RSG

Ons en die Onderwys

Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.

Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categorie

Health

Site-ul podcastului

www.rsg.co.za

Cel mai nou episod

4 oct. 2026

Unde asculți?

Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curând

Podcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor

Descarcă din Google Play Instalează gratuit Android aproape 10 mil. descărcări · nota 4,8 iOS în curând

Episoade

Ons en die onderwys 12 Januarie 2020 11.01.2020

Johan van Lill praat met Bernadette Geduld, 'n onderwyskundige van die Noordwes-Universiteit se Eenheid vir Selfgerigte Leer, oor metakognisie en reflektiewe vaardighede. Watter rol kan ouers en onderwyrs speel om dit by leerders te bevorder?

Ons en die onderwys 5 Januarie 2020 04.01.2020

Johan van Lill praat met dr. Jannie le Roux oor om die onderwysjaar reg te begin. Hy gee 'n onderwysfokus vir die jaar om onderwysers te inspireer om van elke onderwysjaar 'n besondere jaar te maak.

Ons en die onderwys 29 Desember 2019 28.12.2019

Johan van Lill kyk saam met prof. Michael le Cordeur van die Universiteit Stellenbosch en dr. Jaco Deacon van Fedsas terug na alles wat in 2019 in die onderwys gebeur het, en bespreek onderwysgebeure wat in 2020 van kennis geneem behoort te word.

Ons en die onderwys 22 Desember 2019 21.12.2019

Johan van Lill praat met Anitia Lubbe, 'n onderwyskundige, oor assessering en watter rol dit in skoolkurrikulums behoort te speel. Hoe kan assessering bydra tot die ontwikkeling van lewenslange leerders?

Ons en die onderwys 14.12.2019

Johan van Lill praat met Sukie van Zyl van die Noordwes Universiteit se Eenheid vir Selfgerigte Leer oor hoe onderwysers leerders kan bemagtig om verantwoordelikheid vir hulle eie leerproses te neem. Verwagtinge speel 'n belangrike rol, en opvoeders en ouers moet 'n kopskuif maak dat sekere vaardighede eintlik belangriker is as akademiese prestasie.

Ons en die onderwys 07.12.2019

Johan van Lill praat met prof. Josef de Beer en prof. Neal Petersen van Noordwes-Univisersiteit se eenheid vir Selfgerigte Leer oor die rol wat inheemse kennis in selfgerigte leer speel. Daar word tans heelwat geargumenteer dat tradisionele houers van inheemse kennis as goeie selfgerigte leerders beskou kan word, en inheemse kennis sou ook baie goed kon inpas by die Suid-Afrikaanse kurrikulum.

Ons en die onderwys 30.11.2019

Johan van Lill praat met dr. Jannie le Roux oor hoe jy oor jou onderwysjaar kan reflekteer en dit kan afsluit. Hy kyk terug na drie fokuspunte wat aan die begin van 2019 gestel is, en dink na oor die impak wat dit kon hê op jou onderwysjaar.

Ons en die onderwys 23.11.2019

Johan van Lill praat met Erna Rheeder van SAVFamnet oor die verhouding tussen skole en pa's, en wat die impak van mentorskap deur onderwysers en onderwysleiers op leerders kan wees.

Ons en die onderwys 16.11.2019

Johan van Lill praat met Alta Greeff, die bedryfshoof van die MOS-Inisiatief, oor die belangrikheid van moedertaalonderwys en al die kompleksiteite wat dit behels. Hoe balanseer 'n mens die belangrikheid dat leerders in die elf amptelike tale onderrig word met die feit dat almal eendag in 'n uniforme besigheidstaal by die werkplek moet kan funksioneer.

Ons en die onderwys 09.11.2019

Johan van Lill het die jaarlikse selfgerigte leerkongres van die Noordwes-Universiteit bygewoon, waar rolspelers in die onderwyssektor die jongste navorsing met mekaar kom deel oor die beste praktyke vir leer en onderrig.

Ons en die onderwys 02.11.2019

Deesdae is daar amper elke week 'n hartseer storie in die nuus oor 'n tragiese einde deur gesinsgeweld. Johan van Lill gesels met Adri Klindt van Huis Jabes oor wat die rol van skole is wanneer daar gesinsgeweld by die huis is. Hoe hanteer ek leerders in die klaskamer wanneer gesinsgeweld 'n probleem is, en watter inligting benodig die stelsel om sulke families te help?

Ons en die onderwys 26.10.2019

Johan van Lill praat met prof. Renate Schoeman, 'n psigiater in privaatpraktyk en professor in leierskap by die US Bestuurskool, oor aandagafleibaarheid, aandaggebreksindroom en kinders wat klaskamers ontwrig. Hoe kan onderwysers dit in die klaskamer hanteer, en wanneer word 'n kind verwys vir hulp?

Ons en die onderwys 19.10.2019

Johan van Lill praat met prof. Renate Schoeman, 'n psigiater in privaatpraktyk en professor in leierskap by die US Bestuurskool, oor aandagafleibaarheid, aandaggebreksindroom en kinders wat klaskamers ontwrig. Hoe kan onderwysers dit in die klaskamer hanteer, en wanneer word 'n kind verwys vir hulp?

Ons en die onderwys 12.10.2019

Johan van Lill praat met prof. Michael le Cordeur oor die Algemene Onderwyssertifikaat ná Graad 9 wat pas deur die Departement van Basiese Onderwys aangekondig is.

Ons en die onderwys 05.10.2019

Johan van Lill praat met Bruce Probyn en Ronald Balie oor die werk wat die Principals Academy Trust met skoolhoofde doen. Hulle fokus daarop om skoolhoofde te mentor, af te rig en emosioneel te ondersteun vir die uitdagende taak om elke dag 'n skool te bestuur.

Ons en die onderwys 28.09.2019

Johan van Lill praat met Handri de la Harpe oor die waarde van sagte-vaardighede vir leerders om hulle toe te rus vir die wêreld van werk en universiteit. Hoe gemaak as 'n leerder eerder 'n gapingsjaar wil neem as om dadelik te begin studeer of werk?

Ons en die onderwys 21.09.2019

Johan van Lill praat met Marnelda de Beer oor hoe om 'n leesstuk op die regte vlak vir leerders te kies om leesbegrip te bevorder. En Bruce Collins, 'n onderwyskundige, vertel van sy ervaring met tegnologie in die klaskamer.

Ons en die onderwys 14.09.2019

Johan van Lill praat met Marga Botha van AROS oor haar doktorale studie wat handel oor die welstand van onderwysers. Wat kan onderwysers doen om na hulle eie welstand om te sien?

Ons en die onderwys 07.09.2019

Johan van Lill praat met Alta Graaf, die nuutaangestelde operasionele hoof van die MOS-projek, oor die impak van die Vierde Nywerheidsrewolusie op onderwys en opleiding. Wat is die tendense in onderwys waarvan opvoeders moet kennis neem?

Ons en die onderwys 31.08.2019

Johan van Lill kyk na die Verteenwoordigende Raad van Leerders (VRL) wat volgens die Onderwyswet in alle publieke hoërskole verkies moet word, en ook op die skoolbeheerliggaam verteenwoordiging het. Ben Feirreira van Fedsas lei gereeld skole hierin op, en gee wenke oor hoe om die verkiesing glad te laat verloop.

Ons en die onderwys 24.08.2019

Johan van Lill kyk na sport, wat nie net 'n groot aanwins vir skole kan wees nie, maar ook 'n gif kan word wat die skool toksies kan maak as dit nie reg bestuur word nie. Danie Brink van die Skoleondersteuningsentrum gee vir wenke oor hoe om sport 'n vitamine vir jou skool te maak.

Ons en die onderwys 17.08.2019

Dis tyd vir skole om te begin beplan vir 2020. Johan van Lill praat met Paul Colditz en Jaco Deacon oor wat skole in gedagte moet hou tydens hulle beplanningsessies.

Ons en die onderwys 10.08.2019

Johan van Lill praat oor Nasionale Wetenskapweek, en lê besoek af by 'n onderwyser en 'n groep leerders om te hoor hoe hulle die vak fisiese wetenskappe ervaar.

Ons en die onderwys 03.08.2019

Johan van Lill praat met prof. Michael le Cordeur, 'n onderwyskundige, oor die uitdagings van leesonderrig in skole, spesifiek waarmee plattelandse skole mee te doen kry.

Ons en die onderwys 27.07.2019

Johan van Lill praat met dr. Lourens Erasmus oor die uitdagings en voordele daarvan om aanlyn vir 'n onderwyskwalifikasie te studeer. Opleiding van onderwysers is voortdurend aan die verander, en die moontlikhede van aanlynopleiding kan 'n groot bydrae maak om meer onderwysers beskikbaar te maak vir die professie.

Ascultă podcastul Ons en die Onderwys în Replaio

Radio și podcasturi într-o singură aplicație - gratuit și fără înregistrare. Instaleaz-o azi și nu rata lansarea

Descarcă din Google Play

Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice