RSG

Wie is ek?

Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.

Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categorie

Health

Site-ul podcastului

www.rsg.co.za

Cel mai nou episod

9 oct. 2026

Unde asculți?

Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curând

Podcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor

Descarcă din Google Play Instalează gratuit Android aproape 10 mil. descărcări · nota 4,8 iOS în curând

Episoade

10 Mar 10.03.2017

Ons word elke dag gekonfronteer deur geweld en misdaad in die land, maar hoe affekteer dit jou? Is jy enigsins bewus daarvan dat dit daaglikse angs of selfs depressie kan veroorsaak? En wanneer 'n geliefde regstreeks geraak word deur misdaad of geweld, hoe kan jy die persoon ondersteun? Sekondêre post-traumatiese stres word al hoe meer 'n realiteit, en kan nie meer geignoreer word nie.

3 Mar 02.03.2017

Wanneer jy kwaad word vir iets, of iemand, wat gebeur dan? Kan jy jou gedrag beheer, of eskaleer jou woede vinnig buite beheer? Soos wanneer jy in die verkeer sit, of wanneer jou kind nie vir jou luister nie, of wanneer jou man jou kwaad maak… Louise en Lise kyk na hoe jy jou woede kan beheer, want selfs al is woede 'n normale emosie, kan jou gedrag lewensveranderende implikasies inhou.

24 Feb 24.02.2017

Is daar 'n persoon in jou lewe wat aanhoudend, tydig en ontydig, by jou huis opdaag omdat hulle 11 jaar gelede daar gewoon het? Of sien jy hoe jou gestremde broer jou ouers manipuleer en hulle emosioneel uitput? Louise en Lise bespreek hierdie twee uiteenlopende briewe van luisteraars.

17 Feb 17.02.2017

Hoe gemaak met volwasse boelies?

10 Feb 10.02.2017

Voel jy soms, as volwassene, dat jou ouers jou nie 'n kans gee om keuses te maak oor jou eie lewe nie? Of is jy dalk 'n ouer van 'n volwasse kind wat gefrustreerd is met die foute wat jou kind maak? Louis en Lise kyk aan die hand van luisteraarsbriewe na twee situasies wat die kompleksiteite en frustrasies uitwys in die ouer-(volwasse)kind verhouding.

3 Feb 03.02.2017

Hoekom is die selfdiagnose van sielkundige toestande op die internet nie altyd die regte diagnose vir JOU nie? Wanneer moet jy besef daar is regtig iets verkeerd?

27 Jan 27.01.2017

Om te sien hoe 'n geliefde besig is om kontak met realiteit te verloor, is vreesaanjaend. Dis ook vreesaanjaend om deur 'n werkskollega dopgehou te word, of selfs agtervolg te word.

20 Jan 20.01.2017

Het jy betekenis in jou lewe, soos 'n doel of doelwitte? Is jy geukkig met die keuses wat jy gemaak het, of wil jy graag weet hoe jy jou lewenskwaliteit kan verander, of dit nou in jou beroep of jou persoonlike lewe is?

13 Jan 13.01.2017

Wat is 'n reeksverkuller? En hoe ondersteun jy 'n vriend of vriendin wanneer jy nie meer hulle aanhoudende geklaery kan hanteer nie?

6 Jan 06.01.2017

Elke nuwe jaar is gevul met nuwe uitdagings. Voel jy jy het die nodige selfvertroue om hierdie uitdagings aan te pak? Hoe kan jy jou selfvertroue en selfbeeld verbeter?

30 Dec 29.12.2016

Louis en Lise bespreek luisteraarsbriewe oor hoe om jaloesie tussen vriende te hanteer, veral wanneer dit op jou gemik is. En wat staan jou te doen wanneer jou geliefde jou isoleer van jou familie en vriende?

16 Dec 15.12.2016

Kom jy goed oor die weg met jou skoonouers? Voel jy dit is jou plig om die band met aangetroude ouers te versterk, of jou lewensmaat s'n? Louis en Lise gesels ook oor hoe om jou vriend of vriendin in nood te ondersteun.

9 Dec 09.12.2016

Met die vakansietyd om die draai sien almal uit na 'n ruskans, maar hoe weet jy wat jy beplan het, is genoeg? Sal jy jou battery kan herlaai? En diegene wat nie met vakansie gaan nie, hoe kan hulle steeds hulle battery herlaai?

2 Dec 02.12.2016

Mishandeling van vroue en kinders, of dit nou verbaal, emosioneel, of fisiek is, is wêreldwyd 'n groot probleem. Hoekom gebeur dit? Hoekom is daar vroue wat dit toelaat? Hoe herken ek die tekens van veral verbale en emosionele mishandeling?

25 Nov 25.11.2016

Van tyd tot tyd raak almal van ons kwaad vir 'n situasie, of iemand anders. Dit is normaal, maar wanneer jy nie meer jou woede-uitbarstings kan beheer nie – wat beteken dit? Louis en Lisa kyk na die oorsake van woede-uitbarstings, wat die gevaar is van langdurige woede op 'n fisiologiese en emosionele vlak, en hoe om te leer om jou woede te beheer.

18 Nov 18.11.2016

Louis en Lise bespreek luisteraarsbriewe oor gesinsgeweld, buitegtelike-verhoudings, uitbranding en obsessiewe gedrag.

11 Nov 11.11.2016

Voel jy omdat iemand in jou familie is, mag jy met hulle praat net soos wat jy wil, wanneer jy wil? Hoe laat dit jou voel wanneer 'n familielid met jou praat net soos hulle wil? Louis en Lise kyk na hoekom ons sensitief is vir familie se woorde, en hoe om argumente te voorkom, te verstaan en op te los.

4 Nov 04.11.2016

Louis en Lise bespreek luisteraarsbriewe oor woede-uitbarstings, onmoontlike tieners en die mag van stilswye.

28 Oct 28.10.2016

Louis en Lise gesels aan die hand van 'n gevallestudie, oor maniere hoe ouers (geskei of ongetroud) oor die weg kan kom; hoekom hulle oor die weg moet kom vir 'n kind se onthalwe; en hoe om weer beheer terug te kry oor jou lewe selfs al voel dit onmoontlik. 'n Vrou vertel om alleen, swanger en werkloos te wees, mag dalk voel soos die ergste ding wat met iemand kan gebeur, maar daar is altyd lig aa...

21 Oct 21.10.2016

Louis en Lise bespreek luisteraarsvrae oor die verskil tussen bipolêr 1 en 2 en depressie; hoe om met jou werknemers oor die weg te kom; en is egskeiding die enigste opsie as daar nie kinders is nie en dit een party se droom was.

14 Oct 14.10.2016

Wat staan 'n ouer te doen wanneer 'n kind deur 'n onderwyser by die skool geboelie word? Hoe kan ouers seker wees die stories wat die kind vertel is waar? Wanneer moet 'n ouer 'n kind beskerm, en wanneer nie?

7 Oct 07.10.2016

Louise en Lise bespreek aan die hand van twee luisteraarsbriewe wat jou te doen staan as die mense om jou jou sielkundige siekte of diagnose teen jou gebruik, byvoorbeeld as werkgewers jou met afdanking dreig a.g.v. depressie of wanneer jou ma jou selfbeeld afbreek ná jou diagnose met skisofrenie.

30 Sep 30.09.2016

Hoe belangrik ag jy jou vriendskappe? Voel jy jou vriendskappe speel 'n belangrike rol in jou lewe? Of het jy dalk geen vriende nie? Louis en Lise kyk na die belangrike rol wat vriendskappe in mense se lewe speel.

23 Sep 23.09.2016

Was jy al ooit in 'n situasie waar jy sonder enige waarskuwing 'n paniekaanval ervaar het? Enigiemand wat al so 'n aanval ervaar het, sal vir jou sê hoe vreesaanjaend en geweldig ongemaklik dit is. Maar hoekom gebeur dit? Louis en Lise kyk na die oorsake en behandeling van paniekaanvalle.

16 Sep 16.09.2016

Louis en Lise bespreek 'n luisteraarsbrief van 'n man wat nie sy swaer se gedrag meer kan hanteer nie. Hoe kan hy sy vrou (die suster) gelukkig hou, sy verhouding red en sy swaer hanteer? Kan hy sy swaer se gedrag verander?

Ascultă podcastul Wie is ek? în Replaio

Radio și podcasturi într-o singură aplicație - gratuit și fără înregistrare. Instaleaz-o azi și nu rata lansarea

Descarcă din Google Play

Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice