RSG

Leefwêreld van die Gestremde

Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.

Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categorie

Health

Site-ul podcastului

www.rsg.co.za

Cel mai nou episod

4 oct. 2026

Unde asculți?

Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curând

Podcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor

Descarcă din Google Play Instalează gratuit Android aproape 10 mil. descărcări · nota 4,8 iOS în curând

Episoade

Leefwêreld van die gestremde 19 November 2023 19.11.2023

Lizzy Arends kan net tussen lig en donker onderskei. Sy is ’n professionele masseuse, en gee waardevolle wenke oor hoe om teenoor mense met sigverlies op te tree. Vicki Fourie, ‘n voormalige Mej Dowe SA, praat oor die wonder van kogliêre inplantings, haar drome en hoe sy ander dowes bemagtig.

Leefwêreld van die gestremde 12 November 2023 12.11.2023

Suster Sandré Jordaan, ’n skoolverpleegkundige, is ma van ‘n tweeling met serebraal gestremdhede. Sy vertel hoe die tekort aan geleenthede vir jongmense met liggaamlike gestremdhede in Suid-Afrika hulle gesin raak. Ons hoor ook van die uitdagings wat sy as ma ervaar. Hoe ontwikkel ‘n ouer die identiteit en gesonde selfbeeld van jou kinders met gestremdhede in ‘n ontoeganklike samelewing? Hanelie D...

Leefwêreld van die gestremde 5 November 2023 05.11.2023

Fanie du Toit hoor van intellektuele beperkinge, en ‘n ouerpaar se aanvaarding van ‘n kind wat meer is as sy beperkinge. Jacqui January het meer gaan uitvind oor die nasionale dowe krieketspan, wat Suid-Afrika eersdaags by die krieketwêreldbeker vir dowes sal verteenwoordig.

Leefwêreld van die gestremde 29 Oktober 2023 29.10.2023

Fanie du Toit praat met Johan du Preez oor die uitdagings van blindes wat alleen bly. Jacqui January hoor by ‘n navorser van die hoofuitdagings vir mense met gestremdhede in die werkplek.

Leefwêreld van die gestremde 22 Oktober 2023 22.10.2023

Fanie du Toit hoor wat die Kaapstad Vereniging vir Blindes doen om mense op te lei. Van die grootste uitdagings is dat mense met gestremdhede steeds nie voldoende in die arbeidsmark gevestig is nie. Van die opleiding sluit in volle toegang tot ‘n slimfoon, en opleiding in Braille, wat steeds relevant is midde in tegnologiese ontwikkeling. Jacqui January vertel van een van die oudste welsynsorganis...

Leefwêreld van die gestremde 15 Oktober 2023 15.10.2023

Fanie du Toit beantwoord luisteraarsvrae oor die inplanting van gehoorapparate by babas. Jacqui January hoor van mense se ervaring van depressie, en hoe dit persone met die toestand kan strem indien dit onbehandeld gelaat word.

Leefwêreld van die gestremde 8 Oktober 2023 08.10.2023

Oktober is bewusmakingsmaand van persone van kort statuur. Melanie Lubbe bied hulp aan oor hoe om interaksie te vergemaklik en stigma uit die weg te ruim. Sakkie Blom vertel van die oogtoestand, Stargards, en hoe sig daardeur geraak word. Hy vertel ook hoe blindes toegang tot dokumente en aanhangsels in e-posse kan kry.

Leefwêreld van die gestremde 1 Oktober 2023 01.10.2023

Fanie du Toit gesels met Andrian Davids wat blind is, en ander siggestremdes bystaan met opleiding en tegniese vaardighede om die arbeidsmark te betree. Jacqui January vind meer uit oor spierdistrofie.

Leefwêreld van die gestremde 24 September 2023 24.09.2023

Fanie du Toit vind meet uit van  die werksaamhede van die Paarl Skool se Ontwikkelingstigting. Jacqui January gesels met die ma van Hayley Holloway, ‘n energieke en sportiewe dogter, wat vroeër vanjaar met spierdistrofie gediagnoseer is.

Leefwêreld van die gestremde 17 September 2023 17.09.2023

Fanie du Toit hoor van pogings om mense met gestremdhede ekonomies onafhanklik te vestig. Hoe kan dit ontwikkel en volhoubaar in stand gehou word? January gesels met Frank Hunt. Sy vrou leef al vir 17 jaar met Alzheimers se siekte. Hy is besig om ‘n boek te skryf oor hulle lewe saam, en hoe die siekte hulle lewe verander het.

Leefwêreld van die gestremde 10 September 2023 10.09.2023

Fanie du Toit vertel van die prag en praal van Kaapstad se vlieërfees vir die bewusmaking van geestesgesondheid. Jacqui January kyk na die verskille tussen die simptome van Alzheimers se Siekte en normale veroudering.

Leefwêreld van die gestremde 3 September 2023 03.09.2023

Fanie du Toit gesels met Ronel van Dijk van Paarl Skool oor die gehalte van onderwys en opleiding wat skole vir kinders met spesifieke behoeftes aanbied. Die skool het al vele prestasies gehad, en ons hoor van die sportsoort, boccia. Jacqui January vind meer uit oor swemterapie vir kinders met gestremdhede. Ida van Wyk vertel van die voordele en vaardighede wat swemlesse bied.

Leefwêreld van die gestremde 27 Augustus 2023 27.08.2023

Fanie du Toit vind meer uit oor die rol van maatskaplike werkers in die lewe van mense met gestremdhede. Jacqui January fokos op Loslitdag wat oor 29 jaar miljoene rand ingesamel het vir mense wat leef met gestremdhede.

Leefwêreld van die gestremde 20 Augustus 2023 20.08.2023

Fanie du Toit gesels met Janeke Saunders, die ma van ‘n dowe seun, oor ouerskap met kinders met gestremdhede. Jacqui January fokus op die indien van belastingopgawes. Die sperdatum vir indiening is 26 Oktober, en ons help met inligting en wenke van waarvoor jy alles kan eis.

Leefwêreld van die gestremde 13 Augustus 2023 13.08.2023

Fanie du Toit praat met dr. Emile Gouws oor outisme. Hy leef met outisme, en het onlangs 'n byeenkoms van die Verenigde Nasies bygewoon waar die fokus op die bewusmaking van outisme en die unieke kwaliteite van mense met outisme geval het. Jacqui January gesels met Monica Gerhard, wat Amaliasindroom het - sy is sonder arms en bene gebore. Monica het hulp nodig met mobiliteit, maar doen amper alles...

Leefwêreld van die gestremde 6 Augustus 2023 06.08.2023

Andries van Niekerk vertel van die werksaamhede van Convo met die beskikbaarstelling van aanlyntolkdiense  en kommunikasie vir mense met gehoorverlies. Dis 'n gevorderde tegnologie wat dowes d.m.v. ‘n toepassing op ‘n slimfoon metdie druk van ‘n knoppie aan 'n tolk verbind. Jacqui January  fokus op ‘n besondere vrou. Sy is 21 jaar oud, het klaar gematrikuleer en nou probeer sy op haar eie te spaar...

Leefwêreld van die gestremde 30 Julie 2023 30.07.2023

Jacqui January gesels met Wilma Paulse en haar seun, Adam, wat op die outismespektrum is, oor tuisonderrig en die hantering en aanvaarding van sy toestand. Fanie du Toit hoor by Atta Humphries van die wêreld van ‘n dowe persoon en die uitdagings van lippelees. Sy verkies gebaretaal, wat onlangs die twaalfde amptelike taal van Suid-Afrika geword het.

Leefwêreld van die gestremde 23 Julie 2023 23.07.2023

Fanie du Toit vind meer uit oor tegnologies gevorderde behandeling vir meervoudige sklerose. Jacqui January gesels met Mariaan Kotze en haar  37-jarige dogter, Lenay, wat leef met Williams-sindroom.

Leefwêreld van die gestremde 16 Julie 2023 16.07.2023

Ons wyk uit na die landelike gebiede van Vredendal, waar die Olifantsriviervereniging van en vir mense met gestremdhede vertel van hulle werksaamhede. Die Uniquely Me-kompetisie is ‘n inisiatief wat deur ‘n paar ouers begin is om kinders met gestremdehede op ‘n prettige manier te help met lewensvaardighede soos selfvertroue.

Leefwêreld van die gestremde 9 Julie 2023 09.07.2023

Fanie du Toit vind meer uit van meervoudige sklerose wat komplekse behandeling verg. Daar is nuwe vordering ten opsigte van die behandel, en dinge soos voedsel en dieet word toenemend ingesluit in die diagnose en behandeling. Jacqui January hoor van die werk van maatskaplike werkers, en die opleiding om hulle te help om hulle werk suksesvol te kan doen.

Leefwêreld van die gestremde 2 Julie 2023 02.07.2023

Fanie du Toit gesels met musikant Phillip Kotze. Phillip se doofheid is oorerflik en hy, sy pa en sy ouma van vaderskant het op dieselfde ouderdom doof geword. Hy vertel van die tegniese aspek van klank, en hoe hy dit hanteer. Jacqui January gesels met 'n jong vrou met ‘n hartkondisie, wat haar noop om al sedert kinderdae met 'n mediese waarskuwingshond te leef wat haar op pas.

Leefwêreld van die gestremde 25 Junie 2023 25.06.2023

Fanie du Toit hoor van 'n gemeenskapsuitreik-organisasie wat onder andere tweedehandse gehoorapparate versprei na mense wat dit nodig het, maar nie kan bekostig nie. Jacqui January fokus op jongmense met gestremdhede en spesiale leeruitdagings. Sy hoor van pogings om ‘n kultuur van menseregte te bevorder vir kinders met spesiale behoeftes.

Leefwêreld van die gestremde 18 Junie 2023 18.06.2023

Fanie du Toit kyk na die maatskaplike uitdagings van mense met gestremdhede in die veraf gedeeltes van die Noord-Kaapse platteland. Jacqui January gesels met jongmense en 'n skoolhoof  by 'n skool wat fokus op fisies gestremde leerders met spesiale behoeftes.

Leefwêreld van die gestremde 11 Junie 2023 11.06.2023

Fanie du Toit praat met Deon Ceronio oor watter toetse gedoen kan word om pasgebore babas se gehoor te toets. Jacqui January het inligting oor ‘n aanlyn gebaretaalwoordeboek  en aanlyn gebaretaalkursusse. Dis Jeugmaand en daar is ‘n pleidooi om jongmense wat leef met doofheid, ‘n kans te gee om die arbeidsmark te betree.

Leefwêreld van die gestremde 4 Junie 2023 04.06.2023

Fanie du Toit praat met 'n gestremde maatskaplike werker oor die uitdagings en diskriminasie toe sy gestudeer het. Jacqui January hoor by 'n paar blinde rolbalspelers wat die sport vir hulle liggaamlik en sosiaal beteken.

Ascultă podcastul Leefwêreld van die Gestremde în Replaio

Radio și podcasturi într-o singură aplicație - gratuit și fără înregistrare. Instaleaz-o azi și nu rata lansarea

Descarcă din Google Play

Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice