Kosmos 94.1

Nuus

News AF ↓ 718 avsnitt

Kry die nuus soos dit breek.

Glöm inte att besöka poddens webbplats och stötta skaparen: www.kosmos.com.na

Skapare

Kosmos 94.1

Kategori

News

Poddens webbplats

www.kosmos.com.na

Senaste avsnittet

16 okt 2026

Var kan du lyssna?

Poddar i appen Replaio Radio Kommer snart

Poddar kommer snart till appen. Installera nu och bli först med att uppleva ett helt nytt sätt att lyssna på poddar

Ladda ned på Google Play Installera gratis Android nästan 10 mn nedladdningar · betyg 4,8 iOS snart

Avsnitt

Karasburg bly spilpunt van bek-en-klouseer 27.09.2026

Vier beeste op die plaas in die Karasburg-distrik waar daar Woensdag 'n bek-en-klou-uitbreking bevestig is, is na Otjozondjupa vervoer, het die minister in die presidensie en die adjunk landbouminister, Charles Mubita, Saterdag tydens 'n mediakonferensie by Staatshuis gesê. Naspeurbaarheid het onmiddellik begin, het hy gesê:

Die nuus om 13:00 26.09.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Beperkte polisiehulpbronne kan stropers laat kanse vat 26.09.2026

Rickus Spangenberg, stigter van die K9-eenheid teen stropery, sê nasionale padblokkades vir bek-en-klouseer sal help om vleissmokkelary te bekamp, maar waarsku dat beperkte polisiehulpbronne grondpaaie kwesbaar laat vir stropery. Spangenberg doen 'n beroep op wetstoepassers om saam te werk met private teenstropery-eenhede en plaaslike plaasveiligheidsnetwerke om sekondêre roetes doeltreffend af te...

Waarnemende polisieminister besoek Ekurhuleni, spilpunt van moorde 26.09.2026

Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, het ʼn oorsigbesoek aan Ekurhuleni gebring om die polisie se gereedheid en vermoë op stasievlak te bepaal. Hy het die polisiekantore in Kemptonpark en Tembisa besoek en gefokus op geslagsgeweld, vrouemoord en ondersteuning aan slagoffers. Die ministerie se woordvoerder, Kamogelo Mogotsi, sê Cachalia het ná die onlangse ontdekking van tien liggam...

BoN hou dinkskrum oor petroleumproduksie 26.09.2026

Die Bank van Namibië het sy 2026 Jaarlikse Simposium aangebied wat gefokus was op die voorbereiding van die nasionale ekonomie vir die komende petroleumproduksiefase. Met die fokus op plaaslike vaardigheidsbou, regulatoriese raamwerke en plaaslike deelname, het leiers beklemtoon dat voorbereidings voor olie-ontdekkings van kritieke belang is om te verseker dat petroleumontdekkings tasbare ekonomie...

Als in orde Krugerwildtuin ná brand 26.09.2026

SANParke sê geriewe by die Krugerwildtuin in Limpopo is steeds werking ná 'n brand by die Letaba-ruskamp. Die brand het Vrydag twee toeriste-eenhede geraak, maar personeel en veldwagters het daarin geslaag om dit te beheer voordat dit kon versprei. JP Louw van SANParke sê die wildtuinwinkel, vulstasie, olifantmuseum en kampontvangs bly soos gewoonlik oop:

Saftu vra Ramaphosa om Masemola-skorsing op te hef 26.09.2026

Die vakverbond Saftu vra president Cyril Ramaphosa om die voorkomende skorsing van die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, op te hef. Die aanklagte teen Masemola oor die SAPD-tender aan Medicare24 is Dinsdag in die Pretoriase landdroshof teruggetrek nadat die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging bevind het daar is geen redelike vooruitsig vir ʼn suksesvolle vervolging nie. Saftu-w...

Nóg duurder brandstof in die pyplyn 26.09.2026

Die land staar stygings in brandstofpryse in die gesig namate 'n swakker plaaslike geldeenheid gekombineer word met verhoogde internasionale oliekoste, sê onafhanklike ekonoom Klaus Schade. Die Brent ru-olieprys het Vrydagaand rondom 104 Amerikaanse dollar per vat verhandel. Die styging was weens onderbrekings in die voorsiening in die Straat van Hormuz en aanvalle op die Rooi See-pyplyne. Schade...

BKS: 'Bly paraat, bly gefokus,' vra NLU 26.09.2026

Die president van die Namibië Landbou-unie, Thinus Pretorius, sê die status quo rakende die bek-en-klouseeruitbreking in die land word steeds gehandhaaf. Pretorius het 'n beroep op mense gedoen om nie hul ore vir ongeverifieerde stories uit te leen nie, maar paraat en gefokus te bly.

Die dag wat was, 25 September 2026 25.09.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Hoër rentekoers slegte nuus vir SA boere 25.09.2026

Standard Bank sê die Reserwebank se besluit om die rentekoers met 25 basispunte te verhoog, kom op ʼn moeilike tyd vir boere wat reeds deurloop onder hoë brandstof-, kunsmis- en ander insetkoste. Die styging is daarop gemik om inflasie onder beheer te hou. Brendan Jacobs van Standard Bank sê voortslepende onsekerheid in die wêreld se oliemarkte en die konflik in die Midde-Ooste dra ook by tot styge...

Stad Windhoek 'skuif straatverkopers weg van besigheid' 25.09.2026

Maatskaplike aktivis Shaun Gariseb beskuldig die Stad Windhoek daarvan dat hulle koloniale era-verordeninge gebruik om straatverkopers te teiken, ten spyte van hul strategiese plan wat ondersteuning vir informele handelaars belowe. Gariseb sê amptenare hou aan om verkopers na plekke weg van voetverkeer te skuif, en bied tydelike in plaas van praktiese oplossings. Hy het 'n beroep op geaffekteerde...

Unam Cares-projek deur VN erken 25.09.2026

Unam se korporatiewe sosiale verantwoordelikheidsvleuel, Unam Cares, het wêreldwye erkenning van die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie ontvang vir sy innoverende "Een Gesondheid"-landbouvoedselprojek. Die internasionale toekenning vereer Unam se inisiatief om organiese afval in voedselproduksiesentrums te omskep, wat menslike, dierlike, plant- en omgewingsgesondheid in landelike gemeenskappe s...

Formaliseer informele nedersettings dringend: Swapo-LP 25.09.2026

Swapo-parlementslid Hilma Iita het 'n mosie in die Nasionale Vergadering ingedien wat die dringende formalisering van informele nedersettings en die uitwissing van onveilige plakkershutte versoek. Iita het die parlement gevra om die apartheid-era Plakkersproklamasie AG 21 van 1985 te herroep en die Wet op Plaaslike Owerhede te wysig. Dit baan die weg vir 'n nasionale program om basiese dienste uit...

Swapo-LP's beskuldig van doelbewuste tydmors in parlement 25.09.2026

Die Grondlose Volksbeweging beskuldig die regerende Swapo en die speaker daarvan dat hulle parlementêre vertragingstaktieke gebruik om opposisie-toesig te blokkeer en kritieke wetgewing soos die Huurbeheer- en Grondwetsontwerpe te vertraag. LPM-woordvoerder Lifalaza Simataa beweer dat Swapo-agterbankers geoefende, triviale vrae aan ministers stel om tyd te vermors en die uitvoerende gesag van aans...

Formule 1: Norris is hartseer McLaren is so ver agter 25.09.2026

Motorsport: Lando Norris van McLaren verwag nie om vandag die voorste wegspringplek in te palm in die Azerbeidjanse Grand Prix nie. Hy en sy spanmaat, Oscar Piastri, het in Donderdag se oefenrondes sowat 1,5-sekondes ná die pasaangeër, George Russell van Mercedes, geëindig. Norris, wat 106 punte agter die voorloper in die Formule Een-bestuurderskampioenskap, Kimi Antonelli van Mercedes is met nege...

Bibi kap Mamdani in VN-toespraak, Mamdani slaan terug 25.09.2026

Die Israeliese premier Benjamin Netanyahu het die burgemeester van New York-stad, Zohran Mamdani, skerp gekritiseer tydens 'n omstrede toespraak voor die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies. Benjamin Netanyahu vrydag jongste (let op greep) TERUG: In 'n verklaring ná die toespraak het Mamdani gesê dat Netanyahu, soos hy al telkens gedoen het, sy toespraak gebruik om ongegronde leuens te h...

Israel pleeg volksmoord: Lamola by VN 25.09.2026

Suid-Afrika se minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Israel se voortgesette oortreding van internasionale en humanitêre reg kom neer op volksmoord. Hy het die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York toegespreek. Suid-Afrika het in Desember 2023 by die Internasionale Strafhof ʼn saak teen Israel aanhangig gemaak en aangevoer dat hy volgens die Volksmo...

Twee in Soweto vas ná gruvonds 11.07.2026

Twee mans is in hegtenis geneem nadat polisiebeamptes 'n gekaapte voertuig en vermoedelike menslike organe by 'n woning in Naledi, Soweto, ontdek het. Die woordvoerder van die Johannesburgse Metropolisie, Xolani Fihla, sê die taktiese reaksie-eenheid het 'n wenk opgevolg oor 'n voertuig wat by die eiendom afgetakel word. Hy het verduidelik dat met verdere deursoeking van die erf twee emmers met ve...

Namfisa, dorpsrade dop regstellende-aksietoets 11.07.2026

Groot werkgewers soos Namfisa, die Oshakati- en Outapi-dorpsrade, NovaNam Group, City Lodge Hotels, Nutam Operations en AB InBev Namibia se regstellende-aksieverslae is deur die Diensbillikheidskommissie na onlangse hersieningspaneelverhore afgekeur, nadat bemiddeling onsuksesvol was. Die kommissie sê die verslae het onder meer nie voldoen aan vereistes oor die aanstelling van gekwalifiseerde Nami...

Zimbabwies-Britse moordverdagte in SA vasgetrek 11.07.2026

Interpol en die Eenheid vir Georganiseerde Misdaad het 'n Zimbabwies-Britse burger, Mkhanyisi Tshuma, in hegtenis geneem. Hy word deur die Britse owerhede gesoek vir die beweerde moord van sy vrou en twee dogters. Die polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die 45-jarige is opgespoor na 'n Interpol-rooi kennisgewing en hy is vyf dae na hy Suid-Afrika binnegekom het, gearresteer. Die motief vir die m...

Nog baie om te doen om korrupsie te beveg 11.07.2026

Vandag is Afrika Teenkorrupsiedag, met vanjaar se tema: “Die Verskerping van die Bevordering van Integriteit en Teenkorrupsie-aksies reg oor Afrika”. 'n Sleutelfokus is die versterking van beskerming en ondersteuning vir integriteitsvegters, fluitjieblasers en teenkorrupsie-aktiviste. Frederico Links van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat Namibië steeds op hier...

Skenk bloed, daar's 'n ernstige tekort! 11.07.2026

Die Bloedoortappingsdiens sê die land se mediese stelsel staar 'n ernstige voorraadtekort in die gesig. Opvoedingsbeampte Frieda Vatileni-Asino waarsku dat mediese prosedures en noodtrauma-reaksies in die gedrang kan kom as voorraad nie onmiddellik aangevul word nie. Sy pleit dat mense vandag nog bloed skenk by verskeie klinieke.

Madlanga: Kommissie hoor klankopname van hewige rusie 11.07.2026

'n Plofbare klankopname uit 2018 is by die Madlanga-kommissie voorgelê, van 'n driftige werksplekgeskil tussen die hoof van Misdaadintelligensie, generaal-majoor Feroz Khan, en brigadier Leonora Phetle. Die argument het tot 'n aanranding gelei, nadat Khan Phetle berispe het omdat hy nie sy amptelike rang in die gesprek gebruik het nie:

Copps 94.1: Bestuurder vlug van ongelukstoneel in Katutura 11.07.2026

‘n Bestuurder wat Vrydagaand van die toneel van ‘n motorongeluk in Katutura weggehardloop het, was een van die probleme wat die aandag van die Copps 94.1-span en hul vennote, die Namibiese polisie, getrek het. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was oudergewoonte op sy pos en doen verslag van die toneel:

Lyssna på podden Nuus i Replaio

Radio och poddar i en och samma app - gratis och utan konto. Installera redan idag och missa inte premiären

Ladda ned på Google Play

Replaio är ingen poddutgivare; programnamn, omslag och ljud tillhör sina upphovspersoner och distribueras via offentliga RSS-flöden