie en menslike groei. Hoffmann werk met organisasies, sportspanne en skole, waar hy mense help om gesonder denkwyses te ontwikkel, beter met druk te werk en volhoubare gedragsverandering te bou. Hy praat eerlik oor sy eie pad met geestesgesondheid en die lesse wat hy de...
Geestesgesondheid 10 Maart 2026 10.03.2026 40:42
Johan van Lill praat met lewensafrigters Jan Niemand en Hazel Hattingh oor ’n oorgang wat baie mense onderskat - aftrede en die emosionele aanpassing wat daarmee saamgaan. Die gesprek fokus op die skielike verandering wat mense ervaar wanneer ’n vaste inkomste verdwyn, wanneer identiteit wat jare lank met werk verbind was verander, en wanneer groot lewensveranderings emosioneel oorweldigend raak.
Geestesgesondheid 3 Maart 2026 03.03.2026 42:38
Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige dr. Elzette Fritz oor wanneer kinders se emosies oorspoel, en wat werklik gebeur wanneer ’n kind ontplof of uitreageer. Die gesprek fokus op emosionele disregulering — hoe ’n oorlaaide senuweestelsel gedrag kan dryf, hoekom kinders soms nie kan dink of luister tydens ’n uitbarsting nie, en hoe volwassenes kan onderskei tussen stout gedrag en emosi...
Geestesgesondheid 24 Februarie 2026 24.02.2026 44:06
Johan van Lill praat met lewensafrigter Jan Niemand oor wanneer liggaam en emosies saam praat – die diep verband tussen welwees, gevoelens en fisiese gesondheid. Die gesprek fokus op hoe emosies soos stres, angs en hartseer deur die liggaam manifesteer, hoe mense dikwels waarskuwingstekens ignoreer en waarom ware welwees altyd ’n geïntegreerde balans tussen liggaam en emosies vereis.
Geestesgesondheid 17 Februarie 2026 17.02.2026 39:29
Johan van Lill praat met Ian von Memerty oor selfverlossing, menswaardigheid, veroudering en geestesgesondheid. Die gesprek fokus op hoe mense sin probeer maak van verlies aan onafhanklikheid, finansiële onsekerheid, veranderende identiteit en die emosionele impak van ouerword. Daar word met empatie en diepte gekyk na die idee dat sommige mense self wil kies wanneer hulle lewe moet eindig, nie uit...
Geestesgesondheid 10 Februarie 2026 10.02.2026 41:28
Johan van Lill praat verder met Rouxlene Badenhorst, ‘n terapeut en kliniese maatskaplike werker, oor trauma as ’n liggaam- en senuweestelselproses. Die gesprek fokus op hoe trauma in die liggaam vassteek, hoe dit gedrag, verhoudings en selfbeeld beïnvloed, en hoe genesing moontlik word deur veiligheid en regulering. Die program bring luisteraars se ervarings en vrae na die voorgrond, en verken te...
Geestesgesondheid 3 Februarie 2026 03.02.2026 40:04
Johan van praat met Rouxlene Badenhorst, ‘n terapeut en kliniese maatskaplike werker, oor trauma en die diepgaande invloed daarvan op die liggaam, emosies en selfbeeld. Sy verduidelik hoe trauma nie net gaan oor wat met ’n mens gebeur het nie, maar oor wat binne jou gebeur het as gevolg daarvan, en hoe die senuweestelsel oor tyd veiligheid, regulering en balans kan verloor.
Geestesgesondheid 27 Januarie 2026 27.01.2026 40:48
Johan van Lill praat met Lizette Volkwyn, ‘n meester-lewensafrigter en skrywer, oor wat met ’n mens se identiteit gebeur ná ’n groot krisis. Wanneer mense sê: “Ek voel nie meer soos myself nie,” wat lê agter daardie woorde? Vir baie raak verlies, trauma, siekte of langdurige stres nie net hulle omstandighede nie, maar ook hullr selfbeeld, rigting en sin vir wie hulle is.
Geestesgesondheid 20 Januarie 2026 20.01.2026 41:46
Johan van Lill praat oor ’n ervaring wat veel dieper sny as punte en verslae: Wat gebeur met ’n mens se binneste wanneer ’n leerder ’n teruggehou word in Graad R, of ‘n graad op skool herhaal. Vir baie raak dit nie net akademie nie, maar identiteit, selfbeeld en die stil stem wat begin vra: Wat sê dit van my? In hierdie sensitiewe gesprek fokus Johan saam met dr, Elzette Fritz, ‘n opvoedkundige si...
Geestesgesondheid 13 Januarie 2026 13.01.2026 41:52
Johan van Lill praat oor ’n sagte, eerlike begin van die nuwe jaar, veral vir mense wat moeg is, onder druk leef, of met angs, depressie of rou worstel. In ’n tyd waar die wêreld vinnig vorentoe wil beweeg, bring hierdie gesprek ruimte vir rustigheid en menslikheid. Johan gesels met welstandberader Lynette Beer oor hoe ’n nuwe jaar nie altyd met drome en voornemens begin nie, maar soms net met ase...
Geestesgesondheid 6 Januare 2026 06.01.2026 41:49
Johan van Lill praat met lewensafrigter Jan Niemand oor hoe om die nuwe jaar aan te pak. Ná ’n tyd van refleksie kom daar ‘n behoefte aan rigting, maar vir baie mense ook druk en onsekerheid. Die gesprek verken hoe ’n mens ’n nuwe jaar kan begin sonder oordrewe voornemens, en eerder met helderheid, realistiese beplanning en gewoontes wat by jou waardes pas.
Geestesgesondheid 30 Desember 2025 30.12.2025 41:03
Johan van Lill praat met lewensafrigter Jan Niemand oor ’n vraag waarmee baie mense aan die einde van ’n jaar worstel: Hoe maak ek sin van die jaar wat verby is? Tussen herinneringe, teleurstellings en oomblikke van groei, kyk hulle na hoe ’n mens gesond kan terugkyk sonder selfoordeel. Die gesprek fokus op refleksie as ’n hulpmiddel om betekenis te vind, emosionele insig te verdiep en met groter...
Geestesgesondheid 23 Desember 2025 23.12.2025 43:37
Johan van Lill praat oor ’n tema wat baie mense raak: die emosionele impak van oorgewig wees. In ’n wêreld waar liggame maklik beoordeel word, hoor ons min oor die innerlike stryd agter die glimlag. Johan gesels met koskenner en televisiepersoonlikheid Marinda Engelbrecht oor haar persoonlike reis – nie oor dieetplanne nie, maar oor selfrespek, eerlikheid en die moed om gre...
Geestesgesondheid 16 Desember 2025 16.12.2025 42:35
Hoe gesond is jou liefdesverhouding werklik wanneer julle die deur agter julle toemaak? In ’n wêreld waar baie paartjies saam leef, maar alleen voel, verken ons die werklikhede wat glad nie op sosiale media wys nie. Johan van Lill praat met verhoudingskenner Lynette Beer oor die klein patrone, die versteekte pyn en die ongesiene verskuiwings wat bepaal of ’n verhouding floreer of verbrokkel. Sy wy...
Geestesgesondheid 9 Desember 2025 09.12.2025 41:08
Johan van Lill praat oor ’n onderwerp wat ‘n groot probleem in Suid-Afrika is. Aan die begin van Desember fokus ons op geweld teenoor vroue en kinders, en die werklikheid dat hierdie geweld dikwels in stilte voortleef. Drie vroue deel hulle ervarings, en wys hoe diep hierdie wonde sny. Daarna gesels Johan met Adri Klindt van Huis Jabez oor hoe hulle vroue en kinders ondersteun, wat uit gewelddadig...
Geestesgesondheid 2 Desember 2025 02.12.2025 42:11
Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz oor die impak wanneer ’n eggenoot of lewensmaat die huis en die verhouding verlaat. Hulle verken hoe hierdie gebeurtenis almal in die huishouding raak. en hoe ’n mens sin kan probeer maak uit só ’n diep, pynlike ervaring.
Geestesgesondheid 25 November 2025 25.11.2025 44:03
Johan van Lill praat met professor Jannie le Roux oor die kweek van positiwiteit, en hoe mense se ingesteldheid en gedagtes die manier beïnvloed waarop hulle werk, leef en met ander omgaan. Hy verduidelik hoe negatiewe denkpatrone maklik wortel skiet, hoe liggaamstaal, stemtoon en stilte ’n mens se emosionele toestand verklap, en waarom selfinsig die sleutel is om uit ou patrone te breek en nuwe,...
Geestesgesondheid 18 November 2025 18.11.2025 41:17
Johan van Lill praat met Hazel Hattingh oor konteksblindheid in die werkplek. Wat beteken dit wanneer mense die situasie of die kamer verkeerd lees, en watter invloed het dit op werkverhoudings? Sy verduidelik hoe konteksblindheid manifesteer in gesprekke, hoe liggaamstaal, stemtoon en stilte belangrike leidrade is, en waarom selfinsig nodig is om misverstande te vermy.
Geestesgesondheid 11 November 2025 11.11.2025 42:10
Johan van Lill praat met dr. Ronell Lemmer, ‘n kliniese sielkundige, oor emosionele regulering – hoe ons ons gevoelens kan herken, verstaan en gesond hanteer. Sy verduidelik hoe emosies deur die liggaam beweeg, hoe selfbewustheid help om stres en trauma te verwerk, en waarom dit belangrik is om oor ons emosies te praat. Dr. Lemmer bespreek ook die hantering van donkerder emosies en selfdoodgedagte...
Geestesgesondheid 4 November 2025 04.11.2025 43:07
Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz, ‘n opvoedkundige sielkundige, oor boeliegedrag. Hulle ondersoek wat boeliegedrag werklik beteken, hoe dit verskil van aanranding of gewone meningsverskille, en waarom dit so wydverspreid in Suid-Afrika voorkom. Die gesprek kyk ook na die emosionele impak op kinders en volwassenes, die rol van ouers en skole in die voorkoming en ingryping, en die langterm...
Geestesgesondheid 28 Oktober 2025 28.10.2025 44:04
Johan van Lill praat met lewensafrigter Jan Niemand oor depressie in die werkplek, en hoe ’n lewensafrigtingsbenadering kan help om die tekens van depressie raak te sien, praktiese hanteringswyses te ontwikkel en gesonde werkplekke te bevorder. Die gesprek verken hoe mense hulle eie veerkragtigheid kan versterk, en watter ondersteuning ’n werksomgewing kan bied om herstel en welstand moontlik te m...
Схожі подкасти
Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали