Kosmos 94.1
Nuus
Kry die nuus soos dit breek.
Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.kosmos.com.na
Де слухати?
Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаромПодкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти
Епізоди
Suid-Afrikaanse rooivleisprodusente onder druk 26.11.2026 0:28
Suid-Afrikaanse rooivleisprodusente ervaar tans druk weens stygende voerkoste, droogte en siekte-uitbrekings. Ondanks wisselende markpryse bly volhoubare boerderypraktyke, biosekuriteit en doeltreffende kuddebestuur noodsaaklik om winsgewendheid te verseker. Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie van Suid-Afrika, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die huidige uitdagin...
Bek-en-klouseer knou Namibië se veebemarking en uitvoere 26.11.2026 0:23
Die veebedryf voel toenemend die impak van die bek-en-klouseer-uitbreking, met die bemarking van beeste, skape en bokke, asook vleisuitvoere, wat in Oktober bykans tot stilstand gekom het. Hoewel die sektor in die eerste tien maande van die jaar steeds beter as in 2025 gevaar het, raak die vooruitsigte al hoe meer onseker. Desmond Cloete, bemarkingsbestuurder van die Lewendehawe- en Lewendehawe-pr...
Brandstofpryse kan in Desember weer styg 26.11.2026 0:23
Motoriste kan in Desember moontlik weer met ’n brandstofprysverhoging te doen kry, met aanduidings wat op ’n styging dui. Die Energiedepartement vergader vandag om die voorgestelde prysaanpassings te bespreek. Die ministerie sal na verwagting môre of Maandag sy besluit bekend maak. Kara van den Heever, ’n beleggingsontleder by Momentum, sê die Namibiese dollar het die afgelope maand merkbaar teeno...
EFF beskuldig regters dat hulle Ramaphosa beskerm in Phala Phala-verslag 26.11.2026 0:17
Die EFF verwerp die Wes-Kaapse Hooggeregshof se eenparige beslissing om die onafhanklike Artikel 89-paneel se verslag tersyde te stel. Die verslag het bevind president Cyril Ramaphosa het ʼn prima facie-saak om antwoorde te verskaf oor die diefstal van buitelandse valuta op sy Limpopo-plaas in 2020. Die hof het ook enige prosedures wat uit die verslag voortspruit, ongeldig verklaar en die Parlement...
IPC bevraagteken politieke betrokkenheid van afgetrede offisiere 26.11.2026 0:37
Die IPC vra vir 'n hersiening van die Weermagwet van 2002, midde kommer oor die politieke betrokkenheid van afgetrede senior militêre offisiere. Die party se skadu-verdedigingminister, Aloisius Kangulu, sê voorsorgmaatreëls is nodig om die politieke neutraliteit van die Namibiese Weermag te beskerm. Dit is veral belangrik wanneer afgetrede offisiere steeds militêre voorregte geniet terwyl hulle aa...
Rugby: Kolisi sê SA wil hê die Bokke moet wen vir Rassie 26.11.2026 0:20
Springbok-kaptein Siya Kolisi sê Suid-Afrika wil hê hulle moet Sondag die Nasieskampioenskap wen ter wille van hulle geskorste hoofafrigter, Rassie Erasmus. Hy is vir ses weke geskors na sy kritiek op die wedstrydbeamptes na die nederlaag teen Frankryk vroeër die maand en sal die kragmeting op Twickenham weer uit sy hotelkamer volg. Kolisi sê dis moeilik sonder hulle mentor tydens wedstryde, maar...
Unam-navorser beklemtoon waarde van inheemse kennis in siektebeheer 26.11.2026 0:39
'n Navorser by Unam, Rachel Freeman, doen 'n beroep dat inheemse kennis saam met moderne wetenskap in Afrika se One Health-benadering gebruik word. Sy sê plaaslike waarnemings van veranderinge in dieregedrag en seisoene kan belangrike vroeë waarskuwingstekens van moontlike siekte-uitbrekings bied.
Rugby: Blitsbok-nuwelinge gereed om hul merk in Dubai te maak 26.11.2026 0:19
JC Mars en Van Reenen Kruger is opgewonde oor die geleentheid om die naweek in die openingsronde van die Wêreld-sewereeks in Dubai hul debuut vir die Springbok-sewesspan te maak. Hulle het die week hul amptelike oefentruie ontvang. Mars het die afgelope twee seisoene verskeie beserings opgedoen en die Junior Wêreldkampioenskap misgeloop. Kruger sal hierdie mylpaal saam met sy vriend, die blitsige...
Kieswetter: Misdaad klop staat se vermoëns 26.11.2026 0:17
Die oudkommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Edward Kieswetter, sê die staat reageer op georganiseerde misdaad, maar die pogings is steeds onvoldoende om die groeiende bedreiging aan te spreek. Gedurende die 2025/2026-boekjaar het die diens 42 projekte en 534 ondersoeke uitgevoer en 80 onwettige tabaksake aan die Nasionale Vervolgingsgesag oorhandig. Hy het aan die Madlanga-kommissie...
DA sê 87% van SA onderwysers steeds nie geverifieer 26.11.2026 0:21
Die DA sê 'n gratis keuringstelsel en meer geld is nodig om die agterstand in die verifiëring van mense wat met kinders werk, uit te wis. Dit volg na 'n verslag deur die Parlement se Portefeuljekomitee oor Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, wat bevind het ongeveer 87 persent van onderwysers en ondersteuningspersoneel is nie gekeur nie. Michael Waters van die party sê in Gauteng is 12 onderwyse...
Bankkaart- en elektroniese bedrog kos Namibië N$50 miljoen 26.11.2026 0:39
Die Bank van Namibië se adjunk-president, Leonie Dunn, sê bedrog met bankkaarte, elektroniese fondsoorplasings en elektroniese-beurse het tussen Januarie en Oktober vanjaar sowat 50,3 miljoen Namibiese dollar beloop. Sy het by die 2026 Namibiese Bedrog en Kuberveiligheid-beraad gewaarsku dat dié verliese die finansiële sekuriteit van individue en ondernemings, asook vertroue in die finansiële stel...
Morolong vra dringende herindustrialisering om werk te skep 26.11.2026 0:19
Die Adjunkminister in die Presidensie, Kenny Morolong, vra dringende herindustrialisering om die vervaardigingsektor 'n hupstoot te gee en werksgeleenthede te skep. Hy het tydens die SEIFSA-herindustrialiseringskonferensie in Johannesburg klem gelê op sterker vennootskappe tussen die regering en die nywerheidsektor, asook die plaaslike verwerking van grondstowwe. Morolong het die hersiene Nywerhei...
Namibië se olie-ontwikkeling steeds vertraag 26.11.2026 0:41
Finale beleggingsbesluite oor die ontwikkeling van Namibië se groot olie-ontdekkings aan die kus word telkens uitgestel, byna vier jaar ná die eerste groot ontdekkings. Die vertragings hou verband met verskeie uitdagings, waaronder onderhandelinge oor plaaslike deelname en die ekonomiese voordele wat Namibië uit olie-ontginning moet ontvang. Die voorsitter van die Vereniging vir Namibiese Olie-ope...
ANC vra vorderingsverslag oor onopgeloste moord- en verkragtingsake 26.11.2026 0:20
Die ANC vra die regering om ’n oudit vry te stel oor onopgeloste sake vir moord, poging tot moord, verkragting en ander ernstige seksuele misdrywe waarby vroue en kinders betrokke is. Sy oproep kom terwyl Suid-Afrika die 16 Dae van Aktivisme teen geslagsgeweld en vrouemoord gedenk. Die ANC-woordvoerder Mahlengi Bhengu verwelkom die toewysing van vyf-miljard-rand om die krisis van geslagsgeweld en...
President prys openhartige gesprekke by publiek-private forum 26.11.2026 0:23
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het deelnemers aan die tweede Namibia Public-Private Forum geprys vir hul openhartige en konstruktiewe gesprekke tydens die eerste dag van die beraad in Windhoek. Sy sê die besprekings toon dat Namibië oor die vermoë beskik om oplossings vir die land se uitdagings te vind. Die President het haar waardering vir die deelnemers se bydraes uitgespreek en sê sy sien uit...
ATM oorweeg appèl teen die hofuitspraak oor Phala Phala 26.11.2026 0:18
Die African Transformation Movement sê hy oorweeg dit om appèl aan te teken teen die uitspraak van die Wes-Kaapse Hooggeregshof wat die Artikel 89-verslag oor president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-skandaal tersyde gestel het. Die hof het die verslag van die onafhanklike paneel onregmatig verklaar. Dit beteken die ampsklagproses verval tensy die uitspraak op appèl omvergewerp word. Die leier van...
Omuthiya-landdroshof hanteer meer as 860 sake 26.11.2026 0:40
Die nuwe landdroshof in Omuthiya het tussen Junie en Oktober 258 strafsake en 606 verkeersoortredings hanteer, en meer as 230-duisend Namibiese dollar aan boetes ingevorder. Hoofregter Peter Shivute sê die hof het ook 30 tussentydse en nege finale beskermingsbevele in gesinsgeweldsake uitgereik. Dit beteken inwoners kon toegang tot dié regsdienste kry sonder om lang afstande buite die distrik te r...
Muurbal: Van Niekerk terug om BDO Namibian Open-titel te verdedig 26.11.2026 0:27
Die Suid-Afrikaanse muurbal-speler Dewald van Niekerk is terug in Windhoek om sy BDO Namibian Open-titel te verdedig. Van Niekerk, die heersende kampioen, het verlede jaar vir Egipte se Aly Tolba met 3-0 in die eindstryd geklop. Hy keer vanjaar terug met nuwe voorbereiding en vasberadenheid om sy titel te behou. Die toernooi vind tot Saterdag by Wanderers Muurbal Klub plaas, met spelers uit 14 lan...
Afrika moet KI omhels om groei te versnel 26.11.2026 0:35
Die besturende direkteur van World Wide Worx, Arthur Goldstuck, sê Afrika moet kunsmatige intelligensie om-arm, om ekonomiese groei te versnel en uitdagings in gesondheidsorg, landbou en onderwys die hoof te bied. Hy sê groter ondersteuning vir innovasie is noodsaaklik om die digitale kloof te verklein en volhoubare ontwikkeling op die vasteland te bevorder.
Swakopmund versterk veiligheid met nuwe CCTV-stelsel 26.11.2026 0:33
Die Swakopmund-munisipaliteit het ’n nuwe gemeenskaps-CCTV-toesigstelsel bekend gestel en die Matutura-speelpark amptelik ingewy. Die inisiatiewe vorm deel van die munisipaliteit se pogings om openbare veiligheid te verbeter en meer veilige ontspanningsruimtes vir inwoners te skep. Die munisipaliteit het sowat 3,7 miljoen Namibiese dollar vir die CCTV-projek bewillig, terwyl Erongo RED ’n verdere...
Hofuitspraak oor Nuugulu se aanstelling by WHS verwelkom 26.11.2026 0:40
Metcalfe & Beukes Prokureurs beskryf die Hooggeregshof se afwysing van die regsgeding teen Teofilus Nuugulu se aanstelling as skoolhoof van Windhoek Hoërskool as ’n betekenisvolle mylpaal in die skool se geskiedenis. Die firma se Florian Beukes, wat Nuugulu verteenwoordig het, sê sy aanstelling as die skool se eerste swart skoolhoof beklemtoon die belangrikheid van gelyke geleenthede, inklusiwitei...
Phala Phala: SA Parlement wag op regsadvies 26.11.2026 0:19
Die voorsitter van die Artikel 89-ampsklagkomitee, Makashule Gana, sê die parlement se regsdienste is gevra om raad te gee oor die pad vorentoe ná die Wes-Kaapse Hooggeregshof se uitspraak oor die Phala Phala-verslag. Die hof het die onafhanklike paneel se verslag onregmatig verklaar en dus verval die hele basis vir die ampsklagproses teen president Cyril Ramaphosa, tensy die beslissing op appèl t...
Kumbwa vra steun vir dorpskomitees 26.11.2026 0:31
Die leier van die All People’s Party, Ambrosius Kumbwa, het in die Nasionale Vergadering kennis gegee van ’n mosie wat hy in Februarie volgende jaar ter tafel wil lê om regeringsondersteuning vir dorpsontwikkelingskomitees te vra. Hy sê landelike komiteelede, wat dikwels werkloos is, verrig hul pligte sonder salarisse of toelaes, anders as lede van kiesafdelingsontwikkelingskomitees.
Die dag wat was, 25 November 2026 25.11.2026 5:41
Kry die nuus soos dit breek.
Moerat bewus van bedreiging wat Franse inhou 25.11.2026 0:18
Rugby: Die Springbok-slot Salmaan Moerat verwag 'n epiese stryd in Sondag se Nasieskampioenskap-eindstryd teen Frankryk op Twickenham. Dit sal die 28-jarige se eerste toets vanjaar wees nadat rug-spasmas hom drie weke gelede uit die oorwinning van 66-7 oor Italië gehou het. Lood de Jager is Sondag sy slotmaat. Moerat het vanjaar van die Stormers na La Rochelle in Frankryk verhuis en sê hulle is be...
Схожі подкасти
Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали