uk

Kosmos 94.1

Nuus

News AF ↓ Епізодів: 1831

Kry die nuus soos dit breek.

Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.kosmos.com.na

Автор

Kosmos 94.1

Категорія

News

Сайт подкасту

www.kosmos.com.na

Останній епізод

27 лис 2026

Де слухати?

Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаром

Подкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти

Завантажити з Google Play Встановіть безкоштовно Android 10 млн+ завантажень · рейтинг 4,7+ iOS незабаром

Епізоди

Oppas, reisende plaaswerkers 'kan BKS versprei' 25.11.2026

Verbruikers word aangeraai om vleis slegs by goedgekeurde slaghuise en winkels te koop en hul strokies te hou. Uitvoerende beampte vir Gehalteversekering en Vleis-standaarde by die Lewendehawe en Lewendehawe-produkteraad, Anja Boshoff-de Witt, sê bek-en-klouseer hou nie ’n gevaar vir mense in nie, maar boere moet streng biosekuriteit-maatreëls toepas. Plaaswerkers wat tussen plase beweeg, het verm...

16 Dae van Aktivisme teen GBV skop af 25.11.2026

Die 16 Dae van Aktivisme-veldtog teen Geslagsgebaseerde Geweld is vandag van stapel gestuur, en duur tot 10 Desember. Die tema is “Verenig om Geslagsgebaseerde Geweld en Geweld teen Kinders te Beëindig: Verseker Geregtigheid, Beskerm Oorlewendes en Beëindig Straffeloosheid.” Lynminister Emma Kantema doen ’n beroep op alle Namibiërs om teen geweld saam te staan, terwyl gemeenskapsbetrokkenheid dwar...

Oppas, kernkrag is ontsettend duur 25.11.2026

Reaksie word steeds ontvang oor die regering wat beplan om die land se ryk uraanbronne plaaslik vir onder andere kernkrag te gebruik in plaas daarvan om slegs rou erts uit te voer, wat volhoubare energie-onafhanklikheid en ekonomiese groei sal bevorder. Professor Mark Swilling van die Universiteit Stellenbosch, ‘n kundige op die gebied, het teenoor Kosmos 94.1 nuus gewaarsku oor die hoë koste van...

Landbouministerie wil loslopende vee vasvat 25.11.2026

Die landbouministerie verskerp pogings om loslopende vee suid van die Veterinêre Kordonheining aan te spreek. Die ministerie waarsku dat onbeheerde veebewegings pogings om die verspreiding van bek-en-klouseer te beperk, kan ondermyn. Die ministerie sê hy versterk monitering en wetstoepassing in samewerking met plaaslike owerhede en die Namibiese Polisie. Tydens die weeklikse bek-en-klouseer-opdate...

China lanseer Shenzhou-24-ruimtetuig, eerste buitelander aan boord 25.11.2026

China het vanoggend sy bemande Shenzhou-24-ruimtetuig gelanseer en drie ruimtevaarders na sy Tiangong-ruimtestasie gestuur. Die span sluit die Chinese Tang Hongbo en Wu Yi in, sowel as Muhammad Zeeshan Ali van Pakistan - die eerste buitelandse ruimtevaarder in die geskiedenis van China se bemande ruimteprogram. Hul gaan navorsing doen en tegnologie toets, insluitend rakende lugvaartgeneeskunde en...

Nust vra nou AS-vlak kwalifikasie vir graadprogramme 25.11.2026

Voornemende studente wat aan Nust wil studeer, sal vanaf 2027 aan nuwe toelatingsvereistes moet voldoen. Die universiteit vereis nou dat aansoekers oor 'n AS-vlak kwalifikasie beskik voordat hulle tot graadprogramme toegelaat kan word. Nust-woordvoerder Cindy van Wyk sê dit is 'n verandering van die vorige stelsel, waarvolgens sekere Graad 11-skoolverlaters direk tot universiteitstudies toegelaat...

Hof verklaar onafhanklike Phala Phala-verslag onwettig 25.11.2026

Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het die Artikel 89-onafhanklike paneel se verslag oor president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-skandaal onwettig verklaar. Dit verwyder die basis vir die vertraagde ampsklag-proses tensy dit op appèl omgekeer word. Ramaphosa het die verslag van 2022 uitgedaag en betoog die paneel het sy mandaat oorskry. Opposisiepartye, insluitend die EFF, die MK-party en ATM, het sy a...

Windhoekers kry kragonderbreking-kennisgewingstelsel 25.11.2026

Inwoners van Windhoek sal binnekort beter oor kragonderbrekings ingelig word. Die Stad Windhoek het vanoggend 'n nuwe kennisgewingstelsel bekendgestel wat elektrisiteits-verbruikers op hoogte sal hou van alle onderbrekings. Die Stad se uitvoerende hoof, Moses Matyayi, sê die stelsel sal ligging-spesifieke kennisgewings verskaf wat geaffekteerde gebiede en aangemelde kragonderbrekings identifiseer....

NANSO waarsku oor impak van skoolleierskapsgeskille op leerders 25.11.2026

Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie sê leerders ly daaronder wanneer skoolrade en die onderwysministerie in leierskapsgeskille vasgevang raak. Dit volg nadat die Hooggeregshof Windhoek Hoërskool se beheerraad se aansoek om skoolhoof Teofilus Nuugulu se aanstelling tersyde te stel, van die hand gewys het. Nanso-woordvoerder Ndayola Mulongeni sê onsekerheid oor leierskap ontwrig beplanning,...

LLPBN maan teen vals berigte oor bek-en-klouseer 25.11.2026

Die Lewendehawe en Lewendehaweprodukteraad van Namibië sê die bek-en-klouseer-uitbreking in Karasburg is ná sowat 60 dae redelik onder beheer, met geen verdere verspreiding na ander plase nie. Uitvoerende beampte vir Gehalteversekering en Vleis-standaarde, Anja Boshoff-de Witt sê die gevalle is tot Karasburg beperk en hou geen verband met die uitbreking op Impalila-eiland nie. Sy maan die publiek...

President dring op vinniger uitvoering van 34 kabinetsopdragte aan 25.11.2026

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het met die opening van die tweede Namibia Public-Private Forum aangedring op dringende uitvoering van die 34 kabinetsopdragte wat ná die vorige forum voortgespruit het. Sy het gewaarsku dat daar nie langer met die uitvoering daarvan gesloer kan word nie. Met verwysing na die konflik in die Midde-Ooste en bek-en-klouseer in Namibië, het sy gesê die verwagte reële B...

Verkeersbeamptes beboet motoriste sonder bestuurslisensies 25.11.2026

Motoriste word daaraan herinner om te alle tye hul geldige bestuurslisensie by hulle te hê wanneer hulle op die land se paaie bestuur. Verskeie motoriste is vanoggend in Windhoek beboet nadat hulle sonder hul bestuurslisensies agter die stuurwiel betrap is. Die voorvalle beklemtoon die belangrikheid daarvan dat motoriste seker maak dat hulle oor die nodige dokumentasie beskik voordat hulle hul rei...

Nida beplan twee sonkragaanlegte in //Kharas met 800 werksgeleenthede 25.11.2026

Nida en Ridgepoint Sentinel Company beplan gesamentlik twee sonkragaanlegte van twee megawatt elk in die //Kharas-streek. Ridgepoint se besturende direkteur, Herman Van Zyl, sê die projek kan tot 800 werksgeleenthede skep en Nida se produksiekoste met 11 miljoen Namibiese dollar verlaag. Minister Modestus Amutse sê dit sal help om elektrisiteitskoste by groenskemas te verminder.

Springbok-sewesspan skop nuwe SVNS-seisoen in Doebai af 25.11.2026

Die Springbok-sewesspan het veilig in Doebai aangekom voor die eerste toernooi van die nuwe 2026/27 HSBC SVNS-reeks, wat Saterdag by die Sevens-stadion afskop. Afrigter Philip Snyman se verdedigende kampioene kom in hul groepwedstryde eerste teen Argentinië, Australië en die VSA te staan. Ryan Oosthuizen, wat reeds sy negende seisoen in die reeks aanpak, sê met hul aankoms in Doebai dat hy gereed...

Studie oor positiewe impak van trofeejag lok reaksie in Namibië 25.11.2026

Reaksie word ontvang op ’n internasionale studie wat bevind het dat trofeejag oor die algemeen positiewe uitkomste vir bewaring en plaaslike gemeenskappe in Afrika suid van die Sahara lewer. Dit is in Conservation Letters gepubliseer en het 89 wetenskaplike artikels uit 13 lande ontleed. Daar is bevind dat 65 persent van die gedokumenteerde uitkomste positief en 26 persent negatief was. Trofeejag...

SA wil handelsbetrekkinge uitbrei met 27 markte in sy visier 25.11.2026

Die Suid Afrikaanse minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê Suid-Afrika moet sy uitvoere uitbrei, markte diversifiseer en produktiewe beleggings lok om vinniger en meer inklusiewe groei te bewerkstellig. Die departement het gister ʼn afskeidseremonie aangebied vir die pas aangestelde buitelandse ekonomiese verteenwoordigers wat na markte wêreldwyd ontplooi word. Tau sê hulle he...

SUN waarsku oor swak onderwysinfrastruktuur in Kunene 25.11.2026

Die Student Union of Namibia sê ’n tekort aan water, elektrisiteit en klaskamers dra by tot swak akademiese prestasie en belemmer jongmense se toegang tot tersiêre onderwys in die Kunene-streek. Midde berigte dat sowat 900 leerders vanjaar skool verlaat het en slegs 23 persent verlede jaar hul AS-vlak geslaag het, sê raadsvoorsitter Bernard Kavau dat selfs die min Kunene-leerders wat universiteit...

Sokker: Senegal word weer aangewys as wenner van AFCON 2025 25.11.2026

Die Hof van Sport-arbitrasie het Senegal aangewys as wenner van 2025 se Afrikabeker-toernooi. Die land het die gasheer, Marokko, in Januarie 1-0 verslaan in die eindstryd, maar die beheerliggaam, CAF, het hom in Maart die titel ontneem omdat hy kompetisie-reëls oortree het deur van die veld te stap toe 'n doel nie toegeken is nie en 'n strafskop aan Marokko toegestaan is. Die hof se direkteur-gene...

Brown Mogotsi moet wag nadat sy borgtogaansoek tot 1 Des uitgestel is 25.11.2026

Die saak teen Brown Mogotsi, wat homself as ’n politieke tussenganger beskryf, is tot 1 Desember uitgestel vir verdere borgtog-ondersoeke. Mogotsi het gister vlugtig in die Pretoriase landdroshof verskyn, waar hy teregstaan op ’n aanklag oor beweerde valse getuienis wat hy onder eed voor die Madlanga-kommissie afgelê het. Lumka Mahanjana van die Nasionale Vervolgingsgesag sê die staat het aangedui...

IRR waarsku lae beleggings belemmer ekonomiese groei 25.11.2026

Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê Suid-Afrika lok nie genoeg beleggings om die ekonomie te laat groei en werksgeleenthede te skep nie. Die organisasie skryf dit toe aan misdaad, swak infrastruktuur en ingewikkelde reëls, wat ondernemings huiwerig maak om te belê. Terence Corrigan van die instituut sê die regering moet veranderinge aanbring om beleggings aan te moedig, die ekonomie te laat groe...

Studie: Trofeejag bevoordeel wildbewaring en gemeenskappe 25.11.2026

’n Internasionale studie waaraan navorsers van die Universiteit Stellenbosch deelgeneem het, het bevind dat trofeejag in Afrika suid van die Sahara oor die algemeen positiewe uitkomste vir wildbewaring en plaaslike gemeenskappe lewer. Die studie het spesifiek na gedokumenteerde bewarings- en gemeenskaps-uitkomste gekyk. Hayley Clements van die universiteit se Sentrum vir Volhoubaarheidsoorgange he...

Ramaphosa hou vol regering sal nie staatsbeheerde maatskappye privatiseer nie 25.11.2026

Die Suid Afrikaanse president Cyril Ramaphosa sê die regering het geen planne om staatsondernemings te privatiseer nie. Ramaphosa het in reaksie op vrae in die Nasionale Raad van Provinsies gesê privaat maatskappye sal betrek word om te help met die verbetering van dienste by hawens en op spoorweë, maar die bates sal in staatsbesit bly. Hy sê Eskom word geherstruktureer om elektrisiteitsopwekking...

UNFPA waarsku oor struikelblokke wat jongmense se toekoms beperk 25.11.2026

Die Verenigde Nasies Bevolkingsfonds se uitvoerende direkteur, Diene Keita, sê werks-onsekerheid en politieke uitsluiting verhoed dat jongmense belangrike lewensdoelwitte bereik, al is hulle die bes-opgevoede generasie in die geskiedenis. Sy het met die bekendstelling van die 2026 Wêreld-bevolkingsverslag, wat op terugvoer van meer as 100 000 jongmense gegrond is, gesê vier uit elke vyf jong volwa...

Cosatu waarsku besparingsmaatreëls sal nie SA se werkloosheidskrisis oplos nie 25.11.2026

Die vakbondfederasie Cosatu vra die regering om sterker maatreëls in te stel om werkloosheid, armoede en stadige ekonomiese groei aan te spreek. Die federasie het die oproep gedoen terwyl hy sy voorlegging oor die mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring en Wetsontwerp op Aanpassings aan die Parlement voorgelê het. Matthew Parks van Cosatu sê die jongste begrotingsplanne gaan nie ver genoeg om suk...

LPM bekommerd oor Namibië se waterskuld van N$2,8 miljard 25.11.2026

Die LPM is bekommerd oor die toenemende waterskuld, wat tans op meer as 2,8 miljard Namibiese dollar staan. In vrae wat aan lynminister Inge Zaamwani-Kamwi in die parlement gerig is, sê LPM-parlementslid Eneas Emvula dat geen Namibiër toegang tot water ontneem behoort te word weens finansiële wanbestuur of die versuim van owerhede om op te tree nie. Hy het ook vrae oor berigte dat plaaslike owerhe...

Слухайте подкаст Nuus у Replaio

Радіо та подкасти в одному застосунку - безкоштовно й без реєстрації. Встановіть уже сьогодні та не пропустіть запуск

Завантажити з Google Play

Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали