RSG

Ons en die Onderwys

Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.

Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categorie

Health

Site-ul podcastului

www.rsg.co.za

Cel mai nou episod

4 oct. 2026

Unde asculți?

Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curând

Podcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor

Descarcă din Google Play Instalează gratuit Android aproape 10 mil. descărcări · nota 4,8 iOS în curând

Episoade

Ons en die onderwys 27 November 2022 27.11.2022

Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert oor wêreldgehalte onderwys, en wat dit behels.

Ons en die onderwys 20 November 2022 20.11.2022

Johan van Lill praat met narratiewe terapeut Thérèse Hulme oor idees vir die skep van ‘n skryfkultuur in die klaskamer.

Ons en die onderwys 13 November 2022 13.11.2022

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige Quinton Adams oor die insigte wat hy gekry het in onderwys terwyl hy besig was om die Backyard Varsity op die been te bring.

Ons en die onderwys 6 November 2022 06.11.2022

Johan van Lill praat met Jeanette de Klerk-Luttig oor die rol wat skole kan speel om kernwaardes, soos respek en verantwoordelikheid, by leerders te ontwikkel. Wat behels die waardes van respek en verantwoordelikheid? Hoe lyk ‘n skool waar respek en verantwoordelikheid deel van die etos is?

Ons en die onderwys 30 Oktober 2022 30.10.2022

Johan van Lill praat met Johan Bezuidenhout wat 43 jaar onderwyservaring het, waarvan 32 jaar as skoolhoof. In 2020 is hy deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bekroon met die Elizabeth Steijn-medalje vir uitstaande onderwys in Afrikaans en vir uitnemendheid binne en buite die klaskamer. Hy praat oor die groei en ontwikkeling van onderwysers, bestuurspanne en skoolhoofde.

Ons en die onderwys 23 Oktober 2022 23.10.2022

Johan van Lill praat met Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor eksamenstres en angs. Watter rol kan onderwysers speel om vir leerders te help om dit te hanteer? Watter opsies is daar vir leerders met erge eksamenstres en angs?

Ons en die onderwys 16 Oktober 2022 16.10.2022

Johan van Lill praat met dr. Theuns Elof, voorsitter van die Trust vir Afrikaanse Onderwys, oor die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys, en die impak wat dit op Afrikaanse skole kan hê.

Ons en die onderwys 9 Oktober 2022 09.10.2022

Johan van Lill praat met Magdaleen de Kock, 'n onderwyskundige in tegnologie in die klaskamer, oor “games based learning” en eSport. Hoe kan dit suksesvol in die klaskamer en in die skool aangebied word?

Ons en die onderwys 2 Oktober 2022 02.10.2022

Johan van Lill praat met onderwysregskenner Juane van der Merwe oor wat die basiese regte van onderwysers is.

Ons en die onderwys 25 September 2022 25.09.2022

Johan van Lill praat met dr. Jaco Deacon, bestuurshoof van Fedas, oor wat van ‘n skool ‘n puik skool maak, en van ‘n beheerliggaam ‘n uitstekende beheerliggaam.

Ons en die onderwys 18 September 2022 18.09.2022

Johan van Lill praat met Wilna van Rooyen, 'n spesialis in vroeë kinderontwikkeling, oor die rol wat stories speel om kinders skoolgereed te kry. Taalontwikkeling is belangrik om die basiese voorbereiding vir lees by kinders te ontwikkel, en stories speel ‘n kardinale rol hierin.

Ons en die onderwys 11 September 2022 11.09.2022

Johan van Lill praat met sosiale mediakenner, Magriet Groenewald, oor hoe skole hulle beeld kan bevorder en aktiwiteite op sosiale media moet en kan bekendstel.

Ons en die onderwys 4 September 2022 04.09.2022

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor hoe om leerders aan die gang te kry in die klas met behulp van gewoontes, roetines en rituele.

Ons en die onderwys 28 Augustus 2022 28.08.2022

Johan van Lill praat met Lizette Volkwyn oor hoe om te weet wanneer leerders die waarheid praat of nie. Wanneer daar ‘n probleemsituasie ontstaan, en jy moet uitvind wie ‘n leuen vertel, kan dit ingewikkeld raak. Lizette Volkwyn is een van die min menslike leuenverklikkers in die wêreld, en sy spesialiseer daarin om mense te help om by die waarheid uit te kom.

Ons en die onderwys 21 Augustus 2022 21.08.2022

Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, onderwyskundige en historikus, oor die belangrikheid van akademiese vaardighede, en wat onderwysers kan doen om hierdie vaardighede by leerders te ontwikkel.

Ons en die onderwys 14 Augustus 2022 14.08.2022

Johan van Lill praat met Quinton Adams, 'n opvoedkundige sielkundige, oor sy program, Dissipline begin by die huis, wat vanjaar 10 jaar oud is. Hy praat oor die sewe boustene van dissipline wat onderwyers kan help om leiding aan ouers te gee vir wie dissipline ‘n uitdaging tuis is.

Ons en die onderwys 7 Augustus 2022 07.08.2022

Johan van Lill praat met Sonja Engelbrecht, 'n onderwyseres by Laerskool Simonsberg in Kraaifontein, oor leesontwikkeling en leesprobleme by leerders. Wat kan onderwysers en ouers doen om te help?

Ons en die onderwys 31 Julie 2022 31.07.2022

Johan van Lill praat met prof. Ingatius Gous oor leer, aanlyn-leer en aanhou leer. Daar word verwys na die werk van die wêreldkenner op die gebied van Mind, Brain and Education van die Harvard Graduate School of Eduction, prof. Tracey Tokuhama-Espinosa.

Ons en die onderwys 24 Julie 2022 24.07.2022

Johan van Lill praat met prof. Michael le Cordeur, visedekaan vir leer en onderrig aan die Universiteit Stellenbosch, oor ‘n kurrikulum vir die 21ste eeu. Suid-Afrika staan by ‘n kruispad. Om van hier af sukses te behaal, het ons ‘n skoolleerplan nodig wat die ongelykhede van die verlede aanpak, en kinders kan toerus met waardes, kennis en vaardighede vir die 21ste eeu.

Ons en die onderwys 17 Julie 2022 17.07.2022

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor leerders se besluitnemingsvermoë. Hoe berei ons leerders voor om komplekse besluite te kan neem?

Ons en die onderwys 10 Julie 2022 10.07.2022

Johan van Lill praat met ontwikkelingskenner dr. Melodie de Jager oor hoe belangrik dit is om die leerders wat voor jou is, in alle opsigte te ken. Klasse is groot en daar is baie uitdagings vir onderwysers om elke leerder ten volle met hulle sterk punte en uitdagings te verstaan.

Ons en die onderwys 3 Julie 2022 03.07.2022

Johan van Lill praat met onderwyseres en fasehoof, Alicia Roods, oor die uitdagings om in ‘n leerondersteuningsklaskamer skool te hou.

Ons en die onderwys 26 Junie 2022 26.06.2022

Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, 'n opvoedkundige en skrywer, oor die veelvlakkigheid van multigraadonderwys, en hoe dit ook in ‘n gewone klaskamer van hulp kan wees.

Ons en die onderwys 19 Junie 2022 19.06.2022

Johan van Lill praat met prof. Ingatius Gous oor hoe ons ons kinders kan voorberei om die lewe te bemeester. Maslow se hierargie van behoeftes is een van die dinge wat ‘n rol kan speel.

Ons en die onderwys 12 Junie 2022 12.06.2022

Johan van Lill praat met die argitek en internasionale konsultant vir die ontwerp van skole, De Waal Ritter, oor groen en omgewingsvriendelike skole. Is daar groen skole in Suid-Afrika? Wat behels die ontwerp van sulke skole?

Ascultă podcastul Ons en die Onderwys în Replaio

Radio și podcasturi într-o singură aplicație - gratuit și fără înregistrare. Instaleaz-o azi și nu rata lansarea

Descarcă din Google Play

Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice