Kosmos 94.1
Nuus
Kry die nuus soos dit breek.
Glöm inte att besöka poddens webbplats och stötta skaparen: www.kosmos.com.na
Var kan du lyssna?
Poddar i appen Replaio Radio Kommer snartPoddar kommer snart till appen. Installera nu och bli först med att uppleva ett helt nytt sätt att lyssna på poddar
Avsnitt
DA vra vir ondersoek na e-paniekknopie-datalek 29.09.2026 0:17
Die DA wil hê die Inligtingsreguleerder moet 'n moontlike oortreding van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting ondersoek. Dit volg na 'n datalek by Gauteng se toepassing vir die e-paniekknoppie. Michael Waters van die party sê inwoners se persoonlike inligting is moontlik blootgestel. Waters wil antwoorde hê oor hoe die voorval plaasgevind het, hoe lank die inligting toeganklik was e...
Trump sou nie RAF Fairford-vyf vrylaat nie 29.09.2026 0:25
Die Amerikaanse president Donald Trump het reageer op die nuus dat Britse-polisie die vyf mans wat naby RAF Fairford in Gloucestershire vir terreurmisdrywe in hegtenis geneem is, op borgtog vrygelaat het. Trump sê hy sou die mans agter tralies gehou het:
Kubayi verwelkom Durbanverklaring-vordering 29.09.2026 0:12
Die Suid Afrikaanse minister van justisie, Mmamoloko Kubayi, het die vordering verwelkom wat deur die VN-Algemene Vergadering gemaak is te midde van die 25ste herdenking van die aanvaarding van die Durban-verklaring en -aksieplan. Die raamwerk is tydens die 2001 Wêreldkonferensie teen Rassisme in Durban ontwikkel. Die minister het aan die SABC gesê daar behoort geen diskriminasie in 'n demokraties...
Brave Warriors reg vir Comore-eilande-wedstryd 29.09.2026 0:37
Die Brave Warriors hoof-afrigter Collin Benjamin sê sy span is slaggereed vir sy volgende wedstryd teen die Comore-eilande in die kwalifiserende rondte vir die TotalEnergies Afrikabeker-toernooi. Benjamin het met New Era Sport gepraat en sê hy sien uit na ‘n goeie wedstryd en dat hulle hul teenstanders se metodes goed ontleed het.
Namibiese Arbeidsmark-inligtingstelsel amptelik geloods 29.09.2026 0:33
Die Namibiese Arbeidsmark-inligtingstelsel is geloods om arbeidsdata te sentraliseer, nasionale indiens-nemingsbeleid te lei, en vaardigheidswanbalanse aan te spreek. Die geïntegreerde digitale platform is gesamentlik ontwikkel deur die arbeidministerie, die Namibië Statistieke-agentskap en die Internasionale Arbeidsorganisasie. Die arbeidministerie se woordvoerder, Jeremia Namalenga, gee meer inl...
Nosiviwe Mapisa-Nqakula ontken omkoop-aantygings 29.09.2026 0:21
Die voormalige Suid Afrikaanse minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het ontken dat sy die militêre kontrakteur Nombasa Ntsondwa-Ndhlovu vir twee-miljoen-rand gevra het om haar man tot geneesheer-generaal van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag te laat bevorder. Die staat beweer sy was van plan om die geld te gebruik om die destydse hoof van die SANW, generaal Solly Shoke, te beïnvl...
BKS affekteer ook toerisme-sektor 29.09.2026 0:40
Die uitbreking van bek-en-klouseer in die Suide ontwrig toerisme-logistiek, aangesien streng beperkings op die vervoer van vleis- en suiwelprodukte toeriste wat selfsorg-akkommodasie gebruik, sowel as kampeerders raak. Kosmos 94.1 Nuus het met Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging gesels.
Madlanga-kommissie hoor nog getuienis 29.09.2026 0:20
In Suid-Afrika sê die getuienisleier van die Madlanga-kommissie, advokaat Matthew Chaskalson, WhatsApp-boodskappe toon hoe taxi-base Oupa Sindane en Joe Sibanyoni glo beskermingsfooie van konstruksiemaatskappye eis. Chaskalson het selfoonboodskappe voorgelê wat na bewering verwys na gedwonge betalings en dreigemente om werksaamhede te ontwrig. In een gesprek spreek Sindane teleurstelling uit oor d...
Moontlike VSA-Iran vredesooreenkoms affekteer oliepryse 29.09.2026 0:40
Die prys van Brent-ru-olie verhandel steeds in die omgewing van 100 Amerikaanse dollar per vat, nadat dit met 2 persent gestyg het toe Amerikaanse president Donald Trump 'n nuwe Iranse vredesvoorstel verwerp het. Dit sou onder andere die Straat van Hormuz weer heropen. Trump het later gesê Amerikaanse amptenare sal weer met Iran in gesprek tree. Ekonoom Dawie Roodt is positief oor moontlike vrede,...
Die dag wat was, 28 September 2026 28.09.2026 5:14
Kry die nuus soos dit breek.
Old Mutual Namibia borg 12de Navachab Halfmarathon 28.09.2026 0:38
Old Mutual Namibia het die 12de Navachab Halfmarathon met 20 000 Namibiese dollar geborg. Die finansiële inspuiting van Old Mutual Corporate Segment en Short-Term Insurance ondersteun drie wedrenafstande, wat topatlete, gesinne en streekleiers rondom gesonde leefstyl verenig. Die hoof van die korporatiewe segment, Isaack Veii:
ǁkharas-polisie verskerp teen-BKS aksies 28.09.2026 0:38
Die polisie in die ǁKharas-streek verskerp operasies om die verspreiding van bek-en-klouseer te bekamp, na aanleiding van 'n uitbreking wat in die gebied aangemeld is. Adjunk-polisiekommissaris Nicodemus Mbango sê die afdwinging van regulasies en beheermaatreëls vir bek-en-klouseer is in Karasburg verskerp. Hy het vandag tydens 'n vergadering met belanghebbendes in Keetmanshoop gepraat:
Namibië, Finland herbevestig akademiese vennootskap 28.09.2026 0:16
Namibië en Finland het hul langdurige akademiese vennootskap herbevestig om navorsing, innovasie en vaardigheidsontwikkeling te bevorder. Tydens 'n netwerkonthaal in Windhoek het die Finse ambassadeur, Katja Kalamäki, beklemtoon dat opvoedkundige bande tussen die twee nasies verder strek as die verkryging van formele kwalifikasies, na die bevordering van kreatiwiteit en leergierigheid.
Namibiërs, ons moet Angolese kinders help: Regshulpsentrum 28.09.2026 0:40
Die kwessie van Angolese kinders wat langs Namibiese strate en by besige kruisings houtlepels verkoop en bedel, wek steeds kommer. Die Regshulpsentrum doen nou 'n beroep op optrede om kinders te beskerm wat langs die pad goedere verkoop. Kosmos 94.1 Nuus het met die sentrum se direkteur, Toni Hancox, gesels wat sê die situasie is hartverskeurend en dat die owerhede en die publiek nie bloot kan weg...
NNN se missie by VN uiteengesit 28.09.2026 0:39
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het haar program by die 81ste Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies in New York afgehandel en haar laaste verpligtinge benut om haar boodskap oor Namibië se ontwikkeling, belegging en wêreldwye vennootskappe te versterk. Die presidensiële woordvoerder, Jonas Mbambo, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat haar gesprekke en aktiwiteite gefokus het op ekonomiese on...
Bly weg van robbe weens hondsdolheid-gevaar 28.09.2026 0:11
Dit is vandag Wêreldhondsdolheiddag, en CapeNature vra strandgangers om nooit pelsrobbe te nader, aan hulle te raak of te voer nie, en onmiddellik op te tree indien hulle gebyt of aan speeksel blootgestel word. Woordvoerder Luke Folb sê minstens 176 mense is deur robbe gebyt sedert hondsdolheid einde verlede jaar langs die kus bespeur is. Hy sê enigiemand wat gebyt word, moet die wond 15 minute la...
Energieministerie tob nog oor brandstofpryse 28.09.2026 0:35
Die energieministerie sal na verwagting later vandeesweek die amptelike aanpassings van brandstofpryse vir Oktober bekendmaak. Kosmos 94.1 Nuus het met Abednego Ekandjo, 'n petroleumekonoom by die ministerie gepraat wat sê die komende aanpassings sal wêreldwye en plaaslike ontwikkelings in die energie- en ekonomiese omgewing weerspieël.
GOOD vra oplossings vir geweld ná 16 mense oor naweek sterf 28.09.2026 0:23
Die GOOD-party in Kaapstad vra ware en blywende oplossings vir geweld en sê elke gemeenskap het die reg op ʼn veilige en vreedsame woonbuurt. Sestien mense is die naweek in die stad doodgeskiet - tien in 'n vermaaklikheidsplek in Lwandle. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die huidige benadering om geweld te bekamp werk nie. Hy sê die Wes-Kaap se eie Veiligheidsplan erken dat geweld voor...
SUN steun planne vir Namcol as oop universiteit 28.09.2026 0:38
Die Studentevereniging van Namibië verwelkom planne om Namcol in 'n oop universiteit te omskep ten einde toegang tot tersiêre onderwys uit te brei, maar doen 'n beroep op die owerhede om sy dienste vir die verbetering van skoolpunte te behou. Die voorsitter van die SUN-raad, Bernard Kavau, sê dat Namcol die koste vir die herhaling van vakke bekostigbaar moet hou om leerders wat sukkel teen duur pr...
SA Internasionale Betrekkinge spandeer R830m op ambassades 28.09.2026 0:19
Die DA sê die Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het bekendgemaak dat die geraamde koste vir die opknapping van Suid-Afrika se ambassade-geboue en ander buitelandse bates op 830 miljoen Suid Afrikaanse rand te staan kom. Die party se Ryan Smith sê verslae oor die toestand daarvan, wat oor 'n tydperk van drie jaar saamgestel is, raam die herstel-koste vir Suid-Af...
Landboukundige Wallie Roux reageer op BKS-inperkings 28.09.2026 0:40
Die regering se besluit om beperkings gedeeltelik op te hef ná die uitbreking van bek-en-klouseer word steeds regoor verskeie sektore verwelkom. Die landbouministerie sê die uitbreking bly gelokaliseerd, en vee wat na Otjozondjupa nagespoor is, het negatief getoets. Beperkings op die beweging van diere noord van die veeartsenykordon is nou opgehef, terwyl beheermaatreëls vir die beweging van vee u...
"Lex Libertas Witkruisprojek 'n sukses" 28.09.2026 0:38
Die Lex Libertas Witkruisprojek het sy geleentheid die afgelope naweek by die National Mall in Washington, D.C. afgesluit, waar ongeveer 3 000 wit kruise vertoon is. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Ernst Roets, die uitvoerende direkteur van Lex Libertas gepraat. Hy sê die geleentheid was 'n sukses en lig in oor wat volgende op die program is.
Vrae rondom ooreenkoms tussen verkrygingsraad en medediningskommissie 28.09.2026 0:49
Kry die nuus soos dit breek.
Vrae rondom ooreenkoms tussen verkrygingsraad en medediningskommissie 28.09.2026 0:27
Vrae word gevra oor die werklike impak van 'n nuwe gesamentlike ooreenkoms wat tussen Namibië se verkrygingsraad en die medediningskommissie onderteken is. Die Tender Bulletin berig die inisiatief is daarop gemik om mededingingsbeperkende praktyke in openbare tenders op te spoor en te voorkom, met spesifieke fokus op samespanning, die manipulasie van tenderprosesse en prysvasstelling binne staatsv...
Desert Jewels kwalifiseer vir 2027 Netbalwêreldbeker in Sydney 28.09.2026 0:40
Namibië se nasionale netbalspan, die Desert Jewels, het suksesvol vir die 2027-netbalwêreldbeker in Sydney, Australië, gekwalifiseer. Namibië het tweede in Groep A geëindig ná oorweldigende oorwinnings in die groepfase oor Botswana, Zimbabwe en Tanzanië tydens die 2026-Afrikanetbalbeker. Kosmos 94.1 Nuus het met hoofafrigter Julene Meyer gepraat, wat sê dat hierdie historiese mylpaal die span se t...
Liknande poddar
Replaio är ingen poddutgivare; programnamn, omslag och ljud tillhör sina upphovspersoner och distribueras via offentliga RSS-flöden