RSG

Ons en die Onderwys

Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.

Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categorie

Health

Site-ul podcastului

www.rsg.co.za

Cel mai nou episod

4 oct. 2026

Unde asculți?

Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curând

Podcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor

Descarcă din Google Play Instalează gratuit Android aproape 10 mil. descărcări · nota 4,8 iOS în curând

Episoade

Ons en die onderwys 27 April 2025 27.04.2025

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige dr. Elzette Fritz oor hoe skole en ouers kinders se sosiale ontwikkeling in die digitale era kan ondersteun. Hulle praat oor wat virtuele vriendskappe behels, hoekom dit belangrik is om hierdie soort verhoudings ernstig op te neem ,en hoe aanlyninteraksie nie net sosiale vaardighede beïnvloed nie, maar ook die emosionele ontwikkeling van leer...

Ons en die onderwys 20 April 2025 20.04.2025

Johan van Lill praat met lewensafrigters Jan Niemand en Hazel Hatting oor hoe skole kan baat by lewensafrigting. Hulle verduidelik wat lewensafrigting is, hoekom dit in skole sin maak, en hoe dit nie net leierskap versterk nie, maar ook ’n positiewe impak op die hele skoolgemeenskap het.

Ons en die onderwys 13 April 2025 13.04.2025

Johan van Lill praat prof. Michael le Cordeur oor die toekoms van universiteite in Suid-Afrika. Michael was onlangs by die KKNK deel van ’n paneelgesprek, waar daar diep nagedink is oor hoe universiteite moet aanpas by ’n veranderende wêreld.

Ons en die onderwys 6 April 2025 06.04.2025

Johan van Lill praat met Magdeleen de Kock, projekbestuurder van Curro Esports, oor die opvoedkundige waarde van e-sport. Hulle bespreek temas soos leerderbetrokkenheid, tegnologie, die opvoedkundige waarde, en hoe e-sport toenemend deel word van die onderwyslandskap.

Ons en die onderwys 30 Maart 2025 30.03.2025

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor die impak van kunsmatige intelligensie op leer en assessering. Hoe beïnvloed kunsmatige intelligensie die manier waarop ons vrae vra?

Ons en die onderwys 23 Maart 2025 23.03.2025

Johan van Lill praat met onderwyskundige Wilna van Rooyen, en skoolhoof Janetta van Niekerk oor die belangrikheid van graad R-onderwys, en die uitdagings daarvan.

Ons en die onderwys 16 Maart 2025 16.03.2025

Johan van Lill praat met onderwyskundige Wilna van Rooyen oor die voordele van versies, stories en hardop lees. Hulle gesels oor hoe hierdie aktiwiteite sowel taalontwikkeling as emosionele en sosiale groei ondersteun en versterk.

Ons en die onderwys 9 Maart 2025 09.03.2025

Johan van Lill praat met Celeste Labuschagne, opvoedkundige konsultant en dosent, oor of die vak, robotika, kinders meer of minder sosiaal kan maak.

Ons en die onderwys 2 Maart 2025 02.03.2025

Johan van Lill praat met Celeste Labuschagne, 'n opvoedkundige konsultant en dosent, oor of die vak robitika kinders se kreatiwiteit bevorder of beperk, want daar is ‘n algemene wanopvatting dat robotika net oor vaste reëls en streng instruksies gaan.

Ons en die onderwys 23 Februarie 2025 23.02.2025

Johan van Lill praat met spraakterapeut en skrywer Christien Neser oor geletterdheidsontwikkeling, die rol wat moedertaalonderrig hierin speel, en wat ouers kan doen om hulle kinders hiermee te help.

Ons en die onderwys 16 Februarie 2025 16.02.2025

Johan van Lill praat met Jaco Deacon, Riaan van den Bergh en Juane van der Merwe oor alle aspekte van beheerliggaamsposte. Hoekom is daar beheerliggaamsposte, en hoe werk die aanstellingsproses?

Ons en die onderwys 9 Februarie 2025 09.02.2025

Johan van Lill praat met Riaan van den Berg, adjunk-bestuurshoof van FEDSAS, oor 'n omvattende dataverslag - Onderwys in Syfers – wat in Desember bekendgestel is waarin hulle die Departement van Onderwys se data oor die afgelope 14 jaar ontleed en visueel voorstel.

Ons en die onderwys 2 Februarie 2025 02.02.2025

Johan van Lill praat met Michael le Cordeur oor dinge wat tans in die onderwys gebeur waarvan ons moet kennis neem. Hulle gesels oor die matriekuitslae, die BELA-wetgewing, die gaping tussen ryk en arm skole, en hoe gemaak as jy nie jou matriekeksamen deurgekom het, of jou uitslae was nie wat jy verwag het nie.

Ons en die onderwys 26 Januarie 2025 26.01.2025

Johan van Lill praat met prof. Josef de Beer en Christina Watson oor die belangrikheid van inheemse kennis, en hoe dit prakties met kurrikulumtemas geïntegreer kan word. Via Afrika Uitgewers het besluit om hulle 75ste bestaansjaar op ’n besondere manier te vier, deur ’n boek oor inheemse kennis vir onderwysers uit te gee.

Ons en die onderwys 19 Januarie 2025 19.01.2025

Johan van Lill praat met Celeste Labuschagne, 'n deeltydse dosent in natuurwetenskappe en tegnologie by Akademia en ook ’n onderwyskonsultant, oor kodering en robotika. Die gesprek fokus op wat kodering en robotika behels, en hoe die Departement van Onderwys beplan om dit in Suid-Afrikaanse skole te implementeer.

Ons en die onderwys 12 Januarie 2025 12.01.2025

Johan van Lill praat met prof. Jannie le Roux, ’n inspirasiespreker en skrywer. Hy bied ook MBA-klasse aan in Menslike Hulpbronbestuur. Daar wag vir almal ’n unieke onderwysjaar, en Jannie deel waardevolle wenke oor hoe om die nuwe onderwysjaar op ’n persoonlike vlak suksesvol aan te pak.

Ons en die onderwys 5 Januarie 2025 05.01.2025

Soos elke jaar hierdie tyd, word daar in kristalballe gekyk en gepraat oor wat moontlik in die 2025-onderwysjaar voorlê. Die gesprek fokus op waaroor daar opgewonde gevoel word, waarna uitgesien word, wat hierdie jaar beter gedoen kan word, en watter uitdagings moontlik in die pad lê. Johan van Lill se gaste is dr. Juane van der Merwe, adjunk-uitvoerende hoof van Fedsas en werksaam in hulle regsaf...

Ons en die onderwys 29 Desember 2024 29.12.2024

Johan van Lill praat met dr. Juane van der Merwe, adjunkbestuurshoof van Fedsas, en prof. Erica D. Spangenberg, professor in wiskunde-onderwys aan die Universiteit van Johannesburg, oor wat in 2024 gewerk het, wat nie so effektief was nie, wat verbeter kon word, en watter interessante insigte opgeduik het.

Ons en die onderwys 22 Desember 2024 22.12.2024

Johan van Lill kyk na 2024 se uitdagings in die onderwys. Dr. Jaco Deacon, die bestuurshoof van Fedsas, en prof. Mariette Reyneke van die fakulteit regsgeleerdheid aan die Universiteit van die Vrystaat, deel hulle waarnemings en insigte.

Ons en die onderwys 15 Desember 2024 15.12.2024

Johan van Lill praat met prof. Jannie le Roux, ’n inspirasie-spreker en skrywer. Hy bied ook MBA-klasse aan in Menslike Hulpbronbestuur. Ons het almal ’n unieke onderwysjaar beleef, en Jannie gaan ons help om op ’n persoonlike vlak te reflekteer en terug te kyk na die jaar wat verby is.

Ons en die onderwys 8 Desember 2024 08.12.2024

Johan van Lill praat met oud-skoolhoof en onderwyskonsultant Johan Bezuidenhout oor hoe om dankie te sê en erkenning te gee aan jou onderwysers vir ’n jaar van harde werk. Goeie leierskap vereis dat skoolleiers opregte erkenning en waardering aan hulle personeel toon vir die ekstra myl wat hulle stap.

Ons en die onderwys 1 Desember 2024 01.12.2024

Johan van Lill praat met Celeste Labuschagne, 'n onderwyskonsultant, oor kunsmatige intelligensie in die onderwys. Is dit 'n ramp of 'n reddingsboei?

Ons en die onderwys 24 November 2024 24.11.2024

Johan van Lill praat met Alta Greeff, 'n onderwyskundige, oor die unieke waarde van onafhanklike skole teenoor goed funksionerende openbare skole. Is die hoër koste werklik die moeite werd? Hoe vergelyk dit wat betref die gehalte van onderrig en opvoeding?

Ons en die onderwys 17 November 2024 17.11.2024

Johan van Lill praat met prof. Michael le Cordeur, visedekaan vir onderrig en leer in die faulteit opvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch, oor wat leerders ná die matriekeksamen kan verwag; die impak van interne eksamens in skole; vakkeuses vir leerders wat na ’n nuwe fase beweeg; die min tyd wat oor is vir die konstultasies oor die BELA-wetgewing; en dat hy aangewys is as voorsitter van di...

Ons en die onderwys 10 November 2024 10.11.2024

Johan van Lill praat met Celeste Labuschagne, 'n deeltydse dosent in natuurwetenskappe en tegnologie by Akademia, oor die belangrikheid van integrasie oor vakke heen. Hoekom is dit belangrik dat vakke soos Wiskunde, Natuurwetenskappe, Robotika, Tegnologie en Tale nie in isolasie en in silo's aangebied moet word nie?

Ascultă podcastul Ons en die Onderwys în Replaio

Radio și podcasturi într-o singură aplicație - gratuit și fără înregistrare. Instaleaz-o azi și nu rata lansarea

Descarcă din Google Play

Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice