Kosmos 94.1

Nuus

News AF ↓ 734 avsnitt

Kry die nuus soos dit breek.

Glöm inte att besöka poddens webbplats och stötta skaparen: www.kosmos.com.na

Skapare

Kosmos 94.1

Kategori

News

Poddens webbplats

www.kosmos.com.na

Senaste avsnittet

18 okt 2026

Var kan du lyssna?

Poddar i appen Replaio Radio Kommer snart

Poddar kommer snart till appen. Installera nu och bli först med att uppleva ett helt nytt sätt att lyssna på poddar

Ladda ned på Google Play Installera gratis Android nästan 10 mn nedladdningar · betyg 4,8 iOS snart

Avsnitt

Namibië, SA eer beide rewolusionêre state: ontleder 06.07.2026

Reaksie word ontvang oor die Namibiese afvaardiging, gelei deur die minister in die Presidensie Charles Mubita en Swapo-LP Peya Mushelenga, wat hul eer betoon het tydens die begrafnisstoet van die voormalige Iranse opperleier Ali Khamenei in Teheran. Tydens die besoek het die afvaardiging met Iranse president Masoud Pezeshkian vergader. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by die Suid-Afrikaanse politieke...

Hoekom is erkende misdadiger Mazzotti nie vervolg nie? 06.07.2026

Tax Justice South Africa vra die Nasionale Vervolgingsgesag om te verduidelik hoekom die sakeman Adriano Mazzotti nooit strafregtelik vervolg is nie. Dit is ondanks sy beweerde erkenning dat hy met tabak gesmokkel, belasting ontduik en pogings aangewend het om amptenare van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens om te koop. Die organisasie se stigter, Yusuf Ambramjee, sê dit versterk kommer dat georgan...

Reuse veldbrand woed suid van Outjo 06.07.2026

'n Reuse veldbrand woed op die oomblik in die omgewing suid van Outjo. Die brand het Saterdag ontstaan en het versprei met sommige dele wat uiters moeilik bereikbaar is. Een van die boere in die gebied, Paul Oosthuizen is besig om voorbrande te maak en het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

GOOD kap Stad Kaapstad oor min bekostigbare huise 06.07.2026

Die GOOD-party sê die Stad Kaapstad moet erken hy het die afgelope agt jaar nie een bekostigbare huis in die middestad en omliggende gebied gelewer nie. Die Konstitusionele Hof het verlede week die verkoop van die Tafelberg-skoolterrein in Seepunt omgekeer en die Wes-Kaap en die metro beveel om ʼn verslag in te dien oor hulle planne en lewering van bekostigbare behuising. GOOD se sekretaris-generaa...

Fosa het ook kommer oor Zuma se Indië besoek 06.07.2026

Die Forum for South Africa het kommer uitgespreek oor oudpresident Jacob Zuma se onlangse besoek aan Indië. Hy is tydens die reis afgeneem saam met Suid-Afrika se hoë kommissaris in Indië, Anil Sooklal, en die vermeende staatskaping-argitek, Ajay Gupta. Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking ondersoek nou die kwessie. FOSA-leier Tebogo Mashilompane sê Zuma se besoek laat ern...

Bellingham sê Mexiko-wedstryd was trotsste oomblik ooit 06.07.2026

Engelse speler Jude Bellingham sê hy was nog nooit so trots nie. Dit kom na Engeland die mede-gasheer, Mexiko, 3-2 uitgeskakel en speel nou teen Noorweë. Bellingham het binne 98 sekondes twee doele aangeteken en kaptein Harry Kane het die oorwinning vir Engeland verseker met 'n strafdoel. Hy sê was sy trotsste oomblik in 'n Engeland-trui.

Hindernisse is soms die skuld van die SME en nie owerhede nie 06.07.2026

Die Khomas-streeksraad het verlede week ’n inligtingsessie vir geleenthede vir ondernemings van klein- en mediumgrootte gehou. Een van die gesprekke wat gevoer is, het gehandel oor die SME-fonds wat deur GIZ Namibia befonds word. Baie entrepreneurs het tydens hierdie gesprekke hul ervarings gedeel oor die toetredinghindernisse wat hulle ondervind as klein ondernemings. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie...

Amutse moet verduidelik oor sy Nasan-besluit, meen kenner 06.07.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Amutse moet verduidelik oor sy Nasan-besluit, meen kenner 06.07.2026

Reaksie word ontvang energieminister Modestus Amutse wat die voorwaardes van die Mededingingskommissie oor Nasan Energies se oorname van 52 vulstasies opgeskort het. Die kommissie het gesê dat Nasan vir vyf jaar geen brandstof van Vivo of sy filiale mag aankoop nie. Amutse sê die geopolitieke onstabiliteit in die Midde-Ooste het onsekerheid oor brandstof-aanbod verhoog. Kosmos 94.1 Nuus het met op...

Lyssna på podden Nuus i Replaio

Radio och poddar i en och samma app - gratis och utan konto. Installera redan idag och missa inte premiären

Ladda ned på Google Play

Replaio är ingen poddutgivare; programnamn, omslag och ljud tillhör sina upphovspersoner och distribueras via offentliga RSS-flöden